Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Kalksteengroef " deur CHARL- PIERRE NAUDE
" Die Kalksteengroef " deur CHARL- PIERRE NAUDE [boodskap #101401] Ma, 14 Februarie 2005 16:07 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DIE KALKSTEENGROEF
Charl-Pierre Naude

"Wat sal ons verlos van 'n terugkeer na die steenbed?
'n Droom, selfs 'n hersenskim, sal die mensdom red.

Op die duur. Maar môre weer, kap ek aan die wit
van 'n klipharde volkshart; my oë swem verward
daaroor; al's mes-skerp, dan satynsag, altyd hard.
'n lyn wasgoed wat wit-fossiel in die klip vassit
spring onder my pik los. In die geheue se agterplaas.
Vandag verlang ek na haar, soos die eerste mens...
'n Vreemde deernis laat die skerp eilandklip soggens
en saans fletser skyn in die dynserige waas"

Wagte roteer op die knap omtrek soos diakens
op hul skyfie skrik. In die middel, die Prisonier.
Die aarde word sag in sy oë wat tuur:
daardie klip, daardie klip, toegedraai in lakens.
Re: " Die Kalksteengroef " deur CHARL- PIERRE NAUDE [boodskap #101402 is 'n antwoord op boodskap #101401] Ma, 14 Februarie 2005 16:25 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> DIE KALKSTEENGROEF
> Charl-Pierre Naude
> Wagte roteer op die knap omtrek soos diakens
> op hul skyfie skrik. In die middel, die Prisonier.
> Die aarde word sag in sy oë wat tuur:
> daardie klip, daardie klip, toegedraai in lakens.

Vir dié wat skille op hulle oë het, hierdie
gedig gaan oor Nelson Mandela. Geskryf
deur een van SA se beste moderne digters.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Kontinentale Drywing " deur CHARLES DURAND
Volgende onderwerp: " Daar's filosowe in die voorry! " Rubriek deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:04:57 MGT 2024