Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Afrikaans
Afrikaans [boodskap #101254] Vr, 04 Februarie 2005 01:19 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet ek's maar min hier deesdae, maar moes net hierdie ene met julle
deel.

Elaine

--------------------------

'n Bietjie Afrikaanse opvoeding op hierdie dag. Oorvertel as die waarheid,
die volle waarheid en niks anders as die waarheid!!!

Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal
vergader. Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste
rugbyspan geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories
bang gemaak - nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die
doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgele kan word nie. Hy betuig verder
sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise teen die skool
teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die klaskamers rook nie.

Op die verhoog staan daar twee kartondose. In hierdie kartondose is daar
Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis die ouens wat Bybels in hotelle
ens. plaas) aan die skool geskenk is. Die idee is om vir alle kinders wat
nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee. Omdat hierdie nogal 'n
noemenswaardige gebaar is, het twee van die Gideon mense na die skool gekom
om die Bybels te oorhandig. Die twee sit so half eenkant - weg van die
onderwysers af. Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op
na die kinders, en sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee
Gideon mense se kant toe en se:

"Julle wonder seker wat hierdie twee dose op die verhoog doen?"

Nodeloos om te se die volgende oomblik het chaos uitgebars en die
onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite werd
vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle telkens
uitgebars het van die lag. Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry
nie en die twee dose met Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor
verskuif.

N.S.Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie! Ons het die woord al
te veel verniel in Afrikaans.
Re: Afrikaans [boodskap #101257 is 'n antwoord op boodskap #101254] Vr, 04 Februarie 2005 06:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gister stap ek by die Bybelgenootskap se kantore verby - nogal 'n groot
plek - die vensters is donker gemaak, maar mens kon nog steeds sien binne is
dit heeltemal leeg....
--
Groetnis
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:ctuiim$4mv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek weet ek's maar min hier deesdae, maar moes net hierdie ene met julle
> deel.
>
> Elaine
>
> --------------------------
>
> 'n Bietjie Afrikaanse opvoeding op hierdie dag. Oorvertel as die waarheid,
> die volle waarheid en niks anders as die waarheid!!!
>
> Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal
> vergader. Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste
> rugbyspan geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories
> bang gemaak - nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die
> doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgele kan word nie. Hy betuig verder
> sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise teen die skool
> teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die klaskamers rook nie.
>
> Op die verhoog staan daar twee kartondose. In hierdie kartondose is daar
> Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis die ouens wat Bybels in hotelle
> ens. plaas) aan die skool geskenk is. Die idee is om vir alle kinders wat
> nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee. Omdat hierdie nogal 'n
> noemenswaardige gebaar is, het twee van die Gideon mense na die skool gekom
> om die Bybels te oorhandig. Die twee sit so half eenkant - weg van die
> onderwysers af. Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op
> na die kinders, en sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee
> Gideon mense se kant toe en se:
>
> "Julle wonder seker wat hierdie twee dose op die verhoog doen?"
>
> Nodeloos om te se die volgende oomblik het chaos uitgebars en die
> onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite werd
> vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle telkens
> uitgebars het van die lag. Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry
> nie en die twee dose met Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor
> verskuif.
>
> N.S.Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie! Ons het die woord al
> te veel verniel in Afrikaans.
>
Re: Afrikaans [boodskap #101269 is 'n antwoord op boodskap #101257] Sa, 05 Februarie 2005 09:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Booner  is tans af-lyn  Booner
Boodskappe: 18
Geregistreer: Desember 2004
Karma: 0
Junior Lid
Wat geen meer boekies nie! Die mense gaan ontsteld raak as die opium
opdroog!
Re: Afrikaans [boodskap #101275 is 'n antwoord op boodskap #101257] Sa, 05 Februarie 2005 22:51 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder of die Gideons nog Bybeltjies uitdeel by die skole. Mag hulle?

By ons was dit tradisie om elke tweede jaar vir die St. 6'e en 7's
Bybeltjies te gee.

E

"Annette" wrote:
> Gister stap ek by die Bybelgenootskap se kantore verby - nogal 'n groot
> plek - die vensters is donker gemaak, maar mens kon nog steeds sien binne is
> dit heeltemal leeg....
> --
> Groetnis
> Annette
Vorige onderwerp: Afrikaans
Volgende onderwerp: Moderne weergawe van 3 Bere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:14:14 MGT 2024