Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Kersfeesvrolikheid
Kersfeesvrolikheid [boodskap #100777] Do, 23 Desember 2004 07:56
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom is almal veronderstel om vrolik te wees met Kersfees? Die bitterbekke
kan heeljaar loop en galbraak, en Kersfees moet hulle smaail?
Die wat die geboorte van Jesus met vrolikheid vier - sal jy vrolik wees as
jy weet so 'n persoon gaan oor 'n jaar of dertig al lydend sterf?
Hoe vrolik kan dit wees vir ouers wat nie aan kinders geskenke kan bekostig
nie?
Hoe vrolik kan dit vir kinders wees wat nie eers iets anders as die
daaglikse pap en water te ete kry nie?
Hoe vrolik kan dit wees vir 'n gesin waarvan een van die ouers hulle aan
drank oorgegee het uit pure vrolikheid?
Hoe vrolik kan dit wees vir 'n gesin waarvan 'n gesinslid iewers onbekend
bedwelmd rondlê?
Hoe vrolik kan dit wees vir 'n oue wat vereensaam in 'n sorgsentrum sit en
geen familielid bel of besoek hulle nie?
Hoe vrolik kan dit wees as die broodwinner sy werk in Desember verloor het?
Hoe vrolik kan dit wees as iemand wat jy ken kort voor Kersfees in 'n
sinnelose motorongeluk dood is?
Hoe vrolik kan dit wees as 'n gesinslid ernstig siek in die hospitaal lê?
Hoe vrolik kan dit wees as jy jou geskenke wat jy ontvang in geldwaarde
vergelyk met dit wat jy gegee het?
Hoe vrolik kan dit wees as jy al swetend in 'n rooi wolpak in die snikhete
geskenkies moet uitdeel om kindertjies te laat glo in Kersvader, en enetjie
bederf alles deur uit te blaker dat krismisvader tog haar/sy pappie is.
Hoe vrolik kan dit wees as mense hulle kersmiddag trommeldik ooreet, en die
middag omslaap, om die aand die oorskietkos te kan eet?
Hoe vrolik kan dit wees as die klapper, wat die nuttelose geskenkie berg,
nie wil skiet nie?
Hoe vrolik kan dit wees as iemand by 'n feestydpartytjie verkrag word?
Hoe vrolik kan dit wees as al jou piekniek-kos vol sand waai, of die hele
buitelug-geleentheid papsopnat reën?
Hoe vrolik kan dit wees as daar nie meer koeldrank is om die kindertjies
stil te hou nie?

Al wat ek vra. is dat ons moet wegbeweeg van die onegte glimlagte, en
gemaakvrolikheid wat op ons afgedwing word, en eerder te begin dink aan
Kersfees as 'n viering van dankbaarheid dat ons nog het wat ons kan geniet -
vriende, familie, humor, goeie geselskap, samesyn, die voorreg om nog vir
iemand iets te kan gee, hetsy 'n geskenkie, of tyd.

Kersfeesdankbaarheid aan almal van julle.
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
Vorige onderwerp: Polkadraai
Volgende onderwerp: O stille swye, heilige gemors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 08:08:52 MGT 2024