Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit " Joernaal van Jorik " deur D.J. OPPERMAN
Uit " Joernaal van Jorik " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #100429] Vr, 26 November 2004 02:33
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uit " Joernaal van Jorik"

'n Ou Mark: Langs kalkstrepe op die Plein
staan groen vragmotors, ongeskeerde mans
uit die Pêrel, Wellington en Drakenstein,
Verdruk-my-Nie en van Kleinwolwedans;

Bruinmense met tamaties en kropslaai,
en Grieke koop geelwortels en radyse!
Wie het die appels in papier gedraai?
Hier lê 'n springbok, daar 'n paar patryse.

Hy hoor die karretjie met groot geraas
van wiele en van perdepote om die hoek,
en die Maleier sy vals beueltjie blaas
en skree: " Kabeljou, galjoen en snoek!"
Vorige onderwerp: Uit " Joernaal van Jorik " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Rubriek uit Beeld - deur Ferdi Greyling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 19:41:12 MGT 2024