Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Die Gogga in my swembad
Die Gogga in my swembad [boodskap #100349] So, 21 November 2004 07:17 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet eerder sê goggas. Ons is nie seker wat dit is nie, my man reken dis
een of ander kokkerot, ek reken dis 'n kriekerige ding. Wat ookal dit is,
die goggas is rofweg dieselfde grote as 'n muis. Ek vermoed as ons vleis
opraak kan ek net so tweetjies in die tuin gaan grawe en die sal ons redelik
goed aan die gang hou vir 'n rukkie.

Die eerste een het verlede jaar sy verskyning gemaak, en ons het deur die
loop van die jaar seker so twee uit die swembad gevis. Ek reken hierdie
jaar donner die weer hulle bietjie op of iets, want elke keer as dit
toegetrek was, of as dit gereën het (en dit gebeur elke aand, al is dit net
twee druppels wat neer spoeg), vis ons minstens 3 van die afskuwelik
gediertes uit die swembad.

Ek wonder of die goggas nie as iets klein begin het, en toe in SASOL of
ISCOR se slykdamme beland het nie. Shame, die arme goed is gemutate...

Groete
Elaine

Ns. Antie, moet asb nie moan oor my spelling nie, dis 9 vm, en ek het nog
nie geslaap nie - ek gaat nie nou spelling check nie :)
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100350 is 'n antwoord op boodskap #100349] So, 21 November 2004 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine, is dit nie Parktown Prawns waarvan jy praat nie? Hulle is mos 'n
kruis tussen 'n sprinkaan en 'n kakkerlak. Met pers en swart en rooi, nogal
mooi kleure as jy by die gril kan verbykom ;-)

Ellie

"Elaine" wrote in message
news:cnpfe0$7ev$1@ctb-nnrp2.saix.net...
Ek moet eerder sê goggas. Ons is nie seker wat dit is nie, my man reken dis
een of ander kokkerot, ek reken dis 'n kriekerige ding. Wat ookal dit is,
die goggas is rofweg dieselfde grote as 'n muis. Ek vermoed as ons vleis
opraak kan ek net so tweetjies in die tuin gaan grawe en die sal ons redelik
goed aan die gang hou vir 'n rukkie.

Die eerste een het verlede jaar sy verskyning gemaak, en ons het deur die
loop van die jaar seker so twee uit die swembad gevis. Ek reken hierdie
jaar donner die weer hulle bietjie op of iets, want elke keer as dit
toegetrek was, of as dit gereën het (en dit gebeur elke aand, al is dit net
twee druppels wat neer spoeg), vis ons minstens 3 van die afskuwelik
gediertes uit die swembad.

Ek wonder of die goggas nie as iets klein begin het, en toe in SASOL of
ISCOR se slykdamme beland het nie. Shame, die arme goed is gemutate...

Groete
Elaine

Ns. Antie, moet asb nie moan oor my spelling nie, dis 9 vm, en ek het nog
nie geslaap nie - ek gaat nie nou spelling check nie :)
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100351 is 'n antwoord op boodskap #100349] So, 21 November 2004 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
http://home.intekom.com/intekom/parktown_prawns/

http://home.intekom.com/intekom/parktown_prawns/male.htm

http://home.intekom.com/intekom/parktown_prawns/female.htm

SASOL en YSKOR se bydrae kan dalk wees: "... the lack of predators such as
mongooses and water leguaans in these areas could have resulted in the rapid
colonisation ..." agv die swak toestande van die "wetlands".

:-)

TJ

"Elaine" skryf in boodskap news:cnpfe0$7ev$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek moet eerder sê goggas. Ons is nie seker wat dit is nie, my man reken dis
> een of ander kokkerot, ek reken dis 'n kriekerige ding. Wat ookal dit is,
> die goggas is rofweg dieselfde grote as 'n muis. Ek vermoed as ons vleis
> opraak kan ek net so tweetjies in die tuin gaan grawe en die sal ons redelik
> goed aan die gang hou vir 'n rukkie.
>
> Die eerste een het verlede jaar sy verskyning gemaak, en ons het deur die
> loop van die jaar seker so twee uit die swembad gevis. Ek reken hierdie
> jaar donner die weer hulle bietjie op of iets, want elke keer as dit
> toegetrek was, of as dit gereën het (en dit gebeur elke aand, al is dit net
> twee druppels wat neer spoeg), vis ons minstens 3 van die afskuwelik
> gediertes uit die swembad.
>
> Ek wonder of die goggas nie as iets klein begin het, en toe in SASOL of
> ISCOR se slykdamme beland het nie. Shame, die arme goed is gemutate...
>
> Groete
> Elaine
>
> Ns. Antie, moet asb nie moan oor my spelling nie, dis 9 vm, en ek het nog
> nie geslaap nie - ek gaat nie nou spelling check nie :)
>
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100352 is 'n antwoord op boodskap #100349] So, 21 November 2004 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kry vir julle 'n paar hadedas.

www.joburg.org.za/jan_2002/prawns.stm

:-)

TJ

"Elaine" skryf in boodskap news:cnpfe0$7ev$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek moet eerder sê goggas. Ons is nie seker wat dit is nie, my man reken dis
> een of ander kokkerot, ek reken dis 'n kriekerige ding. Wat ookal dit is,
> die goggas is rofweg dieselfde grote as 'n muis. Ek vermoed as ons vleis
> opraak kan ek net so tweetjies in die tuin gaan grawe en die sal ons redelik
> goed aan die gang hou vir 'n rukkie.
>
> Die eerste een het verlede jaar sy verskyning gemaak, en ons het deur die
> loop van die jaar seker so twee uit die swembad gevis. Ek reken hierdie
> jaar donner die weer hulle bietjie op of iets, want elke keer as dit
> toegetrek was, of as dit gereën het (en dit gebeur elke aand, al is dit net
> twee druppels wat neer spoeg), vis ons minstens 3 van die afskuwelik
> gediertes uit die swembad.
>
> Ek wonder of die goggas nie as iets klein begin het, en toe in SASOL of
> ISCOR se slykdamme beland het nie. Shame, die arme goed is gemutate...
>
> Groete
> Elaine
>
> Ns. Antie, moet asb nie moan oor my spelling nie, dis 9 vm, en ek het nog
> nie geslaap nie - ek gaat nie nou spelling check nie :)
>
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100353 is 'n antwoord op boodskap #100349] So, 21 November 2004 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> Ns. Antie, moet asb nie moan oor my spelling nie, dis 9 vm, en ek het nog
> nie geslaap nie - ek gaat nie nou spelling check nie :)

Elaine, jou Afrikaans was mooi keurig en beskrywend
en ek het, wat jy geskrywe het, geniet. Ek beny jou nie
die Parktown prawns nie. Ek was ook geinteresseerd
in die stuk oor die hadedas wat ek in TJ se sites gelees
het.
Moenie dink dat ons ontslae is van nare goggas in
Kanada nie. Snaaks genoeg, die grootste probleem
is kakkerlakke, wat tog eintlik 'n subtropiese insek
is. Maar hulle floreer absoluut in die sub-tropiese
klimaat van enige "high rise" gebou, wat nie baie
aktief maatreëls tref om hulle teen te werk nie. Die
slegste ondervinding wat ons gehad het, was toe
ons dogter na McGill Universiteit in Montreal gegaan
het, en vir haar 'n woonstel op die 23 ste vloer van
een woonstelgebou digby die Universiteit gekry het.
Die plek was letterlik besmet met die goed, en dit
het nie eens gehelp toe die plek vir die tweede keer
ontsmet is nie. Sy moes naderhand uittrek na 'n
plek in 'n privaathuis, waar hulle gelukkig nie
kakkerlakke gehad het nie. Die goed kan glo hulle
hele lewe in sulke hoë woonstelblokke deurbring,
en het min kos nodig, maar moet toegang tot water
hê.

Gloudina
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100355 is 'n antwoord op boodskap #100350] So, 21 November 2004 15:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, die goed in my swembad is nie Parktown Prawns nie. Ek sou verlig
gewees het as dit was... want dan het ek darem geweet wat ek uit my swembad
haal :)

E

"Ellie" wrote:
> Elaine, is dit nie Parktown Prawns waarvan jy praat nie? Hulle is mos n
> kruis tussen n sprinkaan en n kakkerlak. Met pers en swart en rooi, nogal
> mooi kleure as jy by die gril kan verbykom ;-)
>
> Ellie
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100356 is 'n antwoord op boodskap #100351] So, 21 November 2004 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vie die inligting :) Ek het gekyk na die nuutste gogga in my swembad
en hom vergelyk met die prentjie. Myne is baaaaaiiiiieeeeee groter.... maar
hy lyk dieselfde, so ek het besluit dis Parktown Prawns wat in my swembad
kom selfmoord pleeg :)

Groete
Elaine

"TJ" wrote:
> http://home.intekom.com/intekom/parktown_prawns/
>
> http://home.intekom.com/intekom/parktown_prawns/male.htm
>
> http://home.intekom.com/intekom/parktown_prawns/female.htm
>
> SASOL en YSKOR se bydrae kan dalk wees: "... the lack of predators such as
> mongooses and water leguaans in these areas could have resulted in the rapid
> colonisation ..." agv die swak toestande van die "wetlands".
>
> :-)
>
> TJ
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100357 is 'n antwoord op boodskap #100352] So, 21 November 2004 15:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons het baie Hadedas in Sasolburg gehad to ek daar gebly het. Hulle het
saam met ons Midrand to getrek. Maar, ek het nog nie 'n hadeda in
Vanderbijlpark gesien nie. My honde jaag hulle weg :) Hulle hou nie van
voëls nie.

E

"TJ" wrote:

> Kry vir julle 'n paar hadedas.
>
> www.joburg.org.za/jan_2002/prawns.stm
>
> :-)
>
> TJ
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100358 is 'n antwoord op boodskap #100350] So, 21 November 2004 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Okay, dis 'n Parktown Prawn. Maar hierdie lot is nie so mooi veelkleurig
soos jy beskryf nie. Hulle is gewoon twee verskillende skakerings van
bruin, so ek reken die mannetjies verdrink die wyfies in die aande. Nou het
ons nog moordadige goggas ook!!

E

"Ellie" wrote:
> Elaine, is dit nie Parktown Prawns waarvan jy praat nie? Hulle is mos n
> kruis tussen n sprinkaan en n kakkerlak. Met pers en swart en rooi, nogal
> mooi kleure as jy by die gril kan verbykom ;-)
>
> Ellie
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100359 is 'n antwoord op boodskap #100353] So, 21 November 2004 15:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, jong 'n kakkerlak is 'n aaklige ding, hulle kan enige plek leef. Ons
het veral op die SASOL 1 aanleg met hulle gesukkel. Om die waarheid te sê
die goed floreer op daai aanleg. Ons het die kantiens en die eetvertrekke
minstens een keer 'n maand gedoom "fogger", maar as jy kyk is die goed weer
terug. Ek het al gesien dat hulle sommer so in hulle 1000'e uit die dak
kom.

Ek het êrens gelees dat kokkerotte mekaar "waarksu" as daar gevaar is deur
'n reuk vry te laat. As die ander kokkerotte dit ruik, "vlug" hulle weg van
die gevaar en sal weer terugkom wanneer die gevaar verby is. Die dat jy nie
ontslae kan raak van die goed nie.

'n Mens het eintlik 'n professionele ou nodig om ontslae te kom raak van die
gemors. Een van daai wat die gebou seël sodat niks groter as 'n vlooi kan
uitkom nie, en dan 'n gifbom in jou huis laat val.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Moenie dink dat ons ontslae is van nare goggas in
> Kanada nie. Snaaks genoeg, die grootste probleem
> is kakkerlakke, wat tog eintlik 'n subtropiese insek
> is. Maar hulle floreer absoluut in die sub-tropiese
> klimaat van enige "high rise" gebou, wat nie baie
> aktief maatreëls tref om hulle teen te werk nie. Die
> slegste ondervinding wat ons gehad het, was toe
> ons dogter na McGill Universiteit in Montreal gegaan
> het, en vir haar 'n woonstel op die 23 ste vloer van
> een woonstelgebou digby die Universiteit gekry het.
> Die plek was letterlik besmet met die goed, en dit
> het nie eens gehelp toe die plek vir die tweede keer
> ontsmet is nie. Sy moes naderhand uittrek na 'n
> plek in 'n privaathuis, waar hulle gelukkig nie
> kakkerlakke gehad het nie. Die goed kan glo hulle
> hele lewe in sulke hoë woonstelblokke deurbring,
> en het min kos nodig, maar moet toegang tot water
> hê.
>
> Gloudina
>
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100360 is 'n antwoord op boodskap #100359] Ma, 22 November 2004 10:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Is 'n "Parktown prawn" en 'n koringkriek dieselfde ding?
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100361 is 'n antwoord op boodskap #100360] Ma, 22 November 2004 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie... Ek sal uitvind, want nou wonner ek ook :)

E

"Max" wrote:
> Is 'n "Parktown prawn" en 'n koringkriek dieselfde ding?
>
Re: Die Gogga (is dit eetbaar?) [boodskap #100362 is 'n antwoord op boodskap #100360] Ma, 22 November 2004 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ons sien nou op BBC world Pakistaanse arbeiders
wat in Israel werk die goga's bak as prawns.
Dus? - wellig "die vyand" bak en eet?
Hmmmmmmmmmmm! lekker tog?
patrick

In article , Max
wrote:
> Is 'n "Parktown prawn" en 'n koringkriek dieselfde ding?
>
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100363 is 'n antwoord op boodskap #100360] Ma, 22 November 2004 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, 'n koringkriek is so 'n ronde kort lyfie, gewoonlik swart. Hier by
ons roep ons hom 'n 'Abraham-boepie."

"Max" skryf in boodskap news:41a1c1c7$0$25965$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Is 'n "Parktown prawn" en 'n koringkriek dieselfde ding?
>
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100364 is 'n antwoord op boodskap #100352] Ma, 22 November 2004 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 21 Nov 2004 15:40:19 +0200, "TJ" wrote:

> Kry vir julle 'n paar hadedas.

In my straat is daar 'n buurman met so twee baie nice honde in sy
agterplaas. Agter hom (en skuins agter my) is daar nog so twee honde
wat ek nie ken nie, maar volgens alle aanduidings is hulle ook
beskaafd.

Van so 'n maand gelede vlieg daar egter elke oggend wat na twee
hadedas klink oor die huise en hulle gil hulle verskrikte gille sover
hulle vlieg.
Dan begin die honde langsaan hartroerend tjank in reaksie op die
hadedas en hulle steek weer die honde skuins agter aan.

Dus elke oggend tussen so 7:00 en 7:30 is daar 'n moerse lawaai in ons
straat - aangesit deur die hadedas.
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100365 is 'n antwoord op boodskap #100364] Ma, 22 November 2004 15:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling"

> Dus elke oggend tussen so 7:00 en 7:30 is daar 'n moerse lawaai in ons
> straat - aangesit deur die hadedas.

Darem gelukkig dis omtrent die tyd in die oggend
wat mens normaal wakkerword. Dis nie soos die
hane in ons bure se agterplaas op Marchand,
wat begin kraai het as die dag net so effentjies
begin breek nie. En is die somer beteken dit
so hier teen vier-uur vyf-uur in die oggend.
Die bure se hoenderhok was net agter hulle
huis, en ons huis, wat bietjie terug van die
straat af was, was dan net langs die hoenderhok
wat nie meer as tien jaarts of so van die twee
slaapkamers aan daardie kant van die huis
was nie. Mens verromantiseer die vreugdes
van in die platteland bly. En mens vergeet
al hierdie soort dinge.

Gloudina
Re: Die Gogga in my swembad [boodskap #100366 is 'n antwoord op boodskap #100364] Ma, 22 November 2004 16:21 Na vorige boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Liewers die hadedas en honde vanaf sewe as die minibus taxi van 05:30 - en
ons is nie eens op hul roete nie!

:-)

TJ

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:arq3q05bedsnh5efbtv1f5ro41mq9ien5a@4ax.com...
> On Sun, 21 Nov 2004 15:40:19 +0200, "TJ"
> wrote:
>
> agterplaas. Agter hom (en skuins agter my) is daar nog so twee honde
> wat ek nie ken nie, maar volgens alle aanduidings is hulle ook
> beskaafd.
>
> Van so 'n maand gelede vlieg daar egter elke oggend wat na twee
> hadedas klink oor die huise en hulle gil hulle verskrikte gille sover
> hulle vlieg.
> Dan begin die honde langsaan hartroerend tjank in reaksie op die
> hadedas en hulle steek weer die honde skuins agter aan.
>
> Dus elke oggend tussen so 7:00 en 7:30 is daar 'n moerse lawaai in ons
> straat - aangesit deur die hadedas.
>
Vorige onderwerp: Worshond in die Namib
Volgende onderwerp: Wille Lewe in die Sederberg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:45:26 MGT 2024