Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Vir Basjan [vraag oor kerk]
Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99643] Wo, 20 Oktober 2004 06:37 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het my neus nog altyd uit die geloofsdebatte gehou want ek voel dit help
nie om teen 'n man se geloof te redeneer nie. Daar is egter so 'n paar
interessante dinge wat my al in diep argumente laat betrokke raak het.
Soos byvoorbeeld die groot en klein doop. Soos ek die ding verstaan, is
die doop die sleutel tot jou geloof en iets waarsonder jy nie in die hemel
kan beland nie. Nou glo een groep mense dat jy moet klein doop en omdat
die kind nie kan verstaan wat met hom gebeur nie, aanvaar die ouers die
verantwoordelikheid van sy sonde tot tyd en wyl hy aangeneem word? Die
grootdopers sê weer nee, as 'n mens nie groot gedoop word nie, is hy
verdoem. Die groot vraag, vir my, wie is reg? Is hierdie alles nie net
maar menseverskille nie?
Wat van die Boesman in die veld wat nog nooit eers van 'n kerk gehoor
het nie, is hy verdoem tot in ewigheid soos die kerke sê? Wat van die
babatjie wat dood is voor hy gedoop kan word? Praat die kerke van sonde,
dan word jy gedreig dat jou nageslag gaan betaal vir jou sondes, maar wag,
as jy mooi soet is, jou tiendes en jou geld gooi, dan is daar hoop vir jou.
Maw, net soos die Katolieke kerke, kan jy in alle kerke ook maar jou sondes
afkoop? Daar word vertel as net jammer is oor wat jy gedoen het, dan is
daar 'n 'delete' knoppie wat jy kan druk en alles is vergewe?
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99644 is 'n antwoord op boodskap #99643] Wo, 20 Oktober 2004 09:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:417607a2.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het my neus nog altyd uit die geloofsdebatte gehou want ek voel dit
> help nie om teen 'n man se geloof te redeneer nie. Daar is egter so 'n
> paar interessante dinge wat my al in diep argumente laat betrokke raak
> het. Soos byvoorbeeld die groot en klein doop. Soos ek die ding
> verstaan, is die doop die sleutel tot jou geloof en iets waarsonder jy nie
> in die hemel kan beland nie.

Oom Suidwes, dit is seker een van die tere sake in die Christenkerk, selfs
my Ma het groot moles met die NG Kerk gekry toe sy haar laat grootdoop het!
Ek persoonlik glo soos ek aan Patrick geskryf het.

Ek glo die Bybel is duidelik oor die doop, dat dit iets is wat gebeur nadat
mens in Christus glo en gered word. Maw ek glo nie aan kleindoop nie, ek
sien dit nie in die Bybel nie. Ek glo wel dat mens jou kind kan opdra aan
die Here en 'n verbond met Hom opstel om jou kind "in Christus" groot te
maak. Dit is tog iets goeds om na die Here te gaan met die versoek en opdra
van jou eie kind?

Matthew 3:6
Confessing their sins, they were baptized by him in the Jordan River.
(Whole Chapter: Matthew 3 In context: Matthew 3:5-7)

Matthew 3:11 (Johannes die Doper praat)
"I baptize you with[ 3:11 Or in] water for repentance. But after me will
come one who is more powerful than I, whose sandals I am not fit to carry.
He will baptize you with the Holy Spirit and with fire.
(Whole Chapter: Matthew 3 In context: Matthew 3:10-12)

Ek is "klein-gedoop", maar het my lat grootdoop nadat en Christus aanvaar
het in my lewe. Daar is 'n groot groep Christene wat slegs in kleindoop
glo, en vice versa. Die eerste groep glo dat kleindoop 'n soort van "opdra
aan God" is, terwyl die tweede groep meer glo dat dit deel van jou oorgawe
aan God is. Ek glo dit is 'n baie belangrike teken, maar is nog nie oortuig
dat dit "saligheidsbepalend" is nie. Ek glo dat geloof in Jesus Christus en
aanvaarding van Hom as Verlosser en vergifnis van sondes die kardinale
spilpunt van Christenskap is.

Jesus het wel gesê:

Mark 16:16
Whoever believes and is baptized will be saved, but whoever does not believe
will be condemned.
(Whole Chapter: Mark 16 In context: Mark 16:15-17)

maar beteken doop hier met water of met die Heilige Gees? Dit is sekerlik
maar moeilike dinge om te interpreteer, vir my was my "groot-doop" 'n teken
van oorgawe en gehoorsaamheid aan God.

> Nou glo een groep mense dat jy moet klein doop en omdat die kind nie kan
> verstaan wat met hom gebeur nie, aanvaar die ouers die verantwoordelikheid
> van sy sonde tot tyd en wyl hy aangeneem word?

Ek verstaan dit anders, dat die ouers verantwoordelikheid neem vir die kind
se opvoeding in die Here en die kind opdra aan God, en nie vir die sondes
"verantwoordelikheid" neem nie.

> Die grootdopers sê weer nee, as 'n mens nie groot gedoop word nie, is hy
> verdoem. Die groot vraag, vir my, wie is reg? Is hierdie alles nie net
> maar menseverskille nie?

Ja oom, ek dink dat dit wel baie mense se dink is. Ek glo nie 'n "aardse
daad" kan my red nie, slegs geloof in Jesus Christus. Maar dan weer, is
geloof 'n aardse daad? Vir my is geloof 'n geestelike, siels-daad. Ek glo
wel dat jy gehoorsaamheid aan God bewys om jou te laat doop as jy gered is,
maar is "ongedopenes" verlore? Dit is nie vir my om te sê nie!

> Wat van die Boesman in die veld wat nog nooit eers van 'n kerk gehoor
> het nie, is hy verdoem tot in ewigheid soos die kerke sê?

Ons het reeds hieroor gepraat met tannie Gloudina. Ek glo dat God regverdig
en almagtig en erg wys is! Hy sal Sy eie belsuit neem, dit is nie vir my 'n
issue nie. As ek reguit moet sê wat ek glo, dan sê ek nee, ek glo nie dat
die Here iemand sal verdoem wat nog nooit van hom gehoor het nie.

> Wat van die babatjie wat dood is voor hy gedoop kan word?

Ek glo dieselfde geld vir die geval. Ons het met 'n ongelooflike groot en
wyse God te make. My ma het altyd gesê as ons net so 2 sekondes kan sien
met Wie ons te doen het, sou ons ons lewe so vinning in order kry!

Daniël 4:35 is vir my ongelooflik: En al die aardbewoners word as niks geag
nie, en na sy wil handel Hy met die leër van die hemel en die bewoners van
die aarde, en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom kan sê: Wat
doen U nie?

Ons het met 'n grote, almagtige God te doen, wat ver bo ons menslike stry
is!

> Praat die kerke van sonde, dan word jy gedreig dat jou nageslag gaan
> betaal vir jou sondes,

Ek dink dit staan êrens in die OT dat die Here sondes straf tot in die derde
of vierde geslag, of so iets. Maar ek glo dat sondes odner wet weggeneem is
deur Jesus en sy sterfte en opstaan in die NT.

> maar wag, as jy mooi soet is, jou tiendes en jou geld gooi, dan is daar
> hoop vir jou.

Ek het dit nog nooit gehoor nie, en dink dit is bog! Werke kan jou nie red
nie. As dit alleen werke was, was ons almal op die sneltrein hel toe!

Jou tiende is tussen jou en God, jy eer God met jou opbrengs, tussen jou en
God. Dit is 'n eer wat vir Sy werk gebruik word, nie iets wat van jou 'n
beter mens maak nie. Die gelykenis van die arm en ryk "tiende-gewers" is
vir my baie treffend in die konteks.

> Maw, net soos die Katolieke kerke, kan jy in alle kerke ook maar jou
> sondes afkoop?

Ek weet wel jou kon jou sondes afkoop in Katolieke Kerk, maar glo glad nie
aan die konsep nie. Sonder om party mense te offend, ek wonder oor baie
konsepte in die Katolieke Kerk. Die prominensie van Maria, die vergifnis
van sonde deur belyding aan 'n mens, die vergifnis deur versies op te sê,
die mag van die kerk oor jou lewe, die belangrikheid van "geforseerde"
geldelike bydraes. Ek stem nie met die dinge saam nie. Vir my is
Christenskap Jesus Christus en gehoorsaamheid aan Hom. Klaar.

> Daar word vertel as net jammer is oor wat jy gedoen het, dan is daar 'n
> 'delete' knoppie wat jy kan druk en alles is vergewe?

As oom dit so wil stel en die knoppie = geloof in Jesus en belydenis van
sondes aan Hom en vergifnis deur Hom. Ja. Dan kan mens dit seker so
vereenvoudig. Maar deur net bloot jammer te wees, stem ek nie saam nie.
Die jammerte moet na Jesus gerig word en die geloof dat jou sondes vergewe
is deur God op die basis van Jesus se sterfte aan die kruis en opstaan, is
ook belangrik.

Weereens - dis wat ek glo!

Basjan
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99646 is 'n antwoord op boodskap #99644] Wo, 20 Oktober 2004 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoor wat jy sê, maar hoekom is dit nie genoeg net om te glo aan God nie?
Hoekom moet 'n gebaar gemaak word om dit te bewys? Die kerke oor die
algemeen is skatryk instansies. Kyk na die Katolieke kerk en self hier by
ons is die NG Kerk blykbaar die grootste privaatbesitter van grond in die
land. Die dominee's verdien groot salarisse, kry motortoelae en bly in
'firmahuise'. Die geld kom uit skenkings uit van mense wat glo dis die
regte ding om te doen.
Is dit nie opvallend dat die ryker deel van die samelewing nie so
kerkvas is nie? Hoekom nie? Is dit nie omdat dié mense reken hulle
verdien genoeg en lewe 'n goed genoeg lewe, hulle het nie 'n belofte van 'n
hiernamaals nodig nie? Is dit nie dalk die ander ouens, wat sy lewe deur
ploeg en wat hoop om eendag, na die dood, die gelyke te wees van al die
mense op aarde wat hom so druk nie? Is godsdiens nie net 'n emosionele
kruk vir die behoeftiges nie?
Ek self vind dit moeilik om al die kerke se stories te glo. Aan die
een kant dreig hulle jou met hel en vuur en die volgende dag vra hulle vir
skenkings. Ek het vele gevalle beleef van soldate wat in die veld
'kopseer' opgedoen het en as hulle by die huis kom, dan probeer hy sy seer
verdrink met alkohol. Wat maak die kerke dan? Ipv die man by te staan en
te help [hy het darem ledegeld betaal vir baie jare!] sit hulle hom onder
sensuur omdat hy moleste maak. Uiteindelik weier hulle om hom te begrawe
toe die drank baas geword het. Dit het my laat besluit die kerke oor die
algemeen is 'good news' instansies. Solank jy vriendelik is en die geld
kan gooi, dan is jy koning. Val jy van die wa af.....wel, dan het jy mos
nie meer geld vir bydraes nie?

"Basjan" skryf in boodskap news:cl5b02$o1v$1@solaris.cc.vt.edu...
> "Suidwester" wrote in message
> news:417607a2.0@news1.mweb.co.za...
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99649 is 'n antwoord op boodskap #99646] Wo, 20 Oktober 2004 10:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message
news:41763c28.0@news1.mweb.co.za...
> Ek hoor wat jy sê, maar hoekom is dit nie genoeg net om te glo aan God
> nie? Hoekom moet 'n gebaar gemaak word om dit te bewys?

Oom "bewys" niks met tiendes nie, miskien slegs aan God en oom self...

> Die kerke oor die algemeen is skatryk instansies. Kyk na die Katolieke
> kerk en self hier by ons is die NG Kerk blykbaar die grootste
> privaatbesitter van grond in die land. Die dominee's verdien groot
> salarisse, kry motortoelae en bly in 'firmahuise'. Die geld kom uit
> skenkings uit van mense wat glo dis die regte ding om te doen.

Die kerk is 'n instansie. Dit is nie God of jou regeerder nie. Jou geld
gee jy aan God, of jy dit aan die kerk, of aan 'n sendeling of aan enige van
god se werk gee. Of jy dit aan die arm mens wat vir jou werk as present
gee, ek glo dat jy God ook met jou geld kan eer. Maar ek stem saam dat dit
verkeerd is om mense "skuldig" te laat voel oor tiendes.

> Is dit nie opvallend dat die ryker deel van die samelewing nie so
> kerkvas is nie? Hoekom nie? Is dit nie omdat dié mense reken hulle
> verdien genoeg en lewe 'n goed genoeg lewe, hulle het nie 'n belofte van
> 'n hiernamaals nodig nie? Is dit nie dalk die ander ouens, wat sy lewe
> deur ploeg en wat hoop om eendag, na die dood, die gelyke te wees van al
> die mense op aarde wat hom so druk nie? Is godsdiens nie net 'n
> emosionele kruk vir die behoeftiges nie?

Karl Marx het gesê godsdiens is die opium van die massas. MAAR daar is 'n
verskil vir my tussen godsdiens en geloof in Jesus Christus. Jy "pleeg"
godsdiens, maar jy GLO in Jesus. So die hele argument dat godsdiens 'n
"drug" is, steur ek my nie aan nie. Dit is iets persoonlik vir my om God te
aanbid deur Jesus. Ek "pleeg" nie godsdiens nie.

> Ek self vind dit moeilik om al die kerke se stories te glo. Aan die
> een kant dreig hulle jou met hel en vuur en die volgende dag vra hulle vir
> skenkings.

As oom voel 'n kerk "dreig" oom, klink dit mos nie gesond nie? As die kerk
Jesus predik en dat jy sy leër en wandel moet nastreef, is dit aanvaarbaar
vir my. Tiendes is tussen God en ek, nie tussen die kerk en ek nie...

Basjan
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99656 is 'n antwoord op boodskap #99644] Wo, 20 Oktober 2004 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
>> Suidwester:

>> Ek het my neus nog altyd uit die geloofsdebatte gehou want ek voel dit
>> help nie om teen 'n man se geloof te redeneer nie. Daar is egter so 'n
>> paar interessante dinge wat my al in diep argumente laat betrokke raak
>> het. Soos byvoorbeeld die groot en klein doop. Soos ek die ding
>> verstaan, is die doop die sleutel tot jou geloof en iets waarsonder jy nie
>> in die hemel kan beland nie.

Net iets - dinge soos die doop en nagmaal is eenvoudig net sakramente.
Gaan kyk na die definisie van 'n sakrament. Dit sal dinge makliker
verklaar, en dan sal jy ook agterkom dat al verskil die magdom van
denominasies en Christelike instansies hieroor, het dit werklik
bittermin te make met jou saligmaking soos Basjan sou sê, of soos jy
sê - of jy hemel toe gaan of nie.
Terloops, die meeste Protestante het net 2 Sakramente, en dit is die
doop en nagmaal. Maar Katolieke het 7 (Lorinda, help?).
As ek reg onthou is dit die Eucharist (watookal die Afrikaans is, want
dit is anders as nagmaal, want hulle glo dat die brood werklik
verander in die liggaam van Christus en die wyn in bloed), doop,
aanneming, die huwelik en nou kan ek gladnie dink aan die ander nie.

Elkgeval, die punt is dat sakramente vervul 'n spesifieke rol in
spesifieke gelowe. En meer interessant (en waar dinge moeiliker raak
om te verduidelik), is dat hierdie Sakramente of dan eintlik dalk ook
"mysteries" nie alleenlik dui op die uiterlike sakramentele aksie van
bv. die doop in water onderdompel of besprinkeling nie, maar dat dit
tergelykertyd veronderstel is om 'n mistiese aksie te h^e, wat die
gelowige dan soortvan sal "transformeer". 'n Tipe van "bewustheid"
(as daar so woord is), wat aangewakker word. Dit is juis hierdie
"transformasie" wat by alle gelowe voorkom, maar verskillende woorde
word gebruik in die verskillende tradisies om dieselfde konsep van
"een met God" of so iets, te beskryf.
Interessante rituele eintlik....elkgeval..
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99658 is 'n antwoord op boodskap #99656] Wo, 20 Oktober 2004 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:99ucn05frctac2c0g2nopdvq9u6j24h857@4ax.com...

> Sakramente of dan eintlik dalk ook
> "mysteries" nie alleenlik dui op die uiterlike sakramentele aksie van
> bv. die doop in water onderdompel of besprinkeling nie, maar dat dit
> tergelykertyd veronderstel is om 'n mistiese aksie te h^e, wat die
> gelowige dan soortvan sal "transformeer". 'n Tipe van "bewustheid"
> (as daar so woord is), wat aangewakker word. Dit is juis hierdie
> "transformasie" wat by alle gelowe voorkom, maar verskillende woorde
> word gebruik in die verskillende tradisies om dieselfde konsep van
> "een met God" of so iets, te beskryf.
> Interessante rituele eintlik....elkgeval..

Katryn, dit is interessant dat jy sê sulke sakramente het dan ook 'n
misterieuse invloed. Vir my was dit regtig meer helder. Die doop was vir
my 'n teken van gehoorsaamheid aan God en van sy "afwas van my sondes deur
Christus se bloed", terwyl die nagmaal my diep herinner aan wat Jesus vir my
gedoen het. Alhoewel ek beide baie emosioneel ervaar, is dit nie vir my
misterieus nie. Dit bly fisiese dade met 'n geestelike konnotasie. 'n Keuse
van my as mens om God te eer en te "vier". Die doop en nagmaal self
verander my nie, maar wel my geloof en redding in Christus.

Ek stry nie, ek gooi maar net my 2 sente in die emmer!

Basjan
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99659 is 'n antwoord op boodskap #99658] Wo, 20 Oktober 2004 16:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf:

> Katryn, dit is interessant dat jy sê sulke sakramente het dan ook ´n
> misterieuse invloed. Vir my was dit regtig meer helder.

Skuus, Basjan. Dit is waar my gebrek aan korrekte Afrikaanse
terminologie wys. ;-( Ek het nie bedoel misterieus soos wat jy dit
dalk verstaan nie, maar 'n woord wat dui op "mistieke". Iets wat
geestelik dus is.
Dus iets wat moeilik verstaanbaar of verduidelikbaar is.

> Die doop was vir
> my 'n teken van gehoorsaamheid aan God en van sy "afwas van my sondes deur
> Christus se bloed", terwyl die nagmaal my diep herinner aan wat Jesus vir my
> gedoen het.

Ek verstaan dit, maar dink jy nie ook daar is ook net dalk iets
"dieper" en geestelik wat gebeur tydens die bediening van hierdie
sakramente nie?
Dat d5t wel 'n uiterlike teken van gehoorsaamheid is, gaan ek nie oor
stry nie, want after all dit is tog wat dit veronderstel is om te
wees. 'n Instelling wat Jesus dan self sou ingestel het (volgens die
kerk) as uiterlike/sienlike tekens van innerlike/onsienlike "grace" of
watter woord hier gebruik word (verskillend in verskillende gelowe en
denominasies), maar met dieselfde basiese betekenis.

> Alhoewel ek beide baie emosioneel ervaar, is dit nie vir my
> misterieus nie. Dit bly fisiese dade met 'n geestelike konnotasie.

Juis. Dit is seremonieel. Dus 'n rite. En rites het gewoonlik
spirituele konnotasies? Of nie? Die vorm is gewoonlik spesifiek en
dus voorskriftelik, en daar is 'n rede voor.
Dit is nie veronderstel om net sommer 'n gewone fisiese daad te wees
nie, maar wel iets baie dieper en met diep geestelike betekenisse.
Daardie "emosie" wat jy van praat - dit is waarna ek verwys. Daardie
selfde "emosie" kan ook in 'n laboratorium nagemaak word, terloops -
maar dit is 'n heel ander saak. Ek is seker jy sal erken dat jy baie
naby aan God gevoel het tydens of kort na jou doop. En elke keer wat
jy nagmaal gebruik sal jy geweldig "emosioneel" voel? Bedoelende 'n
gevoel van na aan God wees. Of nie?

> 'n Keuse
> van my as mens om God te eer en te "vier". Die doop en nagmaal self
> verander my nie, maar wel my geloof en redding in Christus.

Keuse dalk wel. Die verandering wat ek van gepraat het, is 'n
spirituele verandering - 'n geestelik verdieping as sulks.
Ook- as jy gered is, sal jy gehoorsaam wees, en hierdie rites getrou
navolg. Dit vorm dan 'n intrinsieke deel van jou geloof en uitleef
daarvan. Die kern vir die Christen sal altyd Jesus wees, en die
seremonies of sakramente maak daardie "eenheid" 'n werklikheid. Ag,
aarde maar ek sukkel om myself beter uit te druk. Elkgeval..

> Ek stry nie, ek gooi maar net my 2 sente in die emmer!

Ek stry ook nie. Dis maar net hoe ek dinge sien en verstaan (van
buite af gesien).
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99660 is 'n antwoord op boodskap #99656] Wo, 20 Oktober 2004 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:99ucn05frctac2c0g2nopdvq9u6j24h857@4ax.com...

> Terloops, die meeste Protestante het net 2 Sakramente, en dit is die
> doop en nagmaal. Maar Katolieke het 7 (Lorinda, help?).

Ag liewe hemel Katryn, jy sal nou dit aan my doen, terwyl daar juis 'n
stryery is oor Engels skryf op die groep!:-))
Ek is bevrees dis in Engels, want ek kan in 'n paar gevalle om die dood nie
aan die Afrikaans dink nie, en ek is nie naby 'n woordeboek nie (so ek skryf
maar almal in Engels):
Baptism, Eucharist, Reconciliation, Confirmation, Marriage, Holy Orders,
Anointing of the sick.

Lorinda
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99662 is 'n antwoord op boodskap #99660] Wo, 20 Oktober 2004 17:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf:

> Ag liewe hemel Katryn, jy sal nou dit aan my doen, terwyl daar juis 'n
> stryery is oor Engels skryf op die groep!:-))

LOL! Skuus, Lorinda. ;-))
Maar dit is werklik goed om te weet jy is nog hier rond. Ek mis nogal
ons geskerts van destyds. En wonder ook baie oor Roely. ;-)

> Ek is bevrees dis in Engels, want ek kan in 'n paar gevalle om die dood nie
> aan die Afrikaans dink nie, en ek is nie naby 'n woordeboek nie (so ek skryf
> maar almal in Engels):
> Baptism, Eucharist, Reconciliation, Confirmation, Marriage, Holy Orders,
> Anointing of the sick.

Baie dankie. Mag ek net nog EEN vragie vra? ;-) Wat presies word
verstaan onder "Holy Orders"? En is reconciliation is dieselfde as
"penance"?
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99668 is 'n antwoord op boodskap #99662] Wo, 20 Oktober 2004 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Oct 2004 13:54:58 -0400, Katryn wrote:

> "Lorinda" skryf:
>
>> Ag liewe hemel Katryn, jy sal nou dit aan my doen, terwyl daar juis 'n
>> stryery is oor Engels skryf op die groep!:-))
>
> LOL! Skuus, Lorinda. ;-))
> Maar dit is werklik goed om te weet jy is nog hier rond. Ek mis nogal
> ons geskerts van destyds. En wonder ook baie oor Roely. ;-)
>
>> Ek is bevrees dis in Engels, want ek kan in 'n paar gevalle om die dood nie
>> aan die Afrikaans dink nie, en ek is nie naby 'n woordeboek nie (so ek skryf
>> maar almal in Engels):
>> Baptism, Eucharist, Reconciliation, Confirmation, Marriage, Holy Orders,
>> Anointing of the sick.
>
> Baie dankie. Mag ek net nog EEN vragie vra? ;-) Wat presies word
> verstaan onder "Holy Orders"? En is reconciliation is dieselfde as
> "penance"?

"Holy Orders" = priesterskap, Danielle. "Penance" is geen sakrament
nie maar 'n vas onderdeel van die "reconciliation" (bieg) omdat nà die
belydenis van die sondes deur die priester 'n straf opgelê word. Moet
die "penance" nie onderskat nie. 'n Priester sal 'n moordenaar nie
sommer sy sondes vergee met drie Ons-Vaders nie. Hy sal sê vir die
moordenaar hy moet ook sy sondes gaan bely vir die polisie.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99670 is 'n antwoord op boodskap #99668] Wo, 20 Oktober 2004 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Oct 2004 21:55:16 +0200, Sterrenkijker
>
> 'n Priester sal 'n moordenaar nie
> sommer sy sondes vergee met drie Ons-Vaders nie. Hy sal sê vir die
> moordenaar hy moet ook sy sondes gaan bely vir die polisie.
>
> Norbert (uit Vlaandere)

kan jy dit glo!

DD
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99671 is 'n antwoord op boodskap #99668] Wo, 20 Oktober 2004 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker skryf:

> "Holy Orders" = priesterskap, Danielle. "Penance" is geen sakrament
> nie maar 'n vas onderdeel van die "reconciliation" (bieg) omdat nà die
> belydenis van die sondes deur die priester 'n straf opgelê word.

Dankie vir die verduideliking, Norbert. Ek wens ek het 'n beter en
dieper kennis gehad van die Katolieke geloof, maar helaas...

> Moet
> die "penance" nie onderskat nie. 'n Priester sal 'n moordenaar nie
> sommer sy sondes vergee met drie Ons-Vaders nie. Hy sal sê vir die
> moordenaar hy moet ook sy sondes gaan bely vir die polisie.

Ek het eintlik nogal baie respek vir die gebruik van die Katolieke
kerk om te "bieg", en dink dat daardie proses baie gesond is -
sielkundig goed, vir almal. Dawid self het sy sondes voor volk en
vaderland belei. Protestante vergeet altyd gerieflik daarvan en ook
ander verwysings na daardie proses in die bybel. So nee, dit is nie
iets wat ek ooit ligtelik opgeneem het nie, al was dit nooit deel van
my Protestantse opbringing nie.
Ek verstaan die erns van die saak vir gelowiges, alhoewel ek nie juis
'n werklike diep insig het oor die gebruiklike rituele daarom nie. Ek
verstaan darem wel dat die priester wat die sakrament bedien, dit doen
as 'n instrument van God, en nie mense se sondes vergewe namens God
nie?
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99680 is 'n antwoord op boodskap #99649] Do, 21 Oktober 2004 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf in boodskap news:cl5fqd$1ed$1@solaris.cc.vt.edu...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:41763c28.0@news1.mweb.co.za...
>
> Oom "bewys" niks met tiendes nie, miskien slegs aan God en oom self...
----Met gebaar het ek ook bedoel, die groot rituele van doop en nagmaal.
Kom ek vra jou so: As jy 'n 100 ouens op straat byloop en vir hulle elk
vra om vir jou geld te gee, gaan jy nie veel sukses behaal nie. Kry jy
egter daai 100 ouens emosioneel opgesweep om in jou saak te glo, dan gaan jy
dalk meer geld kry as waarop selfs jy ge-'bargain' het. Dis die modus
operandi van die kerk. Jy word gedreig met die hel en alle slegte dinge
wat kan gebeur met jou as jy nie glo en vrygewig glo nie, en so word geboue
van miljoene rande opgerig en mense soos die ou van Rhema0kerk kan in 'n
huis van R40m bly en sy vrou trek soos 'n model aan. So kan jy na meeste
kerkleiers gaan kyk. Hulle is welvarend.
Nou sê jy vir my dis jy wat in God glo en die geld wat jy gee is vir
Hom, nie vir die kerk nie? Dan maak dit nie vir jou saak wat die
ontvangers met die geld doen nie, solank jy voel jy het dit net met die
regte gesindheid gegee? Dus kan ek aanneem dat jy as 'n brger van jou land
ook vere voel waarvoor die belastinggeld gaan wat jy betaal?
Dit bring my by 'n volgende punt, as dit vir jou so persoonlik is, hoekom
doen jy dit nie geheel persoonlik nie? Jy gee die geld vir God nie vir die
kerk nie, hoekom dan nie direk die beste ding doen nie.....gee jou bydraes
direk vir kankernavorsing, weeshuise, watookal....en kyk wat sê jou kerk
daaroor!
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99683 is 'n antwoord op boodskap #99680] Do, 21 Oktober 2004 09:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:417766f4.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Basjan" wrote in message
> news:cl5fqd$1ed$1@solaris.cc.vt.edu...

>> "Suidwester" wrote in message
>> news:41763c28.0@news1.mweb.co.za...

>> Oom "bewys" niks met tiendes nie, miskien slegs aan God en oom self...
> ----Met gebaar het ek ook bedoel, die groot rituele van doop en nagmaal.
> Kom ek vra jou so: As jy 'n 100 ouens op straat byloop en vir hulle elk
> vra om vir jou geld te gee, gaan jy nie veel sukses behaal nie. Kry jy
> egter daai 100 ouens emosioneel opgesweep om in jou saak te glo, dan gaan
> jy dalk meer geld kry as waarop selfs jy ge-'bargain' het. Dis die modus
> operandi van die kerk.

Nie my kerk nie, oom. dit wat jy gee, is dit wat jy gee. Ek gee
byvoorbeeld eenkeer 'n maand, waarmee ek die Here eer. Ander kere gaan die
"sakkie/bordjie" by my verby en gee nie om wat ander dink nie. Dit is my
saak met die Here.

Ek dink baie mense voel hulle moet elke keer R5 ingooi "om gesien te word".
Maar dit is ook hulle saak en nie my issue nie!

> Nou sê jy vir my dis jy wat in God glo en die geld wat jy gee is vir
> Hom, nie vir die kerk nie? Dan maak dit nie vir jou saak wat die
> ontvangers met die geld doen nie, solank jy voel jy het dit net met die
> regte gesindheid gegee?

Wie dink oom gaan die Here vasvat, oom wat gegee het of die dominee wat
misbruik het? Ek voel daat moet wel verantwoording wees, want so hou ons
mense weg van versoekings!

> Dit bring my by 'n volgende punt, as dit vir jou so persoonlik is,
> hoekom doen jy dit nie geheel persoonlik nie? Jy gee die geld vir God
> nie vir die kerk nie, hoekom dan nie direk die beste ding doen nie.....gee
> jou bydraes direk vir kankernavorsing, weeshuise, watookal....en kyk wat
> sê jou kerk daaroor!

Presies my punt! Jy kan vir die Here gee soos HY JOU LEI... as jy liewer
geld direk aan sendelinge stuur, is dit jou en die Here se saak. Ek dink
dit is belangrik om enige gee met die Here te bespreek en Sy leiding te vra.
Ek gee nie aan 'n kerk nie, ek gee aan die Here.

Basjan
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99684 is 'n antwoord op boodskap #99659] Do, 21 Oktober 2004 09:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:bp3dn05qrr9im1in65fp63fcbb96ioj7jp@4ax.com...

> Ek verstaan dit, maar dink jy nie ook daar is ook net dalk iets
> "dieper" en geestelik wat gebeur tydens die bediening van hierdie
> sakramente nie?

Miskien geestelik tussen jou en God, wie is ek om te sê hoe elkeen sy doop
en nagmaal ervaar! Ek dink net ons as mense koppel vinnig "emosies" aan
"geestelik", terwyl emosies eintlik 'n menslike ervaring is. (Ek skryf
verder hieronder)

> Juis. Dit is seremonieel. Dus 'n rite. En rites het gewoonlik
> spirituele konnotasies? Of nie? Die vorm is gewoonlik spesifiek en
> dus voorskriftelik, en daar is 'n rede voor.
> Dit is nie veronderstel om net sommer 'n gewone fisiese daad te wees
> nie, maar wel iets baie dieper en met diep geestelike betekenisse.
> Daardie "emosie" wat jy van praat - dit is waarna ek verwys. Daardie
> selfde "emosie" kan ook in 'n laboratorium nagemaak word, terloops -
> maar dit is 'n heel ander saak. Ek is seker jy sal erken dat jy baie
> naby aan God gevoel het tydens of kort na jou doop. En elke keer wat
> jy nagmaal gebruik sal jy geweldig "emosioneel" voel? Bedoelende 'n
> gevoel van na aan God wees. Of nie?

Natuurlik het ek emosioneel gevoel, ek was baie emosioneel na die "Passion
of the Christ" film. Dit is maar net natuurlik en by definisie, menslik.
Maar my geloof is nie emosioneel nie, dan sal ek mos die een dag wat satan
my aanval en vertel hoe sleg ek is, hom maklik kan glo! Nee, geloof is
presies dit, iets wat jy glo ongeag omstandighede, of die omstandighede nou
fisies of emosioneel is!

> Die verandering wat ek van gepraat het, is 'n
> spirituele verandering - 'n geestelik verdieping as sulks.
> Ook- as jy gered is, sal jy gehoorsaam wees, en hierdie rites getrou
> navolg. Dit vorm dan 'n intrinsieke deel van jou geloof en uitleef
> daarvan. Die kern vir die Christen sal altyd Jesus wees, en die
> seremonies of sakramente maak daardie "eenheid" 'n werklikheid. Ag,
> aarde maar ek sukkel om myself beter uit te druk. Elkgeval..

Ek stem saam dat die doop en nagmaal jou versterk. Ek glo dat die Here jou
uitermate seën (geestelik) as jy hom gehoorsaam is deur die doop en nagmaal.
Die seën is dan gewoonlik vir my 'n verdieping van my verhouding met God.
So in daardie sin kan mens dalk sê dat die doop en nagmaal geestelike
effekte het! Dit is maar hoe ek dit sien...

Basjan
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99685 is 'n antwoord op boodskap #99656] Do, 21 Oktober 2004 09:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:99ucn05frctac2c0g2nopdvq9u6j24h857@4ax.com...

> Net iets - dinge soos die doop en nagmaal is eenvoudig net sakramente.
> Gaan kyk na die definisie van 'n sakrament. Dit sal dinge makliker
> verklaar, en dan sal jy ook agterkom dat al verskil die magdom van
> denominasies en Christelike instansies hieroor, het dit werklik
> bittermin te make met jou saligmaking soos Basjan sou sê, of soos jy
> sê - of jy hemel toe gaan of nie.
> Terloops, die meeste Protestante het net 2 Sakramente, en dit is die
> doop en nagmaal. Maar Katolieke het 7 (Lorinda, help?).
> As ek reg onthou is dit die Eucharist (watookal die Afrikaans is, want
> dit is anders as nagmaal, want hulle glo dat die brood werklik
> verander in die liggaam van Christus en die wyn in bloed), doop,
> aanneming, die huwelik en nou kan ek gladnie dink aan die ander nie.

Dit is interessant, maar ek dink weer dit is 'n poging van ons as mense om
dit waarin ons glo konkreet voor te stel. Jesus sê ons moet ons laat doop
en nagmaal vier, so kom ons as mense noem dit iets spesifieks of
kategoriseer dit, of so iets...

Dit is juis hier waar ek dit minder belangrik vind - ek geen nie regtig om
wat ons dit noem nie, vir my is die gehoorsaamheid (doop en nagmaal) aan God
en die viering van Sy redding (doop en nagmaal) die groot aspekte. Ek doen
dit want ek is lief vir Hom.

Ek vind jou verduideliking baie interessant. Dit is vir my ongelooflik hoe
ons as mense so iets "eenvoudig" en pragtig kan kompliseer. Dit is tog op
die ou einde jou verhouding met Jesus Christus, en klaar!

Basjan
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99686 is 'n antwoord op boodskap #99683] Do, 21 Oktober 2004 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf in boodskap news:cl7u18$guu$1@solaris.cc.vt.edu...
>
> Wie dink oom gaan die Here vasvat, oom wat gegee het of die dominee wat
> misbruik het? Ek voel daat moet wel verantwoording wees, want so hou ons
> mense weg van versoekings!
----Grênd, maar jou verantwoordelikheid lê nie net by gee en ghoebaai nie.
Jy het jou deel gedoen, daai misbruikers gaan hulle straf kry, dalk, eendag.
Intussen lag die amptenary van die kerk breed.....dalk is die afrekening vir
hulle nie so naby en so werklik soos vir jou nie?

>
> Presies my punt! Jy kan vir die Here gee soos HY JOU LEI... as jy liewer
> geld direk aan sendelinge stuur, is dit jou en die Here se saak. Ek dink
> dit is belangrik om enige gee met die Here te bespreek en Sy leiding te
> vra. Ek gee nie aan 'n kerk nie, ek gee aan die Here.
-----Ek sien dit weer heel anders want ek loer nie alles deur die gaatjie
van godsdiens nie. Ipv om geld vir die kerk per se te gee, vra ek hulle om
vir my 'n aptekersrekening van 'n oue of twee te bring wat dit nie kan
bybring nie en dan help ek betaal. Daar is ou mense wat hondekos eet en ek
koop eerder vir hom kos as wat ek die geld vir mense gee wat praggeboue
oprig en amptenary wat oorvloedig lewe. Die probleem is net, gee jy vir
die kerk die geld, dan word die behoeftes van die amptenary éérs gevoed,
voordat hulle na hul naastes kyk. Soos jy kan agterkom, is ek nie 'n
kerker nie, maar ek voel nie ek het 'n 'dogtag' om my nek nodig om 'n goeie
mens te kan wees nie. In besigheid het ek ook al geleer dat as 'n persoon
jou nader met 'ek's 'n Christen', dan is die kanse 150% dat hy jou gaan
inloop om die een of ander manier. Maw, 'n goeie mens het nie 'n
steunstruktuur nodig om te bewys dat hy goed is nie....jy kan dit sien en hy
leef dit uit.
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99689 is 'n antwoord op boodskap #99686] Do, 21 Oktober 2004 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:41778026.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Basjan" wrote in message
> news:cl7u18$guu$1@solaris.cc.vt.edu...

>> Wie dink oom gaan die Here vasvat, oom wat gegee het of die dominee wat
>> misbruik het? Ek voel daat moet wel verantwoording wees, want so hou ons
>> mense weg van versoekings!
> ----Grênd, maar jou verantwoordelikheid lê nie net by gee en ghoebaai nie.
> Jy het jou deel gedoen, daai misbruikers gaan hulle straf kry, dalk,
> eendag. Intussen lag die amptenary van die kerk breed.....dalk is die
> afrekening vir hulle nie so naby en so werklik soos vir jou nie?

Vandaar dat ek sê verantwoording (op aarde) is ook belangrik. Mens kan
selfs sê dat jy die ander persoon help deur versoekings weg te hou.

>> Presies my punt! Jy kan vir die Here gee soos HY JOU LEI... as jy liewer
>> geld direk aan sendelinge stuur, is dit jou en die Here se saak. Ek dink
>> dit is belangrik om enige gee met die Here te bespreek en Sy leiding te
>> vra. Ek gee nie aan 'n kerk nie, ek gee aan die Here.
> -----Ek sien dit weer heel anders want ek loer nie alles deur die gaatjie
> van godsdiens nie.

Ek loer nooit deur godsdiens se gaatjie nie. Ek probeer deur Jesus se
leiding en lyding te loer.

> Ipv om geld vir die kerk per se te gee, vra ek hulle om vir my 'n
> aptekersrekening van 'n oue of twee te bring wat dit nie kan bybring nie
> en dan help ek betaal. Daar is ou mense wat hondekos eet en ek koop
> eerder vir hom kos as wat ek die geld vir mense gee wat praggeboue oprig
> en amptenary wat oorvloedig lewe.

Bakgat - ek dink dit is 'n wonderlike wyse. Oom gee waar dit nodig is aan
oom se naaste, wie kan dit afskiet? Definitief nie ek nie...

> Soos jy kan agterkom, is ek nie 'n kerker nie, maar ek voel nie ek het
> 'n 'dogtag' om my nek nodig om 'n goeie mens te kan wees nie.

Dink oom Christene soek 'n "dogtag" om hulle nek? Genugtig, oom, is suidwes
aan die ondergaan? Ek glo wat ek glo en probeer dit uitlewe. Ek hoef nie
dit uit te blaker vir my eie motiewe nie.

> In besigheid het ek ook al geleer dat as 'n persoon jou nader met 'ek's 'n
> Christen', dan is die kanse 150% dat hy jou gaan inloop om die een of
> ander manier. Maw, 'n goeie mens het nie 'n steunstruktuur nodig om te
> bewys dat hy goed is nie....jy kan dit sien en hy leef dit uit.

Amen. vir my is die kerk 'n steunstruktuur in die samekoms van
mede-Christene. 'n Saam bid, saam prys situasie. Ek gaan nie kerk toe om
"te bewys dat ek goed is nie". Genugtig. Oom klink asof oom houe gevat het
oor die dinge, daar is baie kerke wat mens met liefde jou Christenskap in
Jesus laat uitleef. Ek soek op elke nuwe plek (Amerika, België, SA) 'n kerk
waar ons pas en waar ek weet ek moet wees, nie om ander te beindruk nie,
maar om nader en nader aan God te kom. Ek glo dat as mens vir ander redes
kerk toe gaan, bly dit hol...

Soos oom sê, die uitleef van mens se Christenskap is nommer een!

basjan
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99695 is 'n antwoord op boodskap #99689] Do, 21 Oktober 2004 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf in boodskap news:cl80jf$k8o$1@solaris.cc.vt.edu...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:41778026.0@news1.mweb.co.za...

> Dink oom Christene soek 'n "dogtag" om hulle nek? Genugtig, oom, is
> suidwes aan die ondergaan? Ek glo wat ek glo en probeer dit uitlewe. Ek
> hoef nie dit uit te blaker vir my eie motiewe nie.
----As jy dit nog nie belewe het dat iemand vir jou , sodra sy eerlikheid
onder die loep kom, vir jou vertel hy's 'n Christen nie, dan weet net een
ding, jy's nie in die handel nie! Wat van daai spul swartes doer na die
Noorde van Pretoria toe....die wat die groen lappie met die silwer ster dra?
Baie mense het vas geglo dat jy kan hierdie mense in diens neem want hulle's
'kerk mense'.

Oom klink asof oom houe gevat het
> oor die dinge, daar is baie kerke wat mens met liefde jou Christenskap in
> Jesus laat uitleef. Ek soek op elke nuwe plek (Amerika, België, SA) 'n
> kerk waar ons pas en waar ek weet ek moet wees, nie om ander te beindruk
> nie, maar om nader en nader aan God te kom. Ek glo dat as mens vir ander
> redes kerk toe gaan, bly dit hol...
----Ek het so 'n paar dinge beleef, soos ek jou gesê het van soldate wat so
deur die kerk laat val is. ook van mense wat deur die week jou kan verneuk
dat die rook draai en Sondag sit hy in die kerk so vroom soos 'n pasgebore
baba!
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99696 is 'n antwoord op boodskap #99685] Do, 21 Oktober 2004 16:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf:

> Dit is vir my ongelooflik hoe
> ons as mense so iets "eenvoudig" en pragtig kan kompliseer. Dit is tog op
> die ou einde jou verhouding met Jesus Christus, en klaar!

Ons sal nooit hieroor kan saamstem nie, want ek dink nie dit is om
iets te probeer kompliseer nie, maar eerder 'n geval om dinge logies
te verstaan in konteks van jou eie verwysingsraamwerk en kultuur ens.

Op hierdie stelling van jou kan mens nogal baie te sê h^e. Mens hoor
dit (of soortgelyke) stellings nogal baie. Dit gaan baie keer saam met
stellings soos "glo soos 'n kind" ens. Ja, mens kan dit wel op die
keper beskou as iets so "eenvoudig" soos 'n verhouding met Jesus, en
eenvoudig glo soos 'n kind. Maar Paulus het ook gesê dat mens moet
groei en die dinge van 'n kind eventueel agterlaat. Dus is studie en
'n soeke na "dieper" en meer sinvolle betekenisse nie werklik so sleg
as wat mens mag dink nie. Om die waarheid te sê dit is noodsaaklik.
Maar ons gaan nie saamstem hieroor nie.

'n Goeie opsomming van die verskillende filosofiee hieroor, is
hierdie 2 paragrawe"

"Blessed is he who learns how to engage in inquiry, with no impulse to
harm his countrymen or to pursue wrongful actions, but perceives the
order if immortal and ageless nature, how it is structured."
- Euripides, fragment from an unnamed play, 5th century BC

en dan in teenstelling met bogenoemde iets wat een van die kerkvaders
(Augustine) geskryf het:

"There is another form of temptation, even more fraught with danger.
This is the disease of curiosity...
It is this which drives us to try and discover the secrets of nature,
those secrets which are beyond our understanding, which can avail us
nothing and which man should noy wish to learn."
- Augustine, late 4th/5th century AD
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99697 is 'n antwoord op boodskap #99684] Do, 21 Oktober 2004 16:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf:

> Ek dink net ons as mense koppel vinnig "emosies" aan
> "geestelik", terwyl emosies eintlik 'n menslike ervaring is. (Ek skryf
> verder hieronder)

Hieroor sal ek ook graag verder wil gesels. Die verskil tussen die 2
konsepte. Ongelukkig het ek nie nou tyd nie, maar dalk later vandag.
Ek sou graag wou hoor hoe presies definieer jy die term "emosie" en
hoe dit verskil van die term "geestelike" of dan geestelik ervaring
seker.
Sal daar bv. fisiologiese reaksies plaasvind volgens jou tydens 'n
geestelike ervaring?

Net vinnig - 'n definisie van die online woordeboek vir "emosie",
sodat jy kan sien waar ek vandaan kom as sulks, dan moet ek hardloop.

"emotion, term commonly and loosely used to denote individual,
subjective feelings which dictate moods. In psychology, emotion is
considered a response to stimuli that involves characteristic
physiological changes—such as increase in pulse rate, rise in body
temperature, greater or less activity of certain glands, change in
rate of breathing—and tends in itself to motivate the individual
toward further activity. Early psychological studies of emotion tried
to determine whether a certain emotion arose before the action,
simultaneously with it, or as a response to automatic physiological
processes. In the 1960s, the Schachter-Singer theory pointed out that
cognitive processes, not just physiological reactions, played a
significant role in determining emotions. Robert Plutchik developed
(1980) a theory showing eight primary human emotions: joy, acceptance,
fear, submission, sadness, disgust, anger, and anticipation, and
argued that all human emotions can be derived from these.
Psychologists Sylvan Tomkins (1963) and Paul Ekman (1982) have
contended that “basic” emotions can be quantified because all humans
employ the same facial muscles when expressing a particular emotion.
Studies done by Ekman suggest that muscular feedback from a facial
expression characteristic of a certain emotion results in the
experience of that emotion. Since emotions are abstract and
subjective, however, they remain difficult to quantify: some theories
point out that non-Western cultural groups experience emotions quite
distinct from those generally seen as “basic” in the West."
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99704 is 'n antwoord op boodskap #99671] Do, 21 Oktober 2004 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Oct 2004 16:43:23 -0400, Katryn wrote:

> Sterrenkijker skryf:
>
>> "Holy Orders" = priesterskap, Danielle. "Penance" is geen sakrament
>> nie maar 'n vas onderdeel van die "reconciliation" (bieg) omdat nà die
>> belydenis van die sondes deur die priester 'n straf opgelê word.
>
> Dankie vir die verduideliking, Norbert. Ek wens ek het 'n beter en
> dieper kennis gehad van die Katolieke geloof, maar helaas...
>
>> Moet
>> die "penance" nie onderskat nie. 'n Priester sal 'n moordenaar nie
>> sommer sy sondes vergee met drie Ons-Vaders nie. Hy sal sê vir die
>> moordenaar hy moet ook sy sondes gaan bely vir die polisie.
>
> Ek het eintlik nogal baie respek vir die gebruik van die Katolieke
> kerk om te "bieg", en dink dat daardie proses baie gesond is -
> sielkundig goed, vir almal. Dawid self het sy sondes voor volk en
> vaderland belei. Protestante vergeet altyd gerieflik daarvan en ook
> ander verwysings na daardie proses in die bybel. So nee, dit is nie
> iets wat ek ooit ligtelik opgeneem het nie, al was dit nooit deel van
> my Protestantse opbringing nie.
> Ek verstaan die erns van die saak vir gelowiges, alhoewel ek nie juis
> 'n werklike diep insig het oor die gebruiklike rituele daarom nie. Ek
> verstaan darem wel dat die priester wat die sakrament bedien, dit doen
> as 'n instrument van God, en nie mense se sondes vergewe namens God
> nie?
>
Ek is self as katoliek opgevoed, Danielle, maar ek moet toegee ek is
self nie meer religieus nie.. Die redes daarvoor is nie omdat ek die
Katolieke geloof "swak" vind nie, maar omdat ek glo daar is 'n hoëre
waarheid en in die "hoëre waarheid" vind selfs die ateïstiese
beskouwing sy plaas.
Moet verstaan dat die Reformasie in Europa, wat begin het met Luther
en Kalvyn, die Katolieke Kerk in Europa rêrig seer gedoen het. Sonder
om oor die twispunte van daardie konflik tussen die Protestantse en
Roomse kerke te wil praat moet ons insien dat die redes waarom in
Europa 'n reformasie gekom het geregverdig was. Die ou "Kerk" was op
die verkeerde pad en die mense van die Reformasie had dit baie goed
ingesien en daarteen gereageer. Hulle was baie reg en uiteindelik het
die Katolieke Kerk ingesien daar moes "orde op sakes" kom. Sodoende
het die Kontrareformasie in die Kerk 'n begin gemaak en hierdie was
meer as noodsaaklik. Die Katolieke Kerk het sy eie gedragswyse daarom
grondig hersien en net dààrom het die Katolieke Kerk teenwoordig een
van die mees strikte en konserwatiewe kerke geword. Teenwoordig is
daar selfs baie mense wat sê:"Wat die Katolieke Kerk vra is nie meer
moontlik nie. Wat hulle wil is so ideaal dat mense daaraan nie meer
kan voldoen nie." Eintlik is die reëls van die Katolieke Kerk
teenwoordig strenger as die reëls van die Protestantse kerke!
Maar die Katolieke Kerk weet ook dat 'n kerkgemeenskap nie slegs groei
uit 'n dogma of " 'n absolute waarheid" nie. 'n Kerk is 'n gemeenskap
en 'n gemeenskap is steeds opgebou uit mense. Derhalwe is iedere kerk
'n soort politieke gemeenskap en soos jy wel verstaan is dit nie so
eenvoudig om 'n politieke gemeenskap saam te hou nie omdat in 'n
gemeenskap ieder mens anders is. Net dààrom het die Katolieke Kerk sy
reëls ook eenvoudig gemaak maar tegelykertyd het daardie kerk vir die
meer intelektuele mense betere argumente gesoek om hulle eie
Christelike oortuiging beter in ooreenstemming te bring met hulle eie
gewete. Daardie vorming van die priesters is baie streng en hulle moet
teenwoordig rêrig 'n toonbeeld van suiwerheid wees. Sedert die tyd van
Luther en Kalvyn het baie verander in die Katolieke Kerk.
Eintlik kom dit hierop neer: eenvoudige mense begaan eenvoudige sondes
en hulle kry daarom eenvoudige penitensies. Maar as jy 'n intelektueel
is dan voel die priester dit meteen en dan gaan hy met jou gesels.
Daarom sal 'n intelligente mens ook intelligente sondes maak en hy sal
daarom ook 'n intelligente straf (penitensie) kry. Dis miskien net
dààrom dat die Katolieke Kerk in Europa so veel mense verloor:
teenwoordig plaas die Kerk elkeen teenoor sy eie verantwoordelikheid
en dis nou net wat die Kerk van die Protestantse kerke onthou het.
Eintlik is in die moderne wêreld die Protestantse kerke en die
Katolieke Kerk nie meer so baie verskillend nie. Nà die Franse
Revolusie het die gesekulariseerde samelewing gekom en hierdie het die
kerke nog meer gedwing om op die suiwere pad te gaan kuier. Die
Katolieke Kerk het nog sy rituele maar wat stel hulle voor? 'n Mens
moet teenwoordig baie suiwer in sy siel wees om daardie rituele te kan
waardeer en dis miskien ook net dààrom dat die Katolieke Kerk
teenwoordig baie mense verloor het in Europa: dis vir 'n mens nie meer
so eenvoudig nie om suiwer in sy siel te wees deesdae.
Ek vind dit agteraf baie betreurenswerdig dat in die Christelike mense
van Europa 'n skeiding ontstaan het. Hierdie moes nie plaasgevind het
nie maar miskien was 'n bietjie vrysinnigheid in die Kerk tog gesond.
Want 'n bietjie konkurrensie maak tog dat elkeen uiteindelik sy
blasoen skoonmaak. Miskien is dit wel net deur die Protestantisme dat
die Katolieke Kerk teenwoordig nog bestaan!

Groete uit Vlaandere,

Norbert
www.strandkruier.tk
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99711 is 'n antwoord op boodskap #99697] Vr, 22 Oktober 2004 08:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:qkofn0pu6orpm3pohm3sa7koqghu7vhr29@4ax.com...
> "Basjan" skryf:
>
>> Ek dink net ons as mense koppel vinnig "emosies" aan
>> "geestelik", terwyl emosies eintlik 'n menslike ervaring is. (Ek skryf
>> verder hieronder)
>
>
> Hieroor sal ek ook graag verder wil gesels. Die verskil tussen die 2
> konsepte. Ongelukkig het ek nie nou tyd nie, maar dalk later vandag.
> Ek sou graag wou hoor hoe presies definieer jy die term "emosie" en
> hoe dit verskil van die term "geestelike" of dan geestelik ervaring
> seker.
> Sal daar bv. fisiologiese reaksies plaasvind volgens jou tydens 'n
> geestelike ervaring?

Katryn, al wat ek sê is dat my "mood" nie my geloof bepaal nie. My geloof
is m.a.w. nie gebasseer op emosies nie, want as my kat uit die boom val en
sy nek breek is ek sad en wonder hoekom dit gebeur het, maar ek dink nie die
Here bestaan of het my minder lief omdat ek "sleg" voel nie. Ek weet ek
vereenvoudig dit vreeslik, maar dit kom daarop neer dat gelukkig of
ongelukkig, my geloof in God moet groei van dag tot dag. Ek dink 'n goeie
voorbeeld is ou Job in die OT!

Basjan
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99712 is 'n antwoord op boodskap #99696] Vr, 22 Oktober 2004 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:tcnfn09dseturkblqmr4phkosbpvuovhak@4ax.com...
> "Basjan" skryf:
>
>> Dit is vir my ongelooflik hoe
>> ons as mense so iets "eenvoudig" en pragtig kan kompliseer. Dit is tog op
>> die ou einde jou verhouding met Jesus Christus, en klaar!
>
> Ons sal nooit hieroor kan saamstem nie, want ek dink nie dit is om
> iets te probeer kompliseer nie, maar eerder 'n geval om dinge logies
> te verstaan in konteks van jou eie verwysingsraamwerk en kultuur ens.
>
> Op hierdie stelling van jou kan mens nogal baie te sê h^e. Mens hoor
> dit (of soortgelyke) stellings nogal baie. Dit gaan baie keer saam met
> stellings soos "glo soos 'n kind" ens. Ja, mens kan dit wel op die
> keper beskou as iets so "eenvoudig" soos 'n verhouding met Jesus, en
> eenvoudig glo soos 'n kind. Maar Paulus het ook gesê dat mens moet
> groei en die dinge van 'n kind eventueel agterlaat. Dus is studie en
> 'n soeke na "dieper" en meer sinvolle betekenisse nie werklik so sleg
> as wat mens mag dink nie. Om die waarheid te sê dit is noodsaaklik.
> Maar ons gaan nie saamstem hieroor nie.

Ek dink jy het 'n goeie punt beet, dat mens wel moet groei in jou geloof.
Maar dit beteken nie die kern moet verander nie, en dit is juis DIE aspek
wat ek glo moet "unwavering" wees, of waarin mens geloof soos 'n kind moet
hê. Ek stem saam dat ek nader en nader aan die Here in Jesus wil groei,
maaar die groei beteken nie vir my 'n groei "weg" van Jesus as enige
Verlosser, na 'n meer "verligte", in my oë wêreldse siening nie. M.a.w. ek
wil ryker in God drie-enig word, met Jesus as basis van my verlossing.

En dit is dalk waar ons verskil, jy voel dalk (?) dat jou groei jou
weggeneem het van God, myne bring my nader aan Hom. Ek maak nie aannames
nie, dit is maar 'n raaiskoot.

Ek hoop ek druk myself duidelik uit!

Basjan
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99713 is 'n antwoord op boodskap #99711] Vr, 22 Oktober 2004 08:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf in boodskap news:clagot$860$1@solaris.cc.vt.edu...
> "Katryn" wrote in message
> news:qkofn0pu6orpm3pohm3sa7koqghu7vhr29@4ax.com...
>> "Basjan" skryf:

>>> Ek dink net ons as mense koppel vinnig "emosies" aan
>>> "geestelik", terwyl emosies eintlik 'n menslike ervaring is. (Ek skryf
>>> verder hieronder)


>> Hieroor sal ek ook graag verder wil gesels. Die verskil tussen die 2
>> konsepte. Ongelukkig het ek nie nou tyd nie, maar dalk later vandag.
>> Ek sou graag wou hoor hoe presies definieer jy die term "emosie" en
>> hoe dit verskil van die term "geestelike" of dan geestelik ervaring
>> seker.
>> Sal daar bv. fisiologiese reaksies plaasvind volgens jou tydens 'n
>> geestelike ervaring?
>
> Katryn, al wat ek sê is dat my "mood" nie my geloof bepaal nie. My geloof
> is m.a.w. nie gebasseer op emosies nie, want as my kat uit die boom val en
> sy nek breek is ek sad en wonder hoekom dit gebeur het, maar ek dink nie
> die Here bestaan of het my minder lief omdat ek "sleg" voel nie. Ek weet
> ek vereenvoudig dit vreeslik, maar dit kom daarop neer dat gelukkig of
> ongelukkig, my geloof in God moet groei van dag tot dag. Ek dink 'n goeie
> voorbeeld is ou Job in die OT!
>
> Basjan

moet lees:

"....is ek sad en wonder hoekom dit gebeur het, maar ek dink nie die Here
bestaan nie of het my minder lief omdat ek "sleg" voel nie."

Basjan
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99714 is 'n antwoord op boodskap #99695] Vr, 22 Oktober 2004 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:4177d38e.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Basjan" wrote in message
> news:cl80jf$k8o$1@solaris.cc.vt.edu...

>> "Suidwester" wrote in message
>> news:41778026.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Dink oom Christene soek 'n "dogtag" om hulle nek? Genugtig, oom, is
>> suidwes aan die ondergaan? Ek glo wat ek glo en probeer dit uitlewe. Ek
>> hoef nie dit uit te blaker vir my eie motiewe nie.
> ----As jy dit nog nie belewe het dat iemand vir jou , sodra sy eerlikheid
> onder die loep kom, vir jou vertel hy's 'n Christen nie, dan weet net een
> ding, jy's nie in die handel nie! Wat van daai spul swartes doer na die
> Noorde van Pretoria toe....die wat die groen lappie met die silwer ster
> dra? Baie mense het vas geglo dat jy kan hierdie mense in diens neem want
> hulle's 'kerk mense'.
>
> Oom klink asof oom houe gevat het
>> oor die dinge, daar is baie kerke wat mens met liefde jou Christenskap in
>> Jesus laat uitleef. Ek soek op elke nuwe plek (Amerika, België, SA) 'n
>> kerk waar ons pas en waar ek weet ek moet wees, nie om ander te beindruk
>> nie, maar om nader en nader aan God te kom. Ek glo dat as mens vir ander
>> redes kerk toe gaan, bly dit hol...
> ----Ek het so 'n paar dinge beleef, soos ek jou gesê het van soldate wat
> so deur die kerk laat val is. ook van mense wat deur die week jou kan
> verneuk dat die rook draai en Sondag sit hy in die kerk so vroom soos 'n
> pasgebore baba!

Ek verstaan oom, en stem saam. Dit is 'n aspek wat ons as Christene hard
aan kan werk, dat ons nie Sondag "heilig" probeer wees, maar die res van die
week hoer en rumoer nie. "Practice what you preach"!

Basjan
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99718 is 'n antwoord op boodskap #99711] Vr, 22 Oktober 2004 15:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf:

> Katryn, al wat ek sê is dat my "mood" nie my geloof bepaal nie. My geloof
> is m.a.w. nie gebasseer op emosies nie,

Dit verstaan ek. Maar ek stel belang in iets anders. Jy praat van
jou geloof, en ek dink ons het daardie basis nou gedek, en kan daardie
konsep maklik skei van die begrip van menslike emosies waarna jy
verwys het.
Maar om dit nou verder te neem - bedoelende nou daardie tye wat jy met
God kommunikeer of tydens "worship". Dit is waarin ek belangstel en
waarna ek probeer verwys het.
Tydens daardie tye, hoe onderskei mens tussen menslike emosies en
goddelikheid (geestelike emosie)? Of bestaan daar eenvoudig nie so
iets nie? Is emosie altyd "menslik"?

Hoe ek dit sien:
Christene verwys na "hart" as 'n eufimisme vir emosie. Juis omdat
ek dink hulle so bang is om te erken dat die menslike emosie is net
dit- menslik (funksies van jou brein, wat deesdae al meer en meer
verstaan kan word en 'n hele nuwe navorsingsveld oopgemaak het in die
veld van neuro-teologie as voorbeeld), en nie goddelik nie.
Gesegdes soos "my hart is seer" word so alledaags gebruik, dat mense
nie eens meer besef dit is eintlik deel van hulle geloofstradisies se
bagasie nie.
Die bekende gesegde vir kindertjies is mos dat die ma vir die kindjie
sal sê dat Jesus in sy/haar hart moet woon. Of mens hoor dinge soos
Maak jou hart oop vir Jesus. Of Jesus klop aan die deur van jou hart,
en so aan so voorts.

Wat word gewoonlik bedoel met "hart" as dit nie 'n ander woord vir een
van die menslike emosies is nie?

Die mees interessante verduideliking wat ek al gehoor het as
verduideliking is dat die menslike emosies (soos haat, liefde, trots,
vrees, ens.), sit in jou hart, en wat niemand van die Christelike
geloof nog aan my kon verduidelik nie, is of geloof dan in die mind
is? Filosofies gesproke, natuurlik. ;-)

Terloops, wie kan vir my sê wat 'n goeie Afrikaanse woord is vir
"mind"? Soos gebruik in die konteks van hart en "mind". Asseblief?
Ek dink nie "bewuste" of variasies daarvan pas so goed nie? En
mentale funksies klink weer vreeslik voor op die wa.
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99725 is 'n antwoord op boodskap #99714] Sa, 23 Oktober 2004 05:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat van nog so 'n paar lekker konsepte wat baie kerkmanne gerieflik
ignoreer? Ek sê: Jy kan nie 'n Christen wees as jy rook nie. Ook nie
as jy alkohol of enige ander dwelm misbruik nie. Ook nie as jy aan
apartheid glo nie. Ook nie as jy oorvreet nie of bedrieg of lieg nie. En
so kan mens aangaan. My motivering is dat as jy 'n ding doen wat jy weet
verkeerd is, dan moet jy ophou met daai verkeerde optrede en beter lewe , so
nie help dit absoluut niks jy gee voor jy is hierdie heilige nie want jy
lieg vir jouself. MAAR, nou kom die kerke en hulle weet goed dat g'n mens
so kan lewe soos wat die Bybel voorskryf nie en sê vir jou daar is 'n
oplossing: 'n 'Delete' knoppie wat jy by ons kerk kan kom druk en alles is
vergewe, maar dit kos jou bedrag X, maar in ruil daarvoor kry jy gemoedsrus
en 'n ding wat jy op jou CV kan invul sodat die mense wat jou oorweeg vir
werk sal dink jy's 'n beter mens as die ou langs jou net omdat jy 'n lid van
'n kerk is, maar steeds net dieselfde ou roker/drinker/hoereerder is wat jy
nog altyd was?

"Basjan" skryf in boodskap news:clah6o$8rc$1@solaris.cc.vt.edu...
> Ek verstaan oom, en stem saam. Dit is 'n aspek wat ons as Christene hard
> aan kan werk, dat ons nie Sondag "heilig" probeer wees, maar die res van
> die week hoer en rumoer nie. "Practice what you preach"!
>
> Basjan
>
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99728 is 'n antwoord op boodskap #99725] Sa, 23 Oktober 2004 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 Oct 2004 07:53:10 +0200, "Suidwester" wrote:

> MAAR, nou kom die kerke en hulle weet goed dat g'n mens
> so kan lewe soos wat die Bybel voorskryf nie en sê vir jou daar is 'n
> oplossing: 'n 'Delete' knoppie wat jy by ons kerk kan kom druk en alles is
> vergewe, maar dit kos jou bedrag X, maar in ruil daarvoor kry jy gemoedsrus

Ek ken hulle nie regtig nie, maar dit wat ek van hulle gehoor het,
laat dit klink asof jy van die Rooms Katolieke praat. Die kerk waarvan
Basjan vertel, het ook 'n delete knoppie. 'n Regtige delete knoppie.
Een wat jy kan druk onder 'n boom, in die veld, op die strand, in 'n
huis, in 'n winkel, in 'n .........

En jy hoef nie 'n rekenaar fundi of programmeerder te wees om daai
delete knoppie te druk nie. Of 'n bofin erens te gaan soek om dit vir
jou te doen nie. As jy weet waar op die keybord van die lewe dit is
nie. Want almal het nie qwerty keyborde nie. As jy nie weet nie,
sal iemand jou tog moet vertel dat dit gedoen kan word.
En as hy dan 'n 'donation' skakel het, is dit steeds willekeurig.

DD
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99730 is 'n antwoord op boodskap #99728] Sa, 23 Oktober 2004 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD"skryf

> Ek ken hulle nie regtig nie, maar dit wat ek van hulle gehoor het,
> laat dit klink asof jy van die Rooms Katolieke praat.

Ag, gee ons krag. Kyk hoe lyk die ou krom
hekse-vinger wat na ander wys. En ek herhaal
weer. Waar ek grootgeword het, het 'n
NG predikant eenkeer drie kinders by drie
verskillende vroumense verwek ( twee
getroudes en een jong meisie) voordat
my pa en ander ouderlinge met hom
gaan praat het en hy uiteindelik die
kansel moes verlaat. Mens kry hierdie
soort oor die tou trap in alle kerke.
Insluitende alle Protestantse kerke.

Gloudina
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99733 is 'n antwoord op boodskap #99730] Sa, 23 Oktober 2004 14:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 Oct 2004 08:16:37 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD"skryf
>
>> Ek ken hulle nie regtig nie, maar dit wat ek van hulle gehoor het,
>> laat dit klink asof jy van die Rooms Katolieke praat.
>
> Ag, gee ons krag. Kyk hoe lyk die ou krom
> hekse-vinger wat na ander wys.

Gaan wys jy jou skewe krom langhaar heksevinger
na die Belg wanneer hy die volgende woorde sê:

>>> "Holy Orders" = priesterskap, Danielle. "Penance" is geen sakrament
>>>> nie maar 'n vas onderdeel van die "reconciliation" (bieg) omdat nà die
>>>> belydenis van die sondes deur die priester 'n straf opgelê word. Moet
>>>> die "penance" nie onderskat nie. 'n Priester sal 'n moordenaar nie
>>>> sommer sy sondes vergee met drie Ons-Vaders nie. Hy sal sê vir die
>>>> moordenaar hy moet ook sy sondes gaan bely vir die polisie.

> Norbert (uit Vlaandere)

En ek herhaal
> weer. Waar ek grootgeword het, het 'n
> NG predikant eenkeer drie kinders by drie
> verskillende vroumense verwek ( twee
> getroudes en een jong meisie) voordat
> my pa en ander ouderlinge met hom
> gaan praat het en hy uiteindelik die
> kansel moes verlaat. Mens kry hierdie
> soort oor die tou trap in alle kerke.
> Insluitende alle Protestantse kerke.
>
> Gloudina
>

jy herhaal sê jy. En dan vertel
jy van jou pa en ander oudelinge.
Jy sal weet dat dit ook 'n herhaling is
wanneer ek sê dat jy in so 'n klein wêreldjie woon
dat jy net kan vertel van jou seun of jou pa of ma of bure of neef of
ander familielede, maar nooit ooit van die bure of selfs die mense
oorkant die straat nie.
Vertel ons bietjie van Norbert wat die storie vertel het. En hoe hy
gelieg het toe hy dit vertel het. Want wat jy hier bo vir my gesê het,
beteken dat hy gelieg het. Maar toe hy dit gesê het, was jy stil.
Daai heksevinger is so krom dat dit terugwys na jou.

DD
Re: Vir Basjan [vraag oor kerk] [boodskap #99786 is 'n antwoord op boodskap #99718] Di, 26 Oktober 2004 09:15 Na vorige boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:vg6in0d57vobgen64gpnt4a8mst9iujefo@4ax.com...
> "Basjan" skryf:
>
>> Katryn, al wat ek sê is dat my "mood" nie my geloof bepaal nie. My geloof
>> is m.a.w. nie gebasseer op emosies nie,
>
> Dit verstaan ek. Maar ek stel belang in iets anders. Jy praat van
> jou geloof, en ek dink ons het daardie basis nou gedek, en kan daardie
> konsep maklik skei van die begrip van menslike emosies waarna jy
> verwys het.
> Maar om dit nou verder te neem - bedoelende nou daardie tye wat jy met
> God kommunikeer of tydens "worship". Dit is waarin ek belangstel en
> waarna ek probeer verwys het.
> Tydens daardie tye, hoe onderskei mens tussen menslike emosies en
> goddelikheid (geestelike emosie)? Of bestaan daar eenvoudig nie so
> iets nie? Is emosie altyd "menslik"?

Ek glo emosie is in my brein gesetel. Daarom is emosie menslik. Ek dink
slegs dat mens versigtig moet wees om "emosie" aan "geloof" te koppel.
Natuurlik "voel" ek nader aan God tydens "worship", maar dit beteken nie dat
ek verder van hom af is as ek gewoon straat-af stap oppad werk toe nie!

> Hoe ek dit sien:
> Christene verwys na "hart" as 'n eufimisme vir emosie. Juis omdat
> ek dink hulle so bang is om te erken dat die menslike emosie is net
> dit- menslik (funksies van jou brein, wat deesdae al meer en meer
> verstaan kan word en 'n hele nuwe navorsingsveld oopgemaak het in die
> veld van neuro-teologie as voorbeeld), en nie goddelik nie.

ja, jou "hart is wel seer", maar is jou hart as speier regtig seer? Ek dink
ook dat emosies in die brein gesetel is. Dit is tog eienaardig hoe mens
regtig 'n pyn in die hart ervaar as iets regtig slegs gebeur. Maar dit kan
ook 'n brein-stimulus wees.

> Gesegdes soos "my hart is seer" word so alledaags gebruik, dat mense
> nie eens meer besef dit is eintlik deel van hulle geloofstradisies se
> bagasie nie.
> Die bekende gesegde vir kindertjies is mos dat die ma vir die kindjie
> sal sê dat Jesus in sy/haar hart moet woon. Of mens hoor dinge soos
> Maak jou hart oop vir Jesus. Of Jesus klop aan die deur van jou hart,
> en so aan so voorts.

Ek dink wat hier gebeur is dat jou gees en siel aan jou hart gekoppel word,
figuurlik. Dus word jou hart as "huis van God" bestempel, nie jou brein
nie.

> Wat word gewoonlik bedoel met "hart" as dit nie 'n ander woord vir een
> van die menslike emosies is nie?

(Selfde as hierbo)

> Die mees interessante verduideliking wat ek al gehoor het as
> verduideliking is dat die menslike emosies (soos haat, liefde, trots,
> vrees, ens.), sit in jou hart, en wat niemand van die Christelike
> geloof nog aan my kon verduidelik nie, is of geloof dan in die mind
> is? Filosofies gesproke, natuurlik. ;-)

Geloof is juis vir my nie in die "mind" nie, maar in die gees. Wat is gees?
Dit is werklik 'n moeilike een om te antwoord, maar in kort glo ek dit is my
wese! "Hart" is dan 'n figuurlike gelykstelling aan gees en siel...

Basjan
Vorige onderwerp: Hart en Siel
Volgende onderwerp: Die Pous
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 14:02:38 MGT 2024