Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ontmaskering " deur SARINA DÖNGES
" Ontmaskering " deur SARINA DÖNGES [boodskap #99084] Di, 05 Oktober 2004 12:06
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
ONTMASKERING
Sarina Dönges

haal maar die masker af,
wees houtgerus - u benodig
vir dié klein kamee gewis
nie 'n oudisie, repertoire,
curriculum vitae is hier
oorbodig, selfs repetisie.
dié regisseur word nie
geïmponeer deur voortreflik-
hede, bates, rang. u sang-
opleiding, poppekastery;
mimiek; gebarespel is bloot
van geen belang. los ook
die instudering van die teks
- ons het 'n knap souffleuse -
en ons grimeur is puik
met kamoeflering; poeier neuse.
die kamenier sal nou u swart
kostuum kom aantrek. ek moet u
komplimenteer: die rol pas u perfek.
Vorige onderwerp: " Ek vra jou mos " deur DAVID KRAMER
Volgende onderwerp: Uit " Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 22:54:24 MGT 2024