Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Minister van Sekuriteit is verbaas
Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98812] Di, 28 September 2004 08:20 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sedert 1 Julie is nie een wettige wapen verkoop nie. 80% van die aansoeke is
weggewys. Die minister se verbasing is omdat 'n swart vrouegroep wil betoog
omdat 99% van hul lede se aansoeke weggewys is.
12000 appêlle vergader stof, omdat die onafhanklike appèlraad sedert 1 Mei
nie meer funksioneer nie omdat niemand aangestel is in die persoon wie se
kontrak op 30 April verstryk het nie. Die minister en sy adjudante is tans
by 'n bosberaad ( wonder waarvoor?) en daar is niemand om die betogers se
versoekskrif in ontvangs te neem nie.
--
Groetnis
Annette
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98813 is 'n antwoord op boodskap #98812] Di, 28 September 2004 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie is presies waarvoor gevrees is deur die wapenbedryf. Die bestaande
stelsel is vervang met 'n adiministratiewe-swaar stelsel wat hulle eenvoudig
net nie lekker kan bedryf nie. In die proses gaan baie, baie besighede
swaar getref word en uiteindelik gaan die amptenary verbaas staan en sê nou
waarvoor het julle jul deure toegemaak? Daar is mos hierdie persepsie
onder salaristrekkers dat besigheidsmense mos outomaties ryk is en so 'n
bietjie kan wag kan nie skade doen nie?

"Annette" skryf in boodskap news:cjb7db$bjk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sedert 1 Julie is nie een wettige wapen verkoop nie. 80% van die aansoeke
> is
> weggewys. Die minister se verbasing is omdat 'n swart vrouegroep wil
> betoog
> omdat 99% van hul lede se aansoeke weggewys is.
> 12000 appêlle vergader stof, omdat die onafhanklike appèlraad sedert 1 Mei
> nie meer funksioneer nie omdat niemand aangestel is in die persoon wie se
> kontrak op 30 April verstryk het nie. Die minister en sy adjudante is tans
> by 'n bosberaad ( wonder waarvoor?) en daar is niemand om die betogers se
> versoekskrif in ontvangs te neem nie.
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98815 is 'n antwoord op boodskap #98813] Di, 28 September 2004 09:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hulle hou seker bosberaad om te besluit wat om vir die Prez te sê wanneer hy
hul gaan bykom oor diensleweringsmikpunte wat nie gehaal is nie.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:4159258b.0@news1.mweb.co.za...
> Hierdie is presies waarvoor gevrees is deur die wapenbedryf. Die bestaande
> stelsel is vervang met 'n adiministratiewe-swaar stelsel wat hulle eenvoudig
> net nie lekker kan bedryf nie. In die proses gaan baie, baie besighede
> swaar getref word en uiteindelik gaan die amptenary verbaas staan en sê nou
> waarvoor het julle jul deure toegemaak? Daar is mos hierdie persepsie
> onder salaristrekkers dat besigheidsmense mos outomaties ryk is en so 'n
> bietjie kan wag kan nie skade doen nie?
> "Annette" wrote in message
> news:cjb7db$bjk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Sedert 1 Julie is nie een wettige wapen verkoop nie. 80% van die aansoeke
>> is
>> weggewys. Die minister se verbasing is omdat 'n swart vrouegroep wil
>> betoog
>> omdat 99% van hul lede se aansoeke weggewys is.
>> 12000 appêlle vergader stof, omdat die onafhanklike appèlraad sedert 1 Mei
>> nie meer funksioneer nie omdat niemand aangestel is in die persoon wie se
>> kontrak op 30 April verstryk het nie. Die minister en sy adjudante is tans
>> by 'n bosberaad ( wonder waarvoor?) en daar is niemand om die betogers se
>> versoekskrif in ontvangs te neem nie.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98816 is 'n antwoord op boodskap #98813] Di, 28 September 2004 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:

> Hierdie is presies waarvoor gevrees is deur die wapenbedryf. Die bestaande
> stelsel is vervang met 'n adiministratiewe-swaar stelsel wat hulle eenvoudig
> net nie lekker kan bedryf nie. In die proses gaan baie, baie besighede
> swaar getref word en uiteindelik gaan die amptenary verbaas staan en sê nou
> waarvoor het julle jul deure toegemaak? Daar is mos hierdie persepsie
> onder salaristrekkers dat besigheidsmense mos outomaties ryk is en so 'n
> bietjie kan wag kan nie skade doen nie?
> "Annette" wrote in message
> news:cjb7db$bjk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Sedert 1 Julie is nie een wettige wapen verkoop nie. 80% van die aansoeke
>> is
>> weggewys. Die minister se verbasing is omdat 'n swart vrouegroep wil
>> betoog
>> omdat 99% van hul lede se aansoeke weggewys is.
>> 12000 appèlle vergader stof, omdat die onafhanklike appèlraad sedert 1 Mei
>> nie meer funksioneer nie omdat niemand aangestel is in die persoon wie se
>> kontrak op 30 April verstryk het nie. Die minister en sy adjudante is tans
>> by 'n bosberaad ( wonder waarvoor?) en daar is niemand om die betogers se
>> versoekskrif in ontvangs te neem nie.
>> --
>> Groetnis
>> Annette



>
>
>

Die wapenwed is vir een doel en een doel alleen. Om die gepeupel te
ontwapen. Niemand behalwe die regering en kriminele word hierdeur
beveilig nie.

Groete
Plato
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98818 is 'n antwoord op boodskap #98816] Di, 28 September 2004 09:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is nie. Die doel van die wet is nie om die gepeupel te ontwapen nie, maar op
die ou end, so oor 50 jaar, sal almal wat 'n wapen het, 'n wettige
wapenlisensie moet besit.
--
Groetnis
Annette

"Plato" skryf in boodskap news:cjb9pk$ijo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Suidwester wrote:
>
>> Hierdie is presies waarvoor gevrees is deur die wapenbedryf. Die bestaande
>> stelsel is vervang met 'n adiministratiewe-swaar stelsel wat hulle eenvoudig
>> net nie lekker kan bedryf nie. In die proses gaan baie, baie besighede
>> swaar getref word en uiteindelik gaan die amptenary verbaas staan en sê nou
>> waarvoor het julle jul deure toegemaak? Daar is mos hierdie persepsie
>> onder salaristrekkers dat besigheidsmense mos outomaties ryk is en so 'n
>> bietjie kan wag kan nie skade doen nie?
>> "Annette" wrote in message
>> news:cjb7db$bjk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>> Sedert 1 Julie is nie een wettige wapen verkoop nie. 80% van die aansoeke
>>> is
>>> weggewys. Die minister se verbasing is omdat 'n swart vrouegroep wil
>>> betoog
>>> omdat 99% van hul lede se aansoeke weggewys is.
>>> 12000 appêlle vergader stof, omdat die onafhanklike appèlraad sedert 1 Mei
>>> nie meer funksioneer nie omdat niemand aangestel is in die persoon wie se
>>> kontrak op 30 April verstryk het nie. Die minister en sy adjudante is tans
>>> by 'n bosberaad ( wonder waarvoor?) en daar is niemand om die betogers se
>>> versoekskrif in ontvangs te neem nie.
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>
>
>
>>
>
> Die wapenwed is vir een doel en een doel alleen. Om die gepeupel te
> ontwapen. Niemand behalwe die regering en kriminele word hierdeur
> beveilig nie.
>
> Groete
> Plato
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98821 is 'n antwoord op boodskap #98818] Di, 28 September 2004 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja? En al die misdaad wat gepleeg word, word met onwettige wapens gedoen.
Dink jy kriminele is stupid om dit met geregistreerde wapens te doen? Dink
jy eienaars van geregistreerde wapens is stupid genoeg om misdaad te pleeg
met sy eie wapen? As hulle die onwettige wapens wil verminder, het jy nie
nuwe lisensies nodig gehad nie. Soek die onwettige wapens en vernietig
dit. Eenvoudig, maar nie polities korrek nie.

"Annette" skryf in boodskap news:cjbav5$o3v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Is nie. Die doel van die wet is nie om die gepeupel te ontwapen nie, maar op
> die ou end, so oor 50 jaar, sal almal wat 'n wapen het, 'n wettige
> wapenlisensie moet besit.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Plato" wrote in message
> news:cjb9pk$ijo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Suidwester wrote:

>>> Hierdie is presies waarvoor gevrees is deur die wapenbedryf. Die bestaande
>>> stelsel is vervang met 'n adiministratiewe-swaar stelsel wat hulle eenvoudig
>>> net nie lekker kan bedryf nie. In die proses gaan baie, baie
>>> besighede
>>> swaar getref word en uiteindelik gaan die amptenary verbaas staan en sê nou
>>> waarvoor het julle jul deure toegemaak? Daar is mos hierdie persepsie
>>> onder salaristrekkers dat besigheidsmense mos outomaties ryk is en so 'n
>>> bietjie kan wag kan nie skade doen nie?
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:cjb7db$bjk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>
>>>> Sedert 1 Julie is nie een wettige wapen verkoop nie. 80% van die aansoeke is
>>>> weggewys. Die minister se verbasing is omdat 'n swart vrouegroep wil betoog
>>>> omdat 99% van hul lede se aansoeke weggewys is.
>>>> 12000 appêlle vergader stof, omdat die onafhanklike appèlraad sedert 1 Mei
>>>> nie meer funksioneer nie omdat niemand aangestel is in die persoon wie se
>>>> kontrak op 30 April verstryk het nie. Die minister en sy adjudante is tans
>>>> by 'n bosberaad ( wonder waarvoor?) en daar is niemand om die betogers se
>>>> versoekskrif in ontvangs te neem nie.
>>>> --
>>>> Groetnis
>>>> Annette
>>>
>>

>> Die wapenwed is vir een doel en een doel alleen. Om die gepeupel te
>> ontwapen. Niemand behalwe die regering en kriminele word hierdeur
>> beveilig nie.

>> Groete
>> Plato
>
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98825 is 'n antwoord op boodskap #98815] Di, 28 September 2004 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P_65  is tans af-lyn  P_65
Boodskappe: 43
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Volle Lid
Die koeël is deur die kerk
LUCAS POTGIETER
Related Articles
Niks gereed om Wapenwet toe te pas
Geskarrel oor nuwe wapenwet
Oorsese jagters moet ure op lughawe wag oor wet

Die nuwe wetgewing oor die beheer van vuurwapens is pas geïmplementeer.
'n Kenner van die bedryf kyk na die implikasies hiervan vir
vuurwapeneienaars.

Sover dit die omstrede Wet op Beheer van Vuurwapens aangaan, is die
koeël deur die kerk. Vanaf 1 Julie 2004 is dié wet, Wet Nommer 60 van
2000, die amptelike vuurwapenwet waarvolgens wetsgehoorsame,
gelisensieerde vuurwapeneienaars sal moet optree om kwansuis die
duisende mense wat nie-gelisensieerde vuurwapens besit, in hul roof- en
moordtogte aan bande te lê. Ek maak hierdie stelling na aanleiding van
die doelstelling van die wet soos uiteengesit in artikel 14. Toe die
wet aanvanklik deur die Parlement goedgekeur is, het min
vuurwapeneienaars besef in welke mate die nuwe wet hulle sou raak. Ek
gaan probeer om kortliks na die belangrikste bepalings te kyk wat elke
vuurwapeneienaar raak.

Laat ek dit sommer in die begin duidelik stel dat dit nie gaan help om
in hierdie stadium nog oor die nuwe wet te knor en te kibbel nie. Die
wet is daar en elkeen sal net eenvoudig moet leer om daarmee saam te
leef. Die nuwe wet is nie die einde van die wêreld nie. Dit beteken ook
nie dat ons nie meer sal kan gaan jag, aan skietsport sal kan deelneem
of nuwe gewere by daardie geweerversameling sal kan voeg nie. Die wet
gaan ook nie ten gevolge hê dat ons nie meer onsself met 'n vuurwapen
kan verdedig nie. Wat ek wél met sekerheid kan sê, is dat ons nie meer
sal kan bekostig om wapens te laat rondlê, aan onbevoegde mense sal kan
uitleen of ander daarmee bedreig nie. Doen 'n mens dit wel, is die
tronk dalk jou voorland. In baie opsigte moet ek erken dat die nuwe wet
'n welkome wet is wat ongetwyfeld beloftes inhou.

'n Belangrike aspek van die nuwe wet gaan oor "bevoegdheid". Dit help
nie meer dat 'n mens, soos baie ander Suid-Afrikaners, sommer aanvaar
dat jy bevoeg is om 'n vuurwapen te besit nie. In die toekoms sal 'n
mens dit moet bewys en daarvoor sal jy 'n bevoegdheidsertifikaat nodig
hê. Elkeen wat 'n vuurwapen besit of een wil aankoop, daarmee wil
handel dryf, dit wil vervaardig, of as 'n geweersmid wil optree, sal 'n
bevoegdheidsertifikaat nodig hê.

Voordat 'n bevoegdheidsertifikaat egter aan enigiemand uitgereik word,
sal elke aansoeker eers 'n praktiese en teoretiese opleidingskursus by
'n geakkrediteerde opleidingsinstansie moet ondergaan. Ek verneem dat
só 'n kursus 'n mens ongeveer R500 tot R600 sal kos en dat die kursus
ongeveer 6 dae sal duur. Wie dié kursus slaag, kry 'n
vaardigheidsertifikaat. (Tot dusver lyk dit asof daar slegs vyf
geakkrediteerde opleidingsinstansies in die hele Suid-Afrika is. Hoe op
áárde gaan hulle die aantal aansoekers hanteer?)

Hierna gaan 'n mens na jou naaste wapenregistrasiekantoor waar jy die
vaardigheidsertifikaat aan die Aangewese Vuurwapenbeampte (AVB)
oorhandig. Jy betaal hom dan R70. Hy doen dan 'n verdere ondersoek
voordat hy jou volledige aansoek na die Sentrale Vuurwapenregister in
Pretoria stuur. (Hier raak die meeste aansoeke om die een of ander
duistere rede verlore.)

Dit is die taak van die AVB om 'n agtergrondstudie oor die aansoeker te
doen. Hy moet bevestig dat die aansoeker wél 21 jaar oud of ouer is. Hy
moet ook seker maak dat die aansoeker nie 'n geskiedenis van
drankmisbruik het nie, of dalk aan die een of ander verdowingsmiddel
verslaaf is nie. Mense wat geestesversteurd is, word ook hier uitgesif.
Die AVB voer onderhoude met 'n mens se vriende, bure en familie om te
bepaal of jy emosioneel geskik is om vuurwapens te besit.

Ál hierdie inligting word dan saam met die vingerafdrukke, handtekening
en ID-foto na die sentrale register in Pretoria gestuur. Die
vingerafdrukke word na die misdaadrekordsentrum gestuur om te bepaal of
die aansoeker nie 'n misdaadrekord het, of hom aan huishoudelike geweld
skuldig gemaak het nie.

Die vingerafdrukke is geneig om gereeld by die SAPD te verdwyn en daar
is gevalle waar een persoon se vingerafdrukke soveel as ses keer
verlore geraak het. Dít veroorsaak maande lange vertragings. Dan eers
gaan die aansoek na 'n oorwegingskomitee en as hulle ook tevrede is,
kry die aansoeker 'n bevoegdheidsertifikaat wat geldig is vir vyf jaar.
Daarna kan die aansoeker vir hom 'n vuurwapen gaan uitsoek.

Om 'n vuurwapen uit te soek, volg 'n mens die normale prosedure, met
die uitsondering dat jy die aansoekvorm by die plaaslike
AVB-registrasiekantoor moet invul.

Die AVB sal na jou huis gaan om te sien of jy 'n kluis het wat aan die
voorgeskrewe standaarde voldoen. As hulle tevrede is, stuur hulle jou
aansoek saam met die vingerafdrukke, afdruk van jou ID en motivering
waarom jy die wapen wil koop, na Pretoria. Hier sal 'n komitee die
aansoek oorweeg.

Dit is oor die samestelling en kennis van hierdie komitee, veral oor
jag en jagwapens, dat daar ernstige bedenkinge in Suid-Afrika bestaan.
Wanneer beamptes beweer dat 'n mens nie meer as 'n 243 nodig het om 'n
buffel te skiet nie, en wanneer 'n boer in die Oos-Vrystaat se aansoek
geweier word omdat sy ou voorlaaier "voldoende is om jakkalse mee uit
te roei", wek regtig 'n swak indruk oor die kennis van diegene wat oor
wapenkeuses in Suid-Afrika moet besluit. Die motivering oor waarom 'n
mens 'n bepaalde wapen wil koop, gaan in die toekoms 'n nóg belangriker
rol speel in die toekenning van 'n vuurwapenlisensie. Hier moet baie
jagters skuldig pleit.

Dit is waar dat die polisie somtyds belaglike besluite neem, maar dit
is ewe waar dat die motiverings waarmee hulle te doen kry, van só 'n
aard is dat 'n mens werklik nie die SAPD kan verkwalik dat hulle 'n
aansoek afkeur nie. Swak motivering is blykbaar die rede vir die
weiering van meer as 60 % van die vuurwapenlisensies.

Wanneer 'n mens se aansoek afgekeur word, maak die wet daarvoor
voorsiening dat jy by 'n onafhanklike appÚlraad kan appelleer. Dit is
miskien wenslik dat sulke persone 'n prokureur met kennis van
vuurwapens raadpleeg voordat hulle die rede vir hul appÚl aan die raad
voorlê.

Daar is egter ook verskeie ander klousules in die wet waarmee ons in
die toekoms rekening sal moet hou.

Die wet bepaal byvoorbeeld dat elke bevoegde persoon die reg sal hê om
vier vuurwapens te besit, waarvan een 'n wapen vir selfverdediging kan
wees. 'n Mens mag dus nie meer 'n paar rewolwers, 'n paar pistole,
semi-outomatiese gewere plus 'n haelgeweer (om mense mee te skiet)
besit nie. Jy mag een so 'n wapen in jou besit hê en jou vrou mag een
so 'n wapen besit en so ook jou kind en ander mense op die plaas mits
elkeen 'n bevoegdheidsertifikaat het en ook aan die ander wetsvereistes
voldoen.
Die geleentheidsjagters, wat by verre die grootste groep van ons
jagters in Suid-Afrika uitmaak, kan dus twee of drie jaggewere aankoop
plus een selfverdedigingswapen. Wat baie belangrik is, is dat hulle
geensins verplig is om aan 'n jagtersvereniging te behoort nie. (Dit is
betreurenswaardig dat sommige jagtersverenigings die indruk gewek het
dat lidmaatskap aan hul vereniging so belangrik vir die jagter is dat
hy dalk sy vuurwapens kan verloor as hy nie lid van die vereniging is
nie).

Na gelang van die motivering kan 'n lisensie vir 'n semi-outomatiese
vuurwapen by uitsondering aan die houer van 'n bevoegdheidsertifikaat
toegeken word mits die aansoeker kan bewys dat hy meer as die gewone
wapens vir selfverdediging nodig het. Die eienaar van die vuurwapen sal
die reg hê om 'n maksimum van 200 patrone te besit.

'n Geleentheidsjagter mag 200 patrone hê vir elke wapen wat hy besit.

Geleentheidsjagters se lisensies is vir 10 jaar lank geldig.

'n Toegewyde jagter en 'n toegewyde sportman moet lid wees van 'n
geakkrediteerde jag- of sportvereniging en moet aan kompetisies en
kampioenskapsbyeenkomste deelneem. In albei kategorieë is daar nie 'n
beperking op die hoeveelheid wapens wat jagters en sportlui mag besit
nie. Hulle sal egter steeds vir elke wapen wat hulle koop, 'n
motivering moet voorlê oor die rede waarom hulle bykomende wapens wil
koop.

Die wapens wat toegewyde jagters en sportmanne mag besit, sluit
handwapens in 'n met die uitsondering van outomatiese wapens en
semi-outomatiese haelgewere waarvan die magasyn vyf patrone of minder
bevat.

By albei kategorieë is daar geen beperking op die aantal patrone nie en
die lisensies geld vir 10 jaar indien die persoon lid is van 'n
geakkrediteerde jag- of sportvereniging.

Versamelaars van vuurwapens moet aan geakkrediteerde
versamelaarsverenigings behoort. Daar is nie 'n beperking op die aantal
wapens wat 'n versamelaar mag besit nie, maar die aansoeker sal steeds
die rede om 'n bykomende wapen te koop, afsonderlik moet motiveer. Die
lisensiehouer mag enige tipe wapen wat aan sy of haar vereniging se
voorskrifte voldoen, besit.

Vir elke wapen in 'n versameling mag die eienaar 200 patrone besit. Die
houer mag egter nie die patrone sonder toestemming afvuur nie.

Wat vir geweerversamelaars geld, geld ook versamelaars van patrone. Die
lisensiehouer moet 'n permit hê vir elke soort kaliber wat hy versamel.
Versamelaarslisensies is ook vir 10 jaar geldig.

'n Ander kategorie waarvoor die wet voorsiening maak, is mense wat
vuurwapens vir sakedoeleindes koop. Dit omvat sekuriteitsmaatskappye,
beroepsjagters wat jagplase bedryf, vuurwapeninstrukteurs en enige
ander onderneming wat deur die vuurwapenregistrateur geakkrediteer is.
Lisensies wat hiervolgens uitgereik word, magtig die houer om enige
soort wapen 'n met die uitsondering van 'n verbode wapen 'n te besit.

Daar is geen beperking op die aantal wapens wat die houer van só 'n
lisensie mag besit nie, maar die aansoeker moet kan motiveer waarvoor
elke wapen nodig is.

Die houer van só 'n lisensie sal ook die reg hê om 200 patrone per
gelisensieerde wapen te hê, hoewel hy aansoek kan doen om meer patrone
te besit.

Lisensies vir jagdoeleindes is in sommige gevalle vir vyf jaar geldig
en in ander gevalle vir twee jaar.

'n Baie belangrike klousule wat alle wapeneienaars raak, is dat die
ouderdomsbepaling van 21 jaar vir 'n lisensie nie beteken dat kinders
nie met vuurwapens mag skiet nie. Daar is inderwaarheid geen beperking
op die ouderdom van wie ook al die wapen gebruik nie. Die lisensiehouer
moet self besluit of die persoon geskik is om met die wapen te skiet en
waarna hy skiet. Elke wapen mag egter slegs in die lisensiehouer se
teenwoordigheid gebruik word.
Dít is in die breë sommige van die belangrikste klousules van die wet.
Daar is nog baie ander klousules wat betrekking het op handelaars,
geweersmede, die vervaardigers van vuurwapens en ammunisie, die mense
en maatskappye wat vuurwapens vervoer, die in- en uitvoer van
vuurwapens, die opberging van vuurwapens en etlike ander fasette wat
met vuurwapens verband hou.

Bestudeer bepalings noukeurig
Ek sal elke vuurwapen-eienaar aanraai om die Wet op Beheer van
Vuurwapens, Wet 60 van 2000, noukeurig te bestudeer sodat 'n mens nie
dalk onwetend in 'n strik trap nie.

Hoe meer ek dié wet bestudeer, hoe meer raak ek oortuig dat baie mense
in ons land besig is om onnodig en eenogig-krities na die wet te kyk.

Daar ís egter aspekte van die wet wat krap. Die belangrikste is: Hoe
gaan hierdie wet daartoe bydra dat minder boere in ons land vermoor
word; dat die getal moorde en rooftogte waarmee alle Suid-Afrikaners
deesdae bedreig word, drasties sal verminder; en dat my vrou, dogter en
kleindogters weer op straat sal kan loop sonder die vrees dat hulle
verkrag sal word?

In die aanloop tot hierdie wet is dít presies wat die Regering beloof.
Kan ons hulle en Gun Free South Africa daarvoor aanspreeklik hou as dít
wat hulle beloof, nie gestalte kry nie?

Die volgende ses maande sal bewys of die wetmakers hul belofte deur
middel van die wet nagekom het. Doen hulle dit nie, moet ons die
oggendkoerant Beeld glo met sy opskrif wat lui: "Doelwit van nuwe wet
is om ons te ontwapen".

23 Julie 2004

Landbouweekblad

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98826 is 'n antwoord op boodskap #98816] Di, 28 September 2004 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato skryf

> Die wapenwed

Doen jy dit met opset?

Gloudina
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98830 is 'n antwoord op boodskap #98826] Di, 28 September 2004 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P_65  is tans af-lyn  P_65
Boodskappe: 43
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Volle Lid
@rogers.com drukte met precisie uit :
> "Plato skryf
>
>> Die wapenwed
>
>
> Doen jy dit met opset?
>
> Gloudina

med opzed

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98837 is 'n antwoord op boodskap #98818] Di, 28 September 2004 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Sê jy, maar die wette raak juis wetsgehoorsames. 'n Onwettige wapen is
juis net dit, onwettig. Hoekom? Want iemand het eenvoudig nie die ding
geregistreer nie. Eenvoudig is dit nie? Hoe moeilik is dit om te
verstaan? Hulle keer nou net dat die meeste mense wat AANSOEK DOEN nie
lisensies kry nie...

Maak nie die onwettige wapens minder nie.

Cheers en dankie vir die probeer.

Plato

Annette wrote:

> Is nie. Die doel van die wet is nie om die gepeupel te ontwapen nie, maar op
> die ou end, so oor 50 jaar, sal almal wat 'n wapen het, 'n wettige
> wapenlisensie moet besit.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Plato" wrote in message
> news:cjb9pk$ijo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Suidwester wrote:

>>> Hierdie is presies waarvoor gevrees is deur die wapenbedryf. Die bestaande
>>> stelsel is vervang met 'n adiministratiewe-swaar stelsel wat hulle eenvoudig
>>> net nie lekker kan bedryf nie. In die proses gaan baie, baie besighede
>>> swaar getref word en uiteindelik gaan die amptenary verbaas staan en sê nou
>>> waarvoor het julle jul deure toegemaak? Daar is mos hierdie persepsie
>>> onder salaristrekkers dat besigheidsmense mos outomaties ryk is en so 'n
>>> bietjie kan wag kan nie skade doen nie?
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:cjb7db$bjk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>
>>>> Sedert 1 Julie is nie een wettige wapen verkoop nie. 80% van die aansoeke is
>>>> weggewys. Die minister se verbasing is omdat 'n swart vrouegroep wil betoog
>>>> omdat 99% van hul lede se aansoeke weggewys is.
>>>> 12000 appèlle vergader stof, omdat die onafhanklike appèlraad sedert 1 Mei
>>>> nie meer funksioneer nie omdat niemand aangestel is in die persoon wie se
>>>> kontrak op 30 April verstryk het nie. Die minister en sy adjudante is tans
>>>> by 'n bosberaad ( wonder waarvoor?) en daar is niemand om die betogers se
>>>> versoekskrif in ontvangs te neem nie.
>>>> --
>>>> Groetnis
>>>> Annette
>>
>
>> Die wapenwed is vir een doel en een doel alleen. Om die gepeupel te
>> ontwapen. Niemand behalwe die regering en kriminele word hierdeur
>> beveilig nie.

>> Groete
>> Plato
>
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98839 is 'n antwoord op boodskap #98826] Di, 28 September 2004 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jip!

Jy ken jou wette! Sovêr sien jy darem meer as 50% van my spelfoute...

Hier is nog een iewers in die tex, kan jy hom sien?

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> "Plato skryf
>
>
>> Die wapenwed
>
>
>
> Doen jy dit met opset?
>
> Gloudina
>
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98847 is 'n antwoord op boodskap #98830] Di, 28 September 2004 20:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 28 Sep 2004 14:19:58 GMT, P_65 wrote:

> @rogers.com drukte met precisie uit :
>> "Plato skryf

>>> Die wapenwed


>> Doen jy dit met opset?

>> Gloudina
>
> med opzed

ek wet jou dit is met opset!

DD
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98849 is 'n antwoord op boodskap #98839] Di, 28 September 2004 21:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 28 Sep 2004 17:31:35 +0200, Plato wrote:

> Jip!
>
> Jy ken jou wette! Sovêr sien jy darem meer as 50% van my spelfoute...
>
> Hier is nog een iewers in die tex, kan jy hom sien?
>
> Groete
> Plato
>

2. sover en teks

DD
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98850 is 'n antwoord op boodskap #98849] Wo, 29 September 2004 04:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
;o)

DD wrote:
> On Tue, 28 Sep 2004 17:31:35 +0200, Plato
> wrote:
>
>
>> Jip!

>> Jy ken jou wette! Sovêr sien jy darem meer as 50% van my spelfoute...

>> Hier is nog een iewers in die tex, kan jy hom sien?

>> Groete
>> Plato

>
>
> 2. sover en teks
>
> DD
>
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98876 is 'n antwoord op boodskap #98850] Wo, 29 September 2004 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 29 Sep 2004 06:14:32 +0200, Plato wrote:

> ;o)
>
> DD wrote:
>> On Tue, 28 Sep 2004 17:31:35 +0200, Plato
>> wrote:


>>> Jip!
>
>>> Jy ken jou wette! Sovêr sien jy darem meer as 50% van my spelfoute...
>
>>> Hier is nog een iewers in die tex, kan jy hom sien?
>
>>> Groete
>>> Plato
>


>> 2. sover en teks

>> DD



en "kan jy hom sien" moes gewees het 'kan jy dit sien'.
So, die een was toe drie:-)
Sorry Plato, ek wil nooit in my lewe 'n Gloudina wees nie,
maar toe ek sien dat sy soek en dit nie vind nie, het ek
haar maar gewys waar dit is:-)))

DD
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98893 is 'n antwoord op boodskap #98821] Do, 30 September 2004 05:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy is nou by 'n punt wat ek mee 'n groot probleem het. Ek vermoed dat die
meeste wapens wat gekonfiskeer word, weer terugverkoop word aan die skelms,
en dat 'n kleiner persentasie vernietig word. Mens sou graag op 'n daaglikse
basis onafhanklike bevestugde berigte wou sien hoeveel wapens vernietig is.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:41593651.0@news1.mweb.co.za...
> Ja? En al die misdaad wat gepleeg word, word met onwettige wapens gedoen.
> Dink jy kriminele is stupid om dit met geregistreerde wapens te doen? Dink
> jy eienaars van geregistreerde wapens is stupid genoeg om misdaad te pleeg
> met sy eie wapen? As hulle die onwettige wapens wil verminder, het jy nie
> nuwe lisensies nodig gehad nie. Soek die onwettige wapens en vernietig
> dit. Eenvoudig, maar nie polities korrek nie.
> "Annette" wrote in message
> news:cjbav5$o3v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Is nie. Die doel van die wet is nie om die gepeupel te ontwapen nie, maar op
>> die ou end, so oor 50 jaar, sal almal wat 'n wapen het, 'n wettige
>> wapenlisensie moet besit.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Plato" wrote in message
>> news:cjb9pk$ijo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Suidwester wrote:
>
>>>> Hierdie is presies waarvoor gevrees is deur die wapenbedryf. Die bestaande
>>>> stelsel is vervang met 'n adiministratiewe-swaar stelsel wat hulle eenvoudig
>>>> net nie lekker kan bedryf nie. In die proses gaan baie, baie besighede
>>>> swaar getref word en uiteindelik gaan die amptenary verbaas staan en sê nou
>>>> waarvoor het julle jul deure toegemaak? Daar is mos hierdie persepsie
>>>> onder salaristrekkers dat besigheidsmense mos outomaties ryk is en so 'n
>>>> bietjie kan wag kan nie skade doen nie?
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:cjb7db$bjk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>>
>>>> >Sedert 1 Julie is nie een wettige wapen verkoop nie. 80% van die aansoeke is
>>>> >weggewys. Die minister se verbasing is omdat 'n swart vrouegroep wil betoog
>>>> >omdat 99% van hul lede se aansoeke weggewys is.
>>>> >12000 appêlle vergader stof, omdat die onafhanklike appèlraad sedert 1 Mei
>>>> >nie meer funksioneer nie omdat niemand aangestel is in die persoon wie se
>>>> >kontrak op 30 April verstryk het nie. Die minister en sy adjudante is tans
>>>> >by 'n bosberaad ( wonder waarvoor?) en daar is niemand om die betogers se
>>>> >versoekskrif in ontvangs te neem nie.
>>>> >--
>>>> >Groetnis
>>>> >Annette
>>>
>>>>
>
>>> Die wapenwed is vir een doel en een doel alleen. Om die gepeupel te
>>> ontwapen. Niemand behalwe die regering en kriminele word hierdeur
>>> beveilig nie.
>
>>> Groete
>>> Plato
>>
>
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98894 is 'n antwoord op boodskap #98837] Do, 30 September 2004 05:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
So, stel jy voor dat daar geen wapenlisensie behoort te wees nie, en dat
alle wapens voor die voet gekonfiskeer en vernietig word?
--
Groetnis
Annette

"Plato" skryf in boodskap news:WJydnVVhXYZ05sTcRVn-uw@is.co.za...
> Sê jy, maar die wette raak juis wetsgehoorsames. 'n Onwettige wapen is
> juis net dit, onwettig. Hoekom? Want iemand het eenvoudig nie die ding
> geregistreer nie. Eenvoudig is dit nie? Hoe moeilik is dit om te
> verstaan? Hulle keer nou net dat die meeste mense wat AANSOEK DOEN nie
> lisensies kry nie...
>
> Maak nie die onwettige wapens minder nie.
>
> Cheers en dankie vir die probeer.
>
> Plato
>
> Annette wrote:
>
>> Is nie. Die doel van die wet is nie om die gepeupel te ontwapen nie, maar op
>> die ou end, so oor 50 jaar, sal almal wat 'n wapen het, 'n wettige
>> wapenlisensie moet besit.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Plato" wrote in message
>> news:cjb9pk$ijo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>> Suidwester wrote:
>
>
>>>> Hierdie is presies waarvoor gevrees is deur die wapenbedryf. Die bestaande
>>>> stelsel is vervang met 'n adiministratiewe-swaar stelsel wat hulle eenvoudig
>>>> net nie lekker kan bedryf nie. In die proses gaan baie, baie besighede
>>>> swaar getref word en uiteindelik gaan die amptenary verbaas staan en sê nou
>>>> waarvoor het julle jul deure toegemaak? Daar is mos hierdie persepsie
>>>> onder salaristrekkers dat besigheidsmense mos outomaties ryk is en so 'n
>>>> bietjie kan wag kan nie skade doen nie?
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:cjb7db$bjk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>
>>>> >Sedert 1 Julie is nie een wettige wapen verkoop nie. 80% van die aansoeke is
>>>> >weggewys. Die minister se verbasing is omdat 'n swart vrouegroep wil betoog
>>>> >omdat 99% van hul lede se aansoeke weggewys is.
>>>> >12000 appêlle vergader stof, omdat die onafhanklike appèlraad sedert 1 Mei
>>>> >nie meer funksioneer nie omdat niemand aangestel is in die persoon wie se
>>>> >kontrak op 30 April verstryk het nie. Die minister en sy adjudante is tans
>>>> >by 'n bosberaad ( wonder waarvoor?) en daar is niemand om die betogers se
>>>> >versoekskrif in ontvangs te neem nie.
>>>> >--
>>>> >Groetnis
>>>> >Annette
>>>
>>
>>> Die wapenwed is vir een doel en een doel alleen. Om die gepeupel te
>>> ontwapen. Niemand behalwe die regering en kriminele word hierdeur
>>> beveilig nie.
>
>>> Groete
>>> Plato
>>
>
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98895 is 'n antwoord op boodskap #98847] Do, 30 September 2004 05:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
opsed:))
--
Groetnis
>
> ek wet jou dit is met opset!
>
> DD
>
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98901 is 'n antwoord op boodskap #98893] Do, 30 September 2004 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat ek nog die heeltyd sê: 'n Vuurwapen kan op sy eie nie 'n moord pleeg
nie. Hy het 'n mens se vinger of wil daarvoor nodig. Nou sit hulle
privaatbesit onder moerse beheer, maar wat gaan dit help vir die misdadigers
wat in elk geval nie 'n wettige wapen gaan gebruik nie? Moet hulle nie
eerder die energie in misdaadbekamping by die mens insit nie?

"Annette" skryf in boodskap news:cjg7dg$9a0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy is nou by 'n punt wat ek mee 'n groot probleem het. Ek vermoed dat die
> meeste wapens wat gekonfiskeer word, weer terugverkoop word aan die skelms,
> en dat 'n kleiner persentasie vernietig word. Mens sou graag op 'n daaglikse
> basis onafhanklike bevestugde berigte wou sien hoeveel wapens vernietig is.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:41593651.0@news1.mweb.co.za...
>> Ja? En al die misdaad wat gepleeg word, word met onwettige wapens gedoen.
>> Dink jy kriminele is stupid om dit met geregistreerde wapens te doen? Dink
>> jy eienaars van geregistreerde wapens is stupid genoeg om misdaad te pleeg
>> met sy eie wapen? As hulle die onwettige wapens wil verminder, het jy nie
>> nuwe lisensies nodig gehad nie. Soek die onwettige wapens en vernietig
>> dit. Eenvoudig, maar nie polities korrek nie.
>> "Annette" wrote in message
>> news:cjbav5$o3v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Is nie. Die doel van die wet is nie om die gepeupel te ontwapen nie, maar op
>>> die ou end, so oor 50 jaar, sal almal wat 'n wapen het, 'n wettige
>>> wapenlisensie moet besit.
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>>> "Plato" wrote in message
>>> news:cjb9pk$ijo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Suidwester wrote:
>>
>>>> > Hierdie is presies waarvoor gevrees is deur die wapenbedryf. Die bestaande
>>>> > stelsel is vervang met 'n adiministratiewe-swaar stelsel wat hulle eenvoudig
>>>> > net nie lekker kan bedryf nie. In die proses gaan baie, baie
>>>> > besighede
>>>> > swaar getref word en uiteindelik gaan die amptenary verbaas staan en sê nou
>>>> > waarvoor het julle jul deure toegemaak? Daar is mos hierdie persepsie
>>>> > onder salaristrekkers dat besigheidsmense mos outomaties ryk is en
>>>> > so
>>>> > 'n
>>>> > bietjie kan wag kan nie skade doen nie?
>>>> > "Annette" wrote in message
>>>> > news:cjb7db$bjk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> >
>>>> >>Sedert 1 Julie is nie een wettige wapen verkoop nie. 80% van die aansoeke is
>>>> >>weggewys. Die minister se verbasing is omdat 'n swart vrouegroep wil betoog
>>>> >>omdat 99% van hul lede se aansoeke weggewys is.
>>>> >>12000 appêlle vergader stof, omdat die onafhanklike appèlraad sedert 1 Mei
>>>> >>nie meer funksioneer nie omdat niemand aangestel is in die persoon wie se
>>>> >>kontrak op 30 April verstryk het nie. Die minister en sy adjudante is tans
>>>> >>by 'n bosberaad ( wonder waarvoor?) en daar is niemand om die betogers se
>>>> >>versoekskrif in ontvangs te neem nie.
>>>> >>--
>>>> >>Groetnis
>>>> >>Annette
>>>> >
>>>>
>>
>>>> Die wapenwed is vir een doel en een doel alleen. Om die gepeupel te
>>>> ontwapen. Niemand behalwe die regering en kriminele word hierdeur
>>>> beveilig nie.
>>
>>>> Groete
>>>> Plato
>>>
>
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98927 is 'n antwoord op boodskap #98895] Do, 30 September 2004 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 30 Sep 2004 07:53:22 +0200, "Annette" wrote:

> opsed:))
> --
> Groetnis

>> ek wet jou dit is met opset!

>> DD


>

dankie vir die koreksie van my spelvout, Annette:-)

DD
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98953 is 'n antwoord op boodskap #98893] Vr, 01 Oktober 2004 09:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit IS nou lekker! Om my taal hier te ontdek. Nogal lekker rondspelery met
die spellery.
Hoekom word Annette se voute oorgesien? Is sy opsetlik? Of is sy dalk 'n
"Stugge Meisje?" En Gloudina gladnie?
Ek hoop ek gaan as nuweling verwelkom word!
Vrede vir julle.
Lekka ou Jan

"Annette" skryf in boodskap news:cjg7dg$9a0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy is nou by 'n punt wat ek mee 'n groot probleem het. Ek vermoed dat die
> meeste wapens wat gekonfiskeer word, weer terugverkoop word aan die skelms,
> en dat 'n kleiner persentasie vernietig word. Mens sou graag op 'n daaglikse
> basis onafhanklike bevestugde berigte wou sien hoeveel wapens vernietig is.
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Minister van Sekuriteit is verbaas [boodskap #98954 is 'n antwoord op boodskap #98953] Vr, 01 Oktober 2004 10:00 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Welkom Jan - AS Annette 'n spelfout maak, is dit uit pure moedswilligheid:))
--
Groetnis
Annette

"Jan" skryf in boodskap news:cjj7p0$13i$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit IS nou lekker! Om my taal hier te ontdek. Nogal lekker rondspelery met
> die spellery.
> Hoekom word Annette se voute oorgesien? Is sy opsetlik? Of is sy dalk 'n
> "Stugge Meisje?" En Gloudina gladnie?
> Ek hoop ek gaan as nuweling verwelkom word!
> Vrede vir julle.
> Lekka ou Jan
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:cjg7dg$9a0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Jy is nou by 'n punt wat ek mee 'n groot probleem het. Ek vermoed dat die
>> meeste wapens wat gekonfiskeer word, weer terugverkoop word aan die skelms,
>> en dat 'n kleiner persentasie vernietig word. Mens sou graag op 'n daaglikse
>> basis onafhanklike bevestugde berigte wou sien hoeveel wapens vernietig is.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: Pret en die Polisie...
Volgende onderwerp: Vuurwapens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 07:53:02 MGT 2024