Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Genealogie & famieliesake » Julle is almal familie
Julle is almal familie [boodskap #98487] Ma, 20 September 2004 09:52 na volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Uit vandag se Beeld.

----------------------------------------------

Een groot familie
Neels Jackson

Oudpres. Nelson Mandela is langs sy direkte moederlike voorsatelyn van
Koisan-afkoms - nes me. Hannelie de Beer, 'n jong, wit Afrikanervrou
van Pretoria.

Dit is van die verrassende bevindings van genetiese toetse wat
Sondagaand oor M-Net bekend gemaak is in die dokumentêre program So,
where do we come from? wat oor Carte blanche uitgesaai is.

Dit beteken dat Mandela en De Beer moontlik so ver terug as 100 000
jaar gelede dieselfde vroulike voorsaat gehad het.

Verskeie bekende en ander Suid-Afrikaners is onderwerp aan genetiese
toetse en die resultate krap stereotiepe beskouings oor
Suid-Afrikaners se afkoms lelik deurmekaar.

Dit laat ook verskeie vrae oor die kwessie van identiteit ontstaan.

Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
Afrika gewoon het.

Die genetiese toets het getoon die satirikus Pieter-Dirk Uys se
direkte moederlike lyn loop terug na Sentraal-Afrika. Die komediant
Marc Lottering se direkte moederlike en vaderlike lyne kan teruggevoer
word na Europa, terwyl Tim Modise, aanbieder van die program, se
vaderlike lyn teruggevoer kan word na 'n genegroep wat in Europa
gekonsentreerd is en in Asië inloop.

Die genetiese toetse waarop dié bevindings berus, word gedoen aan die
hand van twee soorte DNS. Die een is die mitochondriese DNS wat slegs
deur ma's aan hul kinders oorgedra word en waardeur eienskappe van
iemand se direkte moederlike lyn van voorsate bepaal kan word.

Daarby word Y-chromosome getoets wat deur pa's aan hul seuns oorgedra
word. 'n Man se Y-chromosoom kan eienskappe verklap van sy voorsatelyn
wat deur sy pa, oupa en verder terug telkens deur die manlike voorsaat
loop.

Die reaksies van die mense wat getoets is, was uiteenlopend.

Mandela het dadelik verwys na "Herrie die strandloper" en gesê sy
regte naam was eintlik Autshumao en dat hy die eerste vryheidsvegter
was wat op Robbeneiland beland het.

De Beer het gesê haar ma het iets gesê van Koisan-voorsate, maar sy
het dit nietemin as " 'n bietjie van 'n skok bestempel".

Die sokkerbaas Irvin Khoza het sy hande triomfantelik die lug
ingesteek oor die nuus oor sý Koisan-gene en gesê: "Ek is deel van die
oorspronklike mense!"

Uys, wat voor die toetse gespot het dat hy 'n Matabele-prinses as
tante sou wou opspoor, was uit die veld geslaan toe hy hoor dat sy
voorsate langs die direkte moederlike lyn inderdaad teruggaan na
Afrika.

Hy het gesê dit is lekker nuus: "Ek is 'n Afrikaan!"

David Kramer was klaarblyklik teleurgesteld omdat sy DNS net op 'n
Europese herkoms dui en hy tevrede moet wees om "net nog 'n common wit
man" te wees.

Naas Botha, wie se DNS ook net op Europese herkoms dui, het gespot hy
het nou geen kans om eendag minister van sport te word nie.

Modise was verbaas dat sy gene 'n Europese oeroupa uitgewys het.

Hy was nietemin op sy gemak daarmee en het gesê hy het die mensdom nog
altyd beskou as 'n groot, rusiemakende familie.

Resultate van bekendes se genetiese herkomstoetse:

  1. Baby Jake Matlala (bokser): Koisan-moederlyn
  2. Irvin Khoza (sokkerbaas): Koisan-moederlyn
  3. Wendy Lehube (Vodacom-voorsitter): Koisan-moederlyn
  4. Patricia de Lille (politikus): Koisan-moederlyn
  5. Ruda Landman (TV-aanbieder): Europese moederlyn
  6. PJ Powers (sangeres): Europese moederlyn
  7. William Kentridge (kunstenaar): Vaderlyn uit Midde-Ooste
  8. Essop Pahad (minister): Eurasiese vaderlyn; moederlyn uit Suidoos-Asië met swaartepunt in Viëtnam
  9. Paul Adams (krieketspeler): Koisan-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
  10. Pieter-Dirk Uys (satirikus): Eurasiese vaderlyn; Afrika-moederlyn
  11. Marc Lottering (komediant): Europese moederlyn, Eurasiese vaderlyn
  12. Tim Modise (TV-aanbieder): Afrika-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
  13. Nelson Mandela: Afrika-vaderlyn; Koisan-moederlyn
  14. Elana Afrika (TV-aanbieder): Koisan-moederlyn
Re: Julle is almal familie [boodskap #98492 is 'n antwoord op boodskap #98487] Ma, 20 September 2004 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom praat jy van Julle en nie van Ons nie Ferdi?
Onthou, mens kan nie jou familie kies nie:)))
--
Groetnis
Annette

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:n1atk0t5lgtidq3998o3g1fq4ek5shhjja@4ax.com...
>
> Uit vandag se Beeld.
>
> ----------------------------------------------
>
> Een groot familie
> Neels Jackson
>
> Oudpres. Nelson Mandela is langs sy direkte moederlike voorsatelyn van
> Koisan-afkoms - nes me. Hannelie de Beer, 'n jong, wit Afrikanervrou
> van Pretoria.
>
> Dit is van die verrassende bevindings van genetiese toetse wat
> Sondagaand oor M-Net bekend gemaak is in die dokumentêre program So,
> where do we come from? wat oor Carte blanche uitgesaai is.
>
> Dit beteken dat Mandela en De Beer moontlik so ver terug as 100 000
> jaar gelede dieselfde vroulike voorsaat gehad het.
>
> Verskeie bekende en ander Suid-Afrikaners is onderwerp aan genetiese
> toetse en die resultate krap stereotiepe beskouings oor
> Suid-Afrikaners se afkoms lelik deurmekaar.
>
> Dit laat ook verskeie vrae oor die kwessie van identiteit ontstaan.
>
> Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
> aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
> Afrika gewoon het.
>
> Die genetiese toets het getoon die satirikus Pieter-Dirk Uys se
> direkte moederlike lyn loop terug na Sentraal-Afrika. Die komediant
> Marc Lottering se direkte moederlike en vaderlike lyne kan teruggevoer
> word na Europa, terwyl Tim Modise, aanbieder van die program, se
> vaderlike lyn teruggevoer kan word na 'n genegroep wat in Europa
> gekonsentreerd is en in Asië inloop.
>
> Die genetiese toetse waarop dié bevindings berus, word gedoen aan die
> hand van twee soorte DNS. Die een is die mitochondriese DNS wat slegs
> deur ma's aan hul kinders oorgedra word en waardeur eienskappe van
> iemand se direkte moederlike lyn van voorsate bepaal kan word.
>
> Daarby word Y-chromosome getoets wat deur pa's aan hul seuns oorgedra
> word. 'n Man se Y-chromosoom kan eienskappe verklap van sy voorsatelyn
> wat deur sy pa, oupa en verder terug telkens deur die manlike voorsaat
> loop.
>
> Die reaksies van die mense wat getoets is, was uiteenlopend.
>
> Mandela het dadelik verwys na "Herrie die strandloper" en gesê sy
> regte naam was eintlik Autshumao en dat hy die eerste vryheidsvegter
> was wat op Robbeneiland beland het.
>
> De Beer het gesê haar ma het iets gesê van Koisan-voorsate, maar sy
> het dit nietemin as " 'n bietjie van 'n skok bestempel".
>
> Die sokkerbaas Irvin Khoza het sy hande triomfantelik die lug
> ingesteek oor die nuus oor sê Koisan-gene en gesê: "Ek is deel van die
> oorspronklike mense!"
>
> Uys, wat voor die toetse gespot het dat hy 'n Matabele-prinses as
> tante sou wou opspoor, was uit die veld geslaan toe hy hoor dat sy
> voorsate langs die direkte moederlike lyn inderdaad teruggaan na
> Afrika.
>
> Hy het gesê dit is lekker nuus: "Ek is 'n Afrikaan!"
>
> David Kramer was klaarblyklik teleurgesteld omdat sy DNS net op 'n
> Europese herkoms dui en hy tevrede moet wees om "net nog 'n common wit
> man" te wees.
>
> Naas Botha, wie se DNS ook net op Europese herkoms dui, het gespot hy
> het nou geen kans om eendag minister van sport te word nie.
>
> Modise was verbaas dat sy gene 'n Europese oeroupa uitgewys het.
>
> Hy was nietemin op sy gemak daarmee en het gesê hy het die mensdom nog
> altyd beskou as 'n groot, rusiemakende familie.
>
>
> Resultate van bekendes se genetiese herkomstoetse:
>
>
> # Baby Jake Matlala (bokser): Koisan-moederlyn
> # Irvin Khoza (sokkerbaas): Koisan-moederlyn
> # Wendy Lehube (Vodacom-voorsitter): Koisan-moederlyn
> # Patricia de Lille (politikus): Koisan-moederlyn
> # Ruda Landman (TV-aanbieder): Europese moederlyn
> # PJ Powers (sangeres): Europese moederlyn
> # William Kentridge (kunstenaar): Vaderlyn uit Midde-Ooste
> # Essop Pahad (minister): Eurasiese vaderlyn; moederlyn uit
> Suidoos-Asië met swaartepunt in Viëtnam
> # Paul Adams (krieketspeler): Koisan-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
> # Pieter-Dirk Uys (satirikus): Eurasiese vaderlyn; Afrika-moederlyn
> # Marc Lottering (komediant): Europese moederlyn, Eurasiese vaderlyn
> # Tim Modise (TV-aanbieder): Afrika-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
> # Nelson Mandela: Afrika-vaderlyn; Koisan-moederlyn
> # Elana Afrika (TV-aanbieder): Koisan-moederlyn
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98495 is 'n antwoord op boodskap #98492] Ma, 20 September 2004 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dink jy iemand sal hom as familie wou hê? Selfs die Khoisan het mos hul
trots!

"Annette" skryf in boodskap news:cimn54$kku$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hoekom praat jy van Julle en nie van Ons nie Ferdi?
> Onthou, mens kan nie jou familie kies nie:)))
> --
> Groetnis
> Annette
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:n1atk0t5lgtidq3998o3g1fq4ek5shhjja@4ax.com...
>>
>> Uit vandag se Beeld.
>>
>> ----------------------------------------------
>>
>> Een groot familie
>> Neels Jackson
>>
>> Oudpres. Nelson Mandela is langs sy direkte moederlike voorsatelyn van
>> Koisan-afkoms - nes me. Hannelie de Beer, 'n jong, wit Afrikanervrou
>> van Pretoria.
>>
>> Dit is van die verrassende bevindings van genetiese toetse wat
>> Sondagaand oor M-Net bekend gemaak is in die dokumentêre program So,
>> where do we come from? wat oor Carte blanche uitgesaai is.
>>
>> Dit beteken dat Mandela en De Beer moontlik so ver terug as 100 000
>> jaar gelede dieselfde vroulike voorsaat gehad het.
>>
>> Verskeie bekende en ander Suid-Afrikaners is onderwerp aan genetiese
>> toetse en die resultate krap stereotiepe beskouings oor
>> Suid-Afrikaners se afkoms lelik deurmekaar.
>>
>> Dit laat ook verskeie vrae oor die kwessie van identiteit ontstaan.
>>
>> Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
>> aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
>> Afrika gewoon het.
>>
>> Die genetiese toets het getoon die satirikus Pieter-Dirk Uys se
>> direkte moederlike lyn loop terug na Sentraal-Afrika. Die komediant
>> Marc Lottering se direkte moederlike en vaderlike lyne kan teruggevoer
>> word na Europa, terwyl Tim Modise, aanbieder van die program, se
>> vaderlike lyn teruggevoer kan word na 'n genegroep wat in Europa
>> gekonsentreerd is en in Asië inloop.
>>
>> Die genetiese toetse waarop dié bevindings berus, word gedoen aan die
>> hand van twee soorte DNS. Die een is die mitochondriese DNS wat slegs
>> deur ma's aan hul kinders oorgedra word en waardeur eienskappe van
>> iemand se direkte moederlike lyn van voorsate bepaal kan word.
>>
>> Daarby word Y-chromosome getoets wat deur pa's aan hul seuns oorgedra
>> word. 'n Man se Y-chromosoom kan eienskappe verklap van sy voorsatelyn
>> wat deur sy pa, oupa en verder terug telkens deur die manlike voorsaat
>> loop.
>>
>> Die reaksies van die mense wat getoets is, was uiteenlopend.
>>
>> Mandela het dadelik verwys na "Herrie die strandloper" en gesê sy
>> regte naam was eintlik Autshumao en dat hy die eerste vryheidsvegter
>> was wat op Robbeneiland beland het.
>>
>> De Beer het gesê haar ma het iets gesê van Koisan-voorsate, maar sy
>> het dit nietemin as " 'n bietjie van 'n skok bestempel".
>>
>> Die sokkerbaas Irvin Khoza het sy hande triomfantelik die lug
>> ingesteek oor die nuus oor sê Koisan-gene en gesê: "Ek is deel van die
>> oorspronklike mense!"
>>
>> Uys, wat voor die toetse gespot het dat hy 'n Matabele-prinses as
>> tante sou wou opspoor, was uit die veld geslaan toe hy hoor dat sy
>> voorsate langs die direkte moederlike lyn inderdaad teruggaan na
>> Afrika.
>>
>> Hy het gesê dit is lekker nuus: "Ek is 'n Afrikaan!"
>>
>> David Kramer was klaarblyklik teleurgesteld omdat sy DNS net op 'n
>> Europese herkoms dui en hy tevrede moet wees om "net nog 'n common wit
>> man" te wees.
>>
>> Naas Botha, wie se DNS ook net op Europese herkoms dui, het gespot hy
>> het nou geen kans om eendag minister van sport te word nie.
>>
>> Modise was verbaas dat sy gene 'n Europese oeroupa uitgewys het.
>>
>> Hy was nietemin op sy gemak daarmee en het gesê hy het die mensdom nog
>> altyd beskou as 'n groot, rusiemakende familie.
>>
>>
>> Resultate van bekendes se genetiese herkomstoetse:
>>
>>
>> # Baby Jake Matlala (bokser): Koisan-moederlyn
>> # Irvin Khoza (sokkerbaas): Koisan-moederlyn
>> # Wendy Lehube (Vodacom-voorsitter): Koisan-moederlyn
>> # Patricia de Lille (politikus): Koisan-moederlyn
>> # Ruda Landman (TV-aanbieder): Europese moederlyn
>> # PJ Powers (sangeres): Europese moederlyn
>> # William Kentridge (kunstenaar): Vaderlyn uit Midde-Ooste
>> # Essop Pahad (minister): Eurasiese vaderlyn; moederlyn uit
>> Suidoos-Asië met swaartepunt in Viëtnam
>> # Paul Adams (krieketspeler): Koisan-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
>> # Pieter-Dirk Uys (satirikus): Eurasiese vaderlyn; Afrika-moederlyn
>> # Marc Lottering (komediant): Europese moederlyn, Eurasiese vaderlyn
>> # Tim Modise (TV-aanbieder): Afrika-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
>> # Nelson Mandela: Afrika-vaderlyn; Koisan-moederlyn
>> # Elana Afrika (TV-aanbieder): Koisan-moederlyn
>>
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98498 is 'n antwoord op boodskap #98495] Ma, 20 September 2004 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die Khoisan bestaan nie meer nie.

On Mon, 20 Sep 2004 16:07:29 +0200, "Suidwester" wrote:

> Dink jy iemand sal hom as familie wou hê? Selfs die Khoisan het mos hul
> trots!
Re: Julle is almal familie [boodskap #98500 is 'n antwoord op boodskap #98492] Ma, 20 September 2004 14:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 20 Sep 2004 15:36:55 +0200, "Annette" wrote:

> Hoekom praat jy van Julle en nie van Ons nie Ferdi?
> Onthou, mens kan nie jou familie kies nie:)))

Maar jy kan jou 3D-kaart kies. En dit is baie kere belangriker!

Anyway. Twee baie interressante spin offs kom van die M-Net-program.
Die eerste een is die oorweldigende besef dat ons almal maar op die
einde dieselfde is. Nie rassigheid is al sensible manier om SA mee te
bou.

Ek het my dogter in die naweek met 'n kunsprojek gehelp en soek toe 'n
klomp gedigte op in die Groot Verseboek met nasionalisme/apartheid as
tema.

En daar klim 'n baie interresante lyn van denke uit van SJ du Toit
deur tot Johan van Wyk. Het dit by die huis vergeet. Sal dit more pos.

In hierdie hoogs onwetenskaplike poetiese analise van ons samelewing,
lyk dit toe vir my swart Suid-Afrikaners in die algemeen is in die
"Leipoldt-fase". Leipoldt was net so outraged oor die Boere-oorlog as
wat swart intellektuele nou oor die vergrype van apartheid is.

Daar is ook 'n interresante sonet van S.J. Pretorius oor Afrikaners in
Malvern in Jhb. Die arm, "disposessed" Afrikaner hande-arbeiders wa hy
daar beskryf lyk omtrent op 'n haar soos die talle swart
hande-arbeiders wat mens vandag in Malvern sien!

Anyway, die tweede newe-effek van die M-Net-program is die
kolonialisme van die swart mense.

Die navorsing kan nie genoem word (byvoorbeeld die KhoiSan-wortels van
swart en wit mense) sonder om te vra wat hoe en waar nou met die
KhoiSan? En dan is die antwoord: Die swart stamme wat wat in wat nou
SA is gemigreer hyet, so 1000 jaar gelede, het die KhoiSan se gebied
binnegedring, hulle afgedruk en geabsorbeer.

Net soos die wit migrasie later gedoen het.

Albei was gevalle van kolonialisasie.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98502 is 'n antwoord op boodskap #98500] Ma, 20 September 2004 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy is so reg. Hopelik sal die grondkwessie ook nou vreedsaam opgelos word.
Hoe kan ek iets 'gesteel' het wat die houer op sy beurt voor my 'gesteel'
het? Laat elke man koop wat hy kan bekostig en schluss en klaar. Die
hele storie van 'ons' grond word nou werklik ons almal se grond? Of werk
dit net een kant toe?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:jeqtk090fk6n8mpnmm297aelsmoqnvmgc1@4ax.com...
> On Mon, 20 Sep 2004 15:36:55 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> > Onthou, mens kan nie jou familie kies nie:)))
>
> Maar jy kan jou 3D-kaart kies. En dit is baie kere belangriker!
>
> Anyway. Twee baie interressante spin offs kom van die M-Net-program.
> Die eerste een is die oorweldigende besef dat ons almal maar op die
> einde dieselfde is. Nie rassigheid is al sensible manier om SA mee te
> bou.
>
> Ek het my dogter in die naweek met 'n kunsprojek gehelp en soek toe 'n
> klomp gedigte op in die Groot Verseboek met nasionalisme/apartheid as
> tema.
>
> En daar klim 'n baie interresante lyn van denke uit van SJ du Toit
> deur tot Johan van Wyk. Het dit by die huis vergeet. Sal dit more pos.
>
> In hierdie hoogs onwetenskaplike poetiese analise van ons samelewing,
> lyk dit toe vir my swart Suid-Afrikaners in die algemeen is in die
> "Leipoldt-fase". Leipoldt was net so outraged oor die Boere-oorlog as
> wat swart intellektuele nou oor die vergrype van apartheid is.
>
> Daar is ook 'n interresante sonet van S.J. Pretorius oor Afrikaners in
> Malvern in Jhb. Die arm, "disposessed" Afrikaner hande-arbeiders wa hy
> daar beskryf lyk omtrent op 'n haar soos die talle swart
> hande-arbeiders wat mens vandag in Malvern sien!
>
> Anyway, die tweede newe-effek van die M-Net-program is die
> kolonialisme van die swart mense.
>
> Die navorsing kan nie genoem word (byvoorbeeld die KhoiSan-wortels van
> swart en wit mense) sonder om te vra wat hoe en waar nou met die
> KhoiSan? En dan is die antwoord: Die swart stamme wat wat in wat nou
> SA is gemigreer hyet, so 1000 jaar gelede, het die KhoiSan se gebied
> binnegedring, hulle afgedruk en geabsorbeer.
>
> Net soos die wit migrasie later gedoen het.
>
> Albei was gevalle van kolonialisasie.
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98505 is 'n antwoord op boodskap #98500] Ma, 20 September 2004 16:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Goeie skrewe.

Ferdi Greyling wrote:

> On Mon, 20 Sep 2004 15:36:55 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>
>> Onthou, mens kan nie jou familie kies nie:)))
>
>
> Maar jy kan jou 3D-kaart kies. En dit is baie kere belangriker!
>
> Anyway. Twee baie interressante spin offs kom van die M-Net-program.
> Die eerste een is die oorweldigende besef dat ons almal maar op die
> einde dieselfde is. Nie rassigheid is al sensible manier om SA mee te
> bou.
>
> Ek het my dogter in die naweek met 'n kunsprojek gehelp en soek toe 'n
> klomp gedigte op in die Groot Verseboek met nasionalisme/apartheid as
> tema.
>
> En daar klim 'n baie interresante lyn van denke uit van SJ du Toit
> deur tot Johan van Wyk. Het dit by die huis vergeet. Sal dit more pos.
>
> In hierdie hoogs onwetenskaplike poetiese analise van ons samelewing,
> lyk dit toe vir my swart Suid-Afrikaners in die algemeen is in die
> "Leipoldt-fase". Leipoldt was net so outraged oor die Boere-oorlog as
> wat swart intellektuele nou oor die vergrype van apartheid is.
>
> Daar is ook 'n interresante sonet van S.J. Pretorius oor Afrikaners in
> Malvern in Jhb. Die arm, "disposessed" Afrikaner hande-arbeiders wa hy
> daar beskryf lyk omtrent op 'n haar soos die talle swart
> hande-arbeiders wat mens vandag in Malvern sien!
>
> Anyway, die tweede newe-effek van die M-Net-program is die
> kolonialisme van die swart mense.
>
> Die navorsing kan nie genoem word (byvoorbeeld die KhoiSan-wortels van
> swart en wit mense) sonder om te vra wat hoe en waar nou met die
> KhoiSan? En dan is die antwoord: Die swart stamme wat wat in wat nou
> SA is gemigreer hyet, so 1000 jaar gelede, het die KhoiSan se gebied
> binnegedring, hulle afgedruk en geabsorbeer.
>
> Net soos die wit migrasie later gedoen het.
>
> Albei was gevalle van kolonialisasie.
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98507 is 'n antwoord op boodskap #98500] Ma, 20 September 2004 17:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> In hierdie hoogs onwetenskaplike poetiese analise van ons samelewing,
> lyk dit toe vir my swart Suid-Afrikaners in die algemeen is in die
> "Leipoldt-fase". Leipoldt was net so outraged oor die Boere-oorlog as
> wat swart intellektuele nou oor die vergrype van apartheid is.

Ja, niemand blameer die Afrikaners omdat hulle billik ontstoke
was oor wat Engeland hulle aangedoen het nie. Ons volg kort
gelede 'n series gemaak deur 'n Kanadees, wat die deelname
van Kanadese in die Boere-oorlog wou volg. Baie goed. Baie
groot detail. En dit val op hoe simpatiek die ou, wat die film
maak, is teenoor die lot van die Afrikaner.
Ek merk ook op dat nie eers geharde apartheidsondersteuners
die swart mense blameer vir hulle teenstand nie. In beide gevalle
was hulle die prooi.

Gloudina
Re: Julle is almal familie [boodskap #98521 is 'n antwoord op boodskap #98487] Ma, 20 September 2004 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:...
> Uit vandag se Beeld.
>
> ----------------------------------------------
>
> Een groot familie
> Neels Jackson
>
> Oudpres. Nelson Mandela is langs sy direkte moederlike voorsatelyn van
> Koisan-afkoms - nes me. Hannelie de Beer, 'n jong, wit Afrikanervrou
> van Pretoria.
>
> Dit is van die verrassende bevindings van genetiese toetse wat
> Sondagaand oor M-Net bekend gemaak is in die dokumentêre program So,
> where do we come from? wat oor Carte blanche uitgesaai is.
>
> Dit beteken dat Mandela en De Beer moontlik so ver terug as 100 000
> jaar gelede dieselfde vroulike voorsaat gehad het.
>
> Verskeie bekende en ander Suid-Afrikaners is onderwerp aan genetiese
> toetse en die resultate krap stereotiepe beskouings oor
> Suid-Afrikaners se afkoms lelik deurmekaar.
>
> Dit laat ook verskeie vrae oor die kwessie van identiteit ontstaan.
>
> Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
> aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
> Afrika gewoon het.
>
> Die genetiese toets het getoon die satirikus Pieter-Dirk Uys se
> direkte moederlike lyn loop terug na Sentraal-Afrika. Die komediant
> Marc Lottering se direkte moederlike en vaderlike lyne kan teruggevoer
> word na Europa, terwyl Tim Modise, aanbieder van die program, se
> vaderlike lyn teruggevoer kan word na 'n genegroep wat in Europa
> gekonsentreerd is en in Asië inloop.
>
> Die genetiese toetse waarop dié bevindings berus, word gedoen aan die
> hand van twee soorte DNS. Die een is die mitochondriese DNS wat slegs
> deur ma's aan hul kinders oorgedra word en waardeur eienskappe van
> iemand se direkte moederlike lyn van voorsate bepaal kan word.

En net hier bollie die ou se argument in die pomp - hoeveel vroulike
voorsate het elk van ons - duisende? Hoeveel manlike voorsate - selle!
Nou gaan die "navorser" en "skrywer" en hulle veralgemeen - ek is
seker dat as jy wou jy ook sou kon bewys dat John Vorster en Nelson
Mandela gemeenskaplike voorvaders / moeders het of anders om ... die
soort van artikel is bloot sensasioneel en nie eers die bits waarmee
dit geskryf is werd nie. Elkeen van ons sal kan bewys dat ons iewers
Koisan voorsate het - in baie gevalle geld dit eerder vir Suid
Afrikaans blankes.

Vanaf 'n genetiese oorpunt - bollie!

Xam-i ke 'a /úrún hòán tì kàó'ao káísep 'a /aísa, /óm //xáí, xápú
kxáó, tsií !háése ra !xóés !'áróma.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98524 is 'n antwoord op boodskap #98521] Ma, 20 September 2004 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Sep 2004 10:55:33 -0700, l...@lous.zzn.com (Lou) wrote:

Ja Lou.
Al daai Nobelpryswenners oor genetika en so aan is verkeerd.

Jy is reg.

(Moet wees, anders sal jy dalk 'n opvatting of wat moet verander. En
dit kan mos nie gebeur nie.)

> En net hier bollie die ou se argument in die pomp - hoeveel vroulike
> voorsate het elk van ons - duisende? Hoeveel manlike voorsate - selle!
> Nou gaan die "navorser" en "skrywer" en hulle veralgemeen - ek is
> seker dat as jy wou jy ook sou kon bewys dat John Vorster en Nelson
> Mandela gemeenskaplike voorvaders / moeders het of anders om ... die
> soort van artikel is bloot sensasioneel en nie eers die bits waarmee
> dit geskryf is werd nie. Elkeen van ons sal kan bewys dat ons iewers
> Koisan voorsate het - in baie gevalle geld dit eerder vir Suid
> Afrikaans blankes.
>
> Vanaf 'n genetiese oorpunt - bollie!
>
> Xam-i ke 'a /úrún hòán tì kàó'ao káísep 'a /aísa, /óm //xáí, xápú
> kxáó, tsií !háése ra !xóés !'áróma.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98527 is 'n antwoord op boodskap #98487] Ma, 20 September 2004 22:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
> aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
> Afrika gewoon het.

Ek verbaas my altyd dat bogenoemde wetenskaplike
feite nie die mense wat glo in 'n letterlike Eden en 'n
letterlike Adam en Eva, laat voel dat dit hulle saak
versterk nie.
Ek neem aan dat die wetenskap nie aanneem dat daar
nie "mense" voor daardie tyd op die aardbol bestaan
het nie. Ek neem aan hulle dui net aan dat ALLE mense
wat op hierdie stadium op die aardbol lewe, geneties
verbind is met 'n oermoeder wat minder as 'n miljoen
jaar gelede in Afrika geleef het.

Gloudina
Re: Julle is almal familie [boodskap #98530 is 'n antwoord op boodskap #98521] Di, 21 September 2004 05:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die vraag is, waar het daardie oer moeder vandaan gekom? Tog seker nie
uit die lug met die klap van 'n feetjie se towerstaf nie. Die mens in
die genetika studieveld erken self hulle weet nie veel nie. Maar
grootliks 'n teoretiese studieveld.

Groete
Plato

Lou wrote:

> Ferdi Greyling skryf in boodskap news:...
>
>> Uit vandag se Beeld.

>> ----------------------------------------------

>> Een groot familie
>> Neels Jackson

>> Oudpres. Nelson Mandela is langs sy direkte moederlike voorsatelyn van
>> Koisan-afkoms - nes me. Hannelie de Beer, 'n jong, wit Afrikanervrou
>> van Pretoria.

>> Dit is van die verrassende bevindings van genetiese toetse wat
>> Sondagaand oor M-Net bekend gemaak is in die dokumentêre program So,
>> where do we come from? wat oor Carte blanche uitgesaai is.

>> Dit beteken dat Mandela en De Beer moontlik so ver terug as 100 000
>> jaar gelede dieselfde vroulike voorsaat gehad het.

>> Verskeie bekende en ander Suid-Afrikaners is onderwerp aan genetiese
>> toetse en die resultate krap stereotiepe beskouings oor
>> Suid-Afrikaners se afkoms lelik deurmekaar.

>> Dit laat ook verskeie vrae oor die kwessie van identiteit ontstaan.

>> Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
>> aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
>> Afrika gewoon het.

>> Die genetiese toets het getoon die satirikus Pieter-Dirk Uys se
>> direkte moederlike lyn loop terug na Sentraal-Afrika. Die komediant
>> Marc Lottering se direkte moederlike en vaderlike lyne kan teruggevoer
>> word na Europa, terwyl Tim Modise, aanbieder van die program, se
>> vaderlike lyn teruggevoer kan word na 'n genegroep wat in Europa
>> gekonsentreerd is en in Asië inloop.

>> Die genetiese toetse waarop dié bevindings berus, word gedoen aan die
>> hand van twee soorte DNS. Die een is die mitochondriese DNS wat slegs
>> deur ma's aan hul kinders oorgedra word en waardeur eienskappe van
>> iemand se direkte moederlike lyn van voorsate bepaal kan word.
>
>
> En net hier bollie die ou se argument in die pomp - hoeveel vroulike
> voorsate het elk van ons - duisende? Hoeveel manlike voorsate - selle!
> Nou gaan die "navorser" en "skrywer" en hulle veralgemeen - ek is
> seker dat as jy wou jy ook sou kon bewys dat John Vorster en Nelson
> Mandela gemeenskaplike voorvaders / moeders het of anders om ... die
> soort van artikel is bloot sensasioneel en nie eers die bits waarmee
> dit geskryf is werd nie. Elkeen van ons sal kan bewys dat ons iewers
> Koisan voorsate het - in baie gevalle geld dit eerder vir Suid
> Afrikaans blankes.
>
> Vanaf 'n genetiese oorpunt - bollie!
>
> Xam-i ke 'a /úrún hòán tì kàó'ao káísep 'a /aísa, /óm //xáí, xápú
> kxáó, tsií !háése ra !xóés !'áróma.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98531 is 'n antwoord op boodskap #98530] Di, 21 September 2004 05:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die ander vraag is hoekom daar 'n oermoeder is, en nie 'n oervader nie.
--
Groetnis
Annette

"Plato" skryf in boodskap news:UrWdnYqxm9nvK9LcRVn-ig@is.co.za...
> Die vraag is, waar het daardie oer moeder vandaan gekom? Tog seker nie
> uit die lug met die klap van 'n feetjie se towerstaf nie. Die mens in
> die genetika studieveld erken self hulle weet nie veel nie. Maar
> grootliks 'n teoretiese studieveld.
>
> Groete
> Plato
>
> Lou wrote:
>
>> Ferdi Greyling skryf in boodskap news:...
>>
>>> Uit vandag se Beeld.
>
>>> ----------------------------------------------
>
>>> Een groot familie
>>> Neels Jackson
>
>>> Oudpres. Nelson Mandela is langs sy direkte moederlike voorsatelyn van
>>> Koisan-afkoms - nes me. Hannelie de Beer, 'n jong, wit Afrikanervrou
>>> van Pretoria.
>
>>> Dit is van die verrassende bevindings van genetiese toetse wat
>>> Sondagaand oor M-Net bekend gemaak is in die dokumentêre program So,
>>> where do we come from? wat oor Carte blanche uitgesaai is.
>
>>> Dit beteken dat Mandela en De Beer moontlik so ver terug as 100 000
>>> jaar gelede dieselfde vroulike voorsaat gehad het.
>
>>> Verskeie bekende en ander Suid-Afrikaners is onderwerp aan genetiese
>>> toetse en die resultate krap stereotiepe beskouings oor
>>> Suid-Afrikaners se afkoms lelik deurmekaar.
>
>>> Dit laat ook verskeie vrae oor die kwessie van identiteit ontstaan.
>
>>> Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
>>> aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
>>> Afrika gewoon het.
>
>>> Die genetiese toets het getoon die satirikus Pieter-Dirk Uys se
>>> direkte moederlike lyn loop terug na Sentraal-Afrika. Die komediant
>>> Marc Lottering se direkte moederlike en vaderlike lyne kan teruggevoer
>>> word na Europa, terwyl Tim Modise, aanbieder van die program, se
>>> vaderlike lyn teruggevoer kan word na 'n genegroep wat in Europa
>>> gekonsentreerd is en in Asië inloop.
>
>>> Die genetiese toetse waarop dié bevindings berus, word gedoen aan die
>>> hand van twee soorte DNS. Die een is die mitochondriese DNS wat slegs
>>> deur ma's aan hul kinders oorgedra word en waardeur eienskappe van
>>> iemand se direkte moederlike lyn van voorsate bepaal kan word.
>>
>>
>> En net hier bollie die ou se argument in die pomp - hoeveel vroulike
>> voorsate het elk van ons - duisende? Hoeveel manlike voorsate - selle!
>> Nou gaan die "navorser" en "skrywer" en hulle veralgemeen - ek is
>> seker dat as jy wou jy ook sou kon bewys dat John Vorster en Nelson
>> Mandela gemeenskaplike voorvaders / moeders het of anders om ... die
>> soort van artikel is bloot sensasioneel en nie eers die bits waarmee
>> dit geskryf is werd nie. Elkeen van ons sal kan bewys dat ons iewers
>> Koisan voorsate het - in baie gevalle geld dit eerder vir Suid
>> Afrikaans blankes.
>>
>> Vanaf 'n genetiese oorpunt - bollie!
>>
>> Xam-i ke 'a /úrún hòán tì kà ó'ao káísep 'a /aísa, /óm //xáí, xápú
>> kxáó, tsií !háése ra !xóés !'áróma.
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98533 is 'n antwoord op boodskap #98527] Di, 21 September 2004 05:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lekker....dan kon ek mos nie my mammie-goed se grond gesteel het nie? Hoe
nou?
"@rogers.com" wrote in message
news:CXI3d.103705$Q7D.103600@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> "Ferdi Greyling" skryf
>
>> Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
>> aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
>> Afrika gewoon het.
>
> Ek verbaas my altyd dat bogenoemde wetenskaplike
> feite nie die mense wat glo in 'n letterlike Eden en 'n
> letterlike Adam en Eva, laat voel dat dit hulle saak
> versterk nie.
> Ek neem aan dat die wetenskap nie aanneem dat daar
> nie "mense" voor daardie tyd op die aardbol bestaan
> het nie. Ek neem aan hulle dui net aan dat ALLE mense
> wat op hierdie stadium op die aardbol lewe, geneties
> verbind is met 'n oermoeder wat minder as 'n miljoen
> jaar gelede in Afrika geleef het.
>
> Gloudina
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98539 is 'n antwoord op boodskap #98531] Di, 21 September 2004 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kon seker nie die ou vaspen nie.....???

"Annette" skryf in boodskap news:cioep5$aif$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die ander vraag is hoekom daar 'n oermoeder is, en nie 'n oervader nie.
> --
> Groetnis
> Annette
Re: Julle is almal familie [boodskap #98543 is 'n antwoord op boodskap #98492] Di, 21 September 2004 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die progressie van die geskiedenis in gedigte:

Waai hoog nou in ons heldre lug,
Transvaalse Vryheidsvlag!
Ons vyand is weggevlug,
Nou blink 'n blyer dag.

Bestorm deur Kaffers, Leeus en Brit,
Waai jy steeds oor hul kop;
En tot hul spyt aanskou hul dit.
Ons hys jou hoër op.

S. J. du Toit

Generaal De Wet

Stil, broers,
daar gaan 'n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daars nog maar een soos hy;
bekyk hom goed.

En hierdie pure man
jou kind, Suid-Afrika!
Wat vrees ons dan?
Geseën sal wees
die grond, die bloed, die vlees
wat sulke vrugte dra.
In ons De Wet se gees.
Voorwaarts
Suid-Afrika!

Jan F. E. Cilliers

Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Kinkhoes en tering, sonder melk:
Bitter vir jou is die lewenskelk!
Daar is jou plek, by die graffies daar-
Twee in een kissie, 'n bruilofspaar!
Alles vir ons wat die oorlog hou -
Alles vir ons en niks vir jou:
Jy het van ons jou plig geërwe -
Plig om as kind vir ons land te sterwe!
Al wat jy wen, is dat ons onthou:
Meer was die vryheid as kind of vrou!
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit jou ogies en sê – ame!

C. L. Leipoldt

O wye en droewe land

O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit 'n hoë blydskap kom
deur jou stil droefenis?
Jy ken die pyn en eensame lye
van onbewuste enkelinge,
die verre sterwe op die veld,
die klein begrafenis;

eenvoudige mense wat getrou
en enkeld bitter dinge doen,
en enkeld val soos korrels saad;
stil daad, klein trou, klein trouloosheid
van die wat om 'n ander se diens
soos knegte jou verlaat.

Sal nooit 'n magtige skoonheid kom
oor jou soos die haelwit somerwolk
wat uitbloei oor jou donker berge,
en nooit in jou 'n daad geskied
wat opklink oor die aarde en
die jare in hul onmag terge;

'n grootsheid van so suiwer glans,
dat mense in 'n verre land
wat van jou naam die melding hoor,
met wilde en helder oog sal staar
soos vroeë vaarders in die nag
verslae gesien het kim bo kim
die nuwe, blom-groot sterre styg
op uit jou see se wit gevaar?

N.P. Van Wyk Louw

Sonnet – Uit Malvern

Hulle stap hier deur die skemerstrate saans
die groot figure, baarde dae-oud,
met krae opgeslaan, die wind is koud
en mompel oor die weer in Afrikaans;

die koppe stug asof haas suf gedink,
kosblikke in die growwe werkershande;
onder ou gryspet en slap hoederande
oë wat vinnig uitloer, bang en blink.

Eens voor die eeu was hul grootland-besitters,
met sluheid nou onterf uit vadersgrond,
is hul van rooidag tot die straatlig-stond
asryers, pikslaners en vuilvoor-spitters.

Die mpoulas dans en laat die skadu's spook -
hul raak verlore tussen huise en rook ...

S.J. Pretorius

Die Kind

Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart

Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots

Die kind is nie dood nie
nog by Langa nog by Nyanga
nog by Orlando nog by Sharpeville
nog by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met 'n koeël deur sy kop

Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat 'n reus geword het reis deur die hele wêreld

Sonder 'n pas

Ingrid Jonker

Wy

my hart is in die boland en niks
kan dit ontwy nie dis gebêre in
'n kissie in wit wellington

ek droom soms runnikend daarvan
in die heuwel van die nag en
verbeeld die wit keil van sneeukop

hier is die strateb oppehopie van
winter en die mure in blomryk
van hande vol bloed

vrouens met rooigeverfde borste suig
'n man se lyf droog soos luise en
busbestuurders staak as dir reën, maar

my hart is in die boland en niks
kan dit ontwy nie dis gebêre in
'n kissie in wit wellington

Breyten Breytenbach

hulle wat nooit van moord aangekla word nie
hulle wat nooit van aanranding aangekla word nie
hulle wat professioneel die werk verrig
hulle wat die maskers van die staat dra
die heersers van die gulag-argipel
hulle wat naamloses se nommers vergeet
hulle wat die bevele gee
hulle sit spekvet saam met ons in die kerk

ons het nooit die gevangenis besoek nie

Johan van Wyk
Re: Julle is almal familie [boodskap #98544 is 'n antwoord op boodskap #98502] Di, 21 September 2004 10:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 20 Sep 2004 16:48:02 +0200, "Suidwester" wrote:

> Jy is so reg. Hopelik sal die grondkwessie ook nou vreedsaam opgelos word.
> Hoe kan ek iets 'gesteel' het wat die houer op sy beurt voor my 'gesteel'
> het? Laat elke man koop wat hy kan bekostig en schluss en klaar. Die
> hele storie van 'ons' grond word nou werklik ons almal se grond? Of werk
> dit net een kant toe?

Die een faktor wat jy - in SA - MOET inreken is die politieke faktor
van armes wat wel bedonner was en steeds bedonner met niks sit nie in
'n land waar daar geweldige rykdom is.

Dit is wat Zimbabwe vir 20 jaar nooit aandag aan gegee het nie.

SA het 'n herverdeling van geleenthede baie, baie nodig om 'n stabiele
en vreedsame samelewing te kry.

Grond is deel daarvan. Of ons daarvan hou of nie.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98545 is 'n antwoord op boodskap #98527] Di, 21 September 2004 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 20 Sep 2004 22:36:18 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Ek verbaas my altyd dat bogenoemde wetenskaplike
> feite nie die mense wat glo in 'n letterlike Eden en 'n
> letterlike Adam en Eva, laat voel dat dit hulle saak
> versterk nie.
> Ek neem aan dat die wetenskap nie aanneem dat daar
> nie "mense" voor daardie tyd op die aardbol bestaan
> het nie. Ek neem aan hulle dui net aan dat ALLE mense
> wat op hierdie stadium op die aardbol lewe, geneties
> verbind is met 'n oermoeder wat minder as 'n miljoen
> jaar gelede in Afrika geleef het.

Ja.
Soos die program aangebied was.
Daar is onder meer gese toe die eerste mense van Afrika na Europa
geswerf het, was daar 'n ander spesie - die neanderthal. Maar hulle
het - nadat hulle redelik lank saam met ons voorvaders bestaan het -
uiteindelik uitgesterf.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98549 is 'n antwoord op boodskap #98544] Di, 21 September 2004 10:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf
>
> SA het 'n herverdeling van geleenthede baie, baie nodig om 'n stabiele
> en vreedsame samelewing te kry.
>
> Grond is deel daarvan. Of ons daarvan hou of nie.

En dit is 'n feit, Suidwester. Schluss en klaar.

Tant Hessie van die Spergebied
Re: Julle is almal familie [boodskap #98550 is 'n antwoord op boodskap #98544] Di, 21 September 2004 10:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sit met die probleem dat ek nie saamstem met die bedonner-storie nie.
Politieke mag werk nou maar eenmaal so: Die sterkste oorwin. Hoe ver wil
jy die bedonner terugvat? Soos ons gesien het was die Khoisan die eerste
manne in Afrika. Hoeveel ryk ouens ken jy vandag wat Boesman is? So het
die volkere gekom en gegaan en die een het by die ander oorgevat. Waar ek
dink jy die storie effe verloor, is waar die een groep oorvat by die ander
en dan op daardie grond dinge doen wat die vorige lot nie eers van kon
gedroom het nie, en nou, noudat rykdom op die grond gevind is, nou is die
aanvanklike ou bedonner? Dit werk nie so nie.
Ek meen, as jy rustig op jou erf in Johannesburg woon en 'n ou kom na jou
toe en bied jou een baie goeie prys vir jou huis aan en jy verkoop die huis
en trek dalk na die voorstede toe waar jy rustiger kan wees...doodgelukkig.
Tot jy uitvind dat die ou wat jou huis gekoop het, het uitgevind dat die
grond gehersoneer gaan word vir 'n nuwe snelweg en skielik het hy 10 keer
die prys gekry wat hy vir jou betaal het? Bedonner? Nix. Dis goeie
besigheid. As jy nie die moeite wil doen om uit te vind wat rondom jou
aangaan nie, dan moet jy nie kom huil as 'n ander beter kan doen nie.
Dit bring my by die plaasgrond. Die vorige bewoners was ongelukkig
swart mense so ons moet van die swart mense praat alhoewel ek graag dit nie
sou wou doen nie, maar die feit van die saak is dat die wêreld nie so dig
bewoon was die tyd toe plase in die boendoes begin is nie. Gaan lees in
die geskiedenis en jy sal orals tekens kry van boere wat onderhandel het met
van die swart stamme in die omgewing om 'n stuk grond te kry om op te boer
en in baie gevalle die swart stamme vergoed daarvoor. Mens moet hierdie
ruiltransaksies van doerie jare net in lyn bring met koopwaardes van vandag
en jy sal in baie gevalle kry dat die boere ook maar dêm duur betaal het vir
hul grond.
Die belangrikste punt egter, is dat die boere die inisiatief gehad het om
grond te soek en daarvoor te betaal en dan dit ontwikkel het. Kyk rond in
SA en jy sal massas grond onder swart beheer vind wat glad nie ontwikkel
nie. Hoeveel nog wil jy verniet weggee?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:f6vvk0dh694k0fnengc80fhb8td1ignilj@4ax.com...
> On Mon, 20 Sep 2004 16:48:02 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> opgelos word.
>> Hoe kan ek iets 'gesteel' het wat die houer op sy beurt voor my 'gesteel'
>> het? Laat elke man koop wat hy kan bekostig en schluss en klaar. Die
>> hele storie van 'ons' grond word nou werklik ons almal se grond? Of werk
>> dit net een kant toe?
>
>
> Die een faktor wat jy - in SA - MOET inreken is die politieke faktor
> van armes wat wel bedonner was en steeds bedonner met niks sit nie in
> 'n land waar daar geweldige rykdom is.
>
> Dit is wat Zimbabwe vir 20 jaar nooit aandag aan gegee het nie.
>
> SA het 'n herverdeling van geleenthede baie, baie nodig om 'n stabiele
> en vreedsame samelewing te kry.
>
> Grond is deel daarvan. Of ons daarvan hou of nie.
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98553 is 'n antwoord op boodskap #98550] Di, 21 September 2004 11:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 2004 12:38:49 +0200, "Suidwester" wrote:

> Ek sit met die probleem dat ek nie saamstem met die bedonner-storie
nie.

Laat ek dit so stel: Daar is in die koppe van die 80% van die mense
in die land wat inderdaad baie arm is (in die algemeen) en al die
politieke mag het, die opvatting dat hulle bedonned was en dat balanse
herstel moet word.

Is dit reg? Is dit verkeerd? In die noue drukgang van hierdie
politieke argument maak dit nie saak nie. Hulle glo hule was bedoner.

En as balanse nie reggestel word op formele wyses nie (en hiervoor is
die regstelsel by verre die beste voertuig), gaan hulle dit mettertyd
self op informele wyses regstel.

Regstel op informele wyses het ook ander name, waarvan die mees
histeriese "revolusie" is. Dit neig in voorkoms - maak nie saak
watter naam gebruik word nie - om gewoonlik te lyk soos die
plaasbesettings wat in Zimbabwe plaasvind.
En dit neig gewoonlik om die ineenstortende ekonomiese gevolge op te
lewer wat tans in Zimbabwe gebeur.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98556 is 'n antwoord op boodskap #98550] Di, 21 September 2004 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:
> Ek sit met die probleem dat ek nie saamstem met die bedonner-storie nie.
> Politieke mag werk nou maar eenmaal so: Die sterkste oorwin. Hoe ver wil
> jy die bedonner terugvat? Soos ons gesien het was die Khoisan die eerste
> manne in Afrika. Hoeveel ryk ouens ken jy vandag wat Boesman is? So het
> die volkere gekom en gegaan en die een het by die ander oorgevat. Waar ek
> dink jy die storie effe verloor, is waar die een groep oorvat by die ander
> en dan op daardie grond dinge doen wat die vorige lot nie eers van kon
> gedroom het nie, en nou, noudat rykdom op die grond gevind is, nou is die
> aanvanklike ou bedonner? Dit werk nie so nie.
> Ek meen, as jy rustig op jou erf in Johannesburg woon en 'n ou kom na jou
> toe en bied jou een baie goeie prys vir jou huis aan en jy verkoop die huis
> en trek dalk na die voorstede toe waar jy rustiger kan wees...doodgelukkig.
> Tot jy uitvind dat die ou wat jou huis gekoop het, het uitgevind dat die
> grond gehersoneer gaan word vir 'n nuwe snelweg en skielik het hy 10 keer
> die prys gekry wat hy vir jou betaal het? Bedonner? Nix. Dis goeie
> besigheid. As jy nie die moeite wil doen om uit te vind wat rondom jou
> aangaan nie, dan moet jy nie kom huil as 'n ander beter kan doen nie.
> Dit bring my by die plaasgrond. Die vorige bewoners was ongelukkig
> swart mense so ons moet van die swart mense praat alhoewel ek graag dit nie
> sou wou doen nie, maar die feit van die saak is dat die wêreld nie so dig
> bewoon was die tyd toe plase in die boendoes begin is nie. Gaan lees in
> die geskiedenis en jy sal orals tekens kry van boere wat onderhandel het met
> van die swart stamme in die omgewing om 'n stuk grond te kry om op te boer
> en in baie gevalle die swart stamme vergoed daarvoor. Mens moet hierdie
> ruiltransaksies van doerie jare net in lyn bring met koopwaardes van vandag
> en jy sal in baie gevalle kry dat die boere ook maar dêm duur betaal het vir
> hul grond.
> Die belangrikste punt egter, is dat die boere die inisiatief gehad het om
> grond te soek en daarvoor te betaal en dan dit ontwikkel het. Kyk rond in
> SA en jy sal massas grond onder swart beheer vind wat glad nie ontwikkel
> nie. Hoeveel nog wil jy verniet weggee?
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:f6vvk0dh694k0fnengc80fhb8td1ignilj@4ax.com...
>
>> On Mon, 20 Sep 2004 16:48:02 +0200, "Suidwester"
>> wrote:

>> > opgelos word.

>>> Hoe kan ek iets 'gesteel' het wat die houer op sy beurt voor my 'gesteel'
>>> het? Laat elke man koop wat hy kan bekostig en schluss en klaar. Die
>>> hele storie van 'ons' grond word nou werklik ons almal se grond? Of
>
> werk
>
>>> dit net een kant toe?


>> Die een faktor wat jy - in SA - MOET inreken is die politieke faktor
>> van armes wat wel bedonner was en steeds bedonner met niks sit nie in
>> 'n land waar daar geweldige rykdom is.

>> Dit is wat Zimbabwe vir 20 jaar nooit aandag aan gegee het nie.

>> SA het 'n herverdeling van geleenthede baie, baie nodig om 'n stabiele
>> en vreedsame samelewing te kry.

>> Grond is deel daarvan. Of ons daarvan hou of nie.


>
>
>

Suidwester, wat mense nie besef nie is dat die proses wel 'n einde het.
Dit kan nie vir ewig aangaan nie. As daar die heeltyd "reggestel" gaan
word gaan iemand een of ander tyd gatvol raak vir "regstel" en iemand in
die gesig donner. Dan spat die kak en die wêreld keer na normaal terug.
Soos ek gesê het, Suid Afrika is 'n eksperiment. As dit nie werk nie is
daar GROOT K@K!

Groete
Plato
Re: Julle is almal familie [boodskap #98558 is 'n antwoord op boodskap #98495] Di, 21 September 2004 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P_65  is tans af-lyn  P_65
Boodskappe: 43
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Volle Lid
Suidwester bracht volgend idée uit :
> Khoisan

Waarskynlik was Adam en Eva Khoisan :D

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Julle is almal familie [boodskap #98560 is 'n antwoord op boodskap #98553] Di, 21 September 2004 12:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:

> On Tue, 21 Sep 2004 12:38:49 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> nie.
>
>
> Laat ek dit so stel: Daar is in die koppe van die 80% van die mense
> in die land wat inderdaad baie arm is (in die algemeen) en al die
> politieke mag het, die opvatting dat hulle bedonned was en dat balanse
> herstel moet word.
>
> Is dit reg? Is dit verkeerd? In die noue drukgang van hierdie
> politieke argument maak dit nie saak nie. Hulle glo hule was bedoner.
>
> En as balanse nie reggestel word op formele wyses nie (en hiervoor is
> die regstelsel by verre die beste voertuig), gaan hulle dit mettertyd
> self op informele wyses regstel.
>
> Regstel op informele wyses het ook ander name, waarvan die mees
> histeriese "revolusie" is. Dit neig in voorkoms - maak nie saak
> watter naam gebruik word nie - om gewoonlik te lyk soos die
> plaasbesettings wat in Zimbabwe plaasvind.
> En dit neig gewoonlik om die ineenstortende ekonomiese gevolge op te
> lewer wat tans in Zimbabwe gebeur.
>
>
>

En as daar nou gelykheid is? As 80% van plase in SA aan swartes behoort
en 20% aan blankes, sou jy sê dit is nou reg? En as jy sou sê dis reg,
wat gebeur as daar oor 100 jaar weer wanbalans is? As die blanke boere
die ander plase met tyd gekoop het (gewillige verkopers en al) en weer
80% van plase besit. Wat dan?

Groete
Plato
Re: Julle is almal familie [boodskap #98563 is 'n antwoord op boodskap #98545] Di, 21 September 2004 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P_65  is tans af-lyn  P_65
Boodskappe: 43
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Volle Lid
Na rijp beraad schreef Ferdi Greyling :
> On Mon, 20 Sep 2004 22:36:18 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
> > feite nie die mense wat glo in 'n letterlike Eden en 'n
>> letterlike Adam en Eva, laat voel dat dit hulle saak
>> versterk nie.
>> Ek neem aan dat die wetenskap nie aanneem dat daar
>> nie "mense" voor daardie tyd op die aardbol bestaan
>> het nie. Ek neem aan hulle dui net aan dat ALLE mense
>> wat op hierdie stadium op die aardbol lewe, geneties
>> verbind is met 'n oermoeder wat minder as 'n miljoen
>> jaar gelede in Afrika geleef het.
>
> Ja.
> Soos die program aangebied was.
> Daar is onder meer gese toe die eerste mense van Afrika na Europa
> geswerf het, was daar 'n ander spesie - die neanderthal. Maar hulle
> het - nadat hulle redelik lank saam met ons voorvaders bestaan het -
> uiteindelik uitgesterf.

Ek glo nie in één stamvader(moeder)nie;anders moet ons alle wit,geel of
swart wees;hoekom die witmens wat honderde jare naar Africa geïmmigreer
is,is nog nie swart geword nie?

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Julle is almal familie [boodskap #98568 is 'n antwoord op boodskap #98563] Di, 21 September 2004 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 2004 12:35:57 GMT, P_65 wrote:

Ek glo nie in één stamvader(moeder)nie;anders moet ons alle wit, geel of
> swart wees;hoekom die witmens wat honderde jare naar Africa geïmmigreer
> is,is nog nie swart geword nie?

Omdat evolusie oor duisende jare tot aanpassing lei en nie honderde jare nie.
Verder gebruik ons vandag tegnologie om ons teen die omgewing te
verskans. So word die invloed van die omgewing uitgehou.

Bv. Donkerder velle veroorsaak dat minder ultraviolet-ligt die vel
penetreer. Die lig verander cholesterol in vitamiene D (die soort
proses in elk geval, soos ek dit verstaan). As die vitamiene meer
teenwoordig is, gee dit die mens 'n beter kans om meer lewenskragtig
te wees.

Dit raak 'n faktor in koue, bewolkte toestande van Europa. So het die
genetiese patroon vir ligter velle naderhand beter oorleef en die
patroon het die dominante patroon geraak. Dieselfde kan gese word vir
baie swart velle op die trope.

Dit werk natuurlik net as mense met oop velle rondloop en nie weet wat
vitamiene is nie en nie die regte kosse kan eet om dit aan te vul nie.
Anyway dra ons alm,al vandag klere (omtrent almal).

Oor so 100 000 jaar het die patrone baie sigbaar geraak.

Witmense is maar so 300 jaar lank terug in die trope en almal dra
klere in elk geval. Die invloed van die natuur is dus nie so sterk
soos in die verre verlede nie - dis nou behalwe dat so 2000 jaar van
kaal loop seker nodig is om die natuur toe te laat om 'n rol te speel.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98576 is 'n antwoord op boodskap #98553] Di, 21 September 2004 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:9f50l0po8hghufd7h1meihhpucqokefjgl@4ax.com...
> On Tue, 21 Sep 2004 12:38:49 +0200, "Suidwester"
> wrote:
> En as balanse nie reggestel word op formele wyses nie (en hiervoor is
> die regstelsel by verre die beste voertuig), gaan hulle dit mettertyd
> self op informele wyses regstel.

----Nou kom jy presies my storie uit dat die nuwe politici van die ANC/Swapo
nie hulle werk doen nie. 'n Verveelde mens is 'n verskriklike ding....kyk
net na Gloudina! As jy die hele dag werk en besig is, het jy nie tyd om te
sit en stront uitdink nie. Nie 'n enkele van die Afrika-regerings het nog
ooit gekom met massa werkskepping nie en dit is die oplossing van alle
probleme. Skep werk dat die gewone man geld kan verdien en al jou sosiale
probleme verdwyn uiteindelik soos mis voor die son! Jy het nie nodig om
vir 'n werkende man 'n huis, kar of klere te gee nie. Nee wat, hy koop dit
sommer self. Maar wat doen die regerings? Hulle senior amptenary word al
ryker en ryker en onnodige geld word geblaas op genietinge en vliegtuie en
paleise en die gewone donner wat vir hulle stem, die kry haba.
Werkskepping is die sleutel tot toekomstige vrede.....ALTYD.

>
> Regstel op informele wyses het ook ander name, waarvan die mees
> histeriese "revolusie" is. Dit neig in voorkoms - maak nie saak
> watter naam gebruik word nie - om gewoonlik te lyk soos die
> plaasbesettings wat in Zimbabwe plaasvind.
> En dit neig gewoonlik om die ineenstortende ekonomiese gevolge op te
> lewer wat tans in Zimbabwe gebeur.
-----Ek het lankal gesê ons en SA is op dieselfde pad as Zim en die manne
het my gelooi....jy inkluis! Ek sê weer, Mugabe het aangekak vir 20 jaar
en niks vir sy land bereik behalwe om vir hom en sy agterryers donners ryk
te maak nie. Toe kom sy eie stemmers dit agter en staan 'n lewenskragtige
opposisie op uit die volk en Mugabe besef dat hy die verkiesing gaan
verloor. Wat doen hy? Hy looi die blankes en gee grond vir mense wat nie
eers gemaak was toe hul oorlog aan die gang was nie! Alles net om sy
stemtalle reg te kry en vir die res van die land te wys met wie hulle te
doene het. So gaan Swapo uiteindelik ook sy gat begin sien en dan herhaal
Zim hom hier by ons en so sal SA volg. Vir een enkele rede: Om 'n land
te regeer is donners harde en toegewyde werk en dit vra baie ondervinding en
'n onbaatsugtige staatsdiens. Kyk so deur julle staatsdiens.....wie
voldoen aan daai vereistes?
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98577 is 'n antwoord op boodskap #98543] Di, 21 September 2004 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Sal nooit 'n magtige skoonheid kom
> oor jou soos die haelwit somerwolk
> wat uitbloei oor jou donker berge,
> en nooit in jou 'n daad geskied
> wat opklink oor die aarde en
> die jare in hul onmag terge;
>
> 'n grootsheid van so suiwer glans,
> dat mense in 'n verre land
> wat van jou naam die melding hoor,
> met wilde en helder oog sal staar
> soos vroeë vaarders in die nag
> verslae gesien het kim bo kim
> die nuwe, blom-groot sterre styg
> op uit jou see se wit gevaar?
>
> N.P. Van Wyk Louw

As NP nou nog gelewe het, dan sou hy miskien kon
aandui dat die skepping van die "Nuwe Suid-Afrika"
een so 'n groot en helder daad was. Dit tref my altyd
as verskeie mense daarop dui dat byvoorbeeld 'n land
soos Irak iets soos die Waarheidskommissie nodig het
om die wonde te heel.
Snaaks dat hy ook in die laaste reël praat van die
"wit gevaar." Op die eerste vlak verwys natuurlik net
na die golwe, maar "wit gevaar" is gelaaide woorde.
NP was natuurlik 'n sterk Broederbonder aanvanklik,
maar het gou uitvalle gehad met die apartheidsregime
oor alles en nog wat.

Gloudina
Re: Julle is almal familie [boodskap #98578 is 'n antwoord op boodskap #98543] Di, 21 September 2004 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Wy
>
> my hart is in die boland en niks
> kan dit ontwy nie dis gebêre in
> 'n kissie in wit wellington
>
> ek droom soms runnikend daarvan
> in die heuwel van die nag en
> verbeeld die wit keil van sneeukop
>
> hier is die strate oppehopie van
> winter en die mure in blomryk
> van hande vol bloed
>
> vrouens met rooigeverfde borste suig
> 'n man se lyf droog soos luise en
> busbestuurders staak as dit reën, maar
>
> my hart is in die boland en niks
> kan dit ontwy nie dis gebêre in
> 'n kissie in wit wellington
>
> Breyten Breytenbach

Waar is Breyten gebore?

Gloudina
Re: Julle is almal familie [boodskap #98579 is 'n antwoord op boodskap #98576] Di, 21 September 2004 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Werkskepping is die sleutel tot toekomstige vrede.....ALTYD.

Jy praat nou soos 'n goeie Stalinis, soos daardie soort
kommuniste wat hulle in Rusland gehad het. Of jy praat
soos 'n apartheidsvark, behalwe dat die sosialisme van
die apartheidsvarke alleen werk geskep en gereserveer
het vir die wittes, of dié wat geklassifiseer is as wit.
'n Konserwatiewe fiskale beleid, soos wat Mbeki se
regering vandag in SA volg, skep alleen werk waarvoor
daar fondse is om mense te betaal. En dis daarom dat
die ekonomiese en finansiële gesondheid van SA vandag
baie beter is as twintig jaar gelede, toe daar 'n nasionaal-
sosialistiese regering in SA aan bewind was.

Gloudina
Re: Julle is almal familie [boodskap #98581 is 'n antwoord op boodskap #98579] Di, 21 September 2004 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina. Tyd sal jou leer.

@rogers.com wrote:

> "Suidwester" skryf
>
>
>> Werkskepping is die sleutel tot toekomstige vrede.....ALTYD.
>
>
> Jy praat nou soos 'n goeie Stalinis, soos daardie soort
> kommuniste wat hulle in Rusland gehad het. Of jy praat
> soos 'n apartheidsvark, behalwe dat die sosialisme van
> die apartheidsvarke alleen werk geskep en gereserveer
> het vir die wittes, of dié wat geklassifiseer is as wit.
> 'n Konserwatiewe fiskale beleid, soos wat Mbeki se
> regering vandag in SA volg, skep alleen werk waarvoor
> daar fondse is om mense te betaal. En dis daarom dat
> die ekonomiese en finansiële gesondheid van SA vandag
> baie beter is as twintig jaar gelede, toe daar 'n nasionaal-
> sosialistiese regering in SA aan bewind was.
>
> Gloudina
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98582 is 'n antwoord op boodskap #98524] Di, 21 September 2004 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Wel logika was nog nooit jou sterkpunt nie - jy is 'n joernalis after
all - maar dan dit is as gevolg van jou genetiese samestelling jy kan
dit nie help nie. Sjym.

Maar hier is 'n verduideliking - ek tik stadig want ek weet jy kan nie
goed lees nie. Jy gooi klomp emmers vol albasters in 'n sement menger
en meng goed - skep dan 'n emmer vol uit en dan se jy watter albasters
is eerste in die sement menger gegooi.

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:...
> On 20 Sep 2004 10:55:33 -0700, l...@lous.zzn.com (Lou) wrote:
>
> Ja Lou.
> Al daai Nobelpryswenners oor genetika en so aan is verkeerd.
>
> Jy is reg.
>
> (Moet wees, anders sal jy dalk 'n opvatting of wat moet verander. En
> dit kan mos nie gebeur nie.)
>
> vroulike
>> voorsate het elk van ons - duisende? Hoeveel manlike voorsate - selle!
>> Nou gaan die "navorser" en "skrywer" en hulle veralgemeen - ek is
>> seker dat as jy wou jy ook sou kon bewys dat John Vorster en Nelson
>> Mandela gemeenskaplike voorvaders / moeders het of anders om ... die
>> soort van artikel is bloot sensasioneel en nie eers die bits waarmee
>> dit geskryf is werd nie. Elkeen van ons sal kan bewys dat ons iewers
>> Koisan voorsate het - in baie gevalle geld dit eerder vir Suid
>> Afrikaans blankes.
>>
>> Vanaf 'n genetiese oorpunt - bollie!
Re: Julle is almal familie [boodskap #98584 is 'n antwoord op boodskap #98578] Di, 21 September 2004 18:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bosvark  is tans af-lyn  Bosvark
Boodskappe: 15
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Junior Lid
Gebore in Bonnievale, matrikuleer by Hoërskool Hugenote in Wellington
Bosvark

"@rogers.com" wrote in message
news:KyX3d.9107$fFq1.6502@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...

Waar is Breyten gebore?

Gloudina
Re: Julle is almal familie [boodskap #98594 is 'n antwoord op boodskap #98550] Di, 21 September 2004 20:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 2004 12:38:49 +0200, "Suidwester" wrote:
> en 'n ou kom na jou
> toe en bied jou een baie goeie prys vir jou huis aan en jy verkoop die huis
> en trek dalk na die voorstede toe waar jy rustiger kan wees...doodgelukkig.
> Tot jy uitvind dat die ou wat jou huis gekoop het, het uitgevind dat die
> grond gehersoneer gaan word vir 'n nuwe snelweg en skielik het hy 10 keer
> die prys gekry wat hy vir jou betaal het?

Die vraag is ondermeer aan jou, Annette. Ek weet dat nie een van julle
is 'n ekonoom nie, maar wat dink julle van die algemene mening dat die
drastiese styging in eiendomspryse (25.4% - die tweede meeste in die
wêreld vir die afgelope jaar - met Hong Kong eerste) 'n dreigende
borrel is?

DD
Re: Julle is almal familie [boodskap #98598 is 'n antwoord op boodskap #98594] Di, 21 September 2004 21:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

maar wat dink julle van die algemene mening dat die
> drastiese styging in eiendomspryse (25.4% - die tweede meeste in die
> wêreld vir die afgelope jaar - met Hong Kong eerste) 'n dreigende
> borrel is?

Die soort mening word ook hier in Kanada
uitgespreek.

Gloudina
Re: Julle is almal familie [boodskap #98600 is 'n antwoord op boodskap #98598] Di, 21 September 2004 21:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 2004 21:13:36 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
> maar wat dink julle van die algemene mening dat die
>> drastiese styging in eiendomspryse (25.4% - die tweede meeste in die
>> wêreld vir die afgelope jaar - met Hong Kong eerste) 'n dreigende
>> borrel is?
>
> Die soort mening word ook hier in Kanada
> uitgespreek.
>
> Gloudina
>
>
>

So, dit is nie net lokaal nie.
Jy sal nie inligting hê oor lokale eiendomspryse nie,
maar dit fenomonaal gestyg hier. Wat vir die pasgetroudes,
of enige nuwe huiskoper, 'n turksvy is.

DD
Re: Julle is almal familie [boodskap #98602 is 'n antwoord op boodskap #98600] Di, 21 September 2004 22:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> So, dit is nie net lokaal nie.
> Jy sal nie inligting hê oor lokale eiendomspryse nie,
> maar dit fenomonaal gestyg hier. Wat vir die pasgetroudes,
> of enige nuwe huiskoper, 'n turksvy is.

Ja, ouer mense wat hulle huise goedkoper gekoop
het en dit nou duurder kan verkoop, is natuurlik
die groot wenners.
Hier in Noord-Amerika is die leningskoerse nou
so laag soos dit veertig vyftig jaar gelede laas
gewees het. Dit moedig mense aan om huise te
koop. As rentekoerse weer moet opgaan soos
dit in die tagtigerjare gewees het, sal baie mense
nie meer hulle eie huise kan bekostig nie.
Die laaste eiendoms "bubble" was in die laat
tagtigerjare hier in Kanada, toe talle groot
eiendomsontwikkelaars bankrot gespeel het,
onder andere die Kanadese firma wat die
ontwikkeling van Canary Wharf in London
op hulle skouers geneem het.

Gloudina
Re: Julle is almal familie [boodskap #98603 is 'n antwoord op boodskap #98602] Di, 21 September 2004 22:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 2004 22:03:52 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
>> So, dit is nie net lokaal nie.
>> Jy sal nie inligting hê oor lokale eiendomspryse nie,
>> maar dit fenomonaal gestyg hier. Wat vir die pasgetroudes,
>> of enige nuwe huiskoper, 'n turksvy is.
>
> Ja, ouer mense wat hulle huise goedkoper gekoop
> het en dit nou duurder kan verkoop, is natuurlik
> die groot wenners.

Hierdie een is baie debateerbaar. My eiendom in Durban
se waarde het meer as verdriedubbel sedert ek dit gekoop
het. Om dit vir die hoër waarde te verkoop sal absoluut geen
wins wees nie, want indien ek dit verkoop, moet ek dit
vervang. Vervang teen dieselfde kwaliteit, beteken
dieselfde prys betaal as wat ek daarvoor kry. Dus,
is dit geen wins om teen 'n paar 100% wins te verkoop
nie. Tensy jy dit nie gaan vervang nie. Dan gooi jy
buitendien geld in die water, tensy dit herbelê word,
en waar sal dit belê kan word met dieselfde groei?

> Hier in Noord-Amerika is die leningskoerse nou
> so laag soos dit veertig vyftig jaar gelede laas
> gewees het. Dit moedig mense aan om huise te
> koop. As rentekoerse weer moet opgaan soos
> dit in die tagtigerjare gewees het, sal baie mense
> nie meer hulle eie huise kan bekostig nie.

Dit is waar swak beplanning inkom. Of gebrek aan
ervaring. Baie jong mense het 'n verband van 'n
paar honderd duisend rand, en somtyds word daar
nie ruimte gelaat vir 'n persent of twee. drie
verhoging in rentekoerse nie.

'n Paar dae gelede het ek vir jou gesê dat ek later weer
met jou sal praat omdat ek Waterfront toe ry. Ek het van
die straat waarheen ek gery het, 'n paar foto's geneem
daardie dag. Ek het twee baie klein gemaak, en plaas
dit hier. Jy sal dit interessant vind.

DD
Re: Julle is almal familie (0/1) [boodskap #98604 is 'n antwoord op boodskap #98603] Di, 21 September 2004 22:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Sep 2004 00:33:32 +0200, DD wrote:

>
> 'n Paar dae gelede het ek vir jou gesê dat ek later weer
> met jou sal praat omdat ek Waterfront toe ry. Ek het van
> die straat waarheen ek gery het, 'n paar foto's geneem
> daardie dag. Ek het twee baie klein gemaak, en plaas
> dit hier. Jy sal dit interessant vind.
>
>
> DD
>
Re: Julle is almal familie (0/1) [boodskap #98605 is 'n antwoord op boodskap #98604] Di, 21 September 2004 23:24 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

>> 'n Paar dae gelede het ek vir jou gesê dat ek later weer
>> met jou sal praat omdat ek Waterfront toe ry. Ek het van
>> die straat waarheen ek gery het, 'n paar foto's geneem
>> daardie dag. Ek het twee baie klein gemaak, en plaas
>> dit hier. Jy sal dit interessant vind.

Bo en behalwe dat dit interessante argitektuur
is, hoekom sal ek dit interessant vind. Watter
deel van Durban is dit in alle geval?

Gloudina
Vorige onderwerp: Familie (spotprent)
Volgende onderwerp: genealogie van die misdaad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 05:51:40 MGT 2024