Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die lewe na die dood " deur DONALD RIEKERT
" Die lewe na die dood " deur DONALD RIEKERT [boodskap #97248] Wo, 25 Augustus 2004 01:08 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DIE LEWE NA DIE DOOD
Donald Riekert

Die ou Boesmanvrou is
laat sak en haar asem
het nog die rooi sand
stoffie laat roer onder
die witstamboom Druk
hulle haar kop vas met
'n ronde klip Maar 'n ou
uitstoot-bobbejaanmannetjie
rol die klip weg en voer
die ou vrou ryp rooi soet
rosyntjiebessies
drie dae later loop sy met
die ou-een rond en vertel
omstandig van die lewe in
die holkrans waar die water
koel soos tsamma
op jou lip kom lê
Re: " Die lewe na die dood " deur DONALD RIEKERT [boodskap #97277 is 'n antwoord op boodskap #97248] Do, 26 Augustus 2004 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die goedkoop rassis sou eintlik hieroor wou praat, maar hy praat mos nie
meer nie...

"@rogers.com" wrote in message
news:5ERWc.6005$UTP.2620@twister01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> DIE LEWE NA DIE DOOD
> Donald Riekert
>
> Die ou Boesmanvrou is
> laat sak en haar asem
> het nog die rooi sand
> stoffie laat roer onder
> die witstamboom Druk
> hulle haar kop vas met
> 'n ronde klip Maar 'n ou
> uitstoot-bobbejaanmannetjie
> rol die klip weg en voer
> die ou vrou ryp rooi soet
> rosyntjiebessies
> drie dae later loop sy met
> die ou-een rond en vertel
> omstandig van die lewe in
> die holkrans waar die water
> koel soos tsamma
> op jou lip kom lê
>
Re: " Die lewe na die dood " deur DONALD RIEKERT [boodskap #97285 is 'n antwoord op boodskap #97277] Do, 26 Augustus 2004 12:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Die goedkoop rassis sou eintlik hieroor wou praat, maar hy praat mos nie
> meer nie...

Ja, dit gebeur nou wanneer jy jou brugge
agter jou verbrand.

Bitterbek
Re: " Die lewe na die dood " deur DONALD RIEKERT [boodskap #97287 is 'n antwoord op boodskap #97285] Do, 26 Augustus 2004 12:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:8nkXc.5195$Zgm.3782@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Max" skryf
>
>> Die goedkoop rassis sou eintlik hieroor wou praat, maar hy praat mos nie
>> meer nie...
>
> Ja, dit gebeur nou wanneer jy jou brugge
> agter jou verbrand.
>
> Bitterbek
>

:-) Tog een vragie: is sy dood?
Re: " Die lewe na die dood " deur DONALD RIEKERT [boodskap #97289 is 'n antwoord op boodskap #97287] Do, 26 Augustus 2004 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> :-) Tog een vragie: is sy dood?

Man, hierdie gedig beweeg in die sfeer van die
dood en die opstanding van Christus, so die
vraag oor of Christus dood is, word ook
onnodig.

Gloudina
Re: " Die lewe na die dood " deur DONALD RIEKERT [boodskap #97290 is 'n antwoord op boodskap #97289] Do, 26 Augustus 2004 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:VDkXc.5465$Zgm.3842@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Max" skryf
>
>> :-) Tog een vragie: is sy dood?
>
> Man, hierdie gedig beweeg in die sfeer van die
> dood en die opstanding van Christus, so die
> vraag oor of Christus dood is, word ook
> onnodig.
>
> Gloudina
>

Hoekom? Oor die klip? Oor die drie dae? Dit het nie regtig die
dood/opstanding van Christus in my geestesoog opgebring nie. Wie is die
ou-een? Ek het gedog dis dalk haar man wat voor haar dood is... Maar dit kan
natuurlik die bobejaan wees...

(Ek sit die gedig weer by)

DIE LEWE NA DIE DOOD
Donald Riekert

Die ou Boesmanvrou is
laat sak en haar asem
het nog die rooi sand
stoffie laat roer onder
die witstamboom Druk
hulle haar kop vas met
'n ronde klip Maar 'n ou
uitstoot-bobbejaanmannetjie
rol die klip weg en voer
die ou vrou ryp rooi soet
rosyntjiebessies
drie dae later loop sy met
die ou-een rond en vertel
omstandig van die lewe in
die holkrans waar die water
koel soos tsamma
op jou lip kom lê
Re: " Die lewe na die dood " deur DONALD RIEKERT [boodskap #97291 is 'n antwoord op boodskap #97290] Do, 26 Augustus 2004 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" <

> Hoekom? Oor die klip? Oor die drie dae? Dit het nie regtig die
> dood/opstanding van Christus in my geestesoog opgebring nie. Wie is die
> ou-een? Ek het gedog dis dalk haar man wat voor haar dood is... Maar dit kan
> natuurlik die bobejaan wees...

Dit is natuurlik die bobbejaan. Ek dink dat die
ou bobbejaan ongeveer die engel is wat die klip
weggerol het, en ook die funksie vervul van
die geselle van Christus op die Emmaus-pad.
In die gedig is daar ook 'n radikaliteit, 'n aandurf
van oor dinge praat wat eintlik taboe is. Soos
dat diere meer deernis het as mense. Soos dat
daar oor die homosapiens-lyn spirituele
kontak met diere kan plaasvind.

Gloudina
Re: " Die lewe na die dood " deur DONALD RIEKERT [boodskap #97292 is 'n antwoord op boodskap #97291] Do, 26 Augustus 2004 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"
> Dit is natuurlik die bobbejaan. Ek dink dat die
> ou bobbejaan ongeveer die engel is wat die klip
> weggerol het, en ook die funksie vervul van
> die geselle van Christus op die Emmaus-pad.
> In die gedig is daar ook 'n radikaliteit, 'n aandurf
> van oor dinge praat wat eintlik taboe is. Soos
> dat diere meer deernis het as mense. Soos dat
> daar oor die homosapiens-lyn spirituele
> kontak met diere kan plaasvind.
>
> Gloudina
>

Okay, jy's die juffrou, ek stry nie.

Die gedig is vir my mooier as dit regtig oor die "lewe" na die dood is. Die
bobbejaan kom haal haar siel en vat dit saam na waar haar man vir haar
wag... Sy's weg van die droogte, sy praat nie van die droogte nie. Sy praat
van daar waar die water koel soos tsamma op jou lip lê.

Ek gaan dit dus so bly sien, maar as die vraag in die eksamen kom, sal ek
jou antwoord gee :-).

(Ek sit die gedig nog 'n keer by - regtig baie mooi!)

DIE LEWE NA DIE DOOD
Donald Riekert

Die ou Boesmanvrou is
laat sak en haar asem
het nog die rooi sand
stoffie laat roer onder
die witstamboom Druk
hulle haar kop vas met
'n ronde klip Maar 'n ou
uitstoot-bobbejaanmannetjie
rol die klip weg en voer
die ou vrou ryp rooi soet
rosyntjiebessies
drie dae later loop sy met
die ou-een rond en vertel
omstandig van die lewe in
die holkrans waar die water
koel soos tsamma
op jou lip kom lê
Re: " Die lewe na die dood " deur DONALD RIEKERT [boodskap #97294 is 'n antwoord op boodskap #97292] Do, 26 Augustus 2004 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max"

> Die gedig is vir my mooier as dit regtig oor die "lewe" na die dood is. Die
> bobbejaan kom haal haar siel en vat dit saam na waar haar man vir haar
> wag... Sy's weg van die droogte, sy praat nie van die droogte nie. Sy praat
> van daar waar die water koel soos tsamma op jou lip lê.

Ja, ek dink jy kan dit maar so ook benader.
Dit hang dus af van wat Riekert met "die ou-een"
bedoel. Jou siening dat sy haar reeds-dood-man
in die hiernamaals ontmoet, kan ook water hou.
Riekert is vir my nogal 'n merkwaardige Afrikaanse
digter. Ek dink ek het êrens gelees dat hy sy
eerste gedigte self moes uitgee. Sy gedigte
is gewoonlik baie kort, maar is diep gesetel in
die gees van suider-afrika op 'n manier wat
baie min ander digters kan bereik. Ek dink
ek gaan nog 'n paar plaas.

Gloudina
Re: " Die lewe na die dood " deur DONALD RIEKERT [boodskap #97295 is 'n antwoord op boodskap #97294] Do, 26 Augustus 2004 13:16 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"
> Riekert is vir my nogal 'n merkwaardige Afrikaanse
> digter. Ek dink ek het êrens gelees dat hy sy
> eerste gedigte self moes uitgee. Sy gedigte
> is gewoonlik baie kort, maar is diep gesetel in
> die gees van suider-afrika op 'n manier wat
> baie min ander digters kan bereik. Ek dink
> ek gaan nog 'n paar plaas.

Ek hou van kort. Plaas gerus nog 'n paar. Dankie.
Vorige onderwerp: " Plaasensemble " deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: " Soebatsfontein " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 17:03:42 MGT 2024