Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Musiek en geweld
Musiek en geweld [boodskap #95865] Ma, 02 Augustus 2004 04:55 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gisteroggend, terwyl ek so lekker na die pragtige arias luister, wonder ek
of daar al ooit 'n studie gemaak is na die tipe musiek waarna geweldenaars
luister of mee opgegroei het.

--
Groetnis
Annette
Re: Musiek en geweld [boodskap #95881 is 'n antwoord op boodskap #95865] Ma, 02 Augustus 2004 10:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja daar is, en dis grotendeels maar rock, of heavy metal. Ek het al op 'n
baie vroeë ouderdom na sulke tipe musiek begin luister, so ver het ek darem
nog geen begeerte gehad om enige iemand te vermink nie. Ek het darem so
tussen-in na Mozart en Elvis ook geluister - miskien het dit my gered :)))

Op die einde van die dag is jy of so gebore of so gedonner, maar musiek,
flieks en boeke kan nie die skuld kry nie :)

E

"Annette" skryf in boodskap news:cekhm4$3r$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gisteroggend, terwyl ek so lekker na die pragtige arias luister, wonder ek
> of daar al ooit 'n studie gemaak is na die tipe musiek waarna geweldenaars
> luister of mee opgegroei het.
>
> --
> Groetnis
> Annette
Re: Musiek en geweld [boodskap #95882 is 'n antwoord op boodskap #95881] Ma, 02 Augustus 2004 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder darem. Al die bikers wat ek ken is mal oor heavy metal en daai
goete. Sekerlik moet jou kop deurmekaar wees as jy daai goed aanmekaar
luister! Hoe hou hulle ore dit? Aan die anderkant weer, is hulle
uitlaatpype ook nie van die stilste nie.....of dalk al die vibrasie [bikes,
dames!] wat maak dat hulle nog meer soek.

"Elaine" skryf in boodskap news:cel6km$7r0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ja daar is, en dis grotendeels maar rock, of heavy metal. Ek het al op 'n
> baie vroeë ouderdom na sulke tipe musiek begin luister, so ver het ek darem
> nog geen begeerte gehad om enige iemand te vermink nie. Ek het darem so
> tussen-in na Mozart en Elvis ook geluister - miskien het dit my gered :)))
>
> Op die einde van die dag is jy of so gebore of so gedonner, maar musiek,
> flieks en boeke kan nie die skuld kry nie :)
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:cekhm4$3r$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Gisteroggend, terwyl ek so lekker na die pragtige arias luister, wonder ek
>> of daar al ooit 'n studie gemaak is na die tipe musiek waarna geweldenaars
>> luister of mee opgegroei het.
>>
>> --
>> Groetnis
>> Annette
Re: Musiek en geweld [boodskap #95885 is 'n antwoord op boodskap #95865] Ma, 02 Augustus 2004 11:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
O ja, en geweldenaars, mense wat lief is daarvoor en 'n "kick" daaruit kry
om ander seer te maak, sal van nature na heavy metal toe trek omdat daar
baie van geweld en moord in sulke tipe musiek gesing word.

Of hulle deesdae dalk na rap luister is 'n ope vraag, die studie wat ek
gelees het is al 'n paar jaar oud. Baie rap handel ook oor geweld, maar het
nie dieselfde swaar klank wat metal en rock het nie. Ek vermoed juis dis
die baie kitare en swaar dromme wat die mense na metal toe trek, eerder as
die woorde. Dit klink net so "reg" vir moord en doodslag.

Die musiek hits dalk moontlik aan, as jy ooit by 'n regte egte heavy metal
klub of konsert was, sal jy dit weet. Wanneer daai band van die verhoog af
stap is dit net bloed en hare en tanne waar jy kyk soos die ouens ge-"mosh"
het. Ek het ook al van baie meisies gehoor wat verkrag word by die tipe van
klubs. Al geniet ek die musiek gate uit, vermy ek die konserte en klubs
omdat ek my lewe lief het. Maar ek vermoed dis meer massa-histerie en
opsweping as enige iets anders. As 'n ou op sy eie is sal hy nie maklik
aangespoor word tot geweld a.g.v. die musiek nie.

E

"Annette" wrote:
> Gisteroggend, terwyl ek so lekker na die pragtige arias luister, wonder ek
> of daar al ooit 'n studie gemaak is na die tipe musiek waarna geweldenaars
> luister of mee opgegroei het.
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95887 is 'n antwoord op boodskap #95885] Ma, 02 Augustus 2004 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kak man! Ouvroustories!

Julle klink soos die onderwysers geklink het toe ons op skool was...

Los die musiek uit.

Max____________________________

"Elaine" wrote in message
news:cel8tv$d51$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> O ja, en geweldenaars, mense wat lief is daarvoor en 'n "kick" daaruit kry
> om ander seer te maak, sal van nature na heavy metal toe trek omdat daar
> baie van geweld en moord in sulke tipe musiek gesing word.
>
> Of hulle deesdae dalk na rap luister is 'n ope vraag, die studie wat ek
> gelees het is al 'n paar jaar oud. Baie rap handel ook oor geweld, maar het
> nie dieselfde swaar klank wat metal en rock het nie. Ek vermoed juis dis
> die baie kitare en swaar dromme wat die mense na metal toe trek, eerder as
> die woorde. Dit klink net so "reg" vir moord en doodslag.
>
> Die musiek hits dalk moontlik aan, as jy ooit by 'n regte egte heavy metal
> klub of konsert was, sal jy dit weet. Wanneer daai band van die verhoog af
> stap is dit net bloed en hare en tanne waar jy kyk soos die ouens ge-"mosh"
> het. Ek het ook al van baie meisies gehoor wat verkrag word by die tipe van
> klubs. Al geniet ek die musiek gate uit, vermy ek die konserte en klubs
> omdat ek my lewe lief het. Maar ek vermoed dis meer massa-histerie en
> opsweping as enige iets anders. As 'n ou op sy eie is sal hy nie maklik
> aangespoor word tot geweld a.g.v. die musiek nie.
>
> E
>
> "Annette" wrote:
>> Gisteroggend, terwyl ek so lekker na die pragtige arias luister, wonder ek
>> of daar al ooit 'n studie gemaak is na die tipe musiek waarna geweldenaars
>> luister of mee opgegroei het.
>>
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95892 is 'n antwoord op boodskap #95887] Ma, 02 Augustus 2004 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou gaan lees tog wat ek hierbo gesê het! Was jy al ooit by 'n Sepulchura
of Rammstein konsert? Was jy al ooit in 'n heavy metal klub? Ek praat nie
van KISS of selfs Metallica nie - hulle is mak teen party goed wat daar
buite is. Dit gaan rof op daai plekke, maar juis omdat die "rowwe" mense na
daai tipe van musiek aangetrek word. Dis nie ouvroustories nie, dis feite!
Musiek maak 'n deel van jou lewe uit, elkeen het 'n ander smaak, want elkeen
is anders. Ek stem nie saam dat musiek 'n mens "vorm" nie, musiek kan my
nie tot moord dryf nie - nee wag, ek's verkeerd, daar is musiek wat my
partykeer tot selfmoord wil dreig. Maar studies het getoon dat rowwe,
growwe mense aangetrokke is dit rowwe growwe musiek.

Musiek is ook 'n emosionele ding, kyk hoe jou musiek volgens jou buie
verander of hoe jou buie verander a.g.v musiek. Daar is musiek wat jou goed
laat voel, en musiek wat jou lus maak vir dans, en musiek wat jou moerig
maak en musiek wat jou hartseer maak. Miskien is dit net ek, maar ek "voel"
baie keer musiek tot in my hart...

E

"Max" skryf in boodskap news:410e2adc$0$36861$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Kak man! Ouvroustories!
>
> Julle klink soos die onderwysers geklink het toe ons op skool was...
>
> Los die musiek uit.
>
> Max____________________________
Re: Musiek en geweld [boodskap #95893 is 'n antwoord op boodskap #95892] Ma, 02 Augustus 2004 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Was jy al in 'n hêppie klêppie kerk, as daai klomp mekaar begin opsaaik? Het
jy al gesien hoe 'n klomp mense (nie noodwendig swart nie), wat saam betoog,
kan word? Sonder musiek.

Hoe hoog op jou lys van "vreeslike musiek" staan toyi-toyi?

Dit hang ook baie van die tipe mense af. Speel bietjie vir die klomp in die
heavy metal club 'n stukkie Beethoven, dan kyk jy hoe hulle word. :-)

Gaan jy jou kinders se musiek inperk?

groete
Max_________________________________

"Elaine" wrote in message
news:celdq1$lbs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nou gaan lees tog wat ek hierbo gesê het! Was jy al ooit by 'n Sepulchura
> of Rammstein konsert? Was jy al ooit in 'n heavy metal klub? Ek praat nie
> van KISS of selfs Metallica nie - hulle is mak teen party goed wat daar
> buite is. Dit gaan rof op daai plekke, maar juis omdat die "rowwe" mense na
> daai tipe van musiek aangetrek word. Dis nie ouvroustories nie, dis feite!
> Musiek maak 'n deel van jou lewe uit, elkeen het 'n ander smaak, want elkeen
> is anders. Ek stem nie saam dat musiek 'n mens "vorm" nie, musiek kan my
> nie tot moord dryf nie - nee wag, ek's verkeerd, daar is musiek wat my
> partykeer tot selfmoord wil dreig. Maar studies het getoon dat rowwe,
> growwe mense aangetrokke is dit rowwe growwe musiek.
>
> Musiek is ook 'n emosionele ding, kyk hoe jou musiek volgens jou buie
> verander of hoe jou buie verander a.g.v musiek. Daar is musiek wat jou goed
> laat voel, en musiek wat jou lus maak vir dans, en musiek wat jou moerig
> maak en musiek wat jou hartseer maak. Miskien is dit net ek, maar ek "voel"
> baie keer musiek tot in my hart...
>
> E
>
> "Max" wrote in message
> news:410e2adc$0$36861$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Kak man! Ouvroustories!
>>
>> Julle klink soos die onderwysers geklink het toe ons op skool was...
>>
>> Los die musiek uit.
>>
>> Max____________________________
>
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95895 is 'n antwoord op boodskap #95865] Ma, 02 Augustus 2004 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek trek my woorde terug, musiek het wél 'n invloed op my. Marsmusiek laat my
kots.

Max_______________________________

"Suidwester" wrote in message
news:410e3c09.0@news1.mweb.co.za...
> Hoekom mag mens nie daaroor spekuleer nie? Doer in die oorlogjare het ons
> manne motiveringslesings gegee en hulle warm gemaak met marsmusiek. Ek
> dink wel musiek het 'n invloed op die mens se gemoedstoestand. Jare gelede
> was daar navorsing wat gedoen is op mense wat resultate gelewer het wat
> gereken dat as 'n mens na sekere musiek luister wat 'n ongereëlde ritmeslag
> het, dan die mens wat luister, se hartslag ook ongereëld begin klop in pas
> met dié maat. Die bietjie wat ek van breinspoeling weet, weet ek dat klank
> ook 'n groot rol speel.
> Stertjie.....hoe kan enige nugter mens na heavy metal luister? Of is
> jy veronderstel om gesuip te wees? Dalk 'n rede hoekom jy moet drink?
> "Max" wrote in message
> news:410e2adc$0$36861$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Kak man! Ouvroustories!
>>
>> Julle klink soos die onderwysers geklink het toe ons op skool was...
>>
>> Los die musiek uit.
>>
>> Max____________________________
>>
>> "Elaine" wrote in message
>> news:cel8tv$d51$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> O ja, en geweldenaars, mense wat lief is daarvoor en 'n "kick" daaruit kry
>>> om ander seer te maak, sal van nature na heavy metal toe trek omdat daar
>>> baie van geweld en moord in sulke tipe musiek gesing word.
>>>
>>> Of hulle deesdae dalk na rap luister is 'n ope vraag, die studie wat ek
>>> gelees het is al 'n paar jaar oud. Baie rap handel ook oor geweld, maar het
>>> nie dieselfde swaar klank wat metal en rock het nie. Ek vermoed juis dis
>>> die baie kitare en swaar dromme wat die mense na metal toe trek, eerder as
>>> die woorde. Dit klink net so "reg" vir moord en doodslag.
>>>
>>> Die musiek hits dalk moontlik aan, as jy ooit by 'n regte egte heavy metal
>>> klub of konsert was, sal jy dit weet. Wanneer daai band van die verhoog af
>>> stap is dit net bloed en hare en tanne waar jy kyk soos die ouens ge-"mosh"
>>> het. Ek het ook al van baie meisies gehoor wat verkrag word by die tipe van
>>> klubs. Al geniet ek die musiek gate uit, vermy ek die konserte en klubs
>>> omdat ek my lewe lief het. Maar ek vermoed dis meer massa-histerie en
>>> opsweping as enige iets anders. As 'n ou op sy eie is sal hy nie maklik
>>> aangespoor word tot geweld a.g.v. die musiek nie.
>>>
>>> E
>>>
>>> "Annette" wrote:
>>>> Gisteroggend, terwyl ek so lekker na die pragtige arias luister, wonder ek
>>>> of daar al ooit 'n studie gemaak is na die tipe musiek waarna geweldenaars
>>>> luister of mee opgegroei het.
>>>>
>>>> --
>>>> Groetnis
>>>> Annette
Re: Musiek en geweld [boodskap #95896 is 'n antwoord op boodskap #95887] Ma, 02 Augustus 2004 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom mag mens nie daaroor spekuleer nie? Doer in die oorlogjare het ons
manne motiveringslesings gegee en hulle warm gemaak met marsmusiek. Ek
dink wel musiek het 'n invloed op die mens se gemoedstoestand. Jare gelede
was daar navorsing wat gedoen is op mense wat resultate gelewer het wat
gereken dat as 'n mens na sekere musiek luister wat 'n ongereëlde ritmeslag
het, dan die mens wat luister, se hartslag ook ongereëld begin klop in pas
met dié maat. Die bietjie wat ek van breinspoeling weet, weet ek dat klank
ook 'n groot rol speel.
Stertjie.....hoe kan enige nugter mens na heavy metal luister? Of is
jy veronderstel om gesuip te wees? Dalk 'n rede hoekom jy moet drink?

"Max" skryf in boodskap news:410e2adc$0$36861$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Kak man! Ouvroustories!
>
> Julle klink soos die onderwysers geklink het toe ons op skool was...
>
> Los die musiek uit.
>
> Max____________________________
>
> "Elaine" wrote in message
> news:cel8tv$d51$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> O ja, en geweldenaars, mense wat lief is daarvoor en 'n "kick" daaruit kry
>> om ander seer te maak, sal van nature na heavy metal toe trek omdat daar
>> baie van geweld en moord in sulke tipe musiek gesing word.
>>
>> Of hulle deesdae dalk na rap luister is 'n ope vraag, die studie wat ek
>> gelees het is al 'n paar jaar oud. Baie rap handel ook oor geweld, maar het
>> nie dieselfde swaar klank wat metal en rock het nie. Ek vermoed juis dis
>> die baie kitare en swaar dromme wat die mense na metal toe trek, eerder as
>> die woorde. Dit klink net so "reg" vir moord en doodslag.
>>
>> Die musiek hits dalk moontlik aan, as jy ooit by 'n regte egte heavy metal
>> klub of konsert was, sal jy dit weet. Wanneer daai band van die verhoog af
>> stap is dit net bloed en hare en tanne waar jy kyk soos die ouens ge-"mosh"
>> het. Ek het ook al van baie meisies gehoor wat verkrag word by die tipe van
>> klubs. Al geniet ek die musiek gate uit, vermy ek die konserte en klubs
>> omdat ek my lewe lief het. Maar ek vermoed dis meer massa-histerie en
>> opsweping as enige iets anders. As 'n ou op sy eie is sal hy nie maklik
>> aangespoor word tot geweld a.g.v. die musiek nie.
>>
>> E
>>
>> "Annette" wrote:
>>> Gisteroggend, terwyl ek so lekker na die pragtige arias luister, wonder ek
>>> of daar al ooit 'n studie gemaak is na die tipe musiek waarna geweldenaars
>>> luister of mee opgegroei het.
>>>
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95905 is 'n antwoord op boodskap #95885] Ma, 02 Augustus 2004 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit is nie heeltemal waar nie. Hier is 'n klub in Pretoria met die naam
"Zeppelin's" en daar word die donker en swaar Rock gespeel. Die mense
"mosh" maar ek het nog niemand sien beseer word nie.

En van die musiek is pragtig. Ek hou self nie van alle "metal" nie maar
daar is mooi goed.

Groete
Plato

Elaine wrote:

> O ja, en geweldenaars, mense wat lief is daarvoor en 'n "kick" daaruit kry
> om ander seer te maak, sal van nature na heavy metal toe trek omdat daar
> baie van geweld en moord in sulke tipe musiek gesing word.
>
> Of hulle deesdae dalk na rap luister is 'n ope vraag, die studie wat ek
> gelees het is al 'n paar jaar oud. Baie rap handel ook oor geweld, maar het
> nie dieselfde swaar klank wat metal en rock het nie. Ek vermoed juis dis
> die baie kitare en swaar dromme wat die mense na metal toe trek, eerder as
> die woorde. Dit klink net so "reg" vir moord en doodslag.
>
> Die musiek hits dalk moontlik aan, as jy ooit by 'n regte egte heavy metal
> klub of konsert was, sal jy dit weet. Wanneer daai band van die verhoog af
> stap is dit net bloed en hare en tanne waar jy kyk soos die ouens ge-"mosh"
> het. Ek het ook al van baie meisies gehoor wat verkrag word by die tipe van
> klubs. Al geniet ek die musiek gate uit, vermy ek die konserte en klubs
> omdat ek my lewe lief het. Maar ek vermoed dis meer massa-histerie en
> opsweping as enige iets anders. As 'n ou op sy eie is sal hy nie maklik
> aangespoor word tot geweld a.g.v. die musiek nie.
>
> E
>
> "Annette" wrote:
>
>> Gisteroggend, terwyl ek so lekker na die pragtige arias luister, wonder ek
>> of daar al ooit 'n studie gemaak is na die tipe musiek waarna geweldenaars
>> luister of mee opgegroei het.

>> --
>> Groetnis
>> Annette



>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95908 is 'n antwoord op boodskap #95893] Ma, 02 Augustus 2004 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy het nie mooi gelees wat ek geskryf het nie nê? Ek het baie duidelik gesê
dat dit grotendeels massa-histerie en opsweping is!! Ek skryf dit weer net
sodat ek hierdie keer seker is jy lees dit raak: massa-histerie en
opsweping. Ek wet jou Beethoven het 'n baie meer rustige uitwerking op
mense as, bv. Linkin Park. Die musiek is harder, growwer, wilder. As daai
musiek tussen 10 000 mense ingejaag word is die reaksie ook harder, growwer
en wilder.

Ek sal nooit my kinders se musiek inperk nie, ek is toeglaat om na enige
ding te luister, en my kinders sal daai selfde voorreg geniet.

E

"Max" wrote in message
news:410e3ca3$0$36860$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Was jy al in 'n hêppie klêppie kerk, as daai klomp mekaar begin opsaaik? Het
> jy al gesien hoe 'n klomp mense (nie noodwendig swart nie), wat saam betoog,
> kan word? Sonder musiek.
>
> Hoe hoog op jou lys van "vreeslike musiek" staan toyi-toyi?
>
> Dit hang ook baie van die tipe mense af. Speel bietjie vir die klomp in die
> heavy metal club 'n stukkie Beethoven, dan kyk jy hoe hulle word. :-)
>
> Gaan jy jou kinders se musiek inperk?
>
> groete
> Max_________________________________
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:celdq1$lbs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Nou gaan lees tog wat ek hierbo gesê het! Was jy al ooit by 'n Sepulchura
>> of Rammstein konsert? Was jy al ooit in 'n heavy metal klub? Ek praat nie
>> van KISS of selfs Metallica nie - hulle is mak teen party goed wat daar
>> buite is. Dit gaan rof op daai plekke, maar juis omdat die "rowwe" mense na
>> daai tipe van musiek aangetrek word. Dis nie ouvroustories nie, dis feite!
>> Musiek maak 'n deel van jou lewe uit, elkeen het 'n ander smaak, want elkeen
>> is anders. Ek stem nie saam dat musiek 'n mens "vorm" nie, musiek kan my
>> nie tot moord dryf nie - nee wag, ek's verkeerd, daar is musiek wat my
>> partykeer tot selfmoord wil dreig. Maar studies het getoon dat rowwe,
>> growwe mense aangetrokke is dit rowwe growwe musiek.
>>
>> Musiek is ook 'n emosionele ding, kyk hoe jou musiek volgens jou buie
>> verander of hoe jou buie verander a.g.v musiek. Daar is musiek wat jou goed
>> laat voel, en musiek wat jou lus maak vir dans, en musiek wat jou moerig
>> maak en musiek wat jou hartseer maak. Miskien is dit net ek, maar ek "voel"
>> baie keer musiek tot in my hart...
>>
>> E
>>
>> "Max" wrote in message
>> news:410e2adc$0$36861$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> Kak man! Ouvroustories!
>>>
>>> Julle klink soos die onderwysers geklink het toe ons op skool was...
>>>
>>> Los die musiek uit.
>>>
>>> Max____________________________
Re: Musiek en geweld [boodskap #95912 is 'n antwoord op boodskap #95905] Ma, 02 Augustus 2004 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken Zeppelin's :) Kan jy 'n vroumens in 'n regte mosh-pit voorstel (ek
praat nie van headbang nie - ek headbang saam met die beste van hulle)?
Besig om kop te stamp en te kere te gaan - hoe gaan 'n kleinerige vrou van
sê nou maar 60kg lyk as 'n 120kg bul haar "headbutt"? In die "pit" word
daar nie onderskeiding getref tussen geslagte of grootte nie, as jy daar
inloop is jy net soveel "fair game" soos enige ander persoon daarbinne. Hoe
harder en swaarder die musiek hoe harder en swaarder kopstamp hulle. Dis 'n
gevaarlik speletjie, en mense is al ernstig beseer. Op "life" konserte is
die opsweping erger, ek het al mans daar sien uitloop met bloeiende neuse en
snye op die voorkop.

Ek ken 'n meisiekind wat 'n paar jaar terug op die "dansvloer" by 'n
metalklub verkrag is (deur omtrent 5 mans). Mense het om haar gestaan en
kyk, en niemand het iets gedoen nie. Die klub is later toegemaak, maar sy
was nie die eerste nie, en sal beslis ook nie die laaste een wees nie. Ek
blameer nie die musiek nie, dis maar net dat 'n sekere "tipe" mens aangetrek
word na daai klubs en musiek toe. Net so is daar doodgewone, doodgoeie
mense ook daarvan hou en getrek word deur sulke musiek (ek's een van hulle),
maar jy is baie veiliger op die dansvloer by jou "local rave" as wat jy sal
wees op die dansvloer van 'n metal klub. Dis jammer, maar waar.

E

"Plato" wrote:
> Dit is nie heeltemal waar nie. Hier is 'n klub in Pretoria met die naam
> "Zeppelin's" en daar word die donker en swaar Rock gespeel. Die mense
> "mosh" maar ek het nog niemand sien beseer word nie.
>
> En van die musiek is pragtig. Ek hou self nie van alle "metal" nie maar
> daar is mooi goed.
>
> Groete
> Plato
Re: Musiek en geweld [boodskap #95913 is 'n antwoord op boodskap #95896] Ma, 02 Augustus 2004 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag man, jy kan doodnugter ook daarna luister. Ek wonder weer hoe kan enige
iemand na rave luister sonder 'n bietjie E of Dagga of iets wat die pyn mee
te verlig.

E

"Suidwester" wrote:
> Stertjie.....hoe kan enige nugter mens na heavy metal luister? Of is
> jy veronderstel om gesuip te wees? Dalk 'n rede hoekom jy moet drink?
Re: Musiek en geweld [boodskap #95914 is 'n antwoord op boodskap #95912] Ma, 02 Augustus 2004 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Elaine, as jy 'n bunch "normale" mense in so 'n klub stuur, gaan hulle ook
so optree? Ek dink dit nie, hoor, al speel jy dieselfde musiek ewe hard.
Daai mense het daai neiging nog voor hulle daai klub binneloop.

Terug by die aanvanklike punt: Dis nie die musiek se skuld nie.

Max______________________________

"Elaine" skryf in boodskap news:celidu$qs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek ken Zeppelin's :) Kan jy 'n vroumens in 'n regte mosh-pit voorstel (ek
> praat nie van headbang nie - ek headbang saam met die beste van hulle)?
> Besig om kop te stamp en te kere te gaan - hoe gaan 'n kleinerige vrou van
> sê nou maar 60kg lyk as 'n 120kg bul haar "headbutt"? In die "pit" word
> daar nie onderskeiding getref tussen geslagte of grootte nie, as jy daar
> inloop is jy net soveel "fair game" soos enige ander persoon daarbinne. Hoe
> harder en swaarder die musiek hoe harder en swaarder kopstamp hulle. Dis 'n
> gevaarlik speletjie, en mense is al ernstig beseer. Op "life" konserte is
> die opsweping erger, ek het al mans daar sien uitloop met bloeiende neuse en
> snye op die voorkop.
>
> Ek ken 'n meisiekind wat 'n paar jaar terug op die "dansvloer" by 'n
> metalklub verkrag is (deur omtrent 5 mans). Mense het om haar gestaan en
> kyk, en niemand het iets gedoen nie. Die klub is later toegemaak, maar sy
> was nie die eerste nie, en sal beslis ook nie die laaste een wees nie. Ek
> blameer nie die musiek nie, dis maar net dat 'n sekere "tipe" mens aangetrek
> word na daai klubs en musiek toe. Net so is daar doodgewone, doodgoeie
> mense ook daarvan hou en getrek word deur sulke musiek (ek's een van hulle),
> maar jy is baie veiliger op die dansvloer by jou "local rave" as wat jy sal
> wees op die dansvloer van 'n metal klub. Dis jammer, maar waar.
>
> E
>
>
> "Plato" wrote:
>> Dit is nie heeltemal waar nie. Hier is 'n klub in Pretoria met die naam
>> "Zeppelin's" en daar word die donker en swaar Rock gespeel. Die mense
>> "mosh" maar ek het nog niemand sien beseer word nie.
>>
>> En van die musiek is pragtig. Ek hou self nie van alle "metal" nie maar
>> daar is mooi goed.
>>
>> Groete
>> Plato
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95917 is 'n antwoord op boodskap #95913] Ma, 02 Augustus 2004 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Wat is Ravemusiek? Kan jy 'n kunstenaar/groep noem? Ek ken nie die verskil
tussen al die nuwe tipes musiek nie. Hier praat hulle van "House" musiek, ek
dink dis wat jy na verwys as ravemusiek. Wat ons in die oudae dansmusiek sou
noem...

Max______________________________________

"Elaine" skryf in boodskap news:celigo$12j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ag man, jy kan doodnugter ook daarna luister. Ek wonder weer hoe kan enige
> iemand na rave luister sonder 'n bietjie E of Dagga of iets wat die pyn mee
> te verlig.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote:
>> Stertjie.....hoe kan enige nugter mens na heavy metal luister? Of is
>> jy veronderstel om gesuip te wees? Dalk 'n rede hoekom jy moet drink?
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95919 is 'n antwoord op boodskap #95895] Ma, 02 Augustus 2004 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
So jy's slegter as 'n perd?
"Max" skryf in boodskap news:410e3d1d$0$35145$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Ek trek my woorde terug, musiek het wél 'n invloed op my. Marsmusiek laat my
> kots.
>
> Max_______________________________
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:410e3c09.0@news1.mweb.co.za...
>> Hoekom mag mens nie daaroor spekuleer nie? Doer in die oorlogjare het ons
>> manne motiveringslesings gegee en hulle warm gemaak met marsmusiek. Ek
>> dink wel musiek het 'n invloed op die mens se gemoedstoestand. Jare gelede
>> was daar navorsing wat gedoen is op mense wat resultate gelewer het wat
>> gereken dat as 'n mens na sekere musiek luister wat 'n ongereëlde ritmeslag
>> het, dan die mens wat luister, se hartslag ook ongereëld begin klop in pas
>> met dié maat. Die bietjie wat ek van breinspoeling weet, weet ek dat klank
>> ook 'n groot rol speel.
>> Stertjie.....hoe kan enige nugter mens na heavy metal luister? Of is
>> jy veronderstel om gesuip te wees? Dalk 'n rede hoekom jy moet drink?
>> "Max" wrote in message
>> news:410e2adc$0$36861$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> Kak man! Ouvroustories!
>>>
>>> Julle klink soos die onderwysers geklink het toe ons op skool was...
>>>
>>> Los die musiek uit.
>>>
>>> Max____________________________
>>>
>>> "Elaine" wrote in message
>>> news:cel8tv$d51$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> O ja, en geweldenaars, mense wat lief is daarvoor en 'n "kick" daaruit kry
>>>> om ander seer te maak, sal van nature na heavy metal toe trek omdat daar
>>>> baie van geweld en moord in sulke tipe musiek gesing word.
>>>>
>>>> Of hulle deesdae dalk na rap luister is 'n ope vraag, die studie wat ek
>>>> gelees het is al 'n paar jaar oud. Baie rap handel ook oor geweld, maar het
>>>> nie dieselfde swaar klank wat metal en rock het nie. Ek vermoed juis dis
>>>> die baie kitare en swaar dromme wat die mense na metal toe trek, eerder as
>>>> die woorde. Dit klink net so "reg" vir moord en doodslag.
>>>>
>>>> Die musiek hits dalk moontlik aan, as jy ooit by 'n regte egte heavy metal
>>>> klub of konsert was, sal jy dit weet. Wanneer daai band van die verhoog af
>>>> stap is dit net bloed en hare en tanne waar jy kyk soos die ouens ge-"mosh"
>>>> het. Ek het ook al van baie meisies gehoor wat verkrag word by die tipe van
>>>> klubs. Al geniet ek die musiek gate uit, vermy ek die konserte en klubs
>>>> omdat ek my lewe lief het. Maar ek vermoed dis meer massa-histerie en
>>>> opsweping as enige iets anders. As 'n ou op sy eie is sal hy nie maklik
>>>> aangespoor word tot geweld a.g.v. die musiek nie.
>>>>
>>>> E
>>>>
>>>> "Annette" wrote:
>>>> > Gisteroggend, terwyl ek so lekker na die pragtige arias luister, wonder ek
>>>> > of daar al ooit 'n studie gemaak is na die tipe musiek waarna geweldenaars
>>>> > luister of mee opgegroei het.
>>>> >
>>>> > --
>>>> > Groetnis
>>>> > Annette
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95921 is 'n antwoord op boodskap #95892] Ma, 02 Augustus 2004 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine"

Ek stem nie saam dat musiek 'n mens "vorm" nie

Die nuutste denke oor die rol van musiek is dat dit wel
duidelik 'n vormende invloed het. As iemand byvoorbeeld
leer om 'n instrument te speel, dan verhoog dit sy IK. Dis
daarom dat kinders deesdae aangemoedig word om 'n
instrument te leer, selfs al kan hulle dit nie baie goed speel
nie, en die instrument nie baie goed is nie. Dit is die
dissipline van musiek lees wat die breinfunksie bevorder.

Gloudina
Re: Musiek en geweld [boodskap #95926 is 'n antwoord op boodskap #95893] Ma, 02 Augustus 2004 14:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Interessante punt! As jy Beethoven sou speel vir ouens in MOSH PIT dan
is daar K@K in Kanaan! Ek dink dit sal oulik wees om die gevolge op
video vas te lê en dan stadig in SLOW MO terug te speel met Tchaikovsky
in die agtergrond....

;o)

Cheers
Plato

Max wrote:

> Was jy al in 'n hêppie klêppie kerk, as daai klomp mekaar begin opsaaik? Het
> jy al gesien hoe 'n klomp mense (nie noodwendig swart nie), wat saam betoog,
> kan word? Sonder musiek.
>
> Hoe hoog op jou lys van "vreeslike musiek" staan toyi-toyi?
>
> Dit hang ook baie van die tipe mense af. Speel bietjie vir die klomp in die
> heavy metal club 'n stukkie Beethoven, dan kyk jy hoe hulle word. :-)
>
> Gaan jy jou kinders se musiek inperk?
>
> groete
> Max_________________________________
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:celdq1$lbs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Nou gaan lees tog wat ek hierbo gesê het! Was jy al ooit by 'n Sepulchura
>> of Rammstein konsert? Was jy al ooit in 'n heavy metal klub? Ek praat nie
>> van KISS of selfs Metallica nie - hulle is mak teen party goed wat daar
>> buite is. Dit gaan rof op daai plekke, maar juis omdat die "rowwe" mense na
>> daai tipe van musiek aangetrek word. Dis nie ouvroustories nie, dis feite!
>> Musiek maak 'n deel van jou lewe uit, elkeen het 'n ander smaak, want elkeen
>> is anders. Ek stem nie saam dat musiek 'n mens "vorm" nie, musiek kan my
>> nie tot moord dryf nie - nee wag, ek's verkeerd, daar is musiek wat my
>> partykeer tot selfmoord wil dreig. Maar studies het getoon dat rowwe,
>> growwe mense aangetrokke is dit rowwe growwe musiek.

>> Musiek is ook 'n emosionele ding, kyk hoe jou musiek volgens jou buie
>> verander of hoe jou buie verander a.g.v musiek. Daar is musiek wat jou goed
>> laat voel, en musiek wat jou lus maak vir dans, en musiek wat jou moerig
>> maak en musiek wat jou hartseer maak. Miskien is dit net ek, maar ek "voel"
>> baie keer musiek tot in my hart...

>> E

>> "Max" wrote in message
>> news:410e2adc$0$36861$e4fe514c@news.xs4all.nl...

>>> Kak man! Ouvroustories!
>
>>> Julle klink soos die onderwysers geklink het toe ons op skool was...
>
>>> Los die musiek uit.
>
>>> Max____________________________
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95927 is 'n antwoord op boodskap #95921] Ma, 02 Augustus 2004 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Interessant. Ek het graad 1 geslaag op die klavier. Miskien daarom dat ek
soveel slimmer voel as die mense om my!

Max______________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:EdsPc.210$Bci.162@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>
> "Elaine"
>
> Ek stem nie saam dat musiek 'n mens "vorm" nie
>
> Die nuutste denke oor die rol van musiek is dat dit wel
> duidelik 'n vormende invloed het. As iemand byvoorbeeld
> leer om 'n instrument te speel, dan verhoog dit sy IK. Dis
> daarom dat kinders deesdae aangemoedig word om 'n
> instrument te leer, selfs al kan hulle dit nie baie goed speel
> nie, en die instrument nie baie goed is nie. Dit is die
> dissipline van musiek lees wat die breinfunksie bevorder.
>
> Gloudina
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95928 is 'n antwoord op boodskap #95892] Ma, 02 Augustus 2004 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam, ek voel ook musiek tot hier in die hart se spiere trek.
Soms! Die vraag is of die musiek die mense verander of nie. As jy
aangetrokke is tot geweld belaaide musiek is dit mos nie die musiek wat
jou so maak nie. Jy moet reeds iets in jou hê wat jou laat hou van
musiek oor moord en doodslag.

Ek kan egter nie 'n konkrete opinie lig nie. Moet meer lees hieroor.

Groete
Plato

Elaine wrote:

> Nou gaan lees tog wat ek hierbo gesê het! Was jy al ooit by 'n Sepulchura
> of Rammstein konsert? Was jy al ooit in 'n heavy metal klub? Ek praat nie
> van KISS of selfs Metallica nie - hulle is mak teen party goed wat daar
> buite is. Dit gaan rof op daai plekke, maar juis omdat die "rowwe" mense na
> daai tipe van musiek aangetrek word. Dis nie ouvroustories nie, dis feite!
> Musiek maak 'n deel van jou lewe uit, elkeen het 'n ander smaak, want elkeen
> is anders. Ek stem nie saam dat musiek 'n mens "vorm" nie, musiek kan my
> nie tot moord dryf nie - nee wag, ek's verkeerd, daar is musiek wat my
> partykeer tot selfmoord wil dreig. Maar studies het getoon dat rowwe,
> growwe mense aangetrokke is dit rowwe growwe musiek.
>
> Musiek is ook 'n emosionele ding, kyk hoe jou musiek volgens jou buie
> verander of hoe jou buie verander a.g.v musiek. Daar is musiek wat jou goed
> laat voel, en musiek wat jou lus maak vir dans, en musiek wat jou moerig
> maak en musiek wat jou hartseer maak. Miskien is dit net ek, maar ek "voel"
> baie keer musiek tot in my hart...
>
> E
>
> "Max" wrote in message
> news:410e2adc$0$36861$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>
>> Kak man! Ouvroustories!

>> Julle klink soos die onderwysers geklink het toe ons op skool was...

>> Los die musiek uit.

>> Max____________________________
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95933 is 'n antwoord op boodskap #95921] Ma, 02 Augustus 2004 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmmm - kan musiek jou persoonlikheid verander en jou in 'n pedofiel,
geweldenaar, moordenaar of so iets verander? Ek praat van
persoonlikheidsvorming, nie dissipline en IK's nie.

BTW, ek en my susters kan almal instrumente speel (ek kom uit 'n musiekmal
huis). Ek was nog nooit juis 'n besonders goeie musikant nie, maar dit het
my nie gekeer nie. Ons huis was op 'n stadium toe onder die instrumente -
en ja dit het 'n uitwerking op 'n mens. Ek's nie so seker dit vorm jou
persoonlikheid nie, dit vorm dalk jou smaak en die manier hoe jy musiek
beskou, jou liefde daarvoor word dalk dieper. Maar dat musiek jou
persoonlikheid kan verander glo ek nie...

E

"@rogers.com" wrote:

> Die nuutste denke oor die rol van musiek is dat dit wel
> duidelik 'n vormende invloed het. As iemand byvoorbeeld
> leer om 'n instrument te speel, dan verhoog dit sy IK. Dis
> daarom dat kinders deesdae aangemoedig word om 'n
> instrument te leer, selfs al kan hulle dit nie baie goed speel
> nie, en die instrument nie baie goed is nie. Dit is die
> dissipline van musiek lees wat die breinfunksie bevorder.
>
> Gloudina
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95935 is 'n antwoord op boodskap #95917] Ma, 02 Augustus 2004 15:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
O hel nee, dansmusiek kan ek nog hanteer - hang seker net af watse tipe dans
jy wil doen. Daar is nie eintlik 'n musiek soort wat "rave" genoem word
nie. Dis maar net die tipe musiek wat by raves gespeel word, en later het
mense maar (seker die wat nie in die "ding" is nie), dit die kollektiewe
term "rave" gegee. Dit sal dan nou Trance, House, Progressive Trance,
Progressive House, Hard House, ens wees. Ek ken nie die verskil tussen die
lot nie -vir my klink alles dieselfde.

Brooklyn Bounce (een van die beter groepe)
Panic Attack
Paul Oakenfield
Paul Van Dyk
Delerium

So hier en daar kruip iets uit die gate waarvan ek hou, maar meestal is dit
vir my 'n klomp gemors.

E

"Max" skryf in boodskap news:410e4fcb$0$93324$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Wat is Ravemusiek? Kan jy 'n kunstenaar/groep noem? Ek ken nie die verskil
> tussen al die nuwe tipes musiek nie. Hier praat hulle van "House" musiek, ek
> dink dis wat jy na verwys as ravemusiek. Wat ons in die oudae dansmusiek sou
> noem...
>
> Max______________________________________
Re: Musiek en geweld [boodskap #95936 is 'n antwoord op boodskap #95914] Ma, 02 Augustus 2004 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis nog steeds moonlik vir die mense om die gewone ou, om hom op te sweep
dink jy nie? As ek in 'n kerk ingaan, en die ou daarvoor praat vreeslik
begeesterd en die mense om my kry stuipe, en die musiek is sulke lekker
heppie, feelgood musiek, gaan ek binnekort ook stuipe kry. Dis alles
opsweping...

E

"Max" skryf in boodskap news:410e4f3f$0$48959$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Elaine, as jy 'n bunch "normale" mense in so 'n klub stuur, gaan hulle ook
> so optree? Ek dink dit nie, hoor, al speel jy dieselfde musiek ewe hard.
> Daai mense het daai neiging nog voor hulle daai klub binneloop.
>
> Terug by die aanvanklike punt: Dis nie die musiek se skuld nie.
>
> Max______________________________
Re: Musiek en geweld [boodskap #95946 is 'n antwoord op boodskap #95936] Ma, 02 Augustus 2004 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DeeDee  is tans af-lyn  DeeDee
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 2 Aug 2004 17:11:38 +0200, "Elaine" wrote:

> Dis nog steeds moonlik vir die mense om die gewone ou, om hom op te sweep
> dink jy nie? As ek in 'n kerk ingaan, en die ou daarvoor praat vreeslik
> begeesterd en die mense om my kry stuipe, en die musiek is sulke lekker
> heppie, feelgood musiek, gaan ek binnekort ook stuipe kry. Dis alles
> opsweping...
>
> E
>
>

Klink (vir my, let wel) lekker stupid wat jy hier sê, Elaine.
Die opsweping storie van jou, is nie eens oorspronklik nie.

As dit opsweping is, en daardie mense kan opgesweep bly,
hoe wonderlik. Liewer daardie kerk met die lekker heppie,
feelgood musiek, as daardie groep wat so trêêêkkerig sing
oor hoe bly hulle is en hoe wonderlik die lewe is. Daardie
groep wat met slegs 'n orrel as begeleiding sing en dan
uit dieselfde Bybel lees waarin Dawid se Psalms vertel dat jy
Hom met àlles wat musiek kan maak moet loof. Dieselfde
mense wat sing, "hef op julle hande..." met hande wat
stokstyf langs die sye hang. Dieselfde mense wat in
'n vergadering opstaan as die burgemeester instap, en
sit as hulle bid.

As dit jou gaan laat stuipe kry, om bly te wees, te juig en jou
hande op te hef terwyl jy sing, moet jy liewer daardie trekkerige
liede gaan sing, en op byna dieselfde noot, terwyl jy stokstyf
staan, jou blydskap verkondig; òf, heelwaarskynlik nie
eens opstaan wanneer jy dit sing nie.

Iemand het eendag gevra waarom die wêreld die vrolike
vinnige musiek tot hul beskikking moet hê, en die lofsangers
die trae, stadige musiek moet gebruik om hul blydskap
te wys.

Alles in die lewe is opsweping. Van die verkoopsman wat
jou met 'n toetsrit en mooi stories opsweep om die kar te koop,
tot jou man wat jou opgesweep het om met hom te trou.

DD

ns.
Indien jy hierop wil reageer, moet jy twee dinge doen.
Lees eers weer wat ek geskryf het, sodat dit kan insink,
en terwyl jy dit doen, sien dit raak dat ek in die eerste sin
bevestig dat dit slegs my eie mening is, en ek dalk nie
so slim is as wat ek probeer klink nie.
Re: Musiek en geweld [boodskap #95951 is 'n antwoord op boodskap #95946] Di, 03 Augustus 2004 05:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
As dit kom by die spirituele kant van dinge vermy ek die heppie kleppie
tipe kerke omdat die gevoel nie noodwendig lei tot nadenke nie. Dit voel
net vir my of ek nie naby God staan in sulke kerke nie maar eerder naby
mense. Ek moet DD se laaste woorde egter ook beaam in die sin dat dit my
persoonlike ervaring is en ek beslis glo mense ervaar die spesifieke
geleenthede anders.

Groete
Plato

DeeDee wrote:

> On Mon, 2 Aug 2004 17:11:38 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>
>> Dis nog steeds moonlik vir die mense om die gewone ou, om hom op te sweep
>> dink jy nie? As ek in 'n kerk ingaan, en die ou daarvoor praat vreeslik
>> begeesterd en die mense om my kry stuipe, en die musiek is sulke lekker
>> heppie, feelgood musiek, gaan ek binnekort ook stuipe kry. Dis alles
>> opsweping...

>> E


>
>
> Klink (vir my, let wel) lekker stupid wat jy hier sê, Elaine.
> Die opsweping storie van jou, is nie eens oorspronklik nie.
>
> As dit opsweping is, en daardie mense kan opgesweep bly,
> hoe wonderlik. Liewer daardie kerk met die lekker heppie,
> feelgood musiek, as daardie groep wat so trêêêkkerig sing
> oor hoe bly hulle is en hoe wonderlik die lewe is. Daardie
> groep wat met slegs 'n orrel as begeleiding sing en dan
> uit dieselfde Bybel lees waarin Dawid se Psalms vertel dat jy
> Hom met àlles wat musiek kan maak moet loof. Dieselfde
> mense wat sing, "hef op julle hande..." met hande wat
> stokstyf langs die sye hang. Dieselfde mense wat in
> 'n vergadering opstaan as die burgemeester instap, en
> sit as hulle bid.
>
> As dit jou gaan laat stuipe kry, om bly te wees, te juig en jou
> hande op te hef terwyl jy sing, moet jy liewer daardie trekkerige
> liede gaan sing, en op byna dieselfde noot, terwyl jy stokstyf
> staan, jou blydskap verkondig; òf, heelwaarskynlik nie
> eens opstaan wanneer jy dit sing nie.
>
> Iemand het eendag gevra waarom die wêreld die vrolike
> vinnige musiek tot hul beskikking moet hê, en die lofsangers
> die trae, stadige musiek moet gebruik om hul blydskap
> te wys.
>
>
> Alles in die lewe is opsweping. Van die verkoopsman wat
> jou met 'n toetsrit en mooi stories opsweep om die kar te koop,
> tot jou man wat jou opgesweep het om met hom te trou.
>
> DD
>
> ns.
> Indien jy hierop wil reageer, moet jy twee dinge doen.
> Lees eers weer wat ek geskryf het, sodat dit kan insink,
> en terwyl jy dit doen, sien dit raak dat ek in die eerste sin
> bevestig dat dit slegs my eie mening is, en ek dalk nie
> so slim is as wat ek probeer klink nie.
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95956 is 'n antwoord op boodskap #95936] Di, 03 Augustus 2004 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Enigiemand wat nie glo dat skares opgesweep kan raak nie, moet miskien naou
bande kyk met Hitler in aksie voor die Duitsers? Massahisterie. In 'n
skare mense daal die individu se IK maklik na zero toe en doen hulle mal
goed wat hulle op hul eie nie sal doen nie. Een van die stukke gereedskap
om hierdie staat van opsweping te bereik, is sekere tipes musiek. Kyk net
na die verskillende uitvoerende kunstenaars.....die suksesvolles kan sy
skare beheer met die 'mood' wat hy van die verhoog af skep en voed met sy
verskillende liedjies wat hy op die regte tyd speel.

"Elaine" skryf in boodskap news:celljd$935$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis nog steeds moonlik vir die mense om die gewone ou, om hom op te sweep
> dink jy nie? As ek in 'n kerk ingaan, en die ou daarvoor praat vreeslik
> begeesterd en die mense om my kry stuipe, en die musiek is sulke lekker
> heppie, feelgood musiek, gaan ek binnekort ook stuipe kry. Dis alles
> opsweping...
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95957 is 'n antwoord op boodskap #95951] Di, 03 Augustus 2004 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Plato, hier stem ek en jy saam. Ekself is nie 'n kerk-ou nie, maar ek dink
dat as jy die opruipreke van die hêppie-klêppies nodig het om ontvanklik te
wees vir die Boodskap, dan moet jy vir jouself die vraag vra hoekom gaan jy
kerk toe? Omdat jy glo of vir die 'show'?

"Plato" skryf in boodskap news:Kqmdnepn7JQ6gpLcRVn-qg@is.co.za...
> As dit kom by die spirituele kant van dinge vermy ek die heppie kleppie
> tipe kerke omdat die gevoel nie noodwendig lei tot nadenke nie. Dit voel
> net vir my of ek nie naby God staan in sulke kerke nie maar eerder naby
> mense. Ek moet DD se laaste woorde egter ook beaam in die sin dat dit my
> persoonlike ervaring is en ek beslis glo mense ervaar die spesifieke
> geleenthede anders.
>
> Groete
> Plato
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95962 is 'n antwoord op boodskap #95956] Di, 03 Augustus 2004 07:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester, jy hoef nie so vér te soek na massahisterie nie. Ook nie so vêr
terug in die tyd nie. Kyk maar net om jou. Kyk na al die buurtwagte, kyk na
die doringdrade (het julle dit ook in SWA?) Diefwering, gearlocks, alarms,
buisies met pepergas, sekuriteitsjongens, te veel om op te noem.

Kyk na die blanke boere.

Ons lewe in 'n tyd van massahisterie... Dis so jammer, nê?

Max______________________________________

"Suidwester" skryf in boodskap news:410f373b.0@news1.mweb.co.za...
> Enigiemand wat nie glo dat skares opgesweep kan raak nie, moet miskien naou
> bande kyk met Hitler in aksie voor die Duitsers? Massahisterie. In 'n
> skare mense daal die individu se IK maklik na zero toe en doen hulle mal
> goed wat hulle op hul eie nie sal doen nie. Een van die stukke gereedskap
> om hierdie staat van opsweping te bereik, is sekere tipes musiek. Kyk net
> na die verskillende uitvoerende kunstenaars.....die suksesvolles kan sy
> skare beheer met die 'mood' wat hy van die verhoog af skep en voed met sy
> verskillende liedjies wat hy op die regte tyd speel.
> "Elaine" wrote in message
> news:celljd$935$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dis nog steeds moonlik vir die mense om die gewone ou, om hom op te sweep
>> dink jy nie? As ek in 'n kerk ingaan, en die ou daarvoor praat vreeslik
>> begeesterd en die mense om my kry stuipe, en die musiek is sulke lekker
>> heppie, feelgood musiek, gaan ek binnekort ook stuipe kry. Dis alles
>> opsweping...
>>
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95963 is 'n antwoord op boodskap #95957] Di, 03 Augustus 2004 07:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek is ook nie 'n kerk-ou nie. Solank mense voel hulle aanbid op die regte
manier, is dit goed so. Ek sal nie met hulle lol nie.

Wat my wél opval is dat die pinksterkerke alleen maar wederkoms preek en die
arms-langs-die-sye-kerke NOOIT daaroor preek nie.

Max________________________________

"Suidwester" skryf in boodskap news:410f373f.0@news1.mweb.co.za...
> Plato, hier stem ek en jy saam. Ekself is nie 'n kerk-ou nie, maar ek dink
> dat as jy die opruipreke van die hêppie-klêppies nodig het om ontvanklik te
> wees vir die Boodskap, dan moet jy vir jouself die vraag vra hoekom gaan jy
> kerk toe? Omdat jy glo of vir die 'show'?
> "Plato" wrote in message
> news:Kqmdnepn7JQ6gpLcRVn-qg@is.co.za...
>> As dit kom by die spirituele kant van dinge vermy ek die heppie kleppie
>> tipe kerke omdat die gevoel nie noodwendig lei tot nadenke nie. Dit voel
>> net vir my of ek nie naby God staan in sulke kerke nie maar eerder naby
>> mense. Ek moet DD se laaste woorde egter ook beaam in die sin dat dit my
>> persoonlike ervaring is en ek beslis glo mense ervaar die spesifieke
>> geleenthede anders.
>>
>> Groete
>> Plato
>>
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95966 is 'n antwoord op boodskap #95962] Di, 03 Augustus 2004 08:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die groot vraag is net: Het die mense rede tot hierdie histerie? Dis
maklik om op die kantlyn te staan en te oordeel, maar die mense wat aan die
geweld blootgestel is? Is hierdie nie eerder maar 'n oorlewingsfunksie
nie? Ek meen, jy kan twee rigtings gaan as die geweld nader aan jou kom.
Jy kan of passief staan en toekyk en besluit om dinge maar in die hande van
die toeval te laat en te vertrou op die polisie, of jy kan besluit om vir
jouself te sorg en voorsorg te tref sodat jy gereed is vir moontlike
gebeurlikhede. Dis dan wat die alarms ingesit word, die wapens gekoop word
en die buurtwagte gery word, want watter reg het enige mens om 'n ander te
beroof of aan te rand, te vermoor, en dan agterna te vra dat sy regte nie
geskend moet word nie? In my opinie het die krimineel nie meer 'n reg nie
en as hy my perseel ongemagtig betree om misdaad te pleeg, dan moet hy nie
huil as sy breins die mure verf nie.
Op 'n meer ernstige noot, hier by ons op die kus kla die hengelaars wat
die kus besoek uit SA al jarre dat hulle beroof word gedurende hul vakansie.
Die ironie is dat hulle uit 'n plek kom waar hulle lewens nie seker is nie,
en hulle kla oor petty diefstal wat eintlik in meeste gevalle hul eie skuld
is aangesien die vakansiegangers nie die basiese sekuriteitsdinge wil doen
nie en gewoonlik in die vakansiegees ook meeste kere lekker ge'dop' is en in
elk geval nie veel omgee nie[tot hulle eers nugter is en dán 'foul' skree!],
MAAR die gemeenskap van ons buurdorp, Hentiesbaai, het besluit om 'n plan te
maak. Die plaaslike mense ry elke aand met hul voertuie skofte buurtwag
met sulke 1 miljoen kerskrag soekligte. Die uiteinde van die storie is dat
waar gemiddeld oor die dertig diefstalle per maand plaasgevind het, het daar
sedert Januarie nog net twee plaasgevind en beide sake is opgelos binne 'n
paar dae en die stelers in die tronk.

n...@email.com> skryf in boodskap news:410f3d5c$0$48959$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Suidwester, jy hoef nie so vér te soek na massahisterie nie. Ook nie so vêr
> terug in die tyd nie. Kyk maar net om jou. Kyk na al die buurtwagte, kyk na
> die doringdrade (het julle dit ook in SWA?) Diefwering, gearlocks, alarms,
> buisies met pepergas, sekuriteitsjongens, te veel om op te noem.
>
> Kyk na die blanke boere.
>
> Ons lewe in 'n tyd van massahisterie... Dis so jammer, nê?
>
> Max______________________________________
Re: Musiek en geweld [boodskap #95967 is 'n antwoord op boodskap #95946] Di, 03 Augustus 2004 08:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Okay, miskien het ek die verkeerde voorbeeld gebruik, maar kom ons hou
hierby. Toe ek in St. 7 was, was daar 'n man vir die (verpligte) jeugweek
by ons skool. Hy het almal opgesweep en die musiek wat ons gesing het, het
almal laat dans en gelukkig voel. 'n Klomp kinders (insluitende ek), het na
die tyd agtergebly want ons was nou eweskielik "bekeer". Ons het dit dan
"gevoel", en ou maat die "evangeliste" wat saamgekom het, het hulle hande
vol gehad. Ek is met so huppel in my stappie huis toe en het ewe vrolik aan
my ma-hulle vertel ek's nou bekeer, en almal se gatte lam gemaak oor hierdie
wonderlike kerk. Maar die volgende dag het daai lekker gevoel begin verdwyn
en teen die Woensdag was dit weg. Teen Donderdag kon ek nie meer onthou hoe
dit voel nie, wat beteken dat ek eers weer die Sondag na die kerk toe sou
moes gaan om die "gevoel" weer te kry. Ek's nie terug nie, want teen Vrydag
het ek goed geweet wat dit was. Blote opsweping en "emosie-speling".
Volgens my, as dit "the real deal" was, sou die gevoel gebly het (soos jy
sê).

Ek sien dieselfde tipe van ding by "crusades" waar die mense floutes en
horries kry en ek weet nie wat alles nie, maar wanneer hulle op daai
emosionele hoogtepunt kom, dan word die KFC barrels en kredietkaart masjiene
omgestuur vir daai mense se geld - dis nou om die "predikant" wat in 'n 10
slaapkamer huis en wat met 'n Merc rondry te help om die Woord te
"versprei". Al wat hy soek is nog geld, want sy vrou soek 'n BMW, en al hoe
hy dit gaan kry is deur daai mense op 'n punt te kry waar hulle nie meer
reguit kan dink nie. Ek het al gesien dat sommiges van hulle presies sê wat
is die minimum hoeveelheid wat hulle in die bakke moet gooi. En die mense
gee en gee, selfs al beteken dit hulle sal more nie kos hê om te eet nie. Ek
dink dat daai mense amper letterlik gebreinspoel word, dmv massa-histerie en
opsweping om hulle so ver te kry om hulle geld te oorhandig. 'n Hele paar
van hierdie sogenaamde "missionaries" en crusades is al oopgevlek as 'n
bedrogspul.

Ek noem aspris nie 'n kerk nie, want daar is "happy clappy" kerke waarmee
daar niks fout is nie, ek noem hulle ook nie happy clappies nie, want ek hou
nie van die woord nie.

Ek glo, dieselfde tipe van ding, kan gebeur by 'n gewone rock konsert. As
jy op 'n punt kom waar jy so meegevoer is deur die musiek, en jy sien wat
die mense om jou doen, en die groep hits jou aan om ook deel te neem, gaan
jy HEEL MOONTLIK ook beginne deelneem. Ek was al op 'n konsert waar 12 000
mense soos EEN MAN saam begin sing het nadat die groep van die verhoog af
stap. Daar was geen begeleiding, geen instruksies nie, ons het saam, op
dieselfde tyd, dieselfde liedjie begin sing. Hoe was dit moontlik? Ek vra
myself daai vraag gereeld af...

E

"DeeDee" wrote:

> Klink (vir my, let wel) lekker stupid wat jy hier sê, Elaine.
> Die opsweping storie van jou, is nie eens oorspronklik nie.
>
> As dit opsweping is, en daardie mense kan opgesweep bly,
> hoe wonderlik. Liewer daardie kerk met die lekker heppie,
> feelgood musiek, as daardie groep wat so trêêêkkerig sing
> oor hoe bly hulle is en hoe wonderlik die lewe is. Daardie
> groep wat met slegs 'n orrel as begeleiding sing en dan
> uit dieselfde Bybel lees waarin Dawid se Psalms vertel dat jy
> Hom met álles wat musiek kan maak moet loof. Dieselfde
> mense wat sing, "hef op julle hande..." met hande wat
> stokstyf langs die sye hang. Dieselfde mense wat in
> 'n vergadering opstaan as die burgemeester instap, en
> sit as hulle bid.
>
> As dit jou gaan laat stuipe kry, om bly te wees, te juig en jou
> hande op te hef terwyl jy sing, moet jy liewer daardie trekkerige
> liede gaan sing, en op byna dieselfde noot, terwyl jy stokstyf
> staan, jou blydskap verkondig; óf, heelwaarskynlik nie
> eens opstaan wanneer jy dit sing nie.
>
> Iemand het eendag gevra waarom die wêreld die vrolike
> vinnige musiek tot hul beskikking moet hê, en die lofsangers
> die trae, stadige musiek moet gebruik om hul blydskap
> te wys.
>
>
> Alles in die lewe is opsweping. Van die verkoopsman wat
> jou met 'n toetsrit en mooi stories opsweep om die kar te koop,
> tot jou man wat jou opgesweep het om met hom te trou.
>
> DD
>
> ns.
> Indien jy hierop wil reageer, moet jy twee dinge doen.
> Lees eers weer wat ek geskryf het, sodat dit kan insink,
> en terwyl jy dit doen, sien dit raak dat ek in die eerste sin
> bevestig dat dit slegs my eie mening is, en ek dalk nie
> so slim is as wat ek probeer klink nie.
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95968 is 'n antwoord op boodskap #95966] Di, 03 Augustus 2004 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester"
> Die groot vraag is net: Het die mense rede tot hierdie histerie?

Verskoon, maar ek gaan jou vraag met 'n teëvraag beantwoord.

Help hierdie histerie?

(Lees weer die storie oor die plaasmoord, van gister) Jy moet tog agter jou
diefwering uitkom om winkel toe te gaan om melk te koop. Jy oorhandig tog
die sleutel van jou dure BMW dat die joggie kan petrol gooi. As jy vir een
sekond "vulnerable" is, kan jy net sowel die hele dag wees. As hulle jou wil
hê, gaan hulle jou in daai sekond vat.

Max______________________________________
Re: Musiek en geweld [boodskap #95987 is 'n antwoord op boodskap #95968] Di, 03 Augustus 2004 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
So wat jy voorstel is om maar die ding te vat soos hy kom? As 'n man jou
gaan aanval, laat hom dit maar doen want dis tog wat gaan gebeur en wat help
dit om jouself daaroor te stres? Neewat vriend, ek en jy is uit
verskillende tipes hout gesny. Ek glo elke ou maak sy eie geluk in 'n
groot mate. Die diefwering voor die vensters is juis daar om die dief nie
te keer nie [want deurkom gaan hy deurkom as hy regtig wil] maar om vir my
'n lank genoeg tyd te gee om die 357 Magnum oor te haal. Ek het in al my
voertuie 'n spaar sleutel vir petrol en gee nooit die kar se sleutel vir die
joggie nie. Dit los wel 'n kans, as jy oplettend is.
Ek kan nie glo dat jy so passief bereid is om te wag vir die lewe om oor
jou te loop nie! Is jy by die werk ook so? Is jou baas tevrede dat jy
net daar plonk en net doen wat genoeg is om die dag om te kry? Moet so
wees want hoekom sal jy harder werk? Die lewe reël mos vir jou en nie jy
die lewe nie? Verskoon my en in alle respek gesê ek dink dis twak.

"Max" skryf in boodskap news:410f5aa2$0$6968$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>
> "Suidwester"
>> Die groot vraag is net: Het die mense rede tot hierdie histerie?
>
> Verskoon, maar ek gaan jou vraag met 'n teëvraag beantwoord.
>
> Help hierdie histerie?
>
> (Lees weer die storie oor die plaasmoord, van gister) Jy moet tog agter jou
> diefwering uitkom om winkel toe te gaan om melk te koop. Jy oorhandig tog
> die sleutel van jou dure BMW dat die joggie kan petrol gooi. As jy vir een
> sekond "vulnerable" is, kan jy net sowel die hele dag wees. As hulle jou wil
> hê, gaan hulle jou in daai sekond vat.
>
> Max______________________________________
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95992 is 'n antwoord op boodskap #95987] Di, 03 Augustus 2004 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Wat jy sê maak sin. Ongelukkig dink die SA mense ook alles is goed as jy 'n
gun besit. Hulle dink nie dat daar soveel mense doodgeskiet word, agv die
feit dat hulle met 'n geweer loop nie - om die mense wat met hulle eie
gewere geskiet word, nie eers te noem nie.

Hoe kan jy my passief noem, ek het die helfte van die aardbol omgetrek om
weg te kom van die kak, want ek is nie bereid om met 'n geweer in my sak te
gaan groceries koop nie...

Hoe kan jy sê ek ploeter by die werk, dit terwyl ek die main maccie is van
die company waarvoor ek werk se rekenaarstelsel... (in Europa nogals!)

Moenie jou eie gevolgtrekkings maak nie.

Max______________________________________

"Suidwester"
> So wat jy voorstel is om maar die ding te vat soos hy kom? As 'n man jou
> gaan aanval, laat hom dit maar doen want dis tog wat gaan gebeur en wat help
> dit om jouself daaroor te stres? Neewat vriend, ek en jy is uit
> verskillende tipes hout gesny. Ek glo elke ou maak sy eie geluk in 'n
> groot mate. Die diefwering voor die vensters is juis daar om die dief nie
> te keer nie [want deurkom gaan hy deurkom as hy regtig wil] maar om vir my
> 'n lank genoeg tyd te gee om die 357 Magnum oor te haal. Ek het in al my
> voertuie 'n spaar sleutel vir petrol en gee nooit die kar se sleutel vir die
> joggie nie. Dit los wel 'n kans, as jy oplettend is.
> Ek kan nie glo dat jy so passief bereid is om te wag vir die lewe om oor
> jou te loop nie! Is jy by die werk ook so? Is jou baas tevrede dat jy
> net daar plonk en net doen wat genoeg is om die dag om te kry? Moet so
> wees want hoekom sal jy harder werk? Die lewe reël mos vir jou en nie jy
> die lewe nie? Verskoon my en in alle respek gesê ek dink dis twak.
> "Max" wrote in message
> news:410f5aa2$0$6968$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>
>> "Suidwester"
>>> Die groot vraag is net: Het die mense rede tot hierdie histerie?
>>
>> Verskoon, maar ek gaan jou vraag met 'n teëvraag beantwoord.
>>
>> Help hierdie histerie?
>>
>> (Lees weer die storie oor die plaasmoord, van gister) Jy moet tog agter jou
>> diefwering uitkom om winkel toe te gaan om melk te koop. Jy oorhandig tog
>> die sleutel van jou dure BMW dat die joggie kan petrol gooi. As jy vir een
>> sekond "vulnerable" is, kan jy net sowel die hele dag wees. As hulle jou wil
>> hê, gaan hulle jou in daai sekond vat.
>>
>> Max______________________________________
>>
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #95997 is 'n antwoord op boodskap #95992] Di, 03 Augustus 2004 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan net gevolgtrekkings maak op dit wat jy sê. 'n Wapen kan nie mense
op sy eie doodskiet nie, daarvoor het hy 'n mens se hand nodig. As 'n mens
'n ander wil vermoor, sal die gebrek aan 'n vuurwapen hom nie stop nie.
Daar is ook messe, klippe, knopkieries, ens. Die punt is net, hoekom wil
jy 'n krimineel toelaat om met 'n wapen rond te loop en ek as 'n vreedsame
persoon mag dit nie doen nie? Ek neem aan jy wil die mag om te keer in die
hande van die polisie laat, maar hoeveel sekondes is 'n polisieman weg van
jou af? Wat ek teen jou storie het, is dat jy net wil staan en kyk hoe
skiet 'n ou jou dood want as jy jou gaan teesit, dan gaan hy jou net
lekkerder doodskiet?
Passief bedoel ek by dat jy net bystaan en net jou lot aanvaar. Die
feit dat jy weggetrek het van geweld af, sê presies jy's 'n passifis. Kom
ek waarborg jou, enige mens wat 'n vuurwapen vir selfverdediging dra, is
veel meer bewus van sy omgewing en van wat rondom om hom aangaan. Die rede
is eenvoudig. Hy dra 'n wapen omdat hy bedreigd voel en daarom is hy meer
paraat op sy omgewing. Die kanse dat 'n wapendraer aangeval sal word, is
veel kleiner as die ou wat net drentel en asem haal.
Wat jou werk aanbetref, lees ek ook maar net uit jou houding. Mens
verander nie van basiese beginsels tussen werk en huis nie. As jy
vreedsaam op straat loop, mag jy dalk die groot slimme wees by jou rekenaar,
maar jy sal nie maklik die baas word van 'n groot, suksesvolle maatskappy
nie.....nie as jy die lewe so in die verbygaan aanskou en wag dat dinge net
gebeur nie. Besigheid beteken om die toekoms te kan lees en geleenthede
raak te sien en dan planne te maak om daaruit jouself te bevoordeel.
Dieselfde vir selfverdediging. Jy let op en sien die situasie en as daai
donner sy hand op sy wapen is, dan rev jy hom met beter as wat hy het. As
hy wil baklei, ek is reg vir hom. LW, ek soek nie die baklei nie!

"Max" skryf in boodskap news:410f9816$0$559$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Wat jy sê maak sin. Ongelukkig dink die SA mense ook alles is goed as jy 'n
> gun besit. Hulle dink nie dat daar soveel mense doodgeskiet word, agv die
> feit dat hulle met 'n geweer loop nie - om die mense wat met hulle eie
> gewere geskiet word, nie eers te noem nie.
>
> Hoe kan jy my passief noem, ek het die helfte van die aardbol omgetrek om
> weg te kom van die kak, want ek is nie bereid om met 'n geweer in my sak te
> gaan groceries koop nie...
>
> Hoe kan jy sê ek ploeter by die werk, dit terwyl ek die main maccie is van
> die company waarvoor ek werk se rekenaarstelsel... (in Europa nogals!)
>
> Moenie jou eie gevolgtrekkings maak nie.
>
> Max______________________________________
>
> "Suidwester"
>> So wat jy voorstel is om maar die ding te vat soos hy kom? As 'n man jou
>> gaan aanval, laat hom dit maar doen want dis tog wat gaan gebeur en wat help
>> dit om jouself daaroor te stres? Neewat vriend, ek en jy is uit
>> verskillende tipes hout gesny. Ek glo elke ou maak sy eie geluk in 'n
>> groot mate. Die diefwering voor die vensters is juis daar om die dief nie
>> te keer nie [want deurkom gaan hy deurkom as hy regtig wil] maar om vir my
>> 'n lank genoeg tyd te gee om die 357 Magnum oor te haal. Ek het in al my
>> voertuie 'n spaar sleutel vir petrol en gee nooit die kar se sleutel vir die
>> joggie nie. Dit los wel 'n kans, as jy oplettend is.
>> Ek kan nie glo dat jy so passief bereid is om te wag vir die lewe om oor
>> jou te loop nie! Is jy by die werk ook so? Is jou baas tevrede dat jy
>> net daar plonk en net doen wat genoeg is om die dag om te kry? Moet so
>> wees want hoekom sal jy harder werk? Die lewe reël mos vir jou en nie jy
>> die lewe nie? Verskoon my en in alle respek gesê ek dink dis twak.
>> "Max" wrote in message
>> news:410f5aa2$0$6968$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>>
>>> "Suidwester"
>>>> Die groot vraag is net: Het die mense rede tot hierdie histerie?
>>>
>>> Verskoon, maar ek gaan jou vraag met 'n teëvraag beantwoord.
>>>
>>> Help hierdie histerie?
>>>
>>> (Lees weer die storie oor die plaasmoord, van gister) Jy moet tog agter jou
>>> diefwering uitkom om winkel toe te gaan om melk te koop. Jy oorhandig tog
>>> die sleutel van jou dure BMW dat die joggie kan petrol gooi. As jy vir een
>>> sekond "vulnerable" is, kan jy net sowel die hele dag wees. As hulle jou wil
>>> hê, gaan hulle jou in daai sekond vat.
>>>
>>> Max______________________________________
>>>
>>
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #96000 is 'n antwoord op boodskap #95881] Di, 03 Augustus 2004 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 2 Aug 2004 12:56:19 +0200, "Elaine" wrote:

> Ja daar is, en dis grotendeels maar rock, of heavy metal.

Wat het hulle geluister voor rock?
Of was daar toe nie geweldenaars nie? Daar was sekerlik.
Waarna het Nero geluister?
Atilla?
Hitler - waarskynlik Wagner.
Re: Musiek en geweld [boodskap #96001 is 'n antwoord op boodskap #95892] Di, 03 Augustus 2004 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 2 Aug 2004 14:58:38 +0200, "Elaine" wrote:

> Nou gaan lees tog wat ek hierbo gesê het! Was jy al ooit by 'n Sepulchura
> of Rammstein konsert?

ens.

Maar vind die meeste geweld nie buite klubs plaas nie?

Ek sou se die meeste geweld word op maat van voksliedere gepleeg.

Mense het, by the way, in klubs baklei laaaaank voor daar rock musiek
was.
Miskien is dit maar die drank en sal hulle sommer sonder musiek ook
baklei as daar net kroee is en geen musiek nie.

Rammstein is koel. As jy my te veel Bles Bridges speel sal ek heel
moontlik begin bakle.
Re: Musiek en geweld [boodskap #96002 is 'n antwoord op boodskap #95896] Di, 03 Augustus 2004 15:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 2 Aug 2004 14:05:05 +0100, "Suidwester" wrote:

Doer in die oorlogjare het ons
> manne motiveringslesings gegee en hulle warm gemaak met marsmusiek.

Waffer "ons" was dit?
Re: Musiek en geweld [boodskap #96003 is 'n antwoord op boodskap #95895] Di, 03 Augustus 2004 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 2 Aug 2004 15:02:24 +0200, "Max" wrote:

> Ek trek my woorde terug, musiek het wél 'n invloed op my. Marsmusiek laat my
> kots.

Dit is nogal 'n sinryke ding om saam met marsmusiek te doen.

Soos hulle se: "calling ralph on the big white telephone".
Check bietjie www.vomit.com vir alle soorte name om kots te noem
Streektaal? [boodskap #96006 is 'n antwoord op boodskap #96002] Di, 03 Augustus 2004 15:23 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf:

> Waffer "ons" was dit?

Ek lees soms woorde soos "waffer" en "sountoe" en so paar ander, en
dan wonder ek altyd. Is dit woorde wat in algemene spreektaal gebruik
word, of kom dit van 'n spesifieke streek in SA af?
Vorige onderwerp: Virrie Kaapses
Volgende onderwerp: Radio Stasies oppie Net
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 12:14:44 MGT 2024