Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » SA regering nie konsekwent (rassisties) met behandeling van burgers in buiteland...
SA regering nie konsekwent (rassisties) met behandeling van burgers in buiteland... [boodskap #95734] Vr, 30 Julie 2004 05:22
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom die verskille, vra DA
Deon de Lange en Liezel de Lange

Die regering het Donderdag uit verskeie oorde sterk kritiek ontlok oor
die klaarblyklike dubbele standaarde met sy toepassing van buitelandse
beleid - veral in gevalle waar Suid-Afrikaners elders in die wêreld in
die moeilikheid beland.

Volgens prof. Hussein Solomon, van die Sentrum vir Internasionale
Studies aan die Universiteit van Pretoria, is daar " 'n duidelike
teenstrydigheid in Suid-Afrika se buitelandse beleid".

Volgens hom is die beleid nie konsekwent wanneer dit kom by die
beskerming van Suid-Afrikaners se regte in die buiteland nie.

Met verwysing na die beweerde huursoldate wat in Zimbabwe en
Ekwatoriaal-Guinee (EG) aangehou word, het Hussein gesê "wanneer iemand
in Afrika rondval, kry Afrika-solidariteit voorkeur".

Die Suid-Afrikaanse regering hou vol dat hy nie betrokke raak by die
regsprosesse of polisie-ondersoeke van 'n soewereine staat nie en het
eers nadat die regering van EG dit versoek het, 'n span daarheen gestuur
om te help met die hofsaak.

Ná 'n versoek deur die familie van dr. Firoz Abubaker Ganjee, een van
die mans wat in Pakistan aangehou word, het Pahad onmiddellik 'n
vergadering by die Unie-gebou toegestaan waar hy die situasie aan die
familie verduidelik het.

Voorts het hy in sy vergadering met die Pakistanse hoë kommissaris
versoek dat die Pakistanse owerhede so spoedig moontlik inligting oor
die arrestasies aan die Suid-Afrikaanse regering verskaf.

Hy het ook gevra dat die Suid-Afrikaanse konsulêre personeel in
Islamabad die geleentheid gebied word om, "soos deur die Geneefse
Konvensie voorgeskryf word", die aangehoudenes te besoek.

In die geval van die beweerde huursoldate het die regering weke lank
gesloer vóór konsulêre dienste aan hulle verleen is en húl familielede
moes voor die Unie-gebou betoog voor daar aandag aan hulle saak gegee is.

Mnr. Douglas Gibson, DA-woordvoerder oor buitelandse sake, het ook
Donderdag gesê die regering se optrede in die geval van die
Pakistan-twee staan in sterk kontras met sy optrede in die geval van die
Zim-70.

"Daar blyk disproporsionele kommer te wees oor die twee mans in Pakistan
in vergelyking met die mans in Zimbabwe en in EG. Dit was óók die geval
gewees toe (mnr. Robert) McBride in Mosambiek gearresteer was.

"Die regering het geen moeite gespaar om destyds by dié saak betrokke te
raak nie. Hoekom die verskille?"
Vorige onderwerp: Vragie aan Gloudina
Volgende onderwerp: VSA paspoorte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 08:50:13 MGT 2024