Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Man met Horries " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
" Man met Horries " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #94781] Sa, 10 Julie 2004 02:23
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Man met Horries
D. J. Opperman

Ek troos my voor die hawekroeg se vuur
toe daar groen goeters gloei : ek was verstrooi;
maar met die weerkyk toe hulle nog voortduur,
het ek hul onder steenkool toegegooi.
Tog, flakkerend uit die rook kom een-een later
die lintdraak, kroeskop en likkewaan
na bo gebeur, afskuwelik en kwater
as my dubbelgangers in die klipboog staan :
" Die waarheid word nie deur die vuur verbrand,
maar lewe in die hart se kaggel voort
en sal daar rook en smeul, maar eindelik brand
en onverwags uitflikker in die woord." --
Ek het die wondere van God beskryf
en al die monsters uit my hart verdryf.
Vorige onderwerp: " Vuurlopers" ( uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Tokolosi " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 13:16:27 MGT 2024