Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Vuurlopers" ( uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
" Vuurlopers" ( uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #94777] Vr, 09 Julie 2004 22:58 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"VUURLOPERS"
DJ Opperman

Bokant die piesang- en die mangobome
spring rooi vlamme van die hout ineen,
en langs die Hindoetempel uit die lome
wierook begin kalbasfluite eentonig teem
as die gereinigdes met klam kaalvoete
die paadjies kies uit die rivier - maar bang
duskant die oopgeharkte vierkant gloed
terugstuit, soos nat bruin vullens vasgevang.
Die bok en die pampoen lê oopgebreek,
die priester sprinkel met sy takkie blare
wywaters oor die vure en koel kweek
en voorste ry van die beswete skare.
Dan in vervoering trap die kaal voetsole
lig-lig na Brahma oor tapyte kole.
Re: " Vuurlopers" ( uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #94778 is 'n antwoord op boodskap #94777] Vr, 09 Julie 2004 23:07 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf

> "VUURLOPERS"
> DJ Opperman
>
> Bokant die piesang- en die mangobome
> spring rooi vlamme van die hout ineen,
> en langs die Hindoetempel uit die lome
> wierook begin kalbasfluite eentonig teem

Jammer. Ek het hierdie een uit sekwens gepos.
Sien knersus se korrekte opeenvolging.

Hulle volg mekaar so op:
(1) Brandende Boek - gebondenheid aan die vraag oor die sin van sy arbeid.
(2) Swart kop - rasgebondenheid
(3) Lintwurm - Aardsgebondenheid
(4) Tokolosi - Gebondenheid aan die siklusse van die liggaam
(5) Vuurlopers - Gods-gebondenheid
(6) Kronos - Tydsgebondenheid
(7) Séance - Gebondenheid aan die verlede en tradisies
(8) Man met Horries
Vorige onderwerp: " Séance " ( uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Man met Horries " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:12:23 MGT 2024