Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Séance " ( uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
" Séance " ( uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #94776] Vr, 09 Julie 2004 22:53
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"SÉANCE"
DJ Opperman

Ons is meteens soos in die donker kamer
van 'n skip oor Kaapse waters diep en glad,
dan breek daar tot ons deur uit enkel vame
die geluide van 'n ondersese stad,
wat ons nie sien, maar weet dis waar: ons hoor
'n slaafklok lui en Burgers loop en praat,
perde runnik, 'n klein Maleierkoor
teem êrens, en 'n kokkewiet fluit-lok 'n maat.
En sy wat helder sien, is ons skietlood
wat in die dieptes van die Syn wegsak,
maar peilend in die waters van die dood
raak ons aan die deurstraalde stad gehaak.
Geen kuns of kennis dryf ons verder voort.
Verlos ons van die strik. Heer, sny die koord.
Vorige onderwerp: " Kronos" (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Vuurlopers" ( uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 01:45:12 MGT 2024