Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Tokolosi " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
" Tokolosi " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #94773] Vr, 09 Julie 2004 22:42 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"TOKOLOSI"
DJ Opperman

Wanneer die pietersielie water trek
hoor sy van die rivier 'n soet gefluit,
maar op nat klippe by die oortrapplek
gryp hande uit die water na haar kuit.
En met die padgee van groen stringe slyk
sien sy die halfman, halflikkewaan
los uit die water lig: spits o?kyk
haar tussen borste en vol heupe aan . . .
dat sy eers aarsel, dan verskrik wegvlug
vanuit die drif se sleepsel van verdriete,
maar ingehaal, teensinnig op die rug
tog oorgee aan die vreugde in die riete.
En nege mane lank dink sy verstom
van wié en hoë die nuwe lewe kom.
Re: " Tokolosi " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #94774 is 'n antwoord op boodskap #94773] Vr, 09 Julie 2004 22:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> "TOKOLOSI"
> DJ Opperman
>
> En met die padgee van groen stringe slyk
> sien sy die halfman, halflikkewaan
> los uit die water lig: spits o?kyk
> haar tussen borste en vol heupe aan . . .

Ek wonder wat daardie vraagtekentjie
beteken daar in dié reël. Ek het dit een-
of tweekeer gesien in die ander gedigte,
maar daar was dit duidelik nie deel van
die woordteks nie. Hier kan ek egter
nie uit die grammatika en die sinvolheid
uitmaak was daar staan nie. Kan jy lig
daarop werp?

Gloudina
Re: " Tokolosi " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #94787 is 'n antwoord op boodskap #94774] Sa, 10 Julie 2004 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Daar moet fout wees met hoe die boodskap deur verskillende bedieners
hanteer word, hy is hier weg as 'n e met 'n deelteken op (ë) Ek vermoed
van die ander vraagtekens is soortgelyke probleme.

@rogers.com wrote:
>> "TOKOLOSI"
>> DJ Opperman

>> En met die padgee van groen stringe slyk
>> sien sy die halfman, halflikkewaan
>> los uit die water lig: spits o?kyk
>> haar tussen borste en vol heupe aan . . .
>
>
> Ek wonder wat daardie vraagtekentjie
> beteken daar in dié reël. Ek het dit een-
> of tweekeer gesien in die ander gedigte,
> maar daar was dit duidelik nie deel van
> die woordteks nie. Hier kan ek egter
> nie uit die grammatika en die sinvolheid
> uitmaak was daar staan nie. Kan jy lig
> daarop werp?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: " Tokolosi " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #94790 is 'n antwoord op boodskap #94787] Sa, 10 Julie 2004 20:21 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf...

> Daar moet fout wees met hoe die boodskap deur verskillende bedieners
> hanteer word, hy is hier weg as 'n e met 'n deelteken op (ë) Ek vermoed
> van die ander vraagtekens is soortgelyke probleme.

>>> sien sy die halfman, halflikkewaan
>>> los uit die water lig: spits o?kyk
>>> haar tussen borste en vol heupe aan . . .

Dankie. Ek moes self uitgereken het dat dit "oë"
moes wees. Dom van my.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Man met Horries " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Kitaarspeler " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:48:39 MGT 2024