Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Lintwurm " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
" Lintwurm " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #94731] Do, 08 Julie 2004 20:12
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lintwurm
- DJ Opperman

Op die solder van die nag lig ek 'n luik
en sien grys ónder Leviatan rol
en rits met myle-myle lint die buik
en ingewande van die aarde vol.
Sy beitelkop was êrens weggesteek
waar see en varings van 'n oertyd staan
en met laagwaters was sy suiers bleek
hol kraterkringe van 'n somermaan.
Ek het langs wenteltrappe van die plek
gesak, maar toe met elke tree en drang
voel ek dat spiere aan my spiere trek -
ek is 'n lit in daardie lyf gevang.
Dit sterf stuk-stuk van hom: mens, vis en gras,
maar ewig groei en klou hy - aardevas.
Vorige onderwerp: " Swart kop" (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Kronos" (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 09:52:10 MGT 2024