Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Swart kop" (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
" Swart kop" (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #94705] Wo, 07 Julie 2004 21:52
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Swart kop
DJ Opperman

Daar lê waar hierdie stad sak word en roes
en afloopwaters in suur modderbelle
uit die agterbuurte van die aarde wel,
'n strooisgroot kop met hare dig en kroes
en oë soos paddastoele uit die grond.
Ek het geroepe om die kop geloop
en wou dit met die westerwaters doop,
toe sing meteens ou impi's uit die mond:
"Ek ken die aarde reeds waarop jy boer,
en wil nie by jou in jou hemel wees,
maar eerder met voorvaderlike geeste
uit die hel Unkulunkulu roer.
Gaan die wit woede van my oog verby -
jy het my kop reeds van die lyf gesny."
Vorige onderwerp: " Brandende Boek " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Lintwurm " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:57:21 MGT 2024