Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Verknoeide Mirakel " deur HENNIE AUCAMP
" Verknoeide Mirakel " deur HENNIE AUCAMP [boodskap #94604] Sa, 03 Julie 2004 21:50
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
VERKNOEIDE MIRAKEL
Vir Nataniël le Roux
Hennie Aucamp (Teen latenstyd, 1987)

Die son wat jy beloof het,
het nooit die dag geskyn nie;
die drank wat jy geskink het,
was water en geen wyn nie.

Jou haardos wat geblink het,
het hennarooi besiel,
maar toe ek dit vertroetel,
was jou lokke van akriel.

Jou borste wat beloof het
'n koninklike buit,
was onbestand teen passie:
sinteties ingespuit.

Jou rokke wat geval het
soos water van 'n krans,
het om jou spits bly karring:
en kyk, ons was twee mans.

Die son wat jy beloof het,
is uitgedoof tot nag;
en na ek jou vermoor het,
het ek jou weer verkrag.
Vorige onderwerp: " Die Swart Stad " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: " Brandende Boek " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 21:29:48 MGT 2024