Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Brief aan Pous oor plaasmoorde
Brief aan Pous oor plaasmoorde [boodskap #94139] Wo, 16 Junie 2004 07:51
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
deur NICO VAN BURICK Landbouweekblad

As deel van 'n internasionale veldtog om aandag op die omvang van
plaasmoorde in Suid-Afrika te vestig, is pous Johannes Paulus II onlangs in
'n brief versoek om hom daarteen uit te spreek.

Me. Adriana Stuijt, 'n Nederlandse joernalis wat lank in Suid-Afrika gewerk
het en deesdae 'n vurige kampvegter teen plaasmoorde is, het die brief aan
die pous gestuur. Briewe is ook vroeër aan regerings en
menseregte-instansies in Nederland, België, Brittanje en Amerika gestuur.

As deel van die veldtog was daar staptogte oor die breedte van Engeland en
in Suid-Afrika, sowel as vreedsame betogings in Dallas, Den Haag, Geneve en
Pretoria.

Stuijt wys in die briewe daarop dat minstens 1 640 boere sedert 1991 in
Suid-Afrika vermoor is. Sy verwys na bevindings dat 313 boere uit elke 100
000 van die bevolking in Suid-Afrika vermoor word. Volgens Interpol is
boerdery in Suid-Afrika die gevaarlikste beroep ter wêreld.

Ná 'n nuwe vlaag van plaasmoorde die afgelope weke in Suid-Afrika, het die
Demokratiese Alliansie opnuut gevra dat daar ernstig gekyk moet word na die
vestiging van 'n gespesialiseerde landelike beveiligingseenheid binne die
polisie. Dié party het onderneem om sy beleidsvoorstelle hieroor weer aan
die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, die Kommissaris van Polisie en
die portefeuljekomitee vir veiligheid en sekuriteit te stuur.

Volgens die voorstel moet die eenheid se opleiding en take op landelike
beveiliging gerig wees en hy moet regstreeks aan die kommissaris verslag
doen.

Junie 2004
Vorige onderwerp: Gragte hou diewe weg
Volgende onderwerp: Goue AK47 in Irak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:56:39 MGT 2024