Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die onophoudelike weerligstraal " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ
" Die onophoudelike weerligstraal " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ [boodskap #93646] Vr, 04 Junie 2004 03:30 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DIE ONOPHOUDELIKE WEERLIGSTRAAL
Charl-Pierre Naude

Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
in herinnerings terugvind? Weerlig klap
en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.

Maar in die vlugtige Seance van geheue
kan vergane dinge,versluierd, weer gebeur:

My vriende wat geïmigreer het sing
hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.

Die wynvlek op 'n tafelblad vee ek skoon;
maar die houtgrein self toon 'n waterpatroon.

Ek onthou die oomblik se onseker praal
wat verblindend in die hemel gerank het;
die na-lig, teen my toe ooglede afgeëets,
is 'n onophoudelike weerligstraal.
Re: " Die onophoudelike weerligstraal " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ [boodskap #93665 is 'n antwoord op boodskap #93646] Vr, 04 Junie 2004 08:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken hierdie ou glad nie. Uit watter era kom hy? Ek dink ek hou van sy
manier van dig.

"Sal ek vandag se geluk in herinnerings terugvind?" Pragtig pragtig
pragtig!!! Die wynvlek strofe sal my ook bybly.

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:z1Svc.343204$0qd.159132@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> DIE ONOPHOUDELIKE WEERLIGSTRAAL
> Charl-Pierre Naude
>
> Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
> in herinnerings terugvind? Weerlig klap
> en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
> van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.
>
> Maar in die vlugtige Seance van geheue
> kan vergane dinge,versluierd, weer gebeur:
>
> My vriende wat geïmigreer het sing
> hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.
>
> Die wynvlek op 'n tafelblad vee ek skoon;
> maar die houtgrein self toon 'n waterpatroon.
>
> Ek onthou die oomblik se onseker praal
> wat verblindend in die hemel gerank het;
> die na-lig, teen my toe ooglede afgeëets,
> is 'n onophoudelike weerligstraal.
>
Re: " Die onophoudelike weerligstraal " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ [boodskap #93747 is 'n antwoord op boodskap #93665] So, 06 Junie 2004 02:47 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Ek ken hierdie ou glad nie. Uit watter era kom hy? Ek dink ek hou van sy
> manier van dig.

Naude is sover ek weet 'n heeltemal nuwe
digter. Hy het eers onlangs 'n tweede
digbundel laat verskyn. Ek hou ook baie
van hom. Een van die handvol digters
in die laaste paar jare wat werklik uitstekend
is. Baie sterker byvoorbeeld as Antjie Krog.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Die Kalksteengroef " deur CHARL-PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: Uit " Die Nomadiese Oomblik" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 22:34:31 MGT 2024