Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Aptekers - Moerfie, 'n vragie
Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93511] Di, 01 Junie 2004 10:44 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Moerfie, staak jy ook vandag? My man moes sy medisyne gaan haal toe's die
apteek toe. Ek ondersteun julle vir wat dit werd is want onse slim
government het weer nie gedink nie.

Ek het net 'n vragie vir jou Moerfie. Ek lees julle mag nou nie meer as 26%
mark-up op medisyne of R31 (wat ookal die minste is) wins maak nie. Is dit
nou op die bruto uitgawes, soos salarisse en winkelhuur of net op die
medisyne? As julle nie julle overheads kan inreken by die mark-up nie, hoe
gaan julle enigsins bestaan - newwermaaind van 'n profyt maak?

Elaine
Re: Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93522 is 'n antwoord op boodskap #93511] Di, 01 Junie 2004 11:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Elaine - ooooooo jou man se apteker is in grooooot moeilikheid!! Die
aptekers mag eers van 2nm staak!!
--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:c9hmm0$eu3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Moerfie, staak jy ook vandag? My man moes sy medisyne gaan haal toe's die
> apteek toe. Ek ondersteun julle vir wat dit werd is want onse slim
> government het weer nie gedink nie.
>
> Ek het net 'n vragie vir jou Moerfie. Ek lees julle mag nou nie meer as 26%
> mark-up op medisyne of R31 (wat ookal die minste is) wins maak nie. Is dit
> nou op die bruto uitgawes, soos salarisse en winkelhuur of net op die
> medisyne? As julle nie julle overheads kan inreken by die mark-up nie, hoe
> gaan julle enigsins bestaan - newwermaaind van 'n profyt maak?
>
> Elaine
>
Re: Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93533 is 'n antwoord op boodskap #93522] Di, 01 Junie 2004 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
12 - 3 volgens die kennisgewings en News24. Hulle is klaar weer oop, en
hulle het telefoon nommers op die deur gesit in geval van nood. :)

"Annette" skryf in boodskap news:c9hp1a$k6q$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - ooooooo jou man se apteker is in grooooot moeilikheid!! Die
> aptekers mag eers van 2nm staak!!
> --
> Annette
Re: Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93560 is 'n antwoord op boodskap #93533] Di, 01 Junie 2004 20:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Sorry, sien nou eers die vraag (laat....gaap!)

Moerfie se apteek was oop, en bliksem ons was besig!!!

Ons mag 'n pakkie medikasie verkoop vir die kosprys + 26%
Tensy die pakkie ons meer as R100 kos, dan mag ons net teen kosprys plus
R26.00 verkoop

Dit het to gevolg dat die wins op sekere medikasie, veral HIV medikasie en
Kanker Chemoterapie wat tussen R500 en R5000 kosprys het sal verminder na
enigiets van 12% tot 3%

Hieruit moet ons al ons oorhoofse uitgawes ook betaal. Dus, die apteker mag
nie sy oorhoofse uitgawes soos salarisse by die koste van die medikasie tel
nie.

So Baai baai klein aptekies en hallo aan die Hyperpharms, Linkmax, Clicks en
Dischem apteke.

Terloops, ek werk by laasgenoemde en ons het altyd nog op 'n 15-20% "markup"
gewerk, dus maak dit geen verskil aan ons en ons klante nie. Inteendeel,
ons sal ons "markup" waarskynlik onder die 26% hou, sodat ons nog steeds
prysleiers kan wees.

Ons het pas nog 2 aptekers aangestel (totaal nou 12) om in die groeiende
aantal klante te voorsien. Gisteraand was ons 'n uur na toemaaktyd nog
steeds besig om medisyne uit te reik.

Dankie Dr. Msimang,
Jy moes dit al lankal gedoen het.

"Elaine" skryf in boodskap news:c9i20b$b47$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 12 - 3 volgens die kennisgewings en News24. Hulle is klaar weer oop, en
> hulle het telefoon nommers op die deur gesit in geval van nood. :)
>
> "Annette" wrote in message
> news:c9hp1a$k6q$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine - ooooooo jou man se apteker is in grooooot moeilikheid!! Die
>> aptekers mag eers van 2nm staak!!
>> --
>> Annette
>
Re: Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93574 is 'n antwoord op boodskap #93560] Wo, 02 Junie 2004 10:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hoe werk dit? Jy mag net R26 wins neem op iets wat meer as 'n R100 kos ...
so as ek iets koop vir 'n duisend rand en met kredietkaart betaal (en jy kry
'n goeie "rate" van die bank teen 3%) dan betaal jy R4 in (verlies)?

!

TJ

"MoerFie" skryf in boodskap news:c9k7vc$a6u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sorry, sien nou eers die vraag (laat....gaap!)
>
> Moerfie se apteek was oop, en bliksem ons was besig!!!
>
> Ons mag 'n pakkie medikasie verkoop vir die kosprys + 26%
> Tensy die pakkie ons meer as R100 kos, dan mag ons net teen kosprys plus
> R26.00 verkoop
>
> Dit het to gevolg dat die wins op sekere medikasie, veral HIV medikasie en
> Kanker Chemoterapie wat tussen R500 en R5000 kosprys het sal verminder na
> enigiets van 12% tot 3%
>
> Hieruit moet ons al ons oorhoofse uitgawes ook betaal. Dus, die apteker mag
> nie sy oorhoofse uitgawes soos salarisse by die koste van die medikasie tel
> nie.
>
> So Baai baai klein aptekies en hallo aan die Hyperpharms, Linkmax, Clicks en
> Dischem apteke.
>
> Terloops, ek werk by laasgenoemde en ons het altyd nog op 'n 15-20% "markup"
> gewerk, dus maak dit geen verskil aan ons en ons klante nie. Inteendeel,
> ons sal ons "markup" waarskynlik onder die 26% hou, sodat ons nog steeds
> prysleiers kan wees.
>
> Ons het pas nog 2 aptekers aangestel (totaal nou 12) om in die groeiende
> aantal klante te voorsien. Gisteraand was ons 'n uur na toemaaktyd nog
> steeds besig om medisyne uit te reik.
>
> Dankie Dr. Msimang,
> Jy moes dit al lankal gedoen het.
>
> "Elaine" wrote in message
> news:c9i20b$b47$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 12 - 3 volgens die kennisgewings en News24. Hulle is klaar weer oop, en
>> hulle het telefoon nommers op die deur gesit in geval van nood. :)
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:c9hp1a$k6q$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Elaine - ooooooo jou man se apteker is in grooooot moeilikheid!! Die
>>> aptekers mag eers van 2nm staak!!
>>> --
>>> Annette
>>
>
Re: Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93575 is 'n antwoord op boodskap #93560] Wo, 02 Junie 2004 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jinne tog - dis regtig absurd. Wat van die kleiner dorpies? Ek bly op 'n
redelike groot plek, en in my omgewing is daar nie een Dischem, Linkmax of
Hyperpharm nie - as daar een is weet ekkie waar hy is nie.

Maar nog steeds, dink aan die verskriklike gevolge as gevolg van hierdie
nuwe wet. As al die klein aptekies toemaak, hoeveel mense gaan daar dan
sonder werk sit? Clicks Holdings, Medicross, Netcare en nog 'n paar ander
vat in elk geval die hele ding hof toe. So hulle is in elk geval self nie
te hêppie met die ding nie.

E

"MoerFie" skryf in boodskap news:c9k7vc$a6u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sorry, sien nou eers die vraag (laat....gaap!)
>
> Moerfie se apteek was oop, en bliksem ons was besig!!!
>
> Ons mag 'n pakkie medikasie verkoop vir die kosprys + 26%
> Tensy die pakkie ons meer as R100 kos, dan mag ons net teen kosprys plus
> R26.00 verkoop
>
> Dit het to gevolg dat die wins op sekere medikasie, veral HIV medikasie en
> Kanker Chemoterapie wat tussen R500 en R5000 kosprys het sal verminder na
> enigiets van 12% tot 3%
>
> Hieruit moet ons al ons oorhoofse uitgawes ook betaal. Dus, die apteker mag
> nie sy oorhoofse uitgawes soos salarisse by die koste van die medikasie tel
> nie.
>
> So Baai baai klein aptekies en hallo aan die Hyperpharms, Linkmax, Clicks en
> Dischem apteke.
>
> Terloops, ek werk by laasgenoemde en ons het altyd nog op 'n 15-20% "markup"
> gewerk, dus maak dit geen verskil aan ons en ons klante nie. Inteendeel,
> ons sal ons "markup" waarskynlik onder die 26% hou, sodat ons nog steeds
> prysleiers kan wees.
>
> Ons het pas nog 2 aptekers aangestel (totaal nou 12) om in die groeiende
> aantal klante te voorsien. Gisteraand was ons 'n uur na toemaaktyd nog
> steeds besig om medisyne uit te reik.
>
> Dankie Dr. Msimang,
> Jy moes dit al lankal gedoen het.
Re: Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93579 is 'n antwoord op boodskap #93575] Wo, 02 Junie 2004 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis 'n onoplosbare situasie. Die gebruiker wil die goedkoper pryse van
die stad hê, maar tog verwag hulle die diens van die kleiner apteke ook!
Dit is 'n feit dat groot omset maak vir beter pryse weens die verhoogde
aankope wat maak vir laer pryse by aankope en daarom maak hulle per Rand nie
noodwendig minder wins as die kleiner apteke wat met 'n lae omset teen
duurder pryse moet verkoop. Vir elke 1% wat jy bespaar by aankope, bring
vir jou ongeveer 7% meer wins by verkope.
Wat die verbruiker op die platteland aanbetref, is dit seker so dat
meeste van die kliënte van apteke redelik bejaard en 'reeds op pille' is.
Teen die plattelandse pryse sonder 'n soort van 'n prysbeheer oor
verkoopspryse, kan medisyne vir hulle baie duur raak. Aan die nader kant
moet mens onthou dat die plattelandse kleiner apteek nie net 'n
distribusiepunt is nie. Die apteker is half dokter ook en hy lewer 'n
diens van amper onskatbare waarde aan sy gemeenskap. Ek meen, jy betaal 'n
dokter R150 net om vir hom te sê jy's siek en soek 'n voorskrif vir pille.
Die apteker gee vir jou die regte medisyne sonder 'n konsultasiefooi en sy
medisyne is duurder, maar ek dink so 'score' beide partye....

"Elaine" skryf in boodskap news:c9kcpb$hib$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jinne tog - dis regtig absurd. Wat van die kleiner dorpies? Ek bly op 'n
> redelike groot plek, en in my omgewing is daar nie een Dischem, Linkmax of
> Hyperpharm nie - as daar een is weet ekkie waar hy is nie.
>
> Maar nog steeds, dink aan die verskriklike gevolge as gevolg van hierdie
> nuwe wet. As al die klein aptekies toemaak, hoeveel mense gaan daar dan
> sonder werk sit? Clicks Holdings, Medicross, Netcare en nog 'n paar ander
> vat in elk geval die hele ding hof toe. So hulle is in elk geval self nie
> te hêppie met die ding nie.
>
> E
>
> "MoerFie" wrote in message
> news:c9k7vc$a6u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Sorry, sien nou eers die vraag (laat....gaap!)
>>
>> Moerfie se apteek was oop, en bliksem ons was besig!!!
>>
>> Ons mag 'n pakkie medikasie verkoop vir die kosprys + 26%
>> Tensy die pakkie ons meer as R100 kos, dan mag ons net teen kosprys plus
>> R26.00 verkoop
>>
>> Dit het to gevolg dat die wins op sekere medikasie, veral HIV medikasie en
>> Kanker Chemoterapie wat tussen R500 en R5000 kosprys het sal verminder na
>> enigiets van 12% tot 3%
>>
>> Hieruit moet ons al ons oorhoofse uitgawes ook betaal. Dus, die apteker mag
>> nie sy oorhoofse uitgawes soos salarisse by die koste van die medikasie tel
>> nie.
>>
>> So Baai baai klein aptekies en hallo aan die Hyperpharms, Linkmax, Clicks en
>> Dischem apteke.
>>
>> Terloops, ek werk by laasgenoemde en ons het altyd nog op 'n 15-20% "markup"
>> gewerk, dus maak dit geen verskil aan ons en ons klante nie. Inteendeel,
>> ons sal ons "markup" waarskynlik onder die 26% hou, sodat ons nog steeds
>> prysleiers kan wees.
>>
>> Ons het pas nog 2 aptekers aangestel (totaal nou 12) om in die groeiende
>> aantal klante te voorsien. Gisteraand was ons 'n uur na toemaaktyd nog
>> steeds besig om medisyne uit te reik.
>>
>> Dankie Dr. Msimang,
>> Jy moes dit al lankal gedoen het.
>
Re: Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93583 is 'n antwoord op boodskap #93579] Wo, 02 Junie 2004 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee jinne - daar's darem 'n verskil tussen 'n wins maak en uitbuiting. Hier
by ons is 'n apteek wat my R44 vra vir 'n asma-pompie. Dieselfde pompie word
by 'n ander apteek vir R24 verkoop, met die nuwe wet gaan die prys op die
pompie (volgens die apteker) af na R17 toe - dit beteken die eerste apteek
het seker omtrent 300% wins by daai een ou pompie ingereken. En dis ook nou
nie juis medisyne waarsonder ek kan klaarkom nie. Ek is ten gunste die laer
pryse, ja dwing die aptekers om pryse af te bring - maar moet hulle ook nie
van 'n lewe ontneem nie. Met die nuwe wet - wat glad nie oorhoofse kostes
by die "mark-up" insluit nie - gaan hulle kripeer. Ek sê maak dit so dat
net noodsaaklike medisyne se pryse afgebring word, en nie-noodsaaklike goed
soos hoofpynpille, vitamines en dies meer kan dan nog teen dieselfde prys
verkoop word; of, laat die apteke darem toe om hulle oorhoofse kostes in te
reken by die mark-up.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:40bdb9bf.0@news1.mweb.co.za...
> Dis 'n onoplosbare situasie. Die gebruiker wil die goedkoper pryse van
> die stad hê, maar tog verwag hulle die diens van die kleiner apteke ook!
> Dit is 'n feit dat groot omset maak vir beter pryse weens die verhoogde
> aankope wat maak vir laer pryse by aankope en daarom maak hulle per Rand nie
> noodwendig minder wins as die kleiner apteke wat met 'n lae omset teen
> duurder pryse moet verkoop. Vir elke 1% wat jy bespaar by aankope, bring
> vir jou ongeveer 7% meer wins by verkope.
> Wat die verbruiker op die platteland aanbetref, is dit seker so dat
> meeste van die kliënte van apteke redelik bejaard en 'reeds op pille' is.
> Teen die plattelandse pryse sonder 'n soort van 'n prysbeheer oor
> verkoopspryse, kan medisyne vir hulle baie duur raak. Aan die nader kant
> moet mens onthou dat die plattelandse kleiner apteek nie net 'n
> distribusiepunt is nie. Die apteker is half dokter ook en hy lewer 'n
> diens van amper onskatbare waarde aan sy gemeenskap. Ek meen, jy betaal 'n
> dokter R150 net om vir hom te sê jy's siek en soek 'n voorskrif vir pille.
> Die apteker gee vir jou die regte medisyne sonder 'n konsultasiefooi en sy
> medisyne is duurder, maar ek dink so 'score' beide partye....
Re: Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93584 is 'n antwoord op boodskap #93583] Wo, 02 Junie 2004 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Al wat ek vir jou sê is dat daar in beskigheid nie gegewes is nie. Bv. op
die een dorp kan 'n apteker sy winkel huur vir sê R1500 per maand. Op 'n
ander dorp moet hy R4000 betaal. Op die derde word hy gedwing om grond te
koop en sy eie gebou te bou. In die kleiner plekke sal jy ook vind dat
aflewering 'n prioriteit is teenoor die stad se meer 'cash and
carry'-situasie. Oor die duim geskat moet 'n besigheid in die kleinhandel
seker ten minste 45% bruto opmerk hê plus VAT om uiteindelik so 'n 10%
nettowins te wys. In die boubedryf bv. is dit niks snaaks om brutowinste
van oor die 60% te vind nie.....op konstruksiehout maklik 70% plus. Vir
seker het apteke ook te doen met vervaldatums en sulke dinge en locums wat
betaal moet word.
Sny hulle die pryse, gaan hulle die kleiner apteke se deure sluit. En
wie gaan ly daaronder? Die apteker? Nee, hy gaan stad toe en gaan werk
vir 'n ryk donner terwyl die klein gemeenskap dan sonder 'n apteek sit.
Miskien moet die mense die rykoste uitwerk wat hulle aangaan om by die
groter, goedkoper apteek uit te kom en dán die verskil bepaal. Ek onthou
die tyd wat ons in Pretoria was, was dit groot pret om agter die goedkoop
pryse doer anderkant Lynnwoodrif aan te ry.....tot ek eendag uitwerk dat jy
maklik 60km ry en teen R1,20 per kilo is dit R72,00......en jy bespaar nie
R72 op die hele spul nie. "Penny wise and pound foolish' roep die Ingelse
dit. Dis waarom ek vra as die mense by die kleiner apteek siek word en
hulle vra gou vir die apteker vir wat hy reken hulle moet kry.....sit DAN 'n
prys ook op sy diens.

"Elaine" skryf in boodskap news:c9kglp$rp7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nee jinne - daar's darem 'n verskil tussen 'n wins maak en uitbuiting. Hier
> by ons is 'n apteek wat my R44 vra vir 'n asma-pompie. Dieselfde pompie word
> by 'n ander apteek vir R24 verkoop, met die nuwe wet gaan die prys op die
> pompie (volgens die apteker) af na R17 toe - dit beteken die eerste apteek
> het seker omtrent 300% wins by daai een ou pompie ingereken. En dis ook nou
> nie juis medisyne waarsonder ek kan klaarkom nie. Ek is ten gunste die laer
> pryse, ja dwing die aptekers om pryse af te bring - maar moet hulle ook nie
> van 'n lewe ontneem nie. Met die nuwe wet - wat glad nie oorhoofse kostes
> by die "mark-up" insluit nie - gaan hulle kripeer. Ek sê maak dit so dat
> net noodsaaklike medisyne se pryse afgebring word, en nie-noodsaaklike goed
> soos hoofpynpille, vitamines en dies meer kan dan nog teen dieselfde prys
> verkoop word; of, laat die apteke darem toe om hulle oorhoofse kostes in te
> reken by die mark-up.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40bdb9bf.0@news1.mweb.co.za...
>> Dis 'n onoplosbare situasie. Die gebruiker wil die goedkoper pryse van
>> die stad hê, maar tog verwag hulle die diens van die kleiner apteke ook!
>> Dit is 'n feit dat groot omset maak vir beter pryse weens die verhoogde
>> aankope wat maak vir laer pryse by aankope en daarom maak hulle per Rand nie
>> noodwendig minder wins as die kleiner apteke wat met 'n lae omset teen
>> duurder pryse moet verkoop. Vir elke 1% wat jy bespaar by aankope, bring
>> vir jou ongeveer 7% meer wins by verkope.
>> Wat die verbruiker op die platteland aanbetref, is dit seker so dat
>> meeste van die kliënte van apteke redelik bejaard en 'reeds op pille' is.
>> Teen die plattelandse pryse sonder 'n soort van 'n prysbeheer oor
>> verkoopspryse, kan medisyne vir hulle baie duur raak. Aan die nader kant
>> moet mens onthou dat die plattelandse kleiner apteek nie net 'n
>> distribusiepunt is nie. Die apteker is half dokter ook en hy lewer 'n
>> diens van amper onskatbare waarde aan sy gemeenskap. Ek meen, jy betaal 'n
>> dokter R150 net om vir hom te sê jy's siek en soek 'n voorskrif vir pille.
>> Die apteker gee vir jou die regte medisyne sonder 'n konsultasiefooi en sy
>> medisyne is duurder, maar ek dink so 'score' beide partye....
>
Re: Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93587 is 'n antwoord op boodskap #93583] Wo, 02 Junie 2004 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
hulle het begin met army, dis opgefok, toe die polieste,
toe die hospitale, die skole , die stadsrade, nou teiken hulle die aptekers,
wat's volgende

"Elaine" wrote in message
news:c9kglp$rp7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nee jinne - daar's darem 'n verskil tussen 'n wins maak en uitbuiting. Hier
> by ons is 'n apteek wat my R44 vra vir 'n asma-pompie. Dieselfde pompie word
> by 'n ander apteek vir R24 verkoop, met die nuwe wet gaan die prys op die
> pompie (volgens die apteker) af na R17 toe - dit beteken die eerste apteek
> het seker omtrent 300% wins by daai een ou pompie ingereken. En dis ook nou
> nie juis medisyne waarsonder ek kan klaarkom nie. Ek is ten gunste die laer
> pryse, ja dwing die aptekers om pryse af te bring - maar moet hulle ook nie
> van 'n lewe ontneem nie. Met die nuwe wet - wat glad nie oorhoofse kostes
> by die "mark-up" insluit nie - gaan hulle kripeer. Ek sê maak dit so dat
> net noodsaaklike medisyne se pryse afgebring word, en nie-noodsaaklike goed
> soos hoofpynpille, vitamines en dies meer kan dan nog teen dieselfde prys
> verkoop word; of, laat die apteke darem toe om hulle oorhoofse kostes in te
> reken by die mark-up.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40bdb9bf.0@news1.mweb.co.za...
>> Dis 'n onoplosbare situasie. Die gebruiker wil die goedkoper pryse van
>> die stad hê, maar tog verwag hulle die diens van die kleiner apteke ook!
>> Dit is 'n feit dat groot omset maak vir beter pryse weens die verhoogde
>> aankope wat maak vir laer pryse by aankope en daarom maak hulle per Rand nie
>> noodwendig minder wins as die kleiner apteke wat met 'n lae omset teen
>> duurder pryse moet verkoop. Vir elke 1% wat jy bespaar by aankope, bring
>> vir jou ongeveer 7% meer wins by verkope.
>> Wat die verbruiker op die platteland aanbetref, is dit seker so dat
>> meeste van die kliënte van apteke redelik bejaard en 'reeds op pille' is.
>> Teen die plattelandse pryse sonder 'n soort van 'n prysbeheer oor
>> verkoopspryse, kan medisyne vir hulle baie duur raak. Aan die nader kant
>> moet mens onthou dat die plattelandse kleiner apteek nie net 'n
>> distribusiepunt is nie. Die apteker is half dokter ook en hy lewer 'n
>> diens van amper onskatbare waarde aan sy gemeenskap. Ek meen, jy betaal 'n
>> dokter R150 net om vir hom te sê jy's siek en soek 'n voorskrif vir pille.
>> Die apteker gee vir jou die regte medisyne sonder 'n konsultasiefooi en sy
>> medisyne is duurder, maar ek dink so 'score' beide partye....
>
Re: Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93589 is 'n antwoord op boodskap #93587] Wo, 02 Junie 2004 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Pick 'n Pay!!

"soforkenwhat" skryf in boodskap news:c9kprl$lia$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> hulle het begin met army, dis opgefok, toe die polieste,
> toe die hospitale, die skole , die stadsrade, nou teiken hulle die aptekers,
> wats volgende
Re: Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93598 is 'n antwoord op boodskap #93589] Do, 03 Junie 2004 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmm. Hulle 'Pick hulle sonder om te pay!'

"Elaine" skryf in boodskap news:c9l2aq$6pe$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Pick 'n Pay!!
>
> "soforkenwhat" wrote in message
> news:c9kprl$lia$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> hulle het begin met army, dis opgefok, toe die polieste,
>> toe die hospitale, die skole , die stadsrade, nou teiken hulle die aptekers,
>> wats volgende
>
Re: Aptekers - Moerfie, 'n vragie [boodskap #93645 is 'n antwoord op boodskap #93560] Vr, 04 Junie 2004 03:07 Na vorige boodskap
Joeboy  is tans af-lyn  Joeboy
Boodskappe: 54
Geregistreer: Februarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
"MoerFie" skryf in boodskap news:c9k7vc$a6u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sorry, sien nou eers die vraag (laat....gaap!)
>
> Moerfie se apteek was oop, en bliksem ons was besig!!!
>
> Ons mag 'n pakkie medikasie verkoop vir die kosprys + 26%
> Tensy die pakkie ons meer as R100 kos, dan mag ons net teen kosprys plus
> R26.00 verkoop
>
> Dit het to gevolg dat die wins op sekere medikasie, veral HIV medikasie en
> Kanker Chemoterapie wat tussen R500 en R5000 kosprys het sal verminder na
> enigiets van 12% tot 3%
>
> Hieruit moet ons al ons oorhoofse uitgawes ook betaal. Dus, die apteker mag
> nie sy oorhoofse uitgawes soos salarisse by die koste van die medikasie tel
> nie.
>
> So Baai baai klein aptekies en hallo aan die Hyperpharms, Linkmax, Clicks en
> Dischem apteke.
>
> Terloops, ek werk by laasgenoemde en ons het altyd nog op 'n 15-20% "markup"
> gewerk, dus maak dit geen verskil aan ons en ons klante nie. Inteendeel,
> ons sal ons "markup" waarskynlik onder die 26% hou, sodat ons nog steeds
> prysleiers kan wees.
>
Hi
Ek besef ek word maklik verwar, maar as die maksimum brutowins beperk word
tot R26, dan sal selfs die "groot ouens" probleme optel? Dit sal net geen
effek he op Dischem se pryse as die produk elk geval onder R100 kos nie,
duurder items sal wel teen n laer winsgrens verkoop moet word. Daar gaan nie
baie ruimte wees vir dead-stock nie ..
Tot later
Joeboy
Vorige onderwerp: Aptekersmedisyne
Volgende onderwerp: 'Failed' docters at work in South Africa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:16:33 MGT 2024