Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Politiek en Onderwys
Politiek en Onderwys [boodskap #93255] Wo, 26 Mei 2004 06:27
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Verlede jaar is diagnostiese toetse gedoen deur Gr 6 leerlinge in skole in
die Kaap. Skole met minder as 10 kinders in die klas het nie deelgeneem nie.
Die toetse is gedoen op 34 596 gr 6 leerlinge by 1079 skole.
Die uitslag toon dat 15.6% van die leerlinge kan tel en 35% van die
leerlinge kan lees en skryf.
Cameron Dugmore, nuwe minister van Onderwys in die WesKaap, beweer dat die
rede nie die nuwe uitkoms-gebaseerde onderwysstelsel is nie, maar armoede en
gebrek aan hulpbronne by die meeste skole. Volgens hom kan 'n honger kind
nie konsentreer om te leer nie.
Sy oplossing vir die probleem is dat elke klas in elke graad 100 boeke kry,
en van die kinders word verwag om 100 boeke per jaar te lees.
Wat van die armoede en gepaardgaande gebrek aan konsentrasie?
Waar gaan die kinders tyd kry om te leer om te tel en te reken?
--
Annette
Vorige onderwerp: Wysheid van die gryskoppe......
Volgende onderwerp: Student
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 18:35:23 MGT 2024