Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS
" villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS [boodskap #93205] Ma, 24 Mei 2004 17:44 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Tom Gouws

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,

kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
'n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier

waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.

snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
hierdie landskap lê voue van geel papier

in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
Re: " villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS [boodskap #93235 is 'n antwoord op boodskap #93205] Di, 25 Mei 2004 11:41 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek onthou hierdie een. Hy het al verbygekom. Ek dink ek het toe al vir jou
gesê dat die sinne te lank en te vol vergelykings is na my sin.

Ek dink ook ek het al vir jou gesê dat ek hou van die "vergeelde papier"
uitdrukking. Ek hou nog steeds daarvan.

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:6wqsc.390$iCJ1.18@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>
> villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
> Tom Gouws
>
> hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
> in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
> soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,
>
> kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
> 'n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
> hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
>
> waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
> op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
> soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.
>
> snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
> in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
> hierdie landskap lê voue van geel papier
>
> in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
> van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
> soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
>
> hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,
> soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
>
Vorige onderwerp: " Regressie " deur ELIZABETH DU TOIT ( 'n villanelle)
Volgende onderwerp: Re: Gloudina en haar gedigte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:39:05 MGT 2024