Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Mag dit behoue bly " deur PETER BLUM
" Mag dit behoue bly " deur PETER BLUM [boodskap #92941] Ma, 17 Mei 2004 13:52
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uit "Wat die Hart van Vol is"
Peter Blum

Mag dit behoue bly

Mag dit behoue bly soos dit nou is!
Hierdie ou hoekie van die woonbuurt Tuine
met sy beskeie huisies agter heinings
van ragwerk-yster of 'n oleander,
met sy stoepies gelyk en uitgerus,
nes koffie-tannies - mag hier niks verander!

As ek terugkom wil ek jou bolig
nog as lanternglas om die gloeilamp waan,
en al die varsgeverfde hortjies dig,
waaragter liefde stil voltrek word saans.
Wat ook al buite dreig, hier is dit warm:
dof klink die buitewêreld se geraas -
niks ergers dan die koddige alarm
as die viskramer op sy beueltjie blaas.

Is julle gewaarsku? Het julle gehoor?
Slegs een keer het die tyd se stroom gestol
vir twee minnaars: 'n stad se vorm, helaas,
verander vinniger dan 'n mens se hart
wat ou posture kan vaslê.
Vorige onderwerp: " Hamba kahle Brenda Fassie " deur JEANNE GOOSEN
Volgende onderwerp: Gloudina en haar gedigte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 20:11:05 MGT 2024