Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Brenda Fassie dood.
Brenda Fassie dood. [boodskap #92726] Ma, 10 Mei 2004 05:54 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou is sy dood, en 'n klomp mense ween. Sunday Times berig gister dat sy op
27 April siek geword het. ST het 6 dae daarna die berig geplaas. Tot op
daardie stadium het geen politikus haar besoek nie. Na die berig tot gister
het 782 politici haar besoek. Gelukkig was sy heeltyd in 'n koma, en weet
niks van die besige verkeer nie.
--
Annette
Re: Brenda Fassie dood. [boodskap #92734 is 'n antwoord op boodskap #92726] Ma, 10 Mei 2004 09:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Haai nooit! Kan jy bietjie uitwei waaraan sy dood is?

Ek was nogal 'n fan. Destyds in die army het die SAKK's (kleurlingkorps) so
na haar geluister en het die vonk oorgespring na my kant toe...

Max____________________________

"Annette" skryf in boodskap news:c7nb4t$ja4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nou is sy dood, en 'n klomp mense ween. Sunday Times berig gister dat sy op
> 27 April siek geword het. ST het 6 dae daarna die berig geplaas. Tot op
> daardie stadium het geen politikus haar besoek nie. Na die berig tot gister
> het 782 politici haar besoek. Gelukkig was sy heeltyd in 'n koma, en weet
> niks van die besige verkeer nie.
> --
> Annette
>
Re: Brenda Fassie dood. [boodskap #92736 is 'n antwoord op boodskap #92734] Ma, 10 Mei 2004 10:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Blykbaar het sy 'n asma aanval gehad - en het sy in 'n koma ingegaan. Maar
nou ja, 5fm spekuleer dat dit 'n dwelm oordosis was. Ek's nogal geneig om
aan die kant van 5fm te trek, want regtig....

E

"Max" skryf in boodskap news:409f5131$0$567$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Haai nooit! Kan jy bietjie uitwei waaraan sy dood is?
>
> Ek was nogal 'n fan. Destyds in die army het die SAKK's (kleurlingkorps) so
> na haar geluister en het die vonk oorgespring na my kant toe...
>
> Max____________________________
Re: Brenda Fassie dood. [boodskap #92737 is 'n antwoord op boodskap #92736] Ma, 10 Mei 2004 10:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat natuurlik ook die vraag van Aids los? Hier by ons gaan mense amper
elke dag dood aan verkoues, griep, asma.....alle soortes van eintlik
nie-fatale siektes nie. Of, dis die amptelike redes.

"Elaine" skryf in boodskap news:c7nmdt$9ej$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Blykbaar het sy 'n asma aanval gehad - en het sy in 'n koma ingegaan. Maar
> nou ja, 5fm spekuleer dat dit 'n dwelm oordosis was. Ek's nogal geneig om
> aan die kant van 5fm te trek, want regtig....
>
> E
>
> "Max" wrote in message
> news:409f5131$0$567$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Haai nooit! Kan jy bietjie uitwei waaraan sy dood is?
>>
>> Ek was nogal 'n fan. Destyds in die army het die SAKK's (kleurlingkorps)
> so
>> na haar geluister en het die vonk oorgespring na my kant toe...
>>
>> Max____________________________
>
Re: Brenda Fassie dood. [boodskap #92740 is 'n antwoord op boodskap #92737] Ma, 10 Mei 2004 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, en hulle mag ook nie meer op die doodsertifikaat sit dat 'n mens aan
VIGS dood is nie, dis teen hulle menseregte - newwermaaind die arme
ondernemer wat die lyk moet versorg nie.

Anyway, moenie 'n fout maak nie, asma kan dodelik wees. Ek spekuleer, maar
dis moontlik dat die dwelms wat Fassie gebruik het (kokain en heroin), wel
haar gestel en longe so verswak het dat sy nie meer die aanvalle kon beveg
of beheer nie.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:409f5e75.0@news1.mweb.co.za...
> Wat natuurlik ook die vraag van Aids los? Hier by ons gaan mense amper
> elke dag dood aan verkoues, griep, asma.....alle soortes van eintlik
> nie-fatale siektes nie. Of, dis die amptelike redes.
Re: Brenda Fassie dood. [boodskap #92741 is 'n antwoord op boodskap #92740] Ma, 10 Mei 2004 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Blykbaar was sy 'n asmalyer van jongs af, maar wou nie 'n pompie gebruik of
saamdra nie. Offisieel het sy 'n erge asma-aanval gekry, en kort daarna ook
hartversaking. Ek vermoed daar was 'n tydperk van suurstoftekort, daarom die
koma en die breinskade.
Daar is wel spekulasie van vigs, juis omdat dit bekend was dat sy dwelms
gebruik het.
--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:c7no2t$csl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ja, en hulle mag ook nie meer op die doodsertifikaat sit dat 'n mens aan
> VIGS dood is nie, dis teen hulle menseregte - newwermaaind die arme
> ondernemer wat die lyk moet versorg nie.
>
> Anyway, moenie 'n fout maak nie, asma kan dodelik wees. Ek spekuleer, maar
> dis moontlik dat die dwelms wat Fassie gebruik het (kokain en heroin), wel
> haar gestel en longe so verswak het dat sy nie meer die aanvalle kon beveg
> of beheer nie.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:409f5e75.0@news1.mweb.co.za...
>> Wat natuurlik ook die vraag van Aids los? Hier by ons gaan mense amper
>> elke dag dood aan verkoues, griep, asma.....alle soortes van eintlik
>> nie-fatale siektes nie. Of, dis die amptelike redes.
>
Re: Brenda Fassie dood. [boodskap #92747 is 'n antwoord op boodskap #92741] Ma, 10 Mei 2004 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar is baie spekulasies - ons sal nooit die waarheid weet nie, want ek kan
nogal dink dat die familie iets soos oordosisse en VIGS baie vinnig onder
die mat sal invee. En jy's reg, daar was 'n tydperk van suurstof tekort,
blykaar het gedeeltes van haar brien al afgesterf teen die tyd was hulle
haar kon bybring.

E

"Annette" skryf in boodskap news:c7nqm1$lf4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Blykbaar was sy 'n asmalyer van jongs af, maar wou nie 'n pompie gebruik of
> saamdra nie. Offisieel het sy 'n erge asma-aanval gekry, en kort daarna ook
> hartversaking. Ek vermoed daar was 'n tydperk van suurstoftekort, daarom die
> koma en die breinskade.
> Daar is wel spekulasie van vigs, juis omdat dit bekend was dat sy dwelms
> gebruik het.
> --
> Annette
Re: Brenda Fassie dood. [boodskap #92750 is 'n antwoord op boodskap #92736] Ma, 10 Mei 2004 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote:
> Blykbaar het sy 'n asma aanval gehad - en het sy in 'n koma ingegaan. Maar
> nou ja, 5fm spekuleer dat dit 'n dwelm oordosis was. Ek's nogal geneig om
> aan die kant van 5fm te trek, want regtig....
snip-snip...

Ek spekuleer nou, maar die "asma-aanval" laat my dink: daar bestaan iets
soos 'n "bronchiale spasma" waaraan mens maklik kan doodgaan - amper
soos 'n hartaanval, maar van jou asemhalingstelsel se kant af.. . Is
hier 'n dokterige iemand hier wat kan uitlê? Aan die ander kant was me
Fassi nie bekend vir haar besadigde lewenswyse nie.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Brenda Fassie dood. [boodskap #92751 is 'n antwoord op boodskap #92750] Ma, 10 Mei 2004 20:44 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, nog nooit daarvan gehoor nie. Ek het al wel 'n doktersbrief gekry
waarop hy geskryf het dat ek bronchiale asma het, en die het ek gekry toe ek
bronchitis gehad het. Ek ly aan asma - so dalk is dit maar die kombinasie
van die twee wat hy bedoel het.

E

"knersus" wrote:
>
> Ek spekuleer nou, maar die "asma-aanval" laat my dink: daar bestaan iets
> soos 'n "bronchiale spasma" waaraan mens maklik kan doodgaan - amper
> soos 'n hartaanval, maar van jou asemhalingstelsel se kant af.. . Is
> hier 'n dokterige iemand hier wat kan uitlê? Aan die ander kant was me
> Fassi nie bekend vir haar besadigde lewenswyse nie.
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
Vorige onderwerp: Oorspronklike kunstenaars
Volgende onderwerp: musiek versagt die seden
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 14:16:36 MGT 2024