Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Feetjie grappie: variasie
Feetjie grappie: variasie [boodskap #92624] Wo, 05 Mei 2004 21:34
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Koos en sy meisie trou op haar 20ste verjaardag. By die onthaal loop 'n
versekeringsagent hom by en reken dat hy dadelik 'n polis moet koop. Kos sê
vir hom, "Is jy mal, ek is by my eie troue se onthaal, hoe kan jy nou aan my
'n polis verkoop? Ek is oor twee weke terug van wittebrood, kom sien my op
kantoor dan kan ons praat."

Die versekeringsagent hou egter voet by stuk: "Die polis is net vandag
geldig. Dit waarborg jou twee 20-jarige meisies op die dag wat jou vrou
veertig word, maar dan moet jy nou teken."

Koos reken dit kan 'n bargain wees en teken toe maar die polis.

Op die dag van Mev. Koos se 40ste verjaardag en hulle 20ste
huweliksherdenking, is daar 'n klop aan die deur. Twee groot manne en twee
pragtige jong meisies staan daar toe Koos die deur oopmaak. Hulle is toe
daar vir die Groot Omruil. Mev. Koos was glad nie geneë om te gaan nie, maar
die twee groot manne het haar al skoppend en skreeuend daar weg. Koos is
effe verbouereerd en nooi toe maar die twee dames in.

Sommer van die staanspoor af is dinge nie lekker nie, en daardie aand in die
trippelbed (lees dubbelbed vir drie), wil niks werk nie en Koos en die twee
asters gaan slaap teleurgesteld. Na drie weke van afhanklikheid en gebrek
aan opstandige indringerigheid, besluit Koos om 'n dokter te raadpleeg.

Dokter vind niks fout en die Viagra wat hy voorskryf werk ook glad nie.
Dokter is later raadop en stuur hom na 'n spesialis, daarna na nog een en
later, uit radeloosheid na 'n loodgieter toe. Die loodgieter vind ook niks
fout met die konneksies en dinge daar onderlangs nie, en verwys hom na 'n
veearts. Die veearts het ook alles probeer en ten einde raad verwys hy Koos
na sy neef wat 'n elektriese ingenieur is.

Die ingenieur het aandagtig na Koos se probleem geluister en tot die slotsom
gekom:

"Koos jy is ongelukkig bedraad vir een-veertig en nie vir twee-twintig nie"
Vorige onderwerp: Snaakse grap
Volgende onderwerp: Deur die oë van 'n kind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:36:41 MGT 2024