Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Ver in die ou Kalahari - Oorsrpronklike Kunstenaar
Ver in die ou Kalahari - Oorsrpronklike Kunstenaar [boodskap #92542] Sa, 01 Mei 2004 02:53 na volgende boodskap
Ooskus  is tans af-lyn  Ooskus
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
"Ver in die ou Kalahari" is gekomponeer en oorspronklik gesing deur Danie
Pretorius. Hy het baie Afrikaanse musiek geskryf - onder andere ook Die
Braake van Turffontein. Ek weet, want in 1962 en 1963 het ons (my ouers) 'n
huis by hom gehuur in Vryburg. Danie en sy gesin het in die huis gater ons
s'n gebly. Ons het dikwels oor en weer gekuier en hy het by meer as een
geleentheid sy kitaar saam gebring en vir ons gesing. Hy het ook vir my 'n
handgeskrewe manusrkip van "Ou Kalahari" gegee - wat ongelukkig sedertdien
verlore geraak het. Ek het ook ander musiek by hom gekry. Hy het 'n paar
(minstens twee) langspeelplate gemaak met van sy musiek wat hy self sing. Sy
groot mededinger op musiekgebied in Vryburg was Zoon Oberholzer, wat ook
Afrikaanse musiek geskryf en self gesing het.
Re: Ver in die ou Kalahari - Oorsrpronklike Kunstenaar [boodskap #92544 is 'n antwoord op boodskap #92542] Sa, 01 Mei 2004 02:56 Na vorige boodskap
Ooskus  is tans af-lyn  Ooskus
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
Jammer - vergeet om te onderteken.

Henry in Pennsylvania

"Ooskus" skryf in boodskap news:4Y-dnWpFKfmojA7dRVn-hQ@comcast.com...
> "Ver in die ou Kalahari" is gekomponeer en oorspronklik gesing deur Danie
> Pretorius. Hy het baie Afrikaanse musiek geskryf - onder andere ook Die
> Braake van Turffontein. Ek weet, want in 1962 en 1963 het ons (my ouers) 'n
> huis by hom gehuur in Vryburg. Danie en sy gesin het in die huis gater ons
> s'n gebly. Ons het dikwels oor en weer gekuier en hy het by meer as een
> geleentheid sy kitaar saam gebring en vir ons gesing. Hy het ook vir my 'n
> handgeskrewe manusrkip van "Ou Kalahari" gegee - wat ongelukkig sedertdien
> verlore geraak het. Ek het ook ander musiek by hom gekry. Hy het 'n paar
> (minstens twee) langspeelplate gemaak met van sy musiek wat hy self sing. Sy
> groot mededinger op musiekgebied in Vryburg was Zoon Oberholzer, wat ook
> Afrikaanse musiek geskryf en self gesing het.
>
Vorige onderwerp: Liedjie
Volgende onderwerp: Oorspronklike kunstenaars
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 03:34:57 MGT 2024