Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die lewe is 'n grenshotel " deur HENNIE AUCAMP
" Die lewe is 'n grenshotel " deur HENNIE AUCAMP [boodskap #92515] Do, 29 April 2004 15:02
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hennie Aucamp
Die lewe is 'n grenshotel

Madame sit in Die Grenswag
'n manskap teen haar bors
sy koester sy vermoeidheid
sy nadrup en sy dors

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar

Madame bestel 'n High Ball
(dit hou die vleesdrif hoog)
sy kyk na jong kanonvoer
wat saamdrom by die oog

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar

Madame, versot op jong bloed,
vergeet skoon van haar óú
maar jonk of oud sterf eners
die slagveld is hul vrou

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar

Madame grens oor dié wete
haar hulpdiens is beperk:
want of hul bruin of wit is
hul dra die Kainsmerk

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar

En drank en nag bring kennis
en álmal haal die grens
dié grens erken geen grense
alleen die hart se wens

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar
Vorige onderwerp: " Ballade van die bloeddorstige jagter " deur G.A. WATERMEYER
Volgende onderwerp: Ou gedig/lied gesoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:11:31 MGT 2024