Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Totius: twee gedigte
Totius: twee gedigte [boodskap #92257] Wo, 21 April 2004 18:43 na volgende boodskap
Ooskus  is tans af-lyn  Ooskus
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
Jammer, iets het gister verkeerd gegaan toe ek die twee gedigte van Totius
wou pos. Hier is altwee:

1.
O DIE PYN-GEDAGTE

O Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .
dit brand soos 'n pyl in my.
Die mense sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek Iy.

Die dae kom en die nagte gaan;
die skadu's word lank en weer kort;
die drywerstem van my werk weerklink,
en ek gaan op my kruisweg vort.

* * *

Maar daar skiet aldeur 'n pyn in my hart,
so, dat my lewe se glans verdwyn:
Jou kind is dood met 'n vreeslike dood!
en - ek gryp na my bars van die pyn.

O Die bliksemgedagte! . . . Ja, lieflingskind,
een straal het jou skone liggaam verskroei,
maar bliksemstrale sonder tal
laat my binneste brand en bloei.

Sy was so teer so os 'n vlindertjie,
sy 't lugtig omheen geswerf;
'n asempie wind kon haar vlerkies breek
en - kyk watter dood moes sy sterf!

Hoe weinig die kinders wat so moet sterf,
dis een uit die tienduisend,tal,
en ag, dat dit sy was, en ek moes sien
dat sy dood in my arms val!

O Die pyngedagte: My kind is dood!
dit brand soos'n pyl in my;
die mens die sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek ly.

2.
DIE GODSBESLUIT

Voor die onheilswoning en
tussen die skaars~beblaarde
soetdorings staan, in droë aarde
maar lowergroen en blink van blad,
die wag-'n-bietjie langs die pad.

Wanneer ek naderkom dan sien
ek dorings krom en reg;
'k sien takke inmekaar gedraai
en deurmekaar gevleg.
En wil ek in die blare gryp
of aan die takke breek,
dan tas ek in 'n doringnes
wat vreeslik haak en steek.

* * *

Bo al u donker bome, o Heer, "
groei my 'n enk'le reusboom uit:
dit is die wag-'n-bietjiebos
van u besluit.
Van ver so skoon, so groen, so blink
maar hoe verward
wanneer ek dieper kyk en dink
as wat 'n sondaar pas.
En steek ek dan my hande uit
na u besluit,
dan gryp ek in die dorings vas.
Re: Totius: twee gedigte [boodskap #92278 is 'n antwoord op boodskap #92257] Do, 22 April 2004 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ooskus schreef op Wed, 21 Apr 2004 14:43:13 -0400 in de nieuwsgroep
soc.culture.south-africa.afrikaans

> Jammer, iets het gister verkeerd gegaan toe ek die twee gedigte van Totius
> wou pos. Hier is altwee:
>
> 1.
> O DIE PYN-GEDAGTE
>
> O Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .
> dit brand soos 'n pyl in my.
> Die mense sien daar niks nie van,
> en die Here alleen die weet wat ek Iy.
>
> Die dae kom en die nagte gaan;
> die skadu's word lank en weer kort;
> die drywerstem van my werk weerklink,
> en ek gaan op my kruisweg vort.
>
> * * *
>
> Maar daar skiet aldeur 'n pyn in my hart,
> so, dat my lewe se glans verdwyn:
> Jou kind is dood met 'n vreeslike dood!
> en - ek gryp na my bars van die pyn.
>
> O Die bliksemgedagte! . . . Ja, lieflingskind,
> een straal het jou skone liggaam verskroei,
> maar bliksemstrale sonder tal
> laat my binneste brand en bloei.
>
> Sy was so teer so os 'n vlindertjie,
> sy 't lugtig omheen geswerf;
> 'n asempie wind kon haar vlerkies breek
> en - kyk watter dood moes sy sterf!
>
> Hoe weinig die kinders wat so moet sterf,
> dis een uit die tienduisend,tal,
> en ag, dat dit sy was, en ek moes sien
> dat sy dood in my arms val!
>
> O Die pyngedagte: My kind is dood!
> dit brand soos'n pyl in my;
> die mens die sien daar niks nie van,
> en die Here alleen die weet wat ek ly.
>
> 2.
> DIE GODSBESLUIT
>
> Voor die onheilswoning en
> tussen die skaars~beblaarde
> soetdorings staan, in droë aarde
> maar lowergroen en blink van blad,
> die wag-'n-bietjie langs die pad.
>
> Wanneer ek naderkom dan sien
> ek dorings krom en reg;
> 'k sien takke inmekaar gedraai
> en deurmekaar gevleg.
> En wil ek in die blare gryp
> of aan die takke breek,
> dan tas ek in 'n doringnes
> wat vreeslik haak en steek.
>
> * * *
>
> Bo al u donker bome, o Heer, "
> groei my 'n enk'le reusboom uit:
> dit is die wag-'n-bietjiebos
> van u besluit.
> Van ver so skoon, so groen, so blink
> maar hoe verward
> wanneer ek dieper kyk en dink
> as wat 'n sondaar pas.
> En steek ek dan my hande uit
> na u besluit,
> dan gryp ek in die dorings vas.
>

(Uit schroom niets geknipt)
Mooi. Héél mooi. Ontroerend.

Totius is toch de maker van het Afrikaanse Psalmboek niet?

Ik heb hier al enkele psalmbewerkingen van Totius gelezen, zo
bijvoorbeeld Psalm 8:

Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.

U het, o Heer, wat troon oor alle dinge,
uit kindertaal en stem van suigelinge
u mag gegrond, sodat die mens moet swyg
wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig.

... etc.

Is dit de tekst zoals hij voorkomt in het Afrikaanse Psalmboek of is
dit een aparte bewerking?

--
Groeten,
Michel.
Re: Totius: twee gedigte [boodskap #92280 is 'n antwoord op boodskap #92278] Do, 22 April 2004 19:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja die psalm hieronder is presies so in ons psalmboek, hoewel ons liedere
boeke nou besig is om te verander. Totius was een van die bydraers tot die
"moderne" psalmboek gewees. Ander digters het ook bydraes gelewer, ek sou
graag vir jou wou sê wie, maar my psalmboek is weg :)

E

"Michel Martens" wrote:
>
> Totius is toch de maker van het Afrikaanse Psalmboek niet?
>
> Ik heb hier al enkele psalmbewerkingen van Totius gelezen, zo
> bijvoorbeeld Psalm 8:
>
> Daar is geen land so ver of woes geleë,
> geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
> geen hemelsfeer in die oneindigheid -
> of orals blink u Naam en majesteit.
>
> U het, o Heer, wat troon oor alle dinge,
> uit kindertaal en stem van suigelinge
> u mag gegrond, sodat die mens moet swyg
> wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig.
>
> ... etc.
>
> Is dit de tekst zoals hij voorkomt in het Afrikaanse Psalmboek of is
> dit een aparte bewerking?
>
> --
> Groeten,
> Michel.
Re: Totius: twee gedigte [boodskap #92281 is 'n antwoord op boodskap #92280] Do, 22 April 2004 19:50 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Okay, Totius het die hele psalmboek berym, maar in ons psalmboek is daar
berymings van verskillende digters. Onder andere T.T. Cloete - Gloudina sal
jou heel moontlik meer hiervan kan vertel as ek.

E

"Elaine" skryf in boodskap news:c696r5$e8n$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ja die psalm hieronder is presies so in ons psalmboek, hoewel ons liedere
> boeke nou besig is om te verander. Totius was een van die bydraers tot die
> "moderne" psalmboek gewees. Ander digters het ook bydraes gelewer, ek sou
> graag vir jou wou sê wie, maar my psalmboek is weg :)
>
> E
Vorige onderwerp: " Plaashek " deur UYS KRIGE
Volgende onderwerp: " oorlog 2 " deur PIET van ROOYEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:26:23 MGT 2024