Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Plaashek " deur UYS KRIGE
" Plaashek " deur UYS KRIGE [boodskap #92170] Sa, 17 April 2004 19:47 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uys Krige
Plaashek
Bloedrooi die aalwyn langs
die slingerpad.
Dis of daar vonke uit
elk vuurpyl spat.
Maar niks, niks roer nie . net
'n luggie wat
skrams aan die ritselende
grassate vat.

Daarbo die blou, blou lug,
daaronder die rivier
wat deur die boorde kronkel met
'n groene swier.
Niks stoor die yle swewende
bergstilte hier.

Ná al die jare maak ek weer
'n plaashek oop.
Waar het my paaie
tog nie geloop
om my hier by 'n hek te bring
van al my waan gestroop,
maar met my denke helder
en in my hart die hoop?

Die hek staan in die skad'wee van
'n kremetart.
Die stilte in my's volkome met
niks troebels, niks verward.
Ek lig die knip . Ek maak
'n hek oop in my hart.
Re: " Plaashek " deur UYS KRIGE [boodskap #92199 is 'n antwoord op boodskap #92170] Di, 20 April 2004 06:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Mooi mooi.

"@rogers.com" wrote in message
news:HRfgc.952$Mzw.561@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
> Uys Krige
> Plaashek
> Bloedrooi die aalwyn langs
> die slingerpad.
> Dis of daar vonke uit
> elk vuurpyl spat.
> Maar niks, niks roer nie . net
> 'n luggie wat
> skrams aan die ritselende
> grassate vat.
>
> Daarbo die blou, blou lug,
> daaronder die rivier
> wat deur die boorde kronkel met
> 'n groene swier.
> Niks stoor die yle swewende
> bergstilte hier.
>
> Ná al die jare maak ek weer
> 'n plaashek oop.
> Waar het my paaie
> tog nie geloop
> om my hier by 'n hek te bring
> van al my waan gestroop,
> maar met my denke helder
> en in my hart die hoop?
>
> Die hek staan in die skad'wee van
> 'n kremetart.
> Die stilte in my's volkome met
> niks troebels, niks verward.
> Ek lig die knip . Ek maak
> 'n hek oop in my hart.
>
Re: " Plaashek " deur UYS KRIGE [boodskap #92224 is 'n antwoord op boodskap #92199] Di, 20 April 2004 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Koot schreef op Tue, 20 Apr 2004 08:16:10 +0200 in de nieuwsgroep
soc.culture.south-africa.afrikaans

> Mooi mooi.

Heel zeker!

>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:HRfgc.952$Mzw.561@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>> Uys Krige
>> Plaashek
>> Bloedrooi die aalwyn langs

Kan iemand mij vertellen wat 'aalwyn' precies betekent?
Een plant, een boom?

Dank.

--
Groeten,
Michel.
Re: " Plaashek " deur UYS KRIGE [boodskap #92228 is 'n antwoord op boodskap #92224] Wo, 21 April 2004 00:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Aalwyn is 'n plant met sulke vet "blare". Die sap van die aalwyn word
gebruik as tipe "medisyne", vir enigiets van purgasie tot verkoue. Dis
ongelooflik bitter, maar baie mense sweer hoog en laag dit werk.

E

"Michel Martens" wrote:
>
> Kan iemand mij vertellen wat 'aalwyn' precies betekent?
> Een plant, een boom?
>
> Dank.
>
>
> --
> Groeten,
> Michel.
Re: " Plaashek " deur UYS KRIGE [boodskap #92229 is 'n antwoord op boodskap #92224] Wo, 21 April 2004 00:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
As dit help, die Engels vir Aalwyn is Aloe.

"Michel Martens" wrote:>
>
> Kan iemand mij vertellen wat 'aalwyn' precies betekent?
> Een plant, een boom?
>
> Dank.
>
>
> --
> Groeten,
> Michel.
Re: " Plaashek " deur UYS KRIGE [boodskap #92230 is 'n antwoord op boodskap #92224] Wo, 21 April 2004 00:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Michel Martens" skryf

> Kan iemand mij vertellen wat 'aalwyn' precies betekent?
> Een plant, een boom?

Die Engels vir aalwyn is "aloe."
Aalwyne kom in alle grootes. Daar is baie klein
aalwyntjies, en dan is daar reuse boomaalwyne,
groter as 'n volwasse man.
My geliefkoosde aalwyne was 'n tipe wat in
die Noordkaap gegroei het. Hulle het van
binne af doodgegaan en het dus na baie
jare 'n sirkel van gesonde plante gemaak,
met niks in die middel : die perfekte plek
om huis-huis in te speel in die veld.

Gloudina
Re: " Plaashek " deur UYS KRIGE [boodskap #92245 is 'n antwoord op boodskap #92230] Wo, 21 April 2004 11:28 Na vorige boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
over 'aalwyn'

Elaine en Gloudina, dank voor de toelichting. Het is nu helemaal
duidelijk.
--
Groeten,
Michel.
Vorige onderwerp: Die Godsbesluit - Totius
Volgende onderwerp: Totius: twee gedigte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 13:20:19 MGT 2024