Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ecce homo " deur N.P. van Wyk LOUW
" Ecce homo " deur N.P. van Wyk LOUW [boodskap #92054] Vr, 09 April 2004 22:01
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
N.P van Wyk Louw

Ecce homo

Omdat Hy my verlaat het,
laat Hy my nooit alleen:
ek hoor ál nagte 'n asem hyg
en iets soos vroue wat sag ween.

Dan staan dit in die skemer daar:
die Bleke aan die hoë kruis,
en vul met die wete van Sy smart
my hele huis.

Ek ken Sy dors, ek ken Sy angs
(God het hom ook van my gewend);
ek kan Sy wonde met name noem,
en elke spyker is bekend:

Die Liefde skeur in elke hand,
en deur Sy voete brand die Hoon;
die Waan van Godheid is gedruk
ook in Sy hoof as doringkroon.

Sy oë staar van die kruis en berg
die heilige, ver-blou aarde deur
totdat die dood hul vul; ek hoor
uiteindelik die voorhang skeur.

Dan in die donker net die gloed
van dowwe woord se helder spot
in enkele letters bo Sy hoof:
Dit is die God en Seun van God.
Vorige onderwerp: " Gebed " deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: " Nuttige reseppe" deur C.W. JOUBERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 03:44:55 MGT 2024