Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Karoo-dorp, someraand " deur NP van Wyk LOUW
" Karoo-dorp, someraand " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #90902] Wo, 03 Maart 2004 19:59
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
N.P. van Wyk Louw

Karoo-dorp: someraand

Die laat-middag het room geword
en treine wat ver fluit
en 'n wit-bont klaas-skáwagter'
wat wag-hou op 'n kluit

en rook uit die lokasie rook
en by die dorpsdam sing
en mense in tennisbroekies loop
die koper skemer in

dóér op die nasionale pad
loop motortjies onhoorbaar, hoog;
Oum-Appie-Slagkraal se ou fiets
kom staan, vanself, moeg, voor die oog:

Tant'-Tolie-met-die-kanker kom
sit op die bordinghuis se stoep:
vanaand gaan hoor ons nog hoe sy
die Here en die uile roep.
Vorige onderwerp: " Stelsel " deur D. J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " By Siembamba se lykie " deur HENNIE AUCAMP
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:26:07 MGT 2024