Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die wind in die baai " deur NP van Wyk LOUW
" Die wind in die baai " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #89551] So, 25 Januarie 2004 13:43
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
N.P. van Wyk Louw

Die wind in die baai

Die wind in die baai het gaan lê; en rondom
het dit oor Houtbaai, oor Kampsbaai
en by Seepunt wit koppe bly waai.
Maar, in die baai het die wind gaan lê:
alles wil toegesluit lyk - byna veilig -;
en 'n seun het in 'n blikskuitjie uit,
sakdoek vir seil
- sonder fletter -, plankies vir roeiers,
dit uit-gewaag
- want die wind oor die baai het gaan lê.
En ons bid na die berg, die wind, die planeet toe
om alles wat wind-berg-planeet se aard is
af te lê, en 'n oomblik ('n oomblik!)
net te broei, broei oor die vrees vir die vrees
en die ongewete roei van die seun
in hierdie kort stilte binne die baai.
Vorige onderwerp: " salut d'amour " deur FANIE OLIVIER
Volgende onderwerp: " Reën in die Bosveld " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 17:08:20 MGT 2024