Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » matriek
matriek [boodskap #6306] Vr, 19 April 1996 00:00
Johann Christiaan Claasen  is tans af-lyn  Johann Christiaan Claasen
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
At 04:04 PM 4/18/96 SAT, you wrote:
> Ek hoor gerugde oor een van die plaaslike radio stasies dat
> matriek as voorvereisde vir universiteits toelaating nie meer nodig
> gaan wees nie. Sodoende kan die diskriminasie teen die agtergeblewendes
> uit die weg geruim word.
>
> Weet enige iemand of die aanname enigsins water dra ?
>
> Groete.
> Abi Coetzee
> Suid-Afrika
>
>
Nee, dis nog nie amptelik so nie, maar die hele tendens is om tersi^ere
onderwys, en veral universiteite, meer toeganklik vir die massas te maak.
anganyi (DG van onderwys) het dit al herhaaldelik gesê; nuwe Nasionale
Kwalifikasieraamwerk (NOF) bevat verskillende paaie om by universiteit uit
te kom, bv via ABE (volwassene- basiese onderwys; "adult basic education").
Die projeksie is dat daar 'n ontploffing in tersi^ere getalle kom in SA.
Daar is tans so 350 000 studente in tersi^ere inrigtings. In 2000 gaan dit
rondom 750 000 staan.

Overgesetsynde: om universiteit toe te gaan word so te sê beskou as 'n
fundamentele reg. Maw die Amerikaanse filosofie om "college"-onderwys
egalitaries te beskou, is nou ons voorland. Die elitistiese model (net die
room gaan universiteit toe, en dit het niks met kleur uit te waai nie) van
die Ooste en selfs Europa word nou in die ban gedoen. Die hartseer is dat 'n
mens grade uitdeel wat (alreeds) niks werd begin raak nie en 'n ambisieuse
jongmens eintlik van die wal i die sloot in help om hom universiteit toe te
stuur. 2 verskynsels is al tot vervelens toe uitgewys in 'n egalitariese
model: graadinflasie ("degree inflation") en die opgevoede werkloses
("educated unemployed"). Een lessie: hou jou kind ver weg van 'n algemene
graadstudie (BA, BComm, BSc, selfs regsgrade; daar is laasjaar amper 2000
LLBs uitgedeel!) aan 'n universiteit; 'n gesofistikeerde, skaars
kwalifikasie (bv CA; medies) kan nog gaan. Die beste opleiding is opleiding
vir 'n nis, wat geredelik by 'n technikon, tegniese kollege of sommer as 'n
vakleerling in die werkplek opgedoen kan word. Ons sal moet ophou neus
optrek vir blouboordjiewerk, wat in elk geval lankal nie meer
sweetfabriekwerk is nie. Die grap is eintlik op ons witboordjiedinosaurusse
met ons staatspossies (en eweneens: staatssalarissies!)

Groetnis uit New York.
Chris Claassen
Vorige onderwerp: Afikaanse Kultuur: 'n VSA universiteit Afikaanse klass navorsing
Volgende onderwerp: Die Afrikaner 28 Junie 1996 Blanke onderwysers na swart skole
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 14:57:34 MGT 2024