Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Reënerige oggend in Pennington " deur CHARL DURAND
" Reënerige oggend in Pennington " deur CHARL DURAND [boodskap #89184] Di, 13 Januarie 2004 22:49
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Reënerige oggend in Pennington
'n lied vir gavin

deur Charl Durand

Indigo Girls in Gavin se sitkamer
koffie op die veranda
voor die reën

druppels wat die see dof vee

deel ons met mekaar die spoke in ons koppe
wonder oor die eindelose suidkusweer
ek vertel hom van Gauteng
terwyl sy luister
as sy praat klink sy opgewonde

Gavin sê dis sy drome
wat waar word

ek het jou so lanklaas gesien
tot die golwe dof grys
jy lyk so legendaries
soos my broer in 'n movie
apostel wat met sy gees worstel

maar Gavin sê dis sy drome
wat waar word

as ons hier bly sit vir 'n ewigheid
sal die reen ophou? sal god neerkyk?
sien dat ons mekaar oppas
soos glaskinders,
waardeur 'n lig skyn, so anders

gavin, karin sê
sy wil nog koffie hê.
Vorige onderwerp: " die wit boom " deur P.H. ROODT
Volgende onderwerp: " Eilandgroep " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:17:56 MGT 2024