Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " die wit boom " deur P.H. ROODT
" die wit boom " deur P.H. ROODT [boodskap #89183] Di, 13 Januarie 2004 21:40
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
P.H. Roodt

die wit boom

vir yevgeny

ek kyk uit op 'n wit boom tussen sinkdakke.
lank kyk ek na die wit boom in bloei.
die wit boom buite my venster.
die wit boom.
en ek weet sy is weg in 'n eenvoudige bruin pakkie
met 'n tas en die kat en die kind aan haar hand.
sy het die deur oopgemaak. sy het gegroet. en gewaai.
die kind se bruin oë wou nie weggaan nie. ek het dit geraam.
bokant die kaggel. maar saans het sy lag -
sy klein koggellaggie - uit die kamer opgeklink.
en sy oë het in die vuur gedans.
sy poppe en skewebekhuisies het die verhoor gereël.
my gevonnis tot 'n libido van gekheid.
sy was weg. in 'n eenvoudige bruin pakkie.
en die kind sonder oë aan haar hand.
maar hul voetstappe weerklink deur my huis
en ek kyk 24 uur lank na die wit boom buite.
die wit boom tussen sinkdakke in die bloeiende son.
ek raak kortasem. swerf deur my venster.
verdwyn in die sap van die boom.
word boom.
die wit boom.
Vorige onderwerp: " Winnie " deur LOUIS ESTERHUIZEN
Volgende onderwerp: " Reënerige oggend in Pennington " deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 12:41:30 MGT 2024