Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Athol Fugard se "Valley Song" in Toronto
Athol Fugard se "Valley Song" in Toronto [boodskap #6298] Do, 18 April 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Op die oomblik speel Athol Fugard se "Valley Song"
in Toronto by die World Stage teaterfees. Fugard self
speel twee van die drie karakters: die ou kleurlingman
Abraam Jonkers en die witman wat tegelyk ook die
outeur is. Esmeralda Bihl speel Veronica, die kleinkind
van die ou man. Sy droom van Johannesburg toe gaan
en 'n loopbaan as sangeres. Haar oupa vrees vir haar
toekoms en is bang dat hy self afgeskop gaan word van
die grond wat hy al die jare bewoon.
Blykbaar het die idee vir die storie ontstaan toe Athol
Fugard vir hom grond aangekoop het in New Bethesda.
Op sy aangekoopte stuk grond het daar al die jare 'n ou
kleurlingman gebly. In 'n onderhoud vra hulle vir Fugard
wat van die ou man geword het. Hy se toe die ou man bly
nog daar op die grond. "His handful of pumpkin seeds
is really Athol Fugard with a handful of words." (Ironies
egter is vir my die feit dat die ou man nou die witman in
die oe moet kyk, al het sy voorsate lank voor die witman
op daardie land gebly.)
Op 'n manier is hierdie toneelstuk ook nog 'n voortsetting
van die Helen Martins-saga. Fugard het sekerlik hierdie dorp
uitgekies omdat Helen Martins daar gebly het, die heldin van
sy "The Road to Mecca." So het die vrou op wie haar wit
bure so neergesien het, noual direk en indirek veroorsaak dat
daar twee toneelstukke ontstaan het wat in New Bethesda
afspeel. Mense in Broadway se teaters hoor die naam New
Bethesda en dink: op daardie plek het iemand probeer om
die nuwe Jerusalem te vestig.
Aan die einde van die onderhoud met die Globe & Mail
se Fugard :"The last time I came to Toronto, I was envious
of Canadians...Now, if you have any sense, you should be
envious of my country. We are taking on one of the most
extreme challenges, to show the world, after centuries of
repression and violence - and we could easily have become
a second Bosnia - to show the world how it is done. And
it's working. Amazing."

Gloudina Bouwer


Volgende onderwerp: Radio Nederland/Vlaanderen - Nederlandstalige uitzendingen online !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 07:31:11 MGT 2024