Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Bruilofslied " deur DONALD RIEKERT
" Bruilofslied " deur DONALD RIEKERT [boodskap #88825] Ma, 05 Januarie 2004 17:33
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Donald W. Riekert

Bruilofslied

Op Swartklip roep die
bruilofsgaste Gryp klippe
laat ons die son afgooi
bo die swartrant Kom laat
ons die rooi turksvy slag
Dat ons die dans dans
Onthou dis turksvytyd
Trap en swaai op die plat
klip Skop die bokmis stof
Soen die bruid Maar pasop dat
die dorinkies nie die soet
te lank vasknoop op jou tong
Môreoggend knipoog jy net
lê die son rooi turksvy op
jou karos en die voorbok trek
voorslag voor die skaaptrop uit
Vorige onderwerp: " Klara Majola " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Sabbat " deur HEWITT VISSER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:36:16 MGT 2024