Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Gragte hou diewe weg
Gragte hou diewe weg [boodskap #88712] Vr, 02 Januarie 2004 17:47 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gragte hou diewe weg
ANDRIES GOUWS (ago...@landbou.com)


Misdaad in die algemeen en veediefstal in die besonder dwing boere in
KwaZulu-Natal om diep, breë slote om hul plase te grawe of elektriese
heinings op te rig om hulle teen die misdadigers te beskerm.

Misdaad is 'n bose sweer wat elkeen in die samelewing raak, maar wat
dit veral vir boere moeilik maak om voort te gaan met vesel- en
kosproduksie

Swart en wit boere loop ewe erg deur en talle produktiewe plase lê
leeg of plantasies staan waar vet vee vroeër in malse gras gewei het.
Veiligheid is duur en jaag die pryse van landbouprodukte vir
verbruikers op.

Mnre. Koos Marais, wat die veiligheidsportefeulje van die
KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu) hanteer, en John Black, een van
die ondervoorsitters van die organisasie en boer van Boston, sê dit
het boere gedwing om buitengewone stappe te doen om hul eiendom te
beveilig.

Slote van sowat 2 m diep en 1,5 m tot 2 m wyd is om plase gegrawe —
iets tussen 'n outydse grag wat aanvallers moes uithou en 'n loopgraaf
vir oorlogsgebruik.

Die sloot om die plaas van mnr. Andrew Crookes, net suid van Howick,
is sowat sewe kilometer lank en hulle weet van minstens ses plase waar
dié voorsorgmaatreël getref is. Daar is waarskynlik heelwat meer, maar
baie boere hou hul planne stil.

Die oogmerk met die slote is om dit vir misdadigers moeiliker te maak
om vee en ander goed soos batterye en diesel van die plaas af weg te
kry. Dat dit werk, is gewis, want sedert die slote gegrawe en die
hekke op die oorgange versterk is, het diefstal in die meeste gevalle
totaal opgehou. Die slote keer ook dat kilometers draadheinings deur
booswigte weggedra word.

Die slote word met slootgrawers gemaak en dit kos sowat R10 000 per
kilometer teenoor die sowat R3 000 vir 'n gewone draadheining.

Mnr. John Stewart van Seven Streams, Boston, boer op 160 ha waar hy
220 koeie per dag melk. Hy het só erg onder veediewe deurgeloop dat hy
al agt jaar gelede 'n elektriese heining om sy plaas opgerig het. Toe
het hy gemiddeld 12 koeie per jaar verloor.

Sedertdien was daar een poging om van sy koeie te steel nie, maar
omdat die stelsel hom waarsku as daar 'n onderbreking voorkom, kon hy
die diewe verwilder.

Hy het die heining sowat 200 meter weg gespan van die paaie waaraan sy
plaas grens om te keer dat diewe sy koeie binne die heining kom slag
en die vleis wegdra.

Maar wat dwing boere om tot dié uiterstes te gaan?

In die eerste nege maande vanjaar is 18 000 beeste gesteel, waarvan 8
000 teruggevind is, hoofsaaklik deur boere self op hul veldmotorfietse
en perde.

In dieselfde tyd is sowat 10 100 skape gesteel, waarvan net 3 000
teruggekry is. En dan moet 'n mens onthou ál die diefstalle word nie
eens aangemeld nie, hoofsaaklik weens swak polisiëring, sake wat nie
opgelos word nie, mense wat aangekeer, maar nie vervolg word nie,
maklike borgtog en parool. Talle swart boere woon ver van
polisiekantore af, moet loop om sake aan te meld en los dit dikwels
eerder.

Die veediefstaleenhede op die platteland doen hul bes met beperkte
mannekrag en hulpmiddels, maar op die hoofpaaie is daar 'n gebrek aan
sigbare polisiëring en gesteelde vee is dikwels binne 'n uur of twee
in Durban waar dit verkwansel word.

Die gebiede wat die ergste getref word, is dié langs die Lesotho-grens
en dié wat naby groot swart woongebiede lê. Daar is selfs gerugte dat
gesteelde vee van die Oos-Londense hawe verskeep word.

Die vermoede bestaan dat sindikate agter die groot diefstalle sit,
maar terselfdertyd heers daar ook kommer oor die gemak waarmee jagters
met hul honde kommersiële plase betree.

Hulle daag in groepe van tot 100 op en hoewel hulle daarop uit is om
wild te jag, is 'n bees of skaap gewoonlik ook nie te versmaai nie.

Dit alles dui op algehele wetteloosheid en geen respek vir die
regstelsel nie.

Om 'n spilpuntbesproeiingstelsel te herstel wat van alle los onderdele
gestroop is, kos 'n boer maklik R30 000, terwyl die gesteelde goed vir
'n paar rand aan skrootwerwe versmous word.

As die waarde van die vee wat gesteel is teen hul slagwaarde bereken
word, het dié boere van Januarie tot September minstens R55 miljoen
skade gely, maar daar was ook stoetdiere onder die gesteelde vee wat
die bedrag waarskynlik tot digby R100 miljoen kan opjaag.

Vir 'n ontluikende boer kan die skade nog groter wees. Met 'n kudde
van 20 diere kan hy maklik die helfte of ál sy vee verloor.

In gebiede soos Underberg het skaapgetalle die afgelope 12 jaar
afgeneem van 85 000 tot sowat 7 000 en die getal teelkoeie in
beesboerderye van 38 000 tot 24 000.

In dieselfde tyd is 38 plase aan houtondernemings verkoop wat
plantasies gevestig het, en in Griekwaland-Oos lê sowat 14 000 hektaar
landbougrond leeg as stille getuie van die tol wat misdaad eis. Op
talle plase is veeboerdery met wildboerdery vervang.

Volgens die landbou-unie is daar net in KwaZulu-Natal in 1999 sowat 27
800 beeste, in 2000 sowat 29 300 beeste, in 2001 sowat 24 700 beeste
en in 2002 sowat 22 000 beeste gesteel, terwyl boere sowat R80 miljoen
per jaar bestee om hul plase te beveilig — en dit sluit nie die slote
en veiligheidsheinings om plase in nie.

Boere, gemeenskap, kommando slaan harde hou
'n Unieke samewerkingstelsel tussen die kommando, boere en die
gemeenskap in die noorde van KwaZulu-Natal is besig om misdaad
bloedneus te slaan. Plaasaanvalle, die handel in onwettige wapens en
ander ernstige misdaad het beduidend afgeneem. Die welslae van die
doeltreffende samewerking in die noorde van KwaZulu-Natal kan
uitsluitlik toegeskryf word aan die ywer waarmee vrywillige
kommandolede, boere en die publiek saamwerk om die gemeenskaplike
vyand die hoof te bied.

Een van die unieke stelsels wat in werking gestel is sedert kol. Alex
Theron in 1995 die bevel van die Kommando Noord-Natal oorgeneem het,
is twee satellieteenhede wat saam deur dié kommando en die boere
beheer en bestuur word.

Kol. Theron, wat onder meer bygestaan word deur sersant-majoor Ben van
Eck, sê in 1995 het die oudlede van die kommando weens verskeie redes
belangstelling in die kommando en sy werk verloor.

Die Noorde van KwaZulu-Natal is 'n groot en moeilik begaanbare gebied
wat oor 'n groot afstand aan Swaziland grens waarin plaasaanvalle,
wapensmokkelary, veediefstal en ander misdaad gefloreer het.

'n Daadwerlike poging om die mense van die hele gebied weer te betrek,
het gewerk en die stryd teen misdaad is met die hulp van die
satellieteenhede met nuwe vuur en oortuiging aangepak.

Die eerste satellieteenheid is in 1996 gestig en geriewe is vir hulle
op mnr. Hennie Coetzer se plaas Uitzigt, tussen Vryheid en
Paulpietersburg, opgerig. Hy is lid van die kommando en hou oorhoofs
toesig oor die sewe manskappe wat daar gehuisves word.

Die manskappe is vir agt werksdae in diens van die kommando en word in
dié tyd deur die Weermag van voorrade voorsien en betaal. In dié tyd
samel hulle inligting in wat gewoonlik uitloop op uitgebreide
operasies deur die kommando en met die samewerking van die SA
Polisiediens.

Ná die agt dae gee hulle hul weermaguniforms en wapens terug en vir
die volgende twaalf werksdae word hulle deur die boere betaal en
toegerus. Dit word met die samewerking van 'n sekerheidsmaatskappy
gedoen.

Die hooftaak van dié manskappe, wat oor 'n lang tyd uitgesoek en ten
volle opgelei is, is om gebiedspatrollies te doen, inligting in te
samel en aan operasies deel te neem. Geen operasie word sonder 'n
lasbrief aangepak nie en die polisie gaan ook altyd saam.

Alle inligting wat hulle insamel, word deur die bevelstruktuur van die
kommando ontleed. Wanneer voldoende inligting beskikbaar is, word
operasies beplan. Forumlede en boere van die hele streek is by die
insameling van die inligting betrokke.

Om die manskappe te kan betaal en onderhou, het die boere 'n
tjekrekening geskep waarin die boere se bydraes gedeponeer word. Die
boere se bydraes word bepaal deur die grootte van hul grond.

'n Boer wat 'n plaas van 1 000 ha of minder het, betaal R182 per maand
en vir elke volgende 1 000 ha betaal hy nog R182 per maand. Boere wat
aan die projek wil deelneem, moet 'n aftrekorder teken om lid te kan
word en kan die manskappe dan volgens 'n vasgestelde rooster gebruik
vir patrolliewerk.

In onvoorsiene omstandighede word die rooster aangepas sodat dadelik
aan ernstige sake aandag gegee kan word.

Hoewel die inisiatief van die kommando en die boere uitgaan, is die
diens vir die hele gebied en ál sy inwoners. Aanvanklik was baie mense
skepties oor die skema, maar die manskappe, onder leiding van
luitenant D.D. Mabuza, het al sulke goeie werk gedoen dat hulle
deesdae deur die meeste mense en ook die stamowerhede verwelkom word.

Intussen het nuwe inisiatiewe uit die verskerpte optrede voortgevloei.
Met die skakeling het dit duidelik geword dat swart kommersiële en
ontluikende boere net so erg deur die misdaad geraak word, sê mnr.
Friedhold Nebbe, 'n boer van die omgewing.

Van die blanke boere het met die swart boere geskakel en 'n forum is
gestig. Elke Woensdag word vergadering gehou en gemeenskaplike
probleme bespreek en optrede beplan. Die manskappe van die
satellieteenheid woon gewoonlik die vergaderings by.

Die werklike waarde van die forum het tot die gemeenskap begin
deurdring toe 'n swart weduwee se beeskraal deur diewe leeggemaak is.
Sedertdien is die samewerking meer spontaan en kon die forums
uitgebrei word tot teen Swaziland se grens en tot in die meeste
stamgebiede. Daar word nou saam met die kommando en die manskappe van
die satellieteenheid gewerk en baie van die sake word deur die forum
self opgelos. Selfs mense in woongebiede is nou by die forums
betrokke.

Die kommando en blanke boere help hul swart kollegas om brandmerke
geregistreer te kry en hul diere te brandmerk.

Die boere het ook 'n radionetwerk op die been gebring om skakeling te
vergemaklik en optrede te koördineer en te versnel. Die netwerk is ook
aan die militêre radionetwerk gekoppel.

Die vroue van kommandolede is by die gemeenskap betrokke met
vigsopleiding, naaldwerkprojekte en ander bedrywighede wat op die
opheffing van die gemeenskap gerig is en wat terselfdertyd
goedgesindheid by die mense kweek om saam te staan teen misdaad.

Die stamowerhede word ook een keer per jaar genooi na 'n aanbieding
waar verduidelik word waarmee die kommando besig is en hulle word dan
genooi om saam te werk om misdaad hok te slaan.

Taxibestuurders neem ook deel aan die forums waar inligting uitgeruil
word om booswigte op te spoor en vas te trek.

Die pogings was nie tevergeefs nie. Veediefstal het met 90 persent
afgeneem, brandstigting kom beduidend minder voor en vanjaar van
Januarie tot Oktober is 109 onwettige wapens opgespoor en 65 mense in
hegtenis geneem, 53 gesteelde voertuie ter waarde van R1,59 miljoen is
teruggevind en 35 motordiewe is aangekeer, 378 beeste ter waarde van
R1,34 miljoen en 201 skape ter waarde van R80 000 is teruggevind en 23
veediewe is vasgetrek en 15,82 ton dagga is gevind.

Die kommando bestaan uit vyf kompanies met 374 manskappe en het `n
reaksiemag op Vryheid en Paulpietersburg. Plaaswagte is die eerste
reaksie-eenhede. Al die kommandolede is vrywilligers.

As die boere nie hart en siel by die stelsel betrokke is nie, kan dit
nie werk nie. Maar in Noord-KwaZulu-Natal gaan dit goed en word dié
diens vir die hele gemeenskap gelewer om die gebied veiliger te maak,
sê kol. Theron.

Veediefstal vra vindingryke teenvoeters
Veediefstal in die grensgebied langs Lesotho dwing boere om
vindingryke planne te maak om dié euwel hok te slaan. Die planne
wissel van duur slote om plase tot 'n oorgrens-vredeskomitee en 'n
plaaswagstelsel wat as 'n Artikel 21-maatskappy bedryf word.

In hierdie artikel vertel boere hoekom hulle so ver gegaan het om duur
slote om hul plase te grawe. 'n Samewerkingsooreenkoms tussen die
kommando, boere en die gemeenskap word ook bespreek.

In die volgende twee uitgawes word die unieke oorgrens-vredeskomitee
en die plaaswagstelsel bespreek. Die vredeskomitee het gehelp om
veediefstal feitlik heeltemal uit te roei in 'n strook van 100 km
langs die suidelike grens van Lesotho.

In die gebied waar die plaaswag bedrywig is, behaal dit soveel sukses
dat die boere wat daarby betrokke is, glo hulle sal nie onkant gevang
word as die kommandostelsel in 2009 afgeskaf word nie.
Re: Gragte hou diewe weg [boodskap #88715 is 'n antwoord op boodskap #88712] Vr, 02 Januarie 2004 19:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie artikel is heeltemal nie sinloos nie. As ons sien na oue
boerderye hier in Vlaandere dan sien ons hulle het almal 'n breë grag
gehad rondom die stalle en die huis. En agter die grag aan die
binnekant groei 'n vervaarlike omheining van almal doringstruike. Geen
mens wat daar kan deurbreek nie. Dis selfs nog beter as doringdraad!
Dit moet ons nie wonder nie, nè? In vroeër tyde was 'n boer hier in
Vlaandere ook nie so veilig op sy boerdery nie. 'n Paar honderd jare
gelede was hier ook nog geen telefoon nie en die boere had ook geen
motors nie. Hier was toe ook rowers wat nie slegs die boer sy vleis,
sy geld en sy hoenders steel maar ook nog hom vermoor en sy vrou en sy
dogters verkrag. Dis hier nog steeds so dat die boere gewere in huis
het. Moenie snags op die boerdery kom nie want as die hond blaf dan
gaan die dakraam ope en die eerste wat jy dan sien is nie die gesig
van die boer nie maar die lig van 'n sterke lamp en die loop van sy
geweer!

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)

On Fri, 02 Jan 2004 17:47:18 GMT, Paul wrote:

> Misdaad is 'n bose sweer wat elkeen in die samelewing raak, maar wat
> dit veral vir boere moeilik maak om voort te gaan met vesel- en
> kosproduksie
---knip--
Re: Gragte hou diewe weg [boodskap #88728 is 'n antwoord op boodskap #88712] Sa, 03 Januarie 2004 06:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek is nie seker nie, maar so 'n klompie jare gelede het die melkboer daar in
die middel van Irene, Pretoria, begin om slote te grawe rondom sy plaas om
te keer dat die diewe nie sy melkkoeie steel en slag nie. As ek reg onthou
het iemand hom geld geskuld en hy was in besit van die skuldenaar se
slootgrawer [trekker!] en toe die ou sukkel om te betaal, toe gebruik hy die
trekker en maak die slote. Dit het effektief die diefstal gestop.
Uitstekende idee!

"Paul" skryf in boodskap news:igbbvv0r7uqqcl2v8o4dj3b21trk0qeo38@4ax.com...
> Gragte hou diewe weg
> ANDRIES GOUWS (ago...@landbou.com)
>
Re: Gragte hou diewe weg [boodskap #88736 is 'n antwoord op boodskap #88728] Sa, 03 Januarie 2004 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Maar wat nou as die beeste in die sloot val?

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ff66002.0@news1.mweb.co.za...
> Ek is nie seker nie, maar so 'n klompie jare gelede het die melkboer daar in
> die middel van Irene, Pretoria, begin om slote te grawe rondom sy plaas om
> te keer dat die diewe nie sy melkkoeie steel en slag nie. As ek reg onthou
> het iemand hom geld geskuld en hy was in besit van die skuldenaar se
> slootgrawer [trekker!] en toe die ou sukkel om te betaal, toe gebruik hy die
> trekker en maak die slote. Dit het effektief die diefstal gestop.
> Uitstekende idee!
> "Paul" wrote in message
> news:igbbvv0r7uqqcl2v8o4dj3b21trk0qeo38@4ax.com...
>> Gragte hou diewe weg
>> ANDRIES GOUWS (ago...@landbou.com)
>>
>
Re: Gragte hou diewe weg [boodskap #88741 is 'n antwoord op boodskap #88736] Sa, 03 Januarie 2004 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glucklich" wrote

> Maar wat nou as die beeste in die sloot val?

Dan sal hy ou koeie uit die
sloot moet opgrawe.

Tant Hessie van Donkersloot
Re: Gragte hou diewe weg [boodskap #88745 is 'n antwoord op boodskap #88736] Sa, 03 Januarie 2004 16:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Beeste kan swem..:))
--
Annette

"Glucklich" skryf in boodskap news:1UxJb.2808$Pn5.1387@bignews5.bellsouth.net...
> Maar wat nou as die beeste in die sloot val?
>
Re: Gragte hou diewe weg [boodskap #88796 is 'n antwoord op boodskap #88745] Ma, 05 Januarie 2004 06:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! En die ou antie 'claim' mos sy's 'n plaaskind! Met al die lieg
kan sy seker nie meer onthou wat sy veronderstel is om te weet en wat
nie............

"Annette" skryf in boodskap news:bt6tj5$q8t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Beeste kan swem..:))
> --
> Annette
> "Glucklich" wrote in message
> news:1UxJb.2808$Pn5.1387@bignews5.bellsouth.net...
>> Maar wat nou as die beeste in die sloot val?
>>
>
Re: Gragte hou diewe weg [boodskap #88810 is 'n antwoord op boodskap #88796] Ma, 05 Januarie 2004 11:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Droogwester, jy moenie so baie bier drink nie - jy raak deurmekar met Vrolik
en die Aantie ( wat nie vrolik kan wees nie)
--
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:3ff8ffa5.0@news1.mweb.co.za...
> He-he! En die ou antie 'claim' mos sy's 'n plaaskind! Met al die lieg
> kan sy seker nie meer onthou wat sy veronderstel is om te weet en wat
> nie............
> "Annette" wrote in message
> news:bt6tj5$q8t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Beeste kan swem..:))
>> --
>> Annette
>> "Glucklich" wrote in message
>> news:1UxJb.2808$Pn5.1387@bignews5.bellsouth.net...
>>> Maar wat nou as die beeste in die sloot val?
>>>
>>
>
Re: Gragte hou diewe weg [boodskap #88816 is 'n antwoord op boodskap #88810] Ma, 05 Januarie 2004 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek's g'n gesuip nie......kan jy nie die antie lees nie?

"Annette" skryf in boodskap news:btbhet$9q8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Droogwester, jy moenie so baie bier drink nie - jy raak deurmekar met Vrolik
> en die Aantie ( wat nie vrolik kan wees nie)
> --
> Annette
> "Suidwester" skryf in boodskap news:3ff8ffa5.0@news1.mweb.co.za...
>> He-he! En die ou antie 'claim' mos sy's 'n plaaskind! Met al die lieg
>> kan sy seker nie meer onthou wat sy veronderstel is om te weet en wat
>> nie............
>> "Annette" wrote in message
>> news:bt6tj5$q8t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Beeste kan swem..:))
>>> --
>>> Annette
>>> "Glucklich" wrote in message
>>> news:1UxJb.2808$Pn5.1387@bignews5.bellsouth.net...
>>>> Maar wat nou as die beeste in die sloot val?
>>>>
>>>
>>
>
Re: Gragte hou diewe weg [boodskap #88819 is 'n antwoord op boodskap #88816] Ma, 05 Januarie 2004 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote

> Ek's g'n gesuip nie......kan jy nie die antie lees nie?
>>> He-he! En die ou antie 'claim' mos sy's 'n plaaskind!

Ag tog, as mens tog deur drie duim dik
kopbeen moet dring om een ou grappie te
maak. Ek het maar net geantwoord op
iemand wat gevra het "en wat as die koeie
in die sloot val?" Toe antwoord ek "dan
sal mens ou koeie uit die sloot moet
opgrawe." Dit is 'n idiomatiese uitdrukking
vir oor dinge praat wat lank gelede al gebeur
het en wat liefs nie weer oor hoef gepraat
te word nie. Soos as iemand vir my vertel
dat apartheid verby is en ek moet nie ou
koeie uit die sloot opgrawe nie. So dummkopf,
mens hoef nie 'n plaaskind te wees om sulke
idiomatiese uitdrukkings te gebruik nie. En
ek was nie 'n plaaskind nie. Ek het op
besproeiingserwe grootgeword, 'n unieke
soort bestaan wat alleen mense wat dit onder-
vind het, werklik kan waardeer. D�s nou die
land van melk en heuning.

Tant Hessie van Marchand
Re: Gragte hou diewe weg [boodskap #88840 is 'n antwoord op boodskap #88819] Di, 06 Januarie 2004 06:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
En hoekom het die antie van die land van melk en heuning weggevlug? Ek
begryp heeltemal jou gebruik van die uitdrukking 'n jou poging tot humor en
toe jy dit terugkry, toe brand jy vas......eh, miskien was daar nie
diere-koeie op Marchand nie?
"@rogers.com" wrote in message
news:greKb.2921$bru.660@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Suidwester" wrote
>
>> Ek's g'n gesuip nie......kan jy nie die antie lees nie?
>>>> He-he! En die ou antie 'claim' mos sy's 'n plaaskind!
>
> Ag tog, as mens tog deur drie duim dik
> kopbeen moet dring om een ou grappie te
> maak. Ek het maar net geantwoord op
> iemand wat gevra het "en wat as die koeie
> in die sloot val?" Toe antwoord ek "dan
> sal mens ou koeie uit die sloot moet
> opgrawe." Dit is 'n idiomatiese uitdrukking
> vir oor dinge praat wat lank gelede al gebeur
> het en wat liefs nie weer oor hoef gepraat
> te word nie. Soos as iemand vir my vertel
> dat apartheid verby is en ek moet nie ou
> koeie uit die sloot opgrawe nie. So dummkopf,
> mens hoef nie 'n plaaskind te wees om sulke
> idiomatiese uitdrukkings te gebruik nie. En
> ek was nie 'n plaaskind nie. Ek het op
> besproeiingserwe grootgeword, 'n unieke
> soort bestaan wat alleen mense wat dit onder-
> vind het, werklik kan waardeer. D�s nou die
> land van melk en heuning.
>
> Tant Hessie van Marchand
>
Re: Gragte hou diewe weg [boodskap #88854 is 'n antwoord op boodskap #88840] Di, 06 Januarie 2004 11:46 Na vorige boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Vader ons, Baklei julle nog steeds?

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ffa512b.0@news1.mweb.co.za...
> En hoekom het die antie van die land van melk en heuning weggevlug? Ek
> begryp heeltemal jou gebruik van die uitdrukking 'n jou poging tot humor en
> toe jy dit terugkry, toe brand jy vas......eh, miskien was daar nie
> diere-koeie op Marchand nie?
> "@rogers.com" wrote in message
> news:greKb.2921$bru.660@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>>
>> "Suidwester" wrote
>>
>>> Ek's g'n gesuip nie......kan jy nie die antie lees nie?
>>>> > He-he! En die ou antie 'claim' mos sy's 'n plaaskind!
>>
>> Ag tog, as mens tog deur drie duim dik
>> kopbeen moet dring om een ou grappie te
>> maak. Ek het maar net geantwoord op
>> iemand wat gevra het "en wat as die koeie
>> in die sloot val?" Toe antwoord ek "dan
>> sal mens ou koeie uit die sloot moet
>> opgrawe." Dit is 'n idiomatiese uitdrukking
>> vir oor dinge praat wat lank gelede al gebeur
>> het en wat liefs nie weer oor hoef gepraat
>> te word nie. Soos as iemand vir my vertel
>> dat apartheid verby is en ek moet nie ou
>> koeie uit die sloot opgrawe nie. So dummkopf,
>> mens hoef nie 'n plaaskind te wees om sulke
>> idiomatiese uitdrukkings te gebruik nie. En
>> ek was nie 'n plaaskind nie. Ek het op
>> besproeiingserwe grootgeword, 'n unieke
>> soort bestaan wat alleen mense wat dit onder-
>> vind het, werklik kan waardeer. D�s nou die
>> land van melk en heuning.
>>
>> Tant Hessie van Marchand
>>
>
Vorige onderwerp: Polisieadvertensie
Volgende onderwerp: Brief aan Pous oor plaasmoorde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:02:50 MGT 2024