Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Landbou & veeteelt » Boer woedend oor verlies van 13 beeste
Boer woedend oor verlies van 13 beeste [boodskap #88370] Wo, 17 Desember 2003 18:43
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Boer woedend oor verlies van 13 beeste
Christine van der Westhuizen


"As 'n plakkershut afbrand, word daar net komberse en kos aangedra,
maar niemand gee om vir die boere nie. Niemand vra: kan ek help?" Dit
is die moedelose woorde van 'n boer in die Doornfontein-omgewing wat
dertien "lieflingbeeste" binne nege dae aan die hand van veediewe
verloor het. "Hierdie barbare steel nie omdat hulle honger is nie.
Dit is 'n besigheid. Geen mens kan soveel beeste opeet nie," sê die
boer wat verkies om naamloos te bly. In die eerste voorval is vyf
stoetverse wat pas vir die eerste keer gedek was, afgeslag. "Dit is
nie net vyf beeste nie. Hierdie verse kon nog vir veertien jaar
vorentoe gekalf het. Ek het dus vyf maal veertien beeste verloor." In
die tweede voorval is nege beeste geslag. Twee karkasse wat die diewe
blykbaar nie kon wegdra nie, het op die toneel agtergebly. Volgens
die boer steel veediewe eerder verse want bulkallers is te wild.
Skape word gesteel deur 'n plastieksak oor hul koppe te trek sodat
hulle nie kan blêr nie. "Ons boere meen die regering gee nie 'n duit
om nie en die polisie se hande is afgekap. Die regering moet die
polisie meer mag gee om veediewe aan te vat. "Dit lyk my die regering
geniet dit dat ons op pad is om in 'n tweede Zimbabwe te ontaard."
Die boer sê die woede wat hy in hom voel is genoeg om 'n
veedief "dood te ry" as hy op hom sou afkom. "Dan sal hulle seker sê
ek is 'n rassis, maar dit het niks met rassisme te doen nie, dit
is 'n misdaad." Hy moes noodgedwonge van sy 90 stoetbokke en al sy
skape ontslae raak omdat die diefstal daarvan eenvoudig hand uitgeruk
het. "Hoe moet ek aanhou boer as tussen R40 000 en R50 000 van my
stoetvee jaarliks gesteel word? Ons boer nie met gewone vleisbeeste
nie. 'n Stoetbees is 'n bees met identiteit, jy weet wie is sy ma en
sy pa." Hy verwys na 'n voorval vroeër die jaar in Kwa-Zulu Natal
waarin twee vermeende veediewe se ore en hande afgekap is en wonder
of plakkate van dié voorval nie veediefstal sal stopsit nie. "Ons
boere aanvaar die nuwe regering en die veranderinge wat aangebring
is. Maar hoe kan ons vir hulle stem as hulle niks doen om ons te help
nie?"

http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_Ar ticle_Text
_Template/0,,348_1458352~A,00.html
Vorige onderwerp: Plaas name in die Vrystaat
Volgende onderwerp: Skaap woorde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 00:00:10 MGT 2024