Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Gru-slagting dalk 'n fliek
Gru-slagting dalk 'n fliek [boodskap #88294] Ma, 15 Desember 2003 08:59 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gru-slagting dalk 'n fliek
Sapa-AFP

Kassel. - 'n Duitse kannibaal se grusame slagting en verorbering
van sy gewillige slagoffer kan dalk in 'n fliek uitgebeeld word.

Armin Meiwes (42), wat tans verhoor word weens die moord op mnr.
Bernd-Jürgen Brandes, 'n 43-jarige ingenieur, onderhandel glo met
vervaardigers oor die moontlikheid van 'n fliek.

Volgens mnr. Harald Ermel, Meiwes se regsverteenwoordiger, skryf sy
kliënt
sy outobiografie in die tronk.

Ermel wou nie kommentaar lewer op berigte dat die ooreenkoms miljoene
euro's werd kan wees nie.

Volgens Ermel wóú Brandes doodgaan en hy sou iemand anders gekies het
om sy slagter te wees as hy Meiwes nie op die internet raakgeloop het
nie.

Meiwes het glo Brandes se penis afgesny en hulle het dit saam geëet.

Tien uur later het Brandes sy bewussyn verloor en gesterf. Daarna het
Meiwes hom met 'n mes gesteek en verder opgesny.

Meiwes het sy slagoffer se vleis in maaltydgrootte porsies opgesny en
netjies in pakkies gevries.

Die hof het vroeër gehoor hy het die vleis gebraai en oor 'n tydperk
van sewe maande geëet.

Volgens Meiwes is sy enigste oortreding dat hy "moord op versoek"
gepleeg het. Hy kan tot 'n maksimum van vyf jaar tronkstraf gevonnis
word vir só 'n misdaad.

Kannibalisme is nie op sigself 'n misdaad in Duitsland nie.

Die hof het vroeër die week na drie video-opnames gekyk van hoe
Meiwes die moord pleeg.

'n Hofamptenaar het gesê sy moes by tye wegkyk omdat die
beeldmateriaal te skokkend grusaam was. Meiwes het gereeld
geglimlag. "Vir hom is dit normaal," het die amptenaar gesê.

http://www.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_1459176,00.html
Re: Gru-slagting dalk 'n fliek [boodskap #88327 is 'n antwoord op boodskap #88294] Di, 16 Desember 2003 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gebraaide %$#^$& op roosterbrood.
Re: Gru-slagting dalk 'n fliek [boodskap #88331 is 'n antwoord op boodskap #88327] Di, 16 Desember 2003 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Braai jy piekels en sit dit op roosterbrood?
--
Annette

"Spencer" skryf in boodskap news:zrzDb.30840$VV6.713372@news.xtra.co.nz...
> Gebraaide %$#^$& op roosterbrood.
>
Re: Gru-slagting dalk 'n fliek [boodskap #88359 is 'n antwoord op boodskap #88331] Wo, 17 Desember 2003 11:56 Na vorige boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek raak maar so as dit laataand word Annette.

"Annette" skryf in boodskap news:brmjla$4a3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Braai jy piekels en sit dit op roosterbrood?
> --
> Annette
> "Spencer" wrote in message
> news:zrzDb.30840$VV6.713372@news.xtra.co.nz...
>> Gebraaide %$#^$& op roosterbrood.
>>
>
Vorige onderwerp: Larence of Arabia
Volgende onderwerp: film
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:07:31 MGT 2024