Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Maria " deur W.E.G. LOUW
" Maria " deur W.E.G. LOUW [boodskap #88086] Di, 09 Desember 2003 02:24 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
W.E.G. Louw

Maria

Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan,
haar hande need'rig oor haar bors gevou,
toe hy, verblindend soos die son, daar staan:

drie wit lelies het hy in sy hand gehou.
Half-skaam, verleë, het sy opgekyk
en is opeens met grote vrees bevang:
sy oë het van haar nie afgewyk,
sy vleuels het oor heel die tuin gehang.

"Geseën is jy onder die vroue" - sy woorde -
of was dit winde? - verruis nog in haar oor,
toe hy teen die son in goue vlug verdwyn ...

Sy het haar neergebuig en half-versmoorde
klein snikkies in haar hart gehoor,
van verlossing reeds die vreugde en die pyn.
Re: " Maria " deur W.E.G. LOUW [boodskap #88095 is 'n antwoord op boodskap #88086] Di, 09 Desember 2003 10:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - baie dankie.
Nou, wat van Uys Krige syne?

"@rogers.com" wrote in message
news:SnaBb.13543$r%u1.1855@twister01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
> W.E.G. Louw
>
> Maria
>
> Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan,
> haar hande need'rig oor haar bors gevou,
> toe hy, verblindend soos die son, daar staan:
>
> drie wit lelies het hy in sy hand gehou.
> Half-skaam, verleë, het sy opgekyk
> en is opeens met grote vrees bevang:
> sy oë het van haar nie afgewyk,
> sy vleuels het oor heel die tuin gehang.
>
> "Geseën is jy onder die vroue" - sy woorde -
> of was dit winde? - verruis nog in haar oor,
> toe hy teen die son in goue vlug verdwyn ...
>
> Sy het haar neergebuig en half-versmoorde
> klein snikkies in haar hart gehoor,
> van verlossing reeds die vreugde en die pyn.
>
Re: " Maria " deur W.E.G. LOUW [boodskap #88121 is 'n antwoord op boodskap #88095] Wo, 10 Desember 2003 02:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas wrote

> Anti - baie dankie.
> Nou, wat van Uys Krige syne?

Die gedig wat ek het van Krige oor 'n Maria
is ongelukkig nie die moeder van Christus-
Maria nie. Watter een bedoel jy?

Gloudina
Re: " Maria " deur W.E.G. LOUW [boodskap #88122 is 'n antwoord op boodskap #88121] Wo, 10 Desember 2003 03:48 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die ene van die lemoenboord ...? (Of yl ek nou....)
"@rogers.com" wrote in message
news:BhvBb.18871$3Eb1.13840@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> "Jonas wrote
>
>> Anti - baie dankie.
>> Nou, wat van Uys Krige syne?
>
> Die gedig wat ek het van Krige oor 'n Maria
> is ongelukkig nie die moeder van Christus-
> Maria nie. Watter een bedoel jy?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: " Moederstad " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Kersliedjie " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 02:19:37 MGT 2024