Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Sonsondergang
Sonsondergang [boodskap #87530] Di, 25 November 2003 18:34 na volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek is baie jaloers van my Suidafrikaanse vriende: hulle het hou sonlig
en mooi dae en dis baie warm in SA. Moet eens hier loer: ek het hier
'n komposisie gemaak van 'n sonsondergang vandag hier in Vlaandere
vanuit 'n venster hier agter die huis en ek het hierop 'n blaai van
die skeurkalender vasgekleef. Moet loer na die besonderhede: dis nou 8
°C buite en die son kom op om 8.13 u en gaan onder om 16.45 u. Dus die
dag is slegs 8u en 32 minute lang. Rond 21 Desember sal dit nog baie
korter wees! (Ek het hierdie foto vannamiddag geneem om 16.25 u).
Daarom is dit my stelling dat julle voorouers eintlik nie van hier
weggegaan het vir godsdiensredes nie. Hulle het gewoon reumatiek gehad
en kouelik gevoel en hulle het daarom gesê: ons gaan suide toe!

http://users.skynet.be/norbert_van_damme/prentjes/Slagmaand. jpg

(Hierdie foto het 139 kB)

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: Sonsondergang [boodskap #87535 is 'n antwoord op boodskap #87530] Di, 25 November 2003 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Shame Norbert, dit lyk regtig koud daarso. Ten minste is jy in 'n landelike
omgewing, lekker spasie en hopelik vars lug.

Ek wonder partykeer of HEL nie gedefinieer kan word as 'n stad vol Gloudinas
nie en julle almal vir ewig lewe met geen manier om uit die stad uit te kom
nie.

Niks so irriterend soos 'n gedigvoorlesing op 'n koue aand nie. Jig, hoe
gril ek nou!
Re: Sonsondergang [boodskap #87539 is 'n antwoord op boodskap #87535] Wo, 26 November 2003 00:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Pete wrote

> Ek wonder partykeer of HEL nie gedefinieer kan word as 'n stad vol Gloudinas
> nie en julle almal vir ewig lewe met geen manier om uit die stad uit te kom
> nie.
> Niks so irriterend soos 'n gedigvoorlesing op 'n koue aand nie. Jig, hoe
> gril ek nou!

Ek dink, du plessis, dat jy nogal alleen
sou voel sonder die uwe se teenwoordigheid
in die kuberruimte.

G
Re: Sonsondergang [boodskap #87570 is 'n antwoord op boodskap #87530] Wo, 26 November 2003 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink dis baie mooi!

E

"Sterrenkijker" wrote:
Moet eens hier loer: ek het hier
> 'n komposisie gemaak van 'n sonsondergang vandag hier in Vlaandere
> vanuit 'n venster hier agter die huis en ek het hierop 'n blaai van
> die skeurkalender vasgekleef.

> Groete uit Vlaandere,
>
> Norbert
>
Re: Sonsondergang [boodskap #87593 is 'n antwoord op boodskap #87539] Wo, 26 November 2003 19:55 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Nov 2003 00:01:32 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Ek dink, du plessis, dat jy nogal alleen
> sou voel sonder die uwe se teenwoordigheid
> in die kuberruimte.
>
> G
>
>

Meer mense het dit al vir my gesê, bouwer.
Dat èk, jòu sal mis, as jy 'n ander kuberruimte sou gaan soek.
En, laat my toe om jou te verras; ek geniet dikwels (dikwels het ek
gesê) die gedigte wat jy plaas. Meer as een daarvan is gesave.
Meer as een het op 'n cd beland. Surprise, né!
Die feit dat Jonas nie van Greyling se gedigte hou nie, sê vir my
dat hy nie kan dig nie. Ek sal nie weet nie, want wanneer ek
sy naam daar sien lees ek dit eenvoudig nie. Glo my, dit is werklik
so. Want ek dink hy's 'n doos.

DD
Vorige onderwerp: Dag uitstappie idees
Volgende onderwerp: Rondloop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:02:20 MGT 2024