Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING
" Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #87494] Di, 25 November 2003 03:22 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
BOESMANSRIVIERMOND
Ferdi Greyling

By Boesmansriviermond
waar die land stadig die see intuimel,
val die son soet op die vel.

Tussen die gebreekte rotse
lê die rivier laatmiddag
'n stuk metaal tussen sy walle.

Bote streep onverstaanbare lyne
op die blink water
wat van hoog teen die plato se rant
uit die Stormberge breek.

Noord tier die woeste Karoo.
Ver suid lê die stilte van ys.
Hier, by Boesmansriviermond,
val die son egter soet op die vel.
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #87542 is 'n antwoord op boodskap #87494] Wo, 26 November 2003 03:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Noord van die Boesmansriviersmond lê die Transkei - die man is ietwat
rigtingbedonderd.
Ek waardeer jou poësieplasings - maar gee hierdie ou 'n breek om te
ontwikkel as skrywer en digter.
Jy en ek weet - hy het dit nie.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:lWzwb.9108$mYe.7253@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> BOESMANSRIVIERMOND
> Ferdi Greyling
>
> By Boesmansriviermond
> waar die land stadig die see intuimel,
> val die son soet op die vel.
>
> Tussen die gebreekte rotse
> lê die rivier laatmiddag
> 'n stuk metaal tussen sy walle.
>
> Bote streep onverstaanbare lyne
> op die blink water
> wat van hoog teen die plato se rant
> uit die Stormberge breek.
>
> Noord tier die woeste Karoo.
> Ver suid lê die stilte van ys.
> Hier, by Boesmansriviermond,
> val die son egter soet op die vel.
>
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #87582 is 'n antwoord op boodskap #87542] Wo, 26 November 2003 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Noord van die Boesmansriviersmond lê die Transkei - die man is ietwat
> rigtingbedonderd.

Soos gewoonlik het jy die kat aan die stert beet. Kyk
weer na 'n landkaart van SA. Die subkontinent van
suidelike Afrika is peervormig. Suid van die Transkei
is daar die water van die Indiese Oseaan. Suid van
Boesmansriviermond is Antarktika. Reg noord
daarvan is die Klein Karoo.
Ek is ook so jammer vir jou oor jou minderwaardigheids-
gevoelens jeens Ferdi Greyling. Jy doen alles in jou mag
om hom te probeer bykom. Jy behoort uit te vind hoekom
hy jou so affekteer.

Penkop in Bezuidenhoutsvallei, waar hulle
meer as 'n honderd jaar gelede die laaste
leeu in Johannesburg geskiet het.
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #87635 is 'n antwoord op boodskap #87582] Do, 27 November 2003 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Siende dat hy op my killfile is, moet ek maar die boodskap met n ompad
stuur: Se liefde vir ou Jonas. En soentjies.

(Hou net die drank weg van hom af.)

On Wed, 26 Nov 2003 14:44:23 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Jonas" wrote
>
>> Noord van die Boesmansriviersmond lê die Transkei - die man is ietwat
>> rigtingbedonderd.
>
> Soos gewoonlik het jy die kat aan die stert beet. Kyk
> weer na 'n landkaart van SA. Die subkontinent van
> suidelike Afrika is peervormig. Suid van die Transkei
> is daar die water van die Indiese Oseaan. Suid van
> Boesmansriviermond is Antarktika. Reg noord
> daarvan is die Klein Karoo.
> Ek is ook so jammer vir jou oor jou minderwaardigheids-
> gevoelens jeens Ferdi Greyling. Jy doen alles in jou mag
> om hom te probeer bykom. Jy behoort uit te vind hoekom
> hy jou so affekteer.
>
> Penkop in Bezuidenhoutsvallei, waar hulle
> meer as 'n honderd jaar gelede die laaste
> leeu in Johannesburg geskiet het.
>
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #87654 is 'n antwoord op boodskap #87635] Vr, 28 November 2003 01:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote

> Siende dat hy op my killfile is, moet ek maar die boodskap met n ompad
> stuur: Se liefde vir ou Jonas. En soentjies.

OK, ek sal die boodskap vir hom gee. Maar
hy gril glo as mans met snorre vir hom soen,
so ek dink jy sal eers van die snor ontslae moet
raak, dan sal Jonas baie graag vir jou soen.

Penkop wat ook 'n snor probeer kweek
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #87657 is 'n antwoord op boodskap #87654] Vr, 28 November 2003 03:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - net vit jou inligting. Ek ken Boesmans, die "Kowie", en die Oos-Kaap
beter as jy. Noord van Boesmans lê die Ciskei en die Transkei.
Oor Ferdi se resitasies sal ek nie weer 'n woord rep nie - maar ek daag jou
om so 'n bietjie stylkritiek mbt sy beste resitasies op die ng te plaas.
"@rogers.com" wrote in message
news:fZxxb.74843$Fv8.23364@twister01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
>
> Ferdi Greyling wrote
>
>> Siende dat hy op my killfile is, moet ek maar die boodskap met n ompad
>> stuur: Se liefde vir ou Jonas. En soentjies.
>
> OK, ek sal die boodskap vir hom gee. Maar
> hy gril glo as mans met snorre vir hom soen,
> so ek dink jy sal eers van die snor ontslae moet
> raak, dan sal Jonas baie graag vir jou soen.
>
> Penkop wat ook 'n snor probeer kweek
>
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #87658 is 'n antwoord op boodskap #87657] Vr, 28 November 2003 04:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Anti - net vit jou inligting. Ek ken Boesmans, die "Kowie", en die Oos-Kaap
> beter as jy. Noord van Boesmans lê die Ciskei en die Transkei.

Nou sit jy natuurlik die Ciskei by.
Maar is Cradock in die Klein Karoo of is dit nie.
En die Transkei is definitief nie noord van die
Boesmansriviermond nie. Die Boesmansrivier
ontstaan wes van Grahamstad. Kyk weer op
die landkaart.

Gloudina
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #87660 is 'n antwoord op boodskap #87657] Vr, 28 November 2003 04:19 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Oor Ferdi se resitasies sal ek nie weer 'n woord rep nie - maar ek daag jou
> om so 'n bietjie stylkritiek mbt sy beste resitasies op die ng te plaas

Ek het dit al vantevore gedoen.
Ek plaas weer sy villanelle "Ou Foto."
Dit is, sover dit my aangaan, naas Tom
Gouws se "Villanelle vir die Oos-Vrystaat"
die beste villanelle wat ek nog in
Afrikaans gelees het.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Sproeireën " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Ou Foto " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 10:12:52 MGT 2024