Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Die banke is mal!
Die banke is mal! [boodskap #87353] Vr, 21 November 2003 12:34 na volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek kry vandag 'n brief waarin gesê word die een besigheid se 'overdraft'
fasiliteit is vir die nuwe jaar heroorweeg en alhoewel dit eintlik nie
gebruik word nie, word die limiet dieselfde gehou en vir hierdie diens, looi
hulle jou R500 se bankkoste! Dit grens aan die belaglike. As hulle geld
uitleen, dan vra hulle rente en selfs daai retekoers word deur die wet
beskerm en groei en krimp saam met die bankkoers, maar verloor, die sal
hulle nie. Wat het hierdie ou vir sy R500 gedoen? 'n Enkele
handtekening van bevestiging? Dalk het hy darem deur die besigheid se
bankstaat gekyk en gesien dis darem nog meermale in die swart? G'n bleddie
wonder die banke het sulke wilde geboue en borg alle soorte van sport en
dinge nie. Hulle word skatryk uit stront uit. As ek my geld inbetaal by
hulle om rente op te maak, dan betaal ek. Trek ek daarvan, dan betaal ek
w��r!!!
Re: Die banke is mal! [boodskap #87354 is 'n antwoord op boodskap #87353] Vr, 21 November 2003 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Is dit net in ou DuitsWes? Ek het dit nie teegekom in SA nie.

TJ

"Suidwester" skryf in boodskap news:bpl0np$1sr0$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek kry vandag 'n brief waarin gesê word die een besigheid se 'overdraft'
> fasiliteit is vir die nuwe jaar heroorweeg en alhoewel dit eintlik nie
> gebruik word nie, word die limiet dieselfde gehou en vir hierdie diens, looi
> hulle jou R500 se bankkoste! Dit grens aan die belaglike. As hulle geld
> uitleen, dan vra hulle rente en selfs daai retekoers word deur die wet
> beskerm en groei en krimp saam met die bankkoers, maar verloor, die sal
> hulle nie. Wat het hierdie ou vir sy R500 gedoen? 'n Enkele
> handtekening van bevestiging? Dalk het hy darem deur die besigheid se
> bankstaat gekyk en gesien dis darem nog meermale in die swart? G'n bleddie
> wonder die banke het sulke wilde geboue en borg alle soorte van sport en
> dinge nie. Hulle word skatryk uit stront uit. As ek my geld inbetaal by
> hulle om rente op te maak, dan betaal ek. Trek ek daarvan, dan betaal ek
> w��r!!!
>
Re: Die banke is mal! [boodskap #87355 is 'n antwoord op boodskap #87354] Vr, 21 November 2003 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
'Sal nie weet nie, maar ons leef al met die geld onder die bed in 'n boks en
betaal verkieslik kontant oor die banke se gierigheid. Sou graag wou hoor
hoe dit daar in die RSA gaan.

"TJ" skryf in boodskap news:bpl4ga$lpf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Is dit net in ou DuitsWes? Ek het dit nie teegekom in SA nie.
>
> TJ
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:bpl0np$1sr0$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Ek kry vandag 'n brief waarin gesê word die een besigheid se 'overdraft'
>> fasiliteit is vir die nuwe jaar heroorweeg en alhoewel dit eintlik nie
>> gebruik word nie, word die limiet dieselfde gehou en vir hierdie diens,
> looi
>> hulle jou R500 se bankkoste! Dit grens aan die belaglike. As hulle
> geld
>> uitleen, dan vra hulle rente en selfs daai retekoers word deur die wet
>> beskerm en groei en krimp saam met die bankkoers, maar verloor, die sal
>> hulle nie. Wat het hierdie ou vir sy R500 gedoen? 'n Enkele
>> handtekening van bevestiging? Dalk het hy darem deur die besigheid se
>> bankstaat gekyk en gesien dis darem nog meermale in die swart? G'n
> bleddie
>> wonder die banke het sulke wilde geboue en borg alle soorte van sport en
>> dinge nie. Hulle word skatryk uit stront uit. As ek my geld inbetaal
> by
>> hulle om rente op te maak, dan betaal ek. Trek ek daarvan, dan betaal ek
>> w��r!!!
>>
>
Re: Die banke is mal! [boodskap #87357 is 'n antwoord op boodskap #87353] Vr, 21 November 2003 14:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 21 Nov 2003 14:34:01 +0200, "Suidwester"
wrote:

> Ek kry vandag 'n brief waarin gesê word die een besigheid se 'overdraft'
> fasiliteit is vir die nuwe jaar heroorweeg en alhoewel dit eintlik nie
> gebruik word nie, word die limiet dieselfde gehou en vir hierdie diens, looi
> hulle jou R500 se bankkoste! Dit grens aan die belaglike. As hulle geld
> uitleen, dan vra hulle rente en selfs daai retekoers word deur die wet
> beskerm en groei en krimp saam met die bankkoers, maar verloor, die sal
> hulle nie. Wat het hierdie ou vir sy R500 gedoen? 'n Enkele
> handtekening van bevestiging? Dalk het hy darem deur die besigheid se
> bankstaat gekyk en gesien dis darem nog meermale in die swart? G'n bleddie
> wonder die banke het sulke wilde geboue en borg alle soorte van sport en
> dinge nie. Hulle word skatryk uit stront uit. As ek my geld inbetaal by
> hulle om rente op te maak, dan betaal ek. Trek ek daarvan, dan betaal ek
> wéér!!!
>
Wat jy hier vertel is niks nuut nie. Dit lyk Vlaandere wel! Ook hier
vra die banke almaar meer en meer bydraes vir hulle koste. Ons het
jare en jare nie moet betaal vir geld uit die muur nie en nou wil die
banke ons daar ook enige pluime uittrek. Hulle wil ons daarvoor nou
ongeveer 1 Rand per transaksie aanreken en hulle sê dis nog baie
minnetjies want hulle sê die objektiewe bankkoste daarvoor is 1 euro
(10 Rand) per keer as jy jou eie geld uit die muur haal! Dit gaan al
so in Spanje.
Inderdaad, as 'n mens sien na hulle geboue, ook hier.. Vroeër het die
banke gestaan in gewone huise. Nou is 'n bank sowaar 'n paleis!

Groete uit Vlaandere

Norbert
Re: Die banke is mal! [boodskap #87363 is 'n antwoord op boodskap #87357] Sa, 22 November 2003 05:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja-Nee Suidwester, dis ontstellend. Hier in Nieu-Seeland is die banke
heelwat vriendeliker. My bankkoste is gratis omdat ek 'n huislening by hulle
het, en die rentekoers is maar 6,9%.
'n Ander skelm maatskappy is Telkom. Om te dink ek moes twee jaar terug 48c
per minuut per plaaslike oproep betaal het. Hier betaal mens $35 per maand
en dan kan jy soveel keer en vir solank jy wil plaaslik bel. Dit help baie
met die internet gebruik. Om SA toe te bel kos my 32c per minuut, ongeag die
tyd van die dag. Dit maak die lewe vir mens makliker.

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:5i8srvcuhndm8nkdu28pbdndmgbu9h1s7i@4ax.com...
> On Fri, 21 Nov 2003 14:34:01 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Ek kry vandag 'n brief waarin gesê word die een besigheid se 'overdraft'
>> fasiliteit is vir die nuwe jaar heroorweeg en alhoewel dit eintlik nie
>> gebruik word nie, word die limiet dieselfde gehou en vir hierdie diens, looi
>> hulle jou R500 se bankkoste! Dit grens aan die belaglike. As hulle geld
>> uitleen, dan vra hulle rente en selfs daai retekoers word deur die wet
>> beskerm en groei en krimp saam met die bankkoers, maar verloor, die sal
>> hulle nie. Wat het hierdie ou vir sy R500 gedoen? 'n Enkele
>> handtekening van bevestiging? Dalk het hy darem deur die besigheid se
>> bankstaat gekyk en gesien dis darem nog meermale in die swart? G'n bleddie
>> wonder die banke het sulke wilde geboue en borg alle soorte van sport en
>> dinge nie. Hulle word skatryk uit stront uit. As ek my geld inbetaal by
>> hulle om rente op te maak, dan betaal ek. Trek ek daarvan, dan betaal ek
>> w��r!!!
>>
> Wat jy hier vertel is niks nuut nie. Dit lyk Vlaandere wel! Ook hier
> vra die banke almaar meer en meer bydraes vir hulle koste. Ons het
> jare en jare nie moet betaal vir geld uit die muur nie en nou wil die
> banke ons daar ook enige pluime uittrek. Hulle wil ons daarvoor nou
> ongeveer 1 Rand per transaksie aanreken en hulle sê dis nog baie
> minnetjies want hulle sê die objektiewe bankkoste daarvoor is 1 euro
> (10 Rand) per keer as jy jou eie geld uit die muur haal! Dit gaan al
> so in Spanje.
> Inderdaad, as 'n mens sien na hulle geboue, ook hier.. Vroeër het die
> banke gestaan in gewone huise. Nou is 'n bank sowaar 'n paleis!
>
> Groete uit Vlaandere
>
> Norbert
Re: Die banke is mal! [boodskap #87368 is 'n antwoord op boodskap #87353] Sa, 22 November 2003 10:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwestertjie, en almal met hulle eie besighede en overdrafts, gaan
download hierdie gratis e-boek deur Peter Carruthers
http://www.petesweekly.co.za/money4nothingoffer.htm. Jy kan nogal 'n ding
of twee leer van banke - iets waaraan baie nie van ons dink wanneer ons
teken vir daai overdraft nie. Volg die ou se raad, ek het al baie by hom
geleer. Teken sommer in op sy nuusbrief ook - dis baie goed.

Elaine

"Suidwester" skryf in boodskap news:bpl0np$1sr0$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek kry vandag 'n brief waarin gesê word die een besigheid se 'overdraft'
> fasiliteit is vir die nuwe jaar heroorweeg en alhoewel dit eintlik nie
> gebruik word nie, word die limiet dieselfde gehou en vir hierdie diens, looi
> hulle jou R500 se bankkoste!
Re: Die banke is mal! [boodskap #87369 is 'n antwoord op boodskap #87355] Sa, 22 November 2003 10:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons bankkostes is van die duurste in die wêreld - jy kan tot R1000
"administrasie" betaal vir jou overdraft en 'n tjek wat hop kan jou tot R25
kos. As jy 'n debietorder het wat nie deurgaan nie betaal jy enigiets van
R29 - R75. Aan die einde van Oktober het ek 'n (ongeoorloofde) debietorder
gehad wat nie deur gegaan het nie, die outomaties sisteem het 3 keer probeer
om dit af te trek en elke keer moes ek R29 bankkoste betaal. Die bank trek
skouers op en die ouens wat die geld probeer aftrek het trek ook skouers op.
Hulle verskoning is "Oops ons het vergeet om jou van die sisteem af te
haal." As jy net 25c oor jou limiet op jou tjekrekening gaan betaal jy R25
bankkostes. As EEN tjek hop "swartlys" die bank jou vir 12 maande, so vir
12 maande kan jy absoluut niks doen nie. Ek dink die idee van geld in 'n
boks onder jou bed is nie so slegte een nie!

Elaine

"Suidwester" skryf in boodskap news:bpl58u$29m4$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> 'Sal nie weet nie, maar ons leef al met die geld onder die bed in 'n boks en
> betaal verkieslik kontant oor die banke se gierigheid. Sou graag wou hoor
> hoe dit daar in die RSA gaan.
Re: Die banke is mal! [boodskap #87370 is 'n antwoord op boodskap #87369] Sa, 22 November 2003 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 22 Nov 2003 12:40:52 +0200, "Elaine" wrote:

> Ons bankkostes is van die duurste in die wêreld -

As ek lees wat julle hier skryf, besef ek hoe gelukkig ek is.
Die finansiële instelling met wie ek 'n kontrak(te) het
besit drie bankie. Die gevolg is dat ek geen bankoste
betaal nie.

En wat jy sê aangaande die kostes re debietorders wat onbetaald
terugkeer, onderskat jy, Elaine. My kliënte betaal almal per
debietorder, en 'n Absa debietorder wat 'no funds' wys op
rekenaar, kos die kliënt R90.00. As jy bevestiging wil hê,
skakel hulle navrae toonbank.

DD
Re: Die banke is mal! [boodskap #87374 is 'n antwoord op boodskap #87363] Sa, 22 November 2003 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
"Spencer"
> Hier in Nieu-Seeland is die banke
> heelwat vriendeliker. My bankkoste is gratis omdat ek 'n huislening by hulle
> het, en die rentekoers is maar 6,9%.

Interessant dat mense soos jy (dit sluit toevallig die ganse media in)
so maklik spog met iets soos dié, en dan nie besef hoe buite
verhouding julle denke is nie.

Indien die rentekoers op jou huislening slegs 6.9% is, beteken dit dat
die inflasiekoers by julle selfs laer is as dit. Sê jy nou, tesame
met die feit dat die rente wat jy op jou verband betaal, so laag is,
ook aan die groep wat die rentekoers is wat jy op jou
belegging verdien. Wat die jaarlikse verhogings is wat werknemers
daar kry. Hoeveel pensioene jaarliks styg.

Dit alles, beteken as jy op 'n praktiese manier daarna kyk, dat dit
nie laer is as 12.5% hier nie.

DD
Re: Die banke is mal! [boodskap #87378 is 'n antwoord op boodskap #87374] So, 23 November 2003 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek spog regtig nie daarmee nie. Ek sê ook nie dis beter hier as in SA nie.
Ek gee ook nie om wat se verduideliking en redenasie jy aanvoer nie. Feit
is, die lewe is finansieel gemakliker hier.

Spencer

"Dave" skryf in boodskap news:gnhvrvg4umhql3rko5p2ndaqhocp3cg82p@4ax.com...
> "Spencer"
>> Hier in Nieu-Seeland is die banke
>> heelwat vriendeliker. My bankkoste is gratis omdat ek 'n huislening by hulle
>> het, en die rentekoers is maar 6,9%.
>
>
> Interessant dat mense soos jy (dit sluit toevallig die ganse media in)
> so maklik spog met iets soos dié, en dan nie besef hoe buite
> verhouding julle denke is nie.
>
> Indien die rentekoers op jou huislening slegs 6.9% is, beteken dit dat
> die inflasiekoers by julle selfs laer is as dit. Sê jy nou, tesame
> met die feit dat die rente wat jy op jou verband betaal, so laag is,
> ook aan die groep wat die rentekoers is wat jy op jou
> belegging verdien. Wat die jaarlikse verhogings is wat werknemers
> daar kry. Hoeveel pensioene jaarliks styg.
>
> Dit alles, beteken as jy op 'n praktiese manier daarna kyk, dat dit
> nie laer is as 12.5% hier nie.
>
> DD
>
Re: Die banke is mal! [boodskap #87379 is 'n antwoord op boodskap #87378] So, 23 November 2003 08:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 23 Nov 2003 19:36:59 +1300, "Spencer"
wrote:

> Ek sê ook nie dis beter hier as in SA nie.
> Feit is, die lewe is finansieel gemakliker hier.
>
> Spencer
>
>

Op geen manier het ek bedoel om dit aanvallend te laat klink nie,
Spencer. Pasop net vir 'n redenasie soos jou woorde hierbo. Op
die oog af klink dit botsend.

Dat die lewe by julle finansieël gemakliker is as hier, sal ek vir
geen oomblik betwis nie. Ek twyfel of daar nog 'n land is waar
die belastingbetaler uitgebuit word soos hier. Daar het wel
die afgelope twee jaar belastingverligting plaasgevind, maar
of dit wel belastingverligting is, indien die regering met die een
hand koerse verlaag en met die ander hand kapitale wins
belas, is uiters debateerbaar. Dit sal interessant wees om
Annette te hoor hieroor.

Seker is daar minder misdaad ook by julle.

Nou waarom het ek dan gestry as ek nie gestry het nie?
Net omdat mense, wanneer pryse genoem word, dom dinge sê.
Ons media byvoorbeeld, sê gereeld belaglike dinge soos:
"Hy verdien nou in England nou £7000 per maand. (In
Suid Afrikaanse waarde R77000 per maand)"
of
"Dit kos in die VSA $1000 (in Suid Afrikaanse waarde
is dit R7700)"

Nou dit is pleinweg kak, en die redakteur behoort 'n
joernalis wat so iets sê, ambagskool toe te stuur,
dat hy vir iets anders gaan leer.

$1000 is slegs R7700 as jy dit met Suid Afrikaanse rande
gaan koop. Nie as jy in die VSA woon en dollars verdien nie.
Want die pryse hou nie regtig dieselfde verhouding as wat
voorgegee word nie. As een enkele voorbeeld is dit baie
goedkoper om sagteware lokaal met rande te koop as
met dollars.

Nou gee ek net so lang antwoord soos Maharaj by die Hefer
kommissie op iets wat korter beantwoord kon word:-) Hoekom?
Ek is bietjie verveeld. Het nou net die opsomming van die
Heferkommissie gekyk en sal nou maar die healthwalker bestyg.

Hoeveel rente kry jy op jou belegging, Spencer? As jy slegs 6.9%
rente op jou verband betaal?

DD
Re: Die banke is mal! [boodskap #87381 is 'n antwoord op boodskap #87355] So, 23 November 2003 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Karpoegel  is tans af-lyn  Karpoegel
Boodskappe: 8
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
R250 per maand vaste koste Op e-Platinum by ABSA , soveel transakises ,
navrae soos jy wil

"Suidwester" skryf in boodskap news:bpl58u$29m4$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> 'Sal nie weet nie, maar ons leef al met die geld onder die bed in 'n boks en
> betaal verkieslik kontant oor die banke se gierigheid. Sou graag wou hoor
> hoe dit daar in die RSA gaan.
> "TJ" wrote in message
> news:bpl4ga$lpf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Is dit net in ou DuitsWes? Ek het dit nie teegekom in SA nie.
>>
>> TJ
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:bpl0np$1sr0$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>>> Ek kry vandag 'n brief waarin gesê word die een besigheid se 'overdraft'
>>> fasiliteit is vir die nuwe jaar heroorweeg en alhoewel dit eintlik nie
>>> gebruik word nie, word die limiet dieselfde gehou en vir hierdie
diens,
>> looi
>>> hulle jou R500 se bankkoste! Dit grens aan die belaglike. As
hulle
>> geld
>>> uitleen, dan vra hulle rente en selfs daai retekoers word deur die wet
>>> beskerm en groei en krimp saam met die bankkoers, maar verloor, die sal
>>> hulle nie. Wat het hierdie ou vir sy R500 gedoen? 'n Enkele
>>> handtekening van bevestiging? Dalk het hy darem deur die besigheid se
>>> bankstaat gekyk en gesien dis darem nog meermale in die swart? G'n
>> bleddie
>>> wonder die banke het sulke wilde geboue en borg alle soorte van sport en
>>> dinge nie. Hulle word skatryk uit stront uit. As ek my geld
inbetaal
>> by
>>> hulle om rente op te maak, dan betaal ek. Trek ek daarvan, dan
betaal
> ek
>>> w��r!!!
>>>
>>
>
Re: Die banke is mal! [boodskap #87385 is 'n antwoord op boodskap #87379] So, 23 November 2003 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek verstaan wat jy se. Die beste wat ek kan kry op 'n belegging is 5,5%. Ek
stem saam mens kan nie dollar of ponde summier in rand omskakel wanneer mens
vergelykings tref nie. Wat ek dalk moes gese het, is dat my brandstof,
telefoon ens. nie so 'n groot duik in my begroting maak soos waaraan ek
gewoond was nie.

"DD" skryf in boodskap news:e9q0svstgsbp2l4nr9s4gq9gn9tce2dq23@4ax.com...
> On Sun, 23 Nov 2003 19:36:59 +1300, "Spencer"
> wrote:
>
>> Ek sê ook nie dis beter hier as in SA nie.
>> Feit is, die lewe is finansieel gemakliker hier.
>>
>> Spencer
>>
>
> Op geen manier het ek bedoel om dit aanvallend te laat klink nie,
> Spencer. Pasop net vir 'n redenasie soos jou woorde hierbo. Op
> die oog af klink dit botsend.
>
> Dat die lewe by julle finansieel gemakliker is as hier, sal ek vir
> geen oomblik betwis nie. Ek twyfel of daar nog 'n land is waar
> die belastingbetaler uitgebuit word soos hier. Daar het wel
> die afgelope twee jaar belastingverligting plaasgevind, maar
> of dit wel belastingverligting is, indien die regering met die een
> hand koerse verlaag en met die ander hand kapitale wins
> belas, is uiters debateerbaar. Dit sal interessant wees om
> Annette te hoor hieroor.
>
> Seker is daar minder misdaad ook by julle.
>
> Nou waarom het ek dan gestry as ek nie gestry het nie?
> Net omdat mense, wanneer pryse genoem word, dom dinge sê.
> Ons media byvoorbeeld, sê gereeld belaglike dinge soos:
> "Hy verdien nou in England nou �7000 per maand. (In
> Suid Afrikaanse waarde R77000 per maand)"
> of
> "Dit kos in die VSA $1000 (in Suid Afrikaanse waarde
> is dit R7700)"
>
> Nou dit is pleinweg kak, en die redakteur behoort 'n
> joernalis wat so iets sê, ambagskool toe te stuur,
> dat hy vir iets anders gaan leer.
>
> $1000 is slegs R7700 as jy dit met Suid Afrikaanse rande
> gaan koop. Nie as jy in die VSA woon en dollars verdien nie.
> Want die pryse hou nie regtig dieselfde verhouding as wat
> voorgegee word nie. As een enkele voorbeeld is dit baie
> goedkoper om sagteware lokaal met rande te koop as
> met dollars.
>
> Nou gee ek net so lang antwoord soos Maharaj by die Hefer
> kommissie op iets wat korter beantwoord kon word:-) Hoekom?
> Ek is bietjie verveeld. Het nou net die opsomming van die
> Heferkommissie gekyk en sal nou maar die healthwalker bestyg.
>
> Hoeveel rente kry jy op jou belegging, Spencer? As jy slegs 6.9%
> rente op jou verband betaal?
>
> DD
>
Re: Die banke is mal! [boodskap #87387 is 'n antwoord op boodskap #87385] So, 23 November 2003 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Nov 2003 02:13:54 +1300, "Spencer"
wrote:

> Ek verstaan wat jy se. Die beste wat ek kan kry op 'n belegging is 5,5%. Ek
> stem saam mens kan nie dollar of ponde summier in rand omskakel wanneer mens
> vergelykings tref nie. Wat ek dalk moes gese het, is dat my brandstof,
> telefoon ens. nie so 'n groot duik in my begroting maak soos waaraan ek
> gewoond was nie.
>

... goeie manier gestel. Ek is bly jy stem saam.
Hier betaal ons sowat 12.5% rente op 'n verband
en as jy jou geld reg belê, kan jou 'n groei verkry
van sowat 2% minder. Jy sien dus wat ek bedoel
dat daar tog 'n verband is.
Karpoegel sê vir ons
R250 per maand vaste koste Op e-Platinum by ABSA , soveel transakises
,navrae soos jy wil

LOL... geen navrae wil ek nie. Ek glo dit natuurlik:-) Hoeveel mense
dink jy maak soveel transaksies maandeliks uit sy bankrekening
dat dit 'n groter koste as R250 sal regverdig? So min, dat dit 'n
vreeslike score is vir Absa. Vir my klink dit na nog 'n plek waar
die kliënt poppey gemaak word:-) Soos die tyd toe Standard bank
die koste vir 'n onttrekking oor die toonbank (selfs vir R10.00) R50
gemaak het. Sodat jy die tellermasjien buite kan gebruik en slegs die
bank betree wanneer jy wil deponeer.

DD
Re: Die banke is mal! [boodskap #87397 is 'n antwoord op boodskap #87370] So, 23 November 2003 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nie op 'n spaarrekening nie - op myne was dit R29 per keer wat hulle probeer
aftrek het, maw. dit het my amper R90 gekos vir die 3 debietorders wat nie
wou deurgaan nie.

E

"DD" wrote:
>
> En wat jy sê aangaande die kostes re debietorders wat onbetaald
> terugkeer, onderskat jy, Elaine. My kliënte betaal almal per
> debietorder, en 'n Absa debietorder wat 'no funds' wys op
> rekenaar, kos die kliënt R90.00. As jy bevestiging wil hê,
> skakel hulle navrae toonbank.
>
> DD
>
Re: Die banke is mal! [boodskap #87398 is 'n antwoord op boodskap #87397] So, 23 November 2003 19:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
>
> "DD" wrote:

>> En wat jy sê aangaande die kostes re debietorders wat onbetaald
>> terugkeer, onderskat jy, Elaine. My kliënte betaal almal per
>> debietorder, en 'n Absa debietorder wat 'no funds' wys op
>> rekenaar, kos die kliënt R90.00. As jy bevestiging wil hê,
>> skakel hulle navrae toonbank.

>> DD


>
On Sun, 23 Nov 2003 20:59:47 +0200, "Elaine" wrote:

> Nie op 'n spaarrekening nie - op myne was dit R29 per keer wat hulle probeer
> aftrek het, maw. dit het my amper R90 gekos vir die 3 debietorders wat nie
> wou deurgaan nie.
>
> E

Was dit in 1995?

DD
Re: Die banke is mal! [boodskap #87403 is 'n antwoord op boodskap #87398] Ma, 24 November 2003 00:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee my ding dit was hierdie maand.

E

"DD" wrote:>
>
> Was dit in 1995?
>
> DD
>
Re: Die banke is mal! [boodskap #87413 is 'n antwoord op boodskap #87353] Ma, 24 November 2003 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
FoilCut[1]  is tans af-lyn  FoilCut[1]
Boodskappe: 29
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Junior Lid
Hoor hoor~!

"Suidwester" skryf in boodskap news:bpl0np$1sr0$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek kry vandag 'n brief waarin gesê word die een besigheid se 'overdraft'
> fasiliteit is vir die nuwe jaar heroorweeg en alhoewel dit eintlik nie
> gebruik word nie, word die limiet dieselfde gehou en vir hierdie diens, looi
> hulle jou R500 se bankkoste! Dit grens aan die belaglike. As hulle geld
> uitleen, dan vra hulle rente en selfs daai retekoers word deur die wet
> beskerm en groei en krimp saam met die bankkoers, maar verloor, die sal
> hulle nie. Wat het hierdie ou vir sy R500 gedoen? 'n Enkele
> handtekening van bevestiging? Dalk het hy darem deur die besigheid se
> bankstaat gekyk en gesien dis darem nog meermale in die swart? G'n bleddie
> wonder die banke het sulke wilde geboue en borg alle soorte van sport en
> dinge nie. Hulle word skatryk uit stront uit. As ek my geld inbetaal by
> hulle om rente op te maak, dan betaal ek. Trek ek daarvan, dan betaal ek
> w��r!!!
>
Re: Die banke is mal! [boodskap #87414 is 'n antwoord op boodskap #87413] Ma, 24 November 2003 07:22 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit help nie om te kla nie - die banke se oogmerk is nie om jou, as
verbruiker, te help nie, maar wel om genoeg wins te maak vir hul
aandeelhouers.
'n Ideale situasie sal wees om 'n staatsbank te hê, waar inkomste slegs
verkry word uit rente op lenings en minimum bankkoste op tjeks, debietorders
en oorplasings
Die probleem is natuurlik wie gaan in hierdie banke aangestel word, en wie
gaan hulle monitor.

Ek lees juis gister dat die rede dat Mac so gevou het was dat hy geglo het
dat hulle, as stuggle heroes, nooit in die situasie sou beland om
verantwoording te doen vir hul aantygings nie. Hy was pleinweg nie gewoond
daaraan om gedwing te word om indringende vrae te beantwoord nie.
So nou weet ons - dit word algemeen aanvaar dat geen vrae vir enige aksie
van 'n stuggle hero bevraagteken mag word nie, want dan is die
bevraagtekenaar 'n verraaier van die struggle, en sommer 'n rassis ook as
die vrae kom van 'n blanke.
Lyk my die kommissie word nou 'n stryd om selfbehoud. Mo het so ver gegaan
as om te vra dat Zuma getuig.
Wie is nou die skuldige ivm die nie-oorhandiging van Mo se geheime databasis
van 888 vermeende spioene - dit was tog 'n ooreenkoms dat al die inligting
aan die NIA oorhandig word?

--
Annette

"Foilcut" skryf in boodskap news:bpsao9$d22$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hoor hoor~!
> "Suidwester" wrote in message
> news:bpl0np$1sr0$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Ek kry vandag 'n brief waarin gesê word die een besigheid se 'overdraft'
>> fasiliteit is vir die nuwe jaar heroorweeg en alhoewel dit eintlik nie
>> gebruik word nie, word die limiet dieselfde gehou en vir hierdie diens,
> looi
>> hulle jou R500 se bankkoste! Dit grens aan die belaglike. As hulle
> geld
>> uitleen, dan vra hulle rente en selfs daai retekoers word deur die wet
>> beskerm en groei en krimp saam met die bankkoers, maar verloor, die sal
>> hulle nie. Wat het hierdie ou vir sy R500 gedoen? 'n Enkele
>> handtekening van bevestiging? Dalk het hy darem deur die besigheid se
>> bankstaat gekyk en gesien dis darem nog meermale in die swart? G'n
> bleddie
>> wonder die banke het sulke wilde geboue en borg alle soorte van sport en
>> dinge nie. Hulle word skatryk uit stront uit. As ek my geld inbetaal
> by
>> hulle om rente op te maak, dan betaal ek. Trek ek daarvan, dan betaal ek
>> w��r!!!
>>
>
Vorige onderwerp: Ekonomiese aanslag op die VSA
Volgende onderwerp: Staatspensioenfondse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:48:28 MGT 2024