Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Sproeireën " deur D.J. OPPERMAN
" Sproeireën " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #87310] Wo, 19 November 2003 22:32
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
D.J. Opperman

Sproeireën

My nooi is in 'n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar's iemand... iemand in anys,
daar's 'n vrou in elke geur!

As ek 'n stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,
breek uit die klein sproeireën
wat geurend om my hand uitsak,
die boorde weer van Swartfoloos
en met die nartjies om my heen
weet ek hoe dat 'n vrou kan troos.

O my nooi is in 'n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar's iemand . iemand in anys,
daar's 'n vrou in elke geur!
Vorige onderwerp: " Die Here is my herder " deur EVERWYN WESSELS
Volgende onderwerp: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 11:29:13 MGT 2024