Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die seemeeu " deur UYS KRIGE
" Die seemeeu " deur UYS KRIGE [boodskap #87142] Vr, 14 November 2003 15:27
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uys Krige

Die seemeeu

Tussen die wit huis
en die wit huis,
teen die wit wolk,
teen die grys berg
hoog bo die see
silwer en grys
silwer en grys
van golwe aaneen
tot die verste vaal
horisonne heen,
styg en daal,
styg en daal
die wit seemeeu
aaneen
alleen .

Wat sing die see?
Wat kla die wind?
Wat roep die meeu?
Wat snik die hart
aaneen
alleen?

Die see sing,
die wind kla,
die meeu roep,
die hart snik
tussen die wit huis
en die wit huis
op die helder dag
silwer en grys,
silwer en grys;
waarheen?
waarheen
aaneen
alleen, alleen, alleen?
Vorige onderwerp: " Die middag van die ooms " deur ZANDRA BEZUIDENHOUT
Volgende onderwerp: " Die dans van die reën " deur EUGÈNE MARAIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 17:39:57 MGT 2024