Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Janfiskaal " deur M.M. WALTERS
" Janfiskaal " deur M.M. WALTERS [boodskap #86894] Vr, 07 November 2003 15:10 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
M.M. Walters

Janfiskaal

Die Janfiskaal se bors swel uit,
want al wat voël is, vrees.
Hoe heerlik tog wanneer jou buit
jou aansien vir hul Heer te wees.
Die pikswart stertjie wip, hy knip
sy wit minagting op die klip.
Re: " Janfiskaal " deur M.M. WALTERS [boodskap #138426 is 'n antwoord op boodskap #86894] Di, 16 November 2021 12:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Beaumache  is tans af-lyn  Beaumache
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 2021
Karma: 0
Junior Lid
Personifikasie in die gedig asb.
Bekende uitdrukking met Janfiskaal asb
Wat dui daarop dat voëltjie hoogmoedig is?
Waarna verwys "wit minagting"?
Re: " Janfiskaal " deur M.M. WALTERS [boodskap #138427 is 'n antwoord op boodskap #138426] Wo, 17 November 2021 12:32 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Janfiskaal is 'n swart-en-wit voëltjie wat insekte en ander voëls verskeur en aan dorings en drade ophang. Daarom staan hy ook as die laksman ('n persoon wat mense ophang) bekend. In die ou tyd was 'n fiskaal 'n persoon wat belasting gevorder het. 'n Mens sou kon sê dat die voël 'n tol op die natuur eis.

Personifikasie: Sy bors swel van trots - sy manier van doen word met die van 'n mens gelykgestel.

Die "wit minagting" verwys na die voël se mis ('n blerts voëlmis is wit).

Hy is hoogmoedig (hy dink te veel van homself) want hy dink dat die ander voëls bang is vir hom, en hy tjorts met "minagting" op die klip.
Vorige onderwerp: Afrika Digkuns
Volgende onderwerp: afrikaans - huppeltaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:41:35 MGT 2024