Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL
" i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL [boodskap #86518] Do, 30 Oktober 2003 04:40 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gert Vlok Nel

i sagte reën het agtermiddag

i sagte reën het die agtermiddag.
ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
julle sal koue.

ekenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
het nie geluister vir Ma nie, ons het.
ons het bootjies gery in die sloot langs.
Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.

in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
ons hol in bang kamma. skielik is daar i helse.
in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
i sagte reën het agtermiddag.
Re: " i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL [boodskap #86566 is 'n antwoord op boodskap #86518] Do, 30 Oktober 2003 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek waardeer GVN baie. Hy vang my elke keer met sy byna terloopse manier om
iets baie hartseer te ontbloot. Dit maak dit amper erger - byna soos die
rolprentmakers soms strelende musiek kan kombineer met die ellendigste
visuele beelde. In "Killing Fields" speel hulle so die Herinneringe aan die
Alhambra, wat ek sou assosieer met vrede en weemoed, nie met die tragiese
gegewe nie.

Wat noem mens die gebruik van so 'n teenstrydigheid tussen gewaarwordinge in
kuns? Ek stel my voor die beeldende kunste sou dit ook kon doen, byvoorbeeld
van 'n mooi soft focus/sonsondergangfoto van 'n gevegsterrein of
begraafplaas.

Ek onthou iets van sinestesie as middel vir die oordrag van een sintuig se
waarneming na 'n ander, soos "'n spierwit Sondagmiddag in die Karoo", maar
vir die gebruik van teenoorgesteldes ken ek nie 'n woord nie.

Koot

"@rogers.com" wrote in message
news:CC0ob.109051$3f.19352@twister01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
> Gert Vlok Nel
>
> i sagte reën het agtermiddag
>
> i sagte reën het die agtermiddag.
> ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
> tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
> julle sal koue.
>
> ekenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
> het nie geluister vir Ma nie, ons het.
> ons het bootjies gery in die sloot langs.
> Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.
>
> in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
> ons hol in bang kamma. skielik is daar i helse.
> in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
> i sagte reën het agtermiddag.
>
Re: " i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL [boodskap #86577 is 'n antwoord op boodskap #86566] Do, 30 Oktober 2003 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koot wrote

Dit maak dit amper erger - byna soos die
> rolprentmakers soms strelende musiek kan kombineer met die ellendigste
> visuele beelde.

> Wat noem mens die gebruik van so 'n teenstrydigheid tussen gewaarwordinge in
> kuns? Ek stel my voor die beeldende kunste sou dit ook kon doen, byvoorbeeld
> van 'n mooi soft focus/sonsondergangfoto van 'n gevegsterrein of
> begraafplaas.
>
> Ek onthou iets van sinestesie as middel vir die oordrag van een sintuig se
> waarneming na 'n ander, soos "'n spierwit Sondagmiddag in die Karoo", maar
> vir die gebruik van teenoorgesteldes ken ek nie 'n woord nie

Ek kan ook nie aan 'n uitdrukking vir die gebruik van
teenoorgesteldes dink nie. Maar jy is reg, GVN het baie
tegnieke om mens te manipuleer, soos goeie draaiboekskrywers
hulle toeskouers en hoorders in films manipuleer. Ek wonder
soms hoeveel sy eienaardige topografie ook deel is van
die bewuste manipulasie van mens se kop - hy maak jou
eers effens dronk deur jou om en om te laat draai in jou
kop, sodat jy met jou bloed dink en nie met jou brein
nie.

Gloudina
Re: " i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL [boodskap #86595 is 'n antwoord op boodskap #86577] Vr, 31 Oktober 2003 07:37 Na vorige boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
En sy werk is dikwels bedrieglik eenvoudig en kinderlik, totdat die
betekenis jou tussen die oë klap.

Dit lyk ook asof hy doelbewus elke sweem van "mooiskryf" en gekunsteldheid
probeer vermy, in so 'n mate dat hy sy eie skryfwyse navolg.

Nelleke de Jager praat van Ruggraatpoësie: die tekste wat rillings langs die
ruggraat afstuur van plesier, verwondering, verstomming, ontstigting,
ontsteltenis of woede. Dit is, terloops, haar kriteria vir opname in Litnet.

. Ek wonder
> soms hoeveel sy eienaardige topografie ook deel is van
> die bewuste manipulasie van mens se kop - hy maak jou
> eers effens dronk deur jou om en om te laat draai in jou
> kop, sodat jy met jou bloed dink en nie met jou brein
> nie.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: " Kelder " deur A.J.J. VISSER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 14:21:56 MGT 2024